Lyk my die tante tas in die duister rond en dink in die chaos steeds
dat ek iemand anders is.
Wel ek gaan nie so stupid wees om my hele CV hier te gee nie, maar
hier is so paar dinge oor myself.
My pa is wit en my ma was bruin totdat die vorige regime haar
geherklassifiseer het as wit en hulle kon trou. Ek het groot geword
net buite Kaapstad in `n bruingemeenskap omdat die wittes my ouers nie
wou aanvaar nie. In die tagtigerjare het ek gematrikuleer en ek is
universiteit toe met `n buitelandse studiebeurs. Ek was die eerste
(dalk nog die enigste - ek weet nie) bruinvrou wat gekwalifiseer het
as Chemiese Ingenieur. Sedert 1997 is ek `n aflos-dosent in Chemie,
Calculus en Wiskundige Statistiek. Huidiglik werk ek deeltyds as die
enigste vrou op `n paneel van 18 wetenskaplik raadgewers vir die
departement van minerale en energiesake. Ons is besig met navorsing
vir `n nuwe kernaanleg in die Weste van die land.
Nou aangesien hier so baie joernaliste skryf, sal dit vir almal van
hulle baie maklik wees om my met `n bietjie speurwerk op te spoor.
Indien een van julle my vind hou dit maar vir jouself ek wil nie soos
vorige ouens met my permanente werkgewer gedreig word nie.
"Mister Taxi" schreef...
> "Arthur" wrote...
>> Aantal gezakte eindexamenkandidaten gehalveerd.
>>
> I couldn't have put it better, Arthur
> Have a nice penis today!
Dankie, maar dis 'n bietjie oorbodig, daardie toewensing :)
Vir alle ma's wat klein kindertjies het en dit nie weet nie - ons het
'n moederskamer net langs die kerk.
Die blomme in die kerk sal geskenk word aan diegene wat siek is na die
erediens.
Volgende week word die kerkraadsvergadering Woensdag om sewe-uur
gehou, en die predikant van Sondag is in die konsistorie opgeplak.
Basaarafkondiging: Almal welkom! Kom gerus as jy niks aan het nie en
kom deel in die pret.
Ons gemeente gaan vanaand lekker melkskommels in die kerksaal drink,
Sal alle vroue wat melk skenk asseblief reeds om 18h00 daar wees.
Ten tye van die predikant se siekte : Die Here is goed, ons predikant
is beter.
Ons het vanaand 'n byeenkoms in beide die oostelike vleuel en die
westelike vleuel van ons kerkgebou. Babas sal beide kante gedoop word.
Alle vrouelidmate kom Woensdag die elfde in die biblioteeksaal
bymekaar vir 'n praatjie oor die hemel. Hoe jy daar kan kom? Vervoer
is beskikbaar om 19h00 vanaf die bushalte oorkant die hotel.
Eerskomende Sondag sal daar 'n spesiale kooruitvoering wees, waarna
die kerk gesluit sal wees vir herstelwerk.
'n Nuwe luidsprekersisteem is in die kerk geinstalleer. Dit is 'n
geskenk deur een van ons gemeentelede ter herinnering aan sy vrou...
Weight Watchers het weer vanaand hulle byeenkoms in die saal. Gebruik
asseblief die dubbeldeure van die syingang.
November die negentiende om tienuur. Oggenddiens: Ds. Bruwer - Die
wereld se grootste probleem
Nou sê ek vir iemand dat SA 'n arm land is... Sê hy vir my hy sal die
teendeel bewys, en stuur hy dié (ou) koerantberig aan my!
Ongelukkig in Nederlands...
Zuid-Afrika weet zich geen raad met zijn geld
de Volkskrant, Buitenland, 8 februari 2002
Van onze correspondent Hans Moleman
Zuid-Afrika krijgt het geld dat is uitgetrokken voor de armen niet op.
Het lijkt een bizarre situatie voor een land waar bijna de helft van
de bevolking als arm te boek staat, maar het is de werkelijkheid.
Het 'luxeprobleem' is een gevolg van de zwakte van de Zuid-Afrikaanse
staat: er zijn te weinig kundige en gemotiveerde ambtenaren om de
miljarden daadwerkelijk uit te geven. Vooral op provinciaal en
gemeentelijk niveau kan men de geldstroom vaak niet aan.
Minister Trevor Manuel van Financiën stipte de pijnlijke kwestie
onlangs aan op het Wereld Economisch Forum in New York, toen hij
duidelijk maakte dat Zuid-Afrika geen geld van buiten nodig heeft voor
de aidsbestrijding. 'Ons probleem is niet dat we geen geld hebben,
maar dat het ontbreekt aan de capaciteiten om die plannen uit te
voeren.'
Zuid-Afrika is het rijkste land van Afrika, dankzij een relatief
ontwikkelde industrie en export en een opmerkelijk effectieve
belastingdienst. Maar aan de uitgavenkant is het vaak nog tobben. En
dat belet de ANC-regering ernst te maken met haar verkiezingsbelofte:
'Een beter leven voor allen'.
Vooral de arme helft van de veertig miljoen zielen tellende bevolking
lijdt onder de onmacht van de instanties. Een van de treurigste
voorbeelden is het armoedebestrijdingsprogramma van het ANC. Al vijf
jaar achtereen is de regering er niet in geslaagd al het geld bij de
doelgroep te krijgen - vorig jaar bleef eenderde van de beschikbare
1,5 miljard rand (150 miljoen euro) onbenut.
Ook minister Ronnie Kasrils van Waterzaken moet bekennen dat hij
worstelt met onderbesteding. Driekwart van zijn budget van 300 miljoen
rand zat eind vorig jaar nog in kas. Het geld had in de eerste vier
maanden van 2001 moeten opgaan aan de aanleg van waterleidingen en
rioleringen.
Doorgaans gaat het om arme streken waar het risico van een
cholera-epidemie hoog is, omdat de mensen water drinken uit riviertjes
die met uitwerpselen zijn besmet. Vorig jaar kwamen hierdoor alleen al
in de provincie KwaZulu-Natal tientallen mensen om het leven.
Kasrils staat voor de zware opgave in totaal 1,1 miljard rand (ruim
honderd miljoen euro) uit te geven aan waterkranen en rioolbuizen.
Naar schatting 18 miljoen Zuid-Afrikanen hebben nog geen behoorlijke
wc. De minister heeft, net als zijn andere onderbestedende collega's,
plechtig beloofd dat hij de departementale prestaties zal verhogen, en
vooral gemeenteraden tot meer daden zal aanzetten.
Ook de buitenlandse donoren zitten ermee in hun maag. Van het geld dat
minister Herfkens van Ontwikkelingssamenwerking vorig jaar voor
Zuid-Afrika beschikbaar had (19,6 miljoen euro) blijkt bijvoorbeeld 20
procent niet te zijn besteed. 'De ambities en plannenmakerij rijmen
niet met de uitvoeringscapaciteit', zegt een Nederlandse diplomaat.
'Het is een probleem waar alle donoren helaas tegenaan lopen.'
Ek stem nie saam nie - tog is daar sake wat
nader nadenke vereis (sug!)
Patrick
knip/knip/
In article , Mister Taxi
wrote:
"jvb" skryf in boodskap news:agvcbr$jeb$1885@ctb-nnrp2.saix.net...
A Fish Out Of Water (racism and other myths)
"True wisdom is not manifested in trying to see resemblances in th
knip/knip
Dis weer is woes hier in die Oos-Kaap. Dit reën so nou en dan en
daar's n windjie wat deur mure waai. Daai klein dorpies in die verre
Noord-Ooste, Maclear, Ugie, Elliott, Indwe ens. is afgesny en sit nou
al dae lank sonder krag. Busse en motors is oral op die paaie
vasgekeer en laasnag het twee skepe gestrand, een by Koffiebaai en een
by Nahoonpunt.
OK, dis nou nie waaroor ek wil praat nie. Tradisioneel eet Afrikaners
mos sop as dit koud is. Hoekom weet en nie want ek hou nie van sop
nie, maar hier is een wat rêrig goed is en ook
goed by koue aanpas.
Bestanddele:
! Kg geskilde aartappels, in blokke en sag gekook
2 medium uie, gesny of gekap en goed sag gebraai in olie
250 g maer bacon, velle af, gesnipper en gebraai
500 ml sterk hoenderaftreksel (Maggi se nuwerige poeierstok is die
beste - 2 hoë teelepels)
200 ml room
Pietersielie, vars of gedroog as jy wil
Metode:
Dreineer die aartappels, meng dit met met die uie en warmgemaakte
aftreksel en maak dit goed fyn, nie mash nie, fyn. Ek het so sakie
met lemme onder wat mens in jou hand hou. Dit werk goed.
Meng die bacon in, roer en maak goed warm in die mikrogolf
Sit nou die room by en meng goed, moenie weer kook nie, die room sal
skif
Skep in borde en versier met pietersielie as jy so voel
Nou kort dit brandgoedjies; Wyfiemens gebruik 'n lekker skerp Cajun
spice en ek smyt nogal heelwat Tabasco by
Eet met lekker vars bruin brood
Net twee punte:
Hierdie is 'n groot bak kos. Tensy jou gesin groot is, maak minder
Ek het hierdie een skaamteloos gesteel maar darem effenns verander,
dus beroem ek my net op 80% plagiaat.
('n Gas van Anton Prinsloo op "Die Tale wat ons Praat": Leksikografie
- Plagiaat in alfabetiese volgorde,)
Dit gee my 'n groot lekkerkry om julle almal mee te deel dat die hemele toe
nie gister op ons geval het nie.
Daar was vandag 'm bietjie erge stormweer in die SuidKaap - twee bote ietwat
in die moeilikheid, 'n stapper vermis op die Otterwandelpad, 9 mense
verdrink wat oor 'n lae brug wou ry, en Elliot en 3 ander tongknoperplekke
wat sonder elektrisiteit sit na hewige sneeuneerslae.
Of dit die begin van die einde is weet ek nie.
))
Ek het vandag hierdie nommertjie van die noorde gekry...
From: Kobus Nel [GLK Herstelbeheer]
Sent: 21 May 2002 11:56
To: Kobus Nel [GLK Herstelbeheer]
Subject: FW: Nuwe dorpsname!!
Dagsê daar.
So iets om oor te "chuckle"
Ek het getrek maar ek bly nog op dieselfde plek - maar hoe verduidelik ek
dit vir mense soos sekretaresses in ander provinsies?
Ek wil 'n boodskap laat vir 'n kollega in Mpumalanga. "Vra asseblief hy moet
my in Polokwane skakel", sê ek."Waar??" vra sy en sy klink narerig, asof sy
'n mufgroen pasteitjie uit die pakkie gehaal het. "Polokwane". "Waar is
dit?" "Tussen Mokopane en Makhado in Limpopo".
Ek kan hoor sy dink ek is of van lotjie getik of het êrens ontsnap. "Waar is
dit?" hou sy geduldig vol. Wel, beduie ek, jy ry van Tswane af, verby
Bela-Bela en Modimolle. Ry deur die tolhek en hou reguit verby Mokopane,
maar hou jou spoed dop want die spiedies maak geld uit jou uit as jy daar te
vinnig ry.
Polokwane is net na Mokopane en net voor Makhado. Ek verstaan nie mooi
waarom ek die pad moet verduidelik as ek wil hê iemand moet my bel nie.
"Nee wag meneer" sê sy. "Waar is dié Makhado?" "Tussen Polokwane en Musina"
probeer ek hulpvaardig wees. "En waar is dit?" vra sy nou duidelik erg
verward."Musina is tussen Makhado en Harare" help ek so goed as wat ek kan.
"Bly jy in Zimbabwe?" vra sy asof daar skielik 'n lig vir haar opgaan.
"Nee", sê ek. "Ek beduie net vir jou waar Polokwane is." "In Zimbabwe?" vra
sy hoopvol. "Nee, in Limpopo" help ek haar reg.
Sy sug moedeloos en sê: "Kom ons begin voor." Ek dink sy wonder of dit nie
Leon Schuster is wat haar met 'n slapriem probeer vang vir een of ander
advertensie nie. "Waar is Tswane?" "Dis maklik" sê ek. "Tussen Bela-Bela en
Egoli"."Nee meneer, ek bedoel die dorp". "Ek ok" sê ek. Ek kan hoor sy is
nou by sepies terwyl ek nog by pad beduie is. "Egoli is anderkant Tswane as
jy van Bela-Bela se kant af kom" sê ek.
"Meneer", vra sy, "is jy getrek?" "Nee", sê ek. "Ek het nie getrek nie,
hulle het net die naam verander".
"Wat bedoel jy hulle het jou naam verander?"."Nie my naam nie, die dorp se
naam" help ek haar reg. "Watter dorp se naam?" "Pietersburg".
"Bly jy in Pietersburg?" vra sy en ek kan hoor daar gaan nou 'n helder lig
vir haar op. "Nee", sê ek "ek bly in Polokwane maar dit was voorheen
Pietersburg." "Wragtig?" sê-vra sy. "Wragtig" sê-bevestig ek. "So, jy skakel
van Pietersburg af wat nou Polokwane is?". "Einste", sê ek.
"Nou watter ander name het jy dan genoem?" vra sy en ek kan aanvoel dié vrou
het 'n erge behoefte om iets oor die toekomsgeskiedenis van die land te wete
te kom.
Toe verduidelik ek: "Egoli was eers Johannesburg. Tshwane is Pretoria. As jy
dan Noord ry kom jy by Bela-Bela wat eers Warmbad was, daarna by Modimolle
wat Nylstroom was en Potgietersrus wat nou Mokopane is. Na Mokopane kry jy
Polokwane wat Pietersburg was en daarna Louis Trichardt wat Makhado geword
het. Verby Makhado kry jy Musina wat eers Messina was."
"En Messina is by die Limpopo!" jubel sy. "Ja" sê ek, "maar die Limpopo
waarvan ek praat is die provinsie". "Nou wat noem julle die rivier?" vra sy.
"Limpopo" sê ek.
"Meneer?" vra sy, "stook jy mampoer?"
--
______________________________________
Rudolph Thomas
in...@tigme.com
TIGME.COM