Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Vir Koot:

Vr., 19 Julie 2002 04:17

Hoekom vertel jy ons nie van julle wonderlike vakansie in die Kaap nie - en
hoe het die lodge toe gebly?
Annette

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Eindverslag

Vr., 19 Julie 2002 04:14

Dit gee my 'n groot lekkerkry om julle almal mee te deel dat die hemele toe
nie gister op ons geval het nie.
Daar was vandag 'm bietjie erge stormweer in die SuidKaap - twee bote ietwat
in die moeilikheid, 'n stapper vermis op die Otterwandelpad, 9 mense
verdrink wat oor 'n lae brug wou ry, en Elliot en 3 ander tongknoperplekke
wat sonder elektrisiteit sit na hewige sneeuneerslae.
Of dit die begin van die einde is weet ek nie.
))

Annette

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Wat is jou dorp/stad se ou naam asseblief?

Do., 18 Julie 2002 19:28

Ek het vandag hierdie nommertjie van die noorde gekry...

From: Kobus Nel [GLK Herstelbeheer]
Sent: 21 May 2002 11:56
To: Kobus Nel [GLK Herstelbeheer]
Subject: FW: Nuwe dorpsname!!

Dagsê daar.
So iets om oor te "chuckle"
Ek het getrek maar ek bly nog op dieselfde plek - maar hoe verduidelik ek
dit vir mense soos sekretaresses in ander provinsies?
Ek wil 'n boodskap laat vir 'n kollega in Mpumalanga. "Vra asseblief hy moet
my in Polokwane skakel", sê ek."Waar??" vra sy en sy klink narerig, asof sy
'n mufgroen pasteitjie uit die pakkie gehaal het. "Polokwane". "Waar is
dit?" "Tussen Mokopane en Makhado in Limpopo".
Ek kan hoor sy dink ek is of van lotjie getik of het êrens ontsnap. "Waar is
dit?" hou sy geduldig vol. Wel, beduie ek, jy ry van Tswane af, verby
Bela-Bela en Modimolle. Ry deur die tolhek en hou reguit verby Mokopane,
maar hou jou spoed dop want die spiedies maak geld uit jou uit as jy daar te
vinnig ry.
Polokwane is net na Mokopane en net voor Makhado. Ek verstaan nie mooi
waarom ek die pad moet verduidelik as ek wil hê iemand moet my bel nie.
"Nee wag meneer" sê sy. "Waar is dié Makhado?" "Tussen Polokwane en Musina"
probeer ek hulpvaardig wees. "En waar is dit?" vra sy nou duidelik erg
verward."Musina is tussen Makhado en Harare" help ek so goed as wat ek kan.
"Bly jy in Zimbabwe?" vra sy asof daar skielik 'n lig vir haar opgaan.
"Nee", sê ek. "Ek beduie net vir jou waar Polokwane is." "In Zimbabwe?" vra
sy hoopvol. "Nee, in Limpopo" help ek haar reg.
Sy sug moedeloos en sê: "Kom ons begin voor." Ek dink sy wonder of dit nie
Leon Schuster is wat haar met 'n slapriem probeer vang vir een of ander
advertensie nie. "Waar is Tswane?" "Dis maklik" sê ek. "Tussen Bela-Bela en
Egoli"."Nee meneer, ek bedoel die dorp". "Ek ok" sê ek. Ek kan hoor sy is
nou by sepies terwyl ek nog by pad beduie is. "Egoli is anderkant Tswane as
jy van Bela-Bela se kant af kom" sê ek.
"Meneer", vra sy, "is jy getrek?" "Nee", sê ek. "Ek het nie getrek nie,
hulle het net die naam verander".
"Wat bedoel jy hulle het jou naam verander?"."Nie my naam nie, die dorp se
naam" help ek haar reg. "Watter dorp se naam?" "Pietersburg".
"Bly jy in Pietersburg?" vra sy en ek kan hoor daar gaan nou 'n helder lig
vir haar op. "Nee", sê ek "ek bly in Polokwane maar dit was voorheen
Pietersburg." "Wragtig?" sê-vra sy. "Wragtig" sê-bevestig ek. "So, jy skakel
van Pietersburg af wat nou Polokwane is?". "Einste", sê ek.
"Nou watter ander name het jy dan genoem?" vra sy en ek kan aanvoel dié vrou
het 'n erge behoefte om iets oor die toekomsgeskiedenis van die land te wete
te kom.
Toe verduidelik ek: "Egoli was eers Johannesburg. Tshwane is Pretoria. As jy
dan Noord ry kom jy by Bela-Bela wat eers Warmbad was, daarna by Modimolle
wat Nylstroom was en Potgietersrus wat nou Mokopane is. Na Mokopane kry jy
Polokwane wat Pietersburg was en daarna Louis Trichardt wat Makhado geword
het. Verby Makhado kry jy Musina wat eers Messina was."
"En Messina is by die Limpopo!" jubel sy. "Ja" sê ek, "maar die Limpopo
waarvan ek praat is die provinsie". "Nou wat noem julle die rivier?" vra sy.
"Limpopo" sê ek.
"Meneer?" vra sy, "stook jy mampoer?"

--
______________________________________
Rudolph Thomas
in...@tigme.com
TIGME.COM

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Casper de Vries.....

Do., 18 Julie 2002 09:51

Het ek die koerant reg gelees en is die man 'n uh, moffie? Sy
ex-bestuurder dagvaar hom blykbaar. Ai, nou's my Saterdagaand op TV
bederf................

Koeitjies & kalfies | 21 kommentare

Een skone dag

Do., 18 Julie 2002 08:47

Bly omdat die son weer skyn en ook seker bly omdat ons Annette se swart
Woensdag oorleef het.

PG Wodehouse het gepraat van dae waarop jong verliefdes uitgaan en besef
"love" rym met "skies above" en dan terstond 'n gedig daaroor pleeg.

In Afrikaans is die ekwivalent seker dat "hart" rym met "smart". Ek kan nie
help om te glimlag as ek hierdie kombinasie in 'n liefdesliedjie hoor nie.
Wat my laat wonder - ek wonder hoeveel duisende maal is die hele verloop en
betekenis van 'n lied of 'n vers al voorgeskryf deur goeie ou rymdwang?

Ek het al baie gewonder oor Leipoldt se "vir ons liefde wat uithou en alles
vergoed" om te rym met "boet", bloot omdat die vers vir my as verliefde
tiener so mooi was.

Ek wonder hoeveel Afrikaanse gesange het "lot" om te rym met "gebod" of dan
met "God". Arme digters - daar is maar min loflike dinge wat rym met "Here",
tensy jy tevrede is met "klere" of "sere" of "gewere", en wat maak jy dan
met die res van die sin?

Van 'n verveelde Koot in die Baai wat self al aandadig was aan dergelike
sondes...

Prosa & poësie | 4 kommentare

Gratis agtergrond vir rekenaar skerm...

Wo., 17 Julie 2002 21:39

Vir die wat belang stel, ons maak elke maand 'n gratis agtergrond prent...

Gaan na:
http://tigme.com/coffee_bg_index.htm
om dit te beskou.

Kry ook ons gratis Afrikaanse spel speletjie by die naam Lettris by die
volgende verwysing:
http://tigme.com/downloads_index.htm

______________________________________
Rudolph Thomas
in...@tigme.com
TIGME.COM

Rekenaars & selfone | 0 kommentare

son eklips in Suid-Afrika

Wo., 17 Julie 2002 17:44

Woon een van die mense op die nuusgroep naby of in Messina? Ek soek 'n
oornag plekkie daar iewers om op 4 Desember die son eklips te kan kyk.
Ek het al aanbod gekry maar waarskynlik omdat ons Vlaminge is, is die pryse
baie hoog: van 1000 ZAR vir kamer +ontbyt tot 3500 ZAR met aandete per
persoon per nag.
Wil iemand vir 'n paar dae 'n kamer (vir 2 persone) verhuur of weet iemand
van plekke met normale pryse?

Groete uit Vlaanderen,
Inga

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Hoei julle daar bo iewers!!

Wo., 17 Julie 2002 13:33

Het die hemel al begin val?
Hier by ons lyk dit nog normaal - glad sonskyn en so aan.
Annette - wat wag vir die begin van die einde vandag.

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

is dit nou belaglik!

Wo., 17 Julie 2002 07:36

ek lees die volgende -

A quadriplegic is suing a Florida strip club because he could not get
his wheelchair into its lap-dancing room, his lawyer has said.

Edward Law of Orlando sued the Wildside Adult Sports Cabaret in US
District Court in West Palm Beach last month, claiming the club
violated the Americans with Disabilities Act (ADA) by excluding him
from restrooms, the bar area and the private rooms where dancers offer
more-intimate entertainment.

dit gaan verder om te se dat die verhoog waarop die girls dans te hoog
is vir hom om te sien as hy in sy rystoel is.

Threeships Mcduck
www.mothership.co.za

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Hulp Asb

Di., 16 Julie 2002 19:40

Ek soek die naam van die prent wat verlede maand op Mnet vertoon is wat
gehandel het oor James Joyce ( Ierse skrywer)
Ewan McGregor het die rol van James Joyce vertolk, en ? Lynch die van sy
vrou
Annette

Koeitjies & kalfies | 5 kommentare

Bladsye (1834): [ «    717  718  719  720  721  722  723  724  725  726  727  728  729  730  731  732    »]
Tyd nou: Sa. Mrt. 07 15:04:39 UTC 2026