Sien julle is nog net soos die ou omie wat in die dominee se studeerkamer
aandagtig na die Laaste Avondmaal staan en kyk.
Dominee is besig om die nuutste ringsittng se reëlings te tref. Sit hy die
foon neer.
"Gaats dominees! Dominees weet, van die ou lot issit nog net generaal Beyers
wat ek kan herken"
Ek en Hanlie had so 'n bietjtie die warme water by Motagu gaan "vat". Vir
'n hele 4 dae. Tog te heerlik. Die wolkies kom so oor die berg aangerol,
en dan sak jy net tot by jou kennebak weg in die warm water. Netnou dan
raak die warm te erg, en dan lig jy maar net so bietjie op.
Lekker rondgery ook. My Pa het altyd van "gatskuur" gepraat as iemand
sommer net so ry om te kan ry.
Van Montagu af oor die Oubergpas (grondpad) na Touwsrivier gery. 'n Ander
wêreld gesien. Mooi kleinkaroo veld gesien en geruik.. Stilgehou en daai
kruie ruik van die wye wêreld ingeasem tot jy later lighoofdig was. Hier
langs die pad loop 'n merino ooi met haar drieling lammers. Stertjies wip so
wit teen die lig en blêr-blêr die drie-saam al agter ma-goed aan. En om die
draai is sommer nog baie van hulle. Ons hou stil, en ek en Hanlie herinner
ons aan ons kinderdae met pa's wat lammertroppe met valkoë dopgehou het.
Elke ooi se gesig geken het, en sommer fyn kon oplet watter ooi haar lam
weggegooi het. Pa's wat met sulke armsvol lammers by die agterdeur aankom
op 'n koue wintersoggend, en dan staan ons 'ma' vir die klein spul. In 'n
boks kom die swakkes. Voor die Aga, en sommer gou-gou is Ma se heiligdom pa
se skaapkraal soos die koortjie blêr agter honger pensies. Ma't dit sien
kom, en is al besig om melk warm te maak. Koeldrankbottels en tiete word
uitgetoor en skoongemaak vir "haar" troppie! Later is dit ons "joppie" om
die boks skoon te maak, "ander stink my kombuis na kraal"
Verder gery van ons herinneringe af en net om die volgende draai agter 'n
sommer so gewone koppie lê die vlakte wyd en sien jy die toekoms veertien
verder aankom. Dan sien jy dis 90 kilometer na Montagu en wieweet hoe ver
nog na Touwsrivier?
So krul die pad om koppies, en reguit skiet-soos-met-geweer tot daar oor die
leegte. Eindelik sien ons Touwrivier. Maar die stasie waar daar eens
treine was, is leeg ne verval. Die huise langs die spoor vervalle en
gekraak. Mens sien sommer dwarsdeur een tot agter in die agterplaas waar
gras kieliebak hoog verdroog staan. En jy wonder hoekom dit so moet wees.
En jy wonder oor die mese wat hir gewoon het. Waar's hulle nou? Hoeveel is
hier nie gelag of gehuil nie. En wat sou daai ou peperboom kon vertel as hy
maar kon praat?
Dan draai ons regs en moet om 'n ander ou se bakkie ry, want hy's besig om
sy sake sommer so in die middel van die pad uit te praat... Links en regs en
skeilik isdie grootpad daar. en jy draai links af Kaap se kant toe. Die
treine van Touwsrivier se fluite is nie meer. Net die leë spore. En jy
onwillekeurig dink aan Lochner de Kock en Richard van der Westhuizen se
liedjie: "Tussen treine"
By Matroosbergstasie draai ons weer links af. Oor die kop en rant, en af
deur die Koo tot in die Keisie. Hel maar dis steil afdraende daar. Tussen
daai gevormde rotsformasies van die berge weerskante lê die vallei met sy
wingerde en boorde, en net agter die kop is dit net karoo en
renosterbossies. En jy weet: Hier had die Skepper ook sy hand van goedheid
kom uitgiet, maar in Sy bepaalde maat en perk. So mooi die middagson se
skyn teen die vrugteboom en wingerdtok wat al amper al hul blare verloor
het.
'n Lorrie kom van vooraf aan. Kreunend reeds. Swaar gelaai, en hy moet nog
die koppe agter ons uit. Drywers wat hul ry moet ken, want vir omdraai is
die plek maar effensrig.
Teen die bergkop oorkant jou 'n paadjie teen die rant uitgekrap oor rots en
klip en amperse riviertjies om bo te kom. en daar 'n boerdery te kan hê.
Verseker is dit mense wat net sout van die aarde kan wees wat daar 'n lewe
maak. En vra jy hom dan sal hy dit vir niks verruil. "My Pa't hier geboer,
sy Pa en Oupa voor hom, en Oorgrootjie het die plek van sy Pa ge-erf. Waar
gaan ek dan heen. Dis mos waar ek hoort."
Later die aand oordink Hanlie en ek die dag se gesigte en lê lui-lui
teenmekaar, en laat die warme waters van geneesing ons siele streel en laaf
en al die kwellings van die dag dryf weg, stroomaf. Weg. Hoekom moet mens
dit dan tog weer gan probeer terughaal? Nee wat! ons los hul daar, en
vergeet van hulle. Môre het weer genoeg van sy eie.
Opgepak en teruggekom, en toe kla sy van 'n pyn en naar: Kortom: Hospitaal
toe was haar voorland, en onder die mes moes sy deur. Eierstokke was
onsteek of watookal Anette (kaapse een) sal weet. Sy's mos die 'nurse' hier?
In elk geval sy's weer tuis. En sterk mooi aan. Praat al reeds van ons
volgende pad om die koppie oor die rant, oor die vlakte deur die leegte,
verby daai mooiste verste blouste berg.
Haai,
RADIO kIERIEMAN http://www.kierieman.za.net.
Vreeslike Ougat Webwerf met lekker lewendige Boeremusiek - gaan maak
rêrig daar 'n draai.
Dankie,
Didero
Hoekom pos jy konstant hier in Engels? En dan nog nonsens ook?
Die jongste raming (31 Des 2001) vir die aantal mense wat MIV+ is,
is 4,74 miljoen. Die raming op 31 Des 2000 was 4.70 miljoen.
Dit is egter maar ongeveer 11% van die bevolking, dus ongeveer
1 uit 9. Dit lyk of die aantalle stabiliseer, hopelik kom ons nooit
by 20% uit nie
Wouter
"swm2002" skryf in boodskap news:3d1d91fe.5658038@news.accessv.com...
20 percent of the population is infected is South Africa, which has
4.2 million people who are HIV positive�the largest single national
total. The southern African nation of Botswana has the worst rate,
with more than one in three adults infected.
"swm2002" skryf in boodskap news:3d1d91ca.5606052@news.accessv.com...
> Agricultural production in nations like Zimbabwe, where 2,000 people
> die each week of AIDS, is falling. Businesses are going bankrupt
> because of the deaths of skilled, educated staff members
Ahemmmm - Gloudina het al by verskeie geleenthede verklaar dat sy nie die
huidige 2de klas SA's daar wil hê nie.
Ons moet 'n ander pro-SA agent daar kry.
Annette
"Jonas" skryf in boodskap news:afjef6$144$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Please refer all matters in this regard to Ms Gloudina - she represents this
> newsgroup in the maple-state.
> "swm2002" wrote in message
> news:3d1ce22e.264465884@news.accessv.com...
>> Facts on Canada
>>
>> Land Mass
>> Canada is the world's second-largest country (9 093 507 km2),
>> surpassed only by the Russian Federation.
>>
>> Political System
>> Canada is a constitutional monarchy and a federal state with a
>> democratic system of government. The Parliament of Canada, in Ottawa,
>> consists of the House of Commons, whose members are elected, and the
>> Senate, whose members are appointed.
>>
>> Charter of Rights and Freedoms
>> Canada's Constitution contains a Charter of Rights and Freedoms, which
>> sets out certain fundamental freedoms and rights that neither
>> Parliament nor any provincial legislature acting alone can change.
>> These include equality rights, mobility rights and legal rights,
>> together with freedoms such as speech, association and peaceful
>> assembly.
>>
>> National Emblem
>> The 1965 introduction of the Canadian flag, the maple leaf has become
>> the country's most important national symbol. Before 1965, the
>> Canadian flag was the British Union Jack.
>>
>> Population
>> In 2000, Canada's population was 30.7 million
>>
>> Main Cities
>> The leading Canadian cities are Toronto (4.68 million), Montreal (3.43
>> million), Vancouver (2.01 million), Ottawa-Hull, the National Capital
>> Region (1.06 million).
>>
>> Living Standard
>> Canada ranks sixth in the world in standard of living (measured
>> according to gross domestic product per capita), behind only the
>> United States, Switzerland, Luxembourg, Germany and Japan.
>>
>> Health Care and Social Security
>> Basic health care, with the exception of dental services, is free at
>> the point of delivery. Also, in most cases, prescription drugs are
>> dispensed without charge to people over 65 and social aid recipients.
>> Canada also has an extensive social security network, including an old
>> age pension, a family allowance, unemployment insurance and welfare.
>>
>> Religion
>> Four-fifths of Canadians are Christian, with Catholics accounting for
>> about 46 percent of the population and Protestants about 36 percent.
>> Other religions include Judaism, Islam, Hinduism, Sikhism and
>> Buddhism.
>>
>> Languages
>> Canada has two official languages: English, the mother tongue of about
>> 59 percent of Canadians; and French, the first language of 23 percent
>> of the population. A full 18 percent have either more than one mother
>> tongue or a mother tongue other than English or French, such as
>> Chinese, Italian, German, Polish, Spanish, Portuguese, Punjabi,
>> Ukrainian, Arabic, Dutch, Greek, Vietnamese, Cree, or other languages.
>>
>> Ethnic Origin
>> 19 percent of the population reported "Canadian" as their single
>> ethnic origin, with 17 percent reporting British Isles-only ancestry
>> and 9 percent French-only ancestry. About 10 percent reported a
>> combination of British Isles, French, or Canadian origin, with another
>> 16 percent reporting an ancestry of either British Isles, French or
>> Canadian in combination with some other origin. Some 28 percent
>> reported origins other than the British Isles, French or Canadian.
>>
>> Education
>> Canadians aged 15 and over, about 23 percent had graduated from
>> secondary school, some 9 percent had bachelor's degrees, and about 6
>> percent had advanced degrees.
>>
>
Rugby: Die Jongbokkies ( onder 21) het gisteraand die wêreld o 21 kampioene
geword deur Australië met 24 - 21 te klop.
Australië was vir die toernooi 1ste gekeur en SA 7de.
SA het ook NZ ( 2de gekeur) in die kwarteindronde geklop.
Ek moet nog vanoggend se koerant lees om uit te vind hoe verkeerd die ref
geblaas het.
Annette
Izzit...? Hel pêl wat vertel jy my nou. En hier eindig die brokkie useless
information vir die dag.
HK
"swm2002" skryf in boodskap news:3d1cf33d.268833656@news.accessv.com...
> Maine, USA Highest Rate of High School Completion in North America
>
> 94.5% of students completed high school.
>
> Maine became the first state in the nation to equip all seventh and
> eighth grade students and teachers with portable, wireless personal
> computers, beginning in 2002 and expanding to eighth grade in 2003.
>
> Only students in Singapore outperformed Maine eighth graders in
> Science in comparisons with the 41 countries participating in the
> Third International Mathematics and Science Study.