Hoor vanoggend dat die NGK in die Noorde nou 'n Konvent gaan hou om te
besluit oor samewerking.
Hoekom hulle nie net sommer 'n beraad kan hou nie, sal ek nie weet nie.
Annette
Broeder Leier met sy vloot van 50 motors en 2 helikopters het elke plek op
hol waardeur hulle beweeg.
Baie gepas vir die persoon wat hom beywer om die eerste President van Afrika
te wees.
Annette
Volgens vandag se Argus:
Die helfte van die 76 000 weermaglede is te vet om aan enige operasies deel
te neem.
Opleiding bestaan omtrent nie meer nie
Topswaar: Ons het 204 hoogs besoldigde generaals ( 110 by HK) - die ratio is
293 manskappe per generaal. Die VSA het 2000 manskappe per generaal.
52% van die begroting word op salarisse gespandeer en .05% op nuwe
toerusting ( dis nou seker voordat die wapendebakel in werking gestel gaan
word)
Soldate word nie vir vigs getoets tensy hulle ontplooi word nie, maar 6 uit
elke 10 soldate wat in die hospitaal toets positief.
( dit skakel seker die vettes tot 'n groot mate uit)
Die lugmag het net brandstof tot September en slegs 2400 vliegure kan gedoen
word, ipv van die vereiste 7200
Annette
Ek gesels annerdag met 'n ervare IDB-speurder oor diamantsmokkelary.
Meeste mense het mos maar die idee dat diamantesmokkel baie keer meer 'n
geleentheid eerder as 'n misdaad is. Baie sal jou vertel dat as hy net die
kans kry, sal hy net vir EEN keer die kans vat om die nodige skop te kry tot
finansiële utopia, maar dan kry almal mos nie die kans nie, hm?
Die ou vertel toe vir my dat die mense wat so gesels, pomp net warm lug
want hulle het nie 'n idee waaroor dit gaan nie. Hy sê daar kom 'n dag in
elkeen se lewe waar jy 'n krisis-karakterbesluit moet neem: Laat jou
gewete jou toe tot kriminele optrede of nie? Vat jy daai paadjie, dan is
jy 'n misdadiger, 'schluss' en klaar. Daar bestaan nie die storie van net
een keer smokkel nie. As jy een keer die vrug van maklike inkomste gesmaak
het, die volgende keer as jy 'n krisis het, dan doen jy dit weer.
My pappie-goed het altyd gesê dat g'n mens kan vir seker sê hy's nie 'n
dief voor hy nie ordentlik voor 'n versoeking geplaas is nie. Dit is so
dat seker maklik 95% van mense op kantoor 'n pen of uitveër sal kan vaslê en
nie 'n oog daaroor knip nie, maar sê jy kom op 'n ongeluk af waar 'n ou dood
langs die pad lê met g'n mens in sig nie en in die kar vind jy 'n tas met 'n
miljoen in kontant in? Sal jy vat, of los?
Dit bring my by Mugabe en ander Afrikaleiers. Een en elke Afrikaland
ondervind 'n misdaadgolf na onafhanklikheid en binne die regerings self, is
bedrog aan die orde van die dag. Hoekom? Is dit nie dalk omdat die
sogenaamde vryheidsvegters buite die wet moes gaan om hulle sin te kry nie?
Nou, na die stryd gewonne is, ondervind hulle probleme met hierdie
skeidingslyn tussen reg en verkeerd. Weet hulle enigsins nog waar daardie
lyn getrek is?
Ek dink dit gaan Afrika nog 'n verdere 30 - 50 jaar vat voor die
bevolking sal stabiliseer. Die groot vraag is natuurlik net hoeveel gaan
oor wees na Mugabe, Nujoma en hul agterryers hulleself blinkvet geoes het?
Iewers het jy die naam Marchand genoem, dus neem ek aan jy het daar of
daar naby grootgerword. Ken jy die Engelse? Nou bedoel ek nie
Engelse van die Britse soort nie, maar mense met die van Engels? Die
familienaam onder die mans was nogal Elias, dink ek. Dis die familie
wat die Kalhari-gemsbokpark vir jare beheer het, twee van hulle
namekaar, beide genaamd Elias as ek reg onthou. Dis hulle wat jare
lank leeus wat na Botswana en Suidwes toe afgedwaal het op die rug van
'n kameel gaan terugjaag het. Ystermense!
Ek en een van die jonger (!) Eliase het op dieselde dag op dieselfde
plek begin werk Hy is redelik gou getroud met 'n meisie wat ook van
daai wêreld af kom, een van so iets soos sewe susters. Vertel hy my
eendag die volgende storie: Pa het die lot dogters vir die
skoolvakansie op Upington gaan haal en toe hulle al naby die plaas
kom, dis al donker, loop vrek die bakkie. Pa is uit met die slinger
(dit was nog een van daai soort) en begin slinger, maar Ma en die
dogters kom nie reg met die clutch en die petrol as dit nou lyk asof
daar lewe wil kom nie. Na 'n ruk toe is Pa nou al natgesweet, die
bakkie se ligte brand nog en Pa is nou nie juis bekend vir sy
eindelose geduld nie. Hy staan toe so entjie terug met die slinger en
sê, "Jou bliksem, dan staan jy nog vir my en ky ook!", en woeps!
woeps! slaan hy altwee die ligte stukend!
Dit was Suidwester, dink ek, wat onlangs genoem het dat pap (ek neem
aan dis mieliepap) net 23% verteerbaar is vir honde. Ek sou gedink het
dis sou nog laer wees en nog heelwat laer vir katte, want die honde-
en kattefamilies is vleisvretende diere van wie die
stysverteringssiteem baie swak aangepas is om stysel te verteer en
baie meer aangepas is om proteïne te verteer.Al wat hulle eintlik kan
hanteer is die bietjie glikogeen wat in spiere en die lewer voorkom,
en dis maar min.
Mense daarteenoor is omnivore, wat alles vreet en, omdat stysel (die
graansoorte, bolle, knolle, yams (Afr?) ens.), die hoofbron van
energie vir omtrent alle mense is, is die mens se vermoeë om stysel te
verteer baie hoog. Ek het probeer om uit tevind wat die
verteerbaarheid van miliepap is maar kon nie die syfer kry nie.
Instink sê vir my dit sal minstens 70% wees. So Annette, vergeet van
kindermishandeling, al daai pap was goed vir jou :)
So in my afwesgheid van die ng het ek darem 'n hele paar goedjies
getik waarmee ek nooit tot poste gekom het nie. Hierdie een is eintlik
vir Gloudina; Gloudina. jy het lank terug in 'n draad gesoem dat jy
nie van soetgoed op jou bord hou nie. Stem saam. Daar in die bos het
ons 'n groentetuin gehad so groot soos 'n derde van 'n rugbyveld, dus
was ons selfonderhoudend wat groente betref, behalwe dalk vir uie en
aartappels wat ons soms met ruilhandel in die hande moes kry. My Ma
het baie tradisioneel gekook, dus was daar altyd ten minste een soet
groente op die bord. Sy het self opgeskep en ons moes eet wat op die
bord was, al was dit soms moeilik.
As iemand dalk vir jou ertjies present gee, moet dit nie weggee of vir
die kat voer nie, daar's iets beter om daarmee te doen: Kook hulle
gewoonweg tot sag, "mash" hulle dan met 'n lekker klont botter (OK,
OK!), redelik baie sout en 'n goeie lot varsgemaalde swart peper.
Probeer dit, dis lekker.
Ek was bietjie lanklaas hier. Eers vir 'n rukkie weg, toe nogal besig
(eksamens) en toe vir die laaste agt dae in die hospitaal. En hoekom?
Eerstend voel ek nogal skaam om te sê hoekom, maar dan aan die ander
kant is ek nogal heel trots op myself. Julle sien, ek suip nou al vir
'n hele ruk; soms min, soms meer, soms heelwat en soms baie. Gelukkig
(?) was dit nooit so erg dat dit my normale dagtake beïnvloed het nie.
Toe, so ses weke gelede, breek alle hel los en begin ek suip asof dit
uit uit die mode gaan raak. Alles het gaan staan. Ek wou niks doen tot
die volgende dop op die horison verskyn nie. Op 2 Julie het ek myself
toe vir detoks/uitdroog gaan aanmeld en is eegiser ontslaan. Hopelik
sal dit werk. Soos die Engelse sal sê, almal van julle, "raak hout."
asseblief. Dit mag nooit weer gebeur nie. "Relaps" is glo nogal
maklik.
Eintlik voel ek nogal embarrassed om hierdie topic hier op te haal,
maar ek beskou (meeste van?) julle as internetvriende en dalk kan my
raad dat dit nie moeilik is nie iemand van
soc.culture.south-africa.afrikaans of hulle vriende/kennisse help.
Mens besef nie altyd hoe groot die probleem is nie.
Groete, Drom
Daar was woeste strorms hier in die Oos-Kaap en toe word ek nog op die
koudste dag van die jaar ontslaan :-). Genoeg om enige mens te laat
suip :))))
Het julle gisteraand op KykNet gesien van die mense wat Mugabe nou in die
Wêreldhof wil aanvat sodat hy verantwoording kan doen vir sy dade? Wat my
nogal geruk het was die storie van dat Mugabe een van die 10 rykste mense op
aarde is! Die man kom mos 'n ernstige bloedkeel kort want die enigste
manier vir 'n president van 'n land om so baie geld te vergaar, is om sy eie
land te verkrag.
Nog meer verontrustend was die teorie dat Mugabe nie blankes van hul
plase afsit net om van blankes ontslae te raak nie.....hy wil die
boerderybedryf in geheel skaak. Kyk mens verder suid, hier na ons toe en
na Suid-Afrika, dan is dieselfde patroon duidelik sigbaar. Hier by ons het
Sam Nujoma al om en by 9 plase en die politici verdien skrikwekkende
salarisse. Die gewone ou op die grond leef natuurlik niks beter nie want
eintlik is daar nou minder werksgeleenthede as wat daar ooit was.