Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

AU nou Gestig

Wo., 10 Julie 2002 05:32

Gister is daar toe onder groot geskal en toesprake lewe gegee aan die nuwe
AU.
Selle snare wat met 'n nuwe naam nou weer die toekoms in sal voortdu.
Onse Prez het toe weer in sy eienaardige Engels 'n toespraak gehou, en
volgens hom is die ANC vir hierdie Afrika-omwenteling verantwoordelik -
oftewel dis wat ek dink wat hy gesê het.

Ek gaan ernstig beswaar maak dat slegs blanke valskermspringers vir die
vertoning gebruik is.
;))

Annette

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Onse Kranklike Weermag

Wo., 10 Julie 2002 05:25

Ope vraag hoekom hulle enigsins nog daar is - seker om die Militêre
hospitale in stand te hou vir die siek politici:))

Nietemin, volgens gister se Burger:
Meer as die helfte van die SA Weermag se 60 000 soldate kan weens mediese
ongeskiktheid nie operasioneel ontplooi word nie.
Net 30 van die 150 Olifant tenks is in 'n operasionele toestand, en net 18
van die 240 Rooikat pantserkarre kan met die beskikbare geld vir die
boekjaar 2002/3 gebruik word.
Ons het die oudste skutters en weermanne ter wêreld - die gemiddelde
ouderdom wêreldwyd is 22 - ons s'n tussen 32 & 36.
SA het net een bataljon ( 1300 manskappe) om op 'n slag te ontplooi, en
hulle is tans in Burundi.
Die lêer is veronderstel om 26 infanteriekompanjies vir grensbeskerming
beskikbaar te stel, in werklikheid kan net 9 kompanjies gebruik word.
Reserwemagte het in 1996 laas veldopleiding gehad, en by eenhede soos die
Witwatersrand Rifles is daar nie stewels vir soldate of ammunisie vir
opleiding nie.

Sjeim, g'n wonder ons het nie aangebied om in Afghanistan te gaan help nie -
ons kaalvoetklonkies met gewere sonder ammunisie sou in elk geval net in die
pad gewees het;)

Annette

Koeitjies & kalfies | 43 kommentare

Laurens van der Post: Explorer, war hero,or fraud?

Di., 09 Julie 2002 13:02

Explorer, war hero,or fraud?

Laurens van der Post died in 1996, two days after his 90th
birthday. He had led an eventful life, and though his reputation had
declined somewhat since his heyday he was still well known as an
explorer, a pioneering environmentalist, a war hero, a spiritual
adviser to the great and an irresistible charmer. It turns out that
like many great charmers, he was also something of a fraud.
at http://www.washtimes.com/books/

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Taalskatkis in vandag se burger

Di., 09 Julie 2002 12:01

Lees bietjie hier oor die eiesoortige woordeskat wat net in Afrikaans gedoen
kan word:

http://www.news24.com/Die_Burger/Taalskatkis/0,4140,4-81_121 0858,00.html

Die Burger van vandag: 9 Julie 2002

Thys (mette glimlag) oppie Bos

Afrikaans, ons taal | 1 kommentaar

wysheid met die grysheid

Di., 09 Julie 2002 10:33

The strong young man at the construction site was bragging that he
could outdo anyone in a feat of strength. He made a special case of
making fun of one of the older workmen. After several minutes, the
older worker has had enough.

"Why don't you put your money where your mouth is," he said.
"I will bet a week's wages that I can haul something in a wheelbarrow
over to that outbuilding that you won't be able to wheel back."

"You're on old man," the braggart replied. "Let's see what you got!"

The old man reached out and grabbed the wheelbarrow by the handles.
Then, nodding to the young man, he says... "All right. Get in..."

slim ne

Threeships Mcduck
www.mothership.co.za

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Hallo Gloudina

Di., 09 Julie 2002 04:40

Lyk my jy is meer bedees deesdae. Of is daar net minder moeilikheid soekers
wat jou verkeerd opvryf?
Hoop dit gaan nog goed met julle!
JOhan

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

ABSA en Afrikaans

Ma., 08 Julie 2002 12:53

Vanoggend moes ek, vir die soveelste keer, van 'n ABSA-amptenaar verneem dat
hulle nie noodwendig Afrikaans praat nie, want, Engels is die
"internasionale" taal. Ook, wat sou gebeur as 'n persoon aandring om in Zulu
behartig te word. Die bankamptenaar is 'n Afrikaans-spekende - nogal in
Pretoria. Ek raak gatvol vir ABSA en sy kastig Afrikaans wees.
Wie ken indounas by ABSA by wie ek kan kersopsteek?
Waarom is ek nog by ABSA wonder ek...

Ekonomie & geldsake | 2 kommentare

Nog nuus 8/7 re AU

Ma., 08 Julie 2002 07:46

Volgens Sunday Times wil Pahad en sy trawante oor niks anders praat as die
paartie nie, en
toe een joernalis vra :
Can the Ministers please deal with matters of substance, such as discussions
during the meeting of the council ministers and about the proposed organs of
the AU, het Pahad baie eerlik geantwoord:
Sorry to disappoint you, but none of us deal with substance

Wonderlik, is dit nie?:)))
Annette

Nuus | 0 kommentare

"Die Berge" deur A.V. de Boer-Lange

Ma., 08 Julie 2002 06:41

Die Berge,
Oe, Oe, Oe, die liewe Berge!
My hart sing vir die blou Berge,
en skree soos 'n bobejaan.

Die Berge,
Oo, Oo, Oo, die liewe Berge!
My voete stamp al harde en harde,
en skree 'ka-plok, ka-plok'!

Die Berge,
So blou ens, ens, ens......
Die Berge, Die wind, die Kinders,
My Hart, My Tant my Oom,
My Ma, my Pa en moonie vergeet die Ou Plaas!
.. en al daai sort dinge!!

Bla - Bla - Bla - ens.....

Deur A.V. de Boer-Lange 1956

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Nog nuus 8/7

Ma., 08 Julie 2002 06:14

Die staat het miljoene geskenk aan die Vissers om Afrika se Eie
Anti-Vigsmiddel, Virodene, te ontwikkel.
Dit is al heel aan die begin deur kenners in die veld as toksies en nie 'n
geskikte middel uitgewys, maar Onse Prez het besluit Virodene of Niks.
Die Vissers het nog geld nodig om verdere toetse te doen.

Die Nuwe Afrika Unie se stigtingsvergadering in Durbs is bietjie chaoties.
Geen verslaggewer kan erens uitkom om uit te vind wat die ou lot probeer
doen of sê nie - 2 dae namekaar is by nuuskonferensies, gelei deur Pahad,
slegs gehamer op die mate van kunstenaars wat sou optree by die fees.
Senegal se sokkerspan sal ook kom, maar nie teen Bafana Bafana speel nie,
omdat ons, as die gasheerland, nie wil verloor nie.

Andile Nkuhlu, hoofdirekteur in die dept van Public Enterprises ( ek het nie
eers geweet daar is so 'n dept nie) was R55000 betaal deur Zama Resources
Corp om die staatsbosbou tender te wen.
Hy beweer hy ken glad nie die persoon aan die Hoof van Zama, Mcebisi Mlonzi
nie, alhoewel selfoonrekords toon dat hy sedert November en Februarie Mlonzi
120 keer geskakel het.
Hy het glo nie eers vir Mlonzi na sy troue genooi nie, en Mlonzi beweer daar
was 'n klein foutjie toe die R15000 wat hy vir die troue betal het uit Zama
se rekening ipv sy persoonlike rekening gekom het.

Nkuhlu sou seker skotvry tussen al hierdie geliegery afgekom het, maar
ongelukkig het hy vergeet om die R55 000 te verklaar wat so sonder sy
medewete ( en wat hy spandeer het) in sy bankrekening beland het.

Annette

Nuus | 2 kommentare

Bladsye (1834): [ «    721  722  723  724  725  726  727  728  729  730  731  732  733  734  735  736    »]
Tyd nou: Sa. Mrt. 07 17:55:52 UTC 2026