Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Katolieke Hoge se bedanking

Wo., 24 Julie 2002 08:51

Biskop? Cawcutt ( verskoon tog, en is nie goed met titels nie) het toe
bedank na druk agv sy betrokkenheid by die gay-webwerf van katolieke
priesters.( Fallen Angels?)

Nou word daar vertel dat hulle nie seker is of hy sy eie CV op daardie werf
geplaas het nie - maar as ek op 'n webwerf iets lees oor my wat ek
veronderstel was om self te plaas, en ek het nie, dan sal ek mos heftig
daarteen beswaar aanteken, of hoe?
Hy was blykbaar heel gelukkig met sy bekendstelling daar.

Ek het glad nie 'n probleem met hom, sy geloof en sy seksuele voorkeure nie,
hy is ook maar net mens met 'n pens. Maar dan moet hy nie lieg of valshede
suggereer net om sy posisie in die kerk of die samelewing te kan behou nie.

Sjeim - dat dit nou hy moes wees wat die media se aandag geniet, terwyl die
ander priesters om daardie webwerf vrolik voortgaan om hul godsdiens
ongestoord te kan bedryf.

Annette

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Liegstorie

Wo., 24 Julie 2002 08:05

Blykbaar het die Huisgenoot ( ek kry dit mos nie meer nie) 'n
liegstoriekonpetisie uitgeskryf.
Ek ken ten minste twee baie goeies.
Kan iemand vir my hier die datum van die uitgawe waarin die kompetisie
aangekondig is gee, of
die adres waarna ek my inskrywing kan stuur of
'n telefoonnommer waarheen ek kan bel vir inligting?

Het net van dit gister op RSG gehoor en weet dat die storie nie meer as 300
woorde moet bevat nie.

Die storie wat hulle gister vertel het van hoe mens 4 visse op 'n slag met 1
hoek en een lyn vang was baie snaaks.
Annette

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Waarskuwing vir Sneeubewaardes

Wo., 24 Julie 2002 08:01

Dit was gister weer koud en winderig in die Kaap ( vandag weer mooiweer) so
ek dink daar gaan 'n hervertoning van verlede week se sneeuopvoering wees.:)
Annette

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Hulp of raad

Di., 23 Julie 2002 12:41

Ek het geld in 'n bankrekening in Suid-Afrika wat ek wil laat oorplaas na my
bank in die VSA. My SA bankbestuurder sê ek moet 'n
belastingklarinsertifikaat hê vooor hulle dit kan doen. Ek het nie 'n idee
wat dit behels nie, of hoe ek een kry nie. Die bank stel voor ek stel 'n
belastingkonsultant, of 'n prokureur, aan om die sertifikaat te kry.

Ek is al so lank uit SA dat ek nie 'n benul het van wie om te nader hiervoor
nie. Kan iemand dalk die volgende twee vrae vir my beantwoord - verkieslik
na my e-pos by eks...@excite.com? baie dankie solank.

Vrae:
1. Wat behels die sertifikaat, en wat is die implikasies daarvan?
2. Hoe kry ek iemand om my te verteenwoordig, en wat gaan dit kos?

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Potte

Ma., 22 Julie 2002 18:44

Almal wat graag potjiekos maak het seker darem nou al hulle potte,
maar ek wil net aan diegene wat be-oog om binnekort 'n ysterpot
(platboom of driepoot) aan te skaf 'n wenk gee en dit is, as jy 'n
potjoe koop, maak absoluut seker dat die deksel so dig as moontlik op
die pot pas. As dit nie die geval is nie moet jy gedurig vloeistof
bygooi en dis net werk en maak mens onrustig dat die goed kan
aanbrand.

So rukkie terug moes ek vir iemand 'n potjie maak. Hulle pot se deksel
het aan die een kant omtrent 2 mm gegaap en, ai, was dit nou moeite.
Die stoom borrel daar uit en mens moet die ding oppas soos wat nog.
Altwee my potte (plat en driepoot) sluit so dig dat ek hulle maklik
vir 1½ tot 2 ure stadig kan laat prut sonder dat bykomende vloeistof
nodig is.

Drom

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

what to do

Ma., 22 Julie 2002 09:58

die polisie is te treurig om jou te beskerm, die minister van
gesondheid te dik om te weet wat gesondheid is en die army te siek om
die land te beskerm. wat moet `n mens dan nou doen wonder ek? die
staat het die vermetelheid om my belastinggeld te mors om `n man wat
`n dief geskiet het te vervolg. hoe siek is dit? hulle reken seker
omdat ek nie gaan betaal om die stuk gemors aan die lewe te hou in `n
tronk nie sal ek maar vir iets ander moet opdok.

Hijackers shot dead by dad

Witbank - A Witbank resident faced a murder charge after shooting dead
one of three would-be hijackers, Mpumalanga police said.

Inspector Jacky Nkoane said the man was driving between Rustenburg and
Witbank about 18:00 on Saturday and gave a lift to three men who drew
guns and told him to drive to Ogies in Mpumalanga.

When the driver tried to argue the three began hitting him and in the
ensuing struggle the car crashed into a road sign.

No one was injured in the crash and the driver produced his own
firearm and killed one of the attackers, said Nkoane.

The other two men ran away and were still at large.

Nkoane said a murder docket was opened and the Witbank man would
appear in court.

Threeships Mcduck
www.mothership.co.za

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Ek breek alles!!

Ma., 22 Julie 2002 04:47

Die eerste laerskool waarna ek is- Sonskyn Laerskool in Witbank- , het 'n
jaar nadat ek daar weg is ophou bestaan.
Die eerste plek waar ek gewerk het - The Friend in Bloemfontein - bestaan
nie meer nie.
Die eerste plesierboot waarop ek gery het, het drie maande na die rit
vergaan.
Nou is die eerste skuins kleibaan waarop ek tennis gespeel het - in
Elliot - blykbaar ook daarmee heen.
Weens die erge sneeu daar verlede week - en blykbaar nog wat kom hierdie
week, het die meeste geboue - veral van besighede, se dakke ingeval weens
die sneeu. Verskeie van die gewone groot besighede is nie meer daar nie, en
nou na hierdie ramp - die ergste sneeu in meer as 40 jaar - en 'n 65-jarige
boer verklaar hy het nog nooit so iets gesien nie, lyk dit of Elliot een van
daardie klein amper-spookdorpies gaan word.

Annette

Koeitjies & kalfies | 7 kommentare

Was hiersie een van Koos Doep daar?

So., 21 Julie 2002 21:35

So 'n paar weke gelede het 'n hele paar mense 'n klomp van Koos du
Plessis se werke hier gepos. Ek het almal gesave en uitgedruk maar kry
nie hierdie een onder hulle nie. Skynbaar het Koos dit oorspronklik
uitgegee as "Somerkersfees", maar Jaanie du Toit het 'n derde strofe
bygesit en dit verskyn nou as "Welkom, o stille nag van vrede" in die
nuwe Liedboek van die Kerk (Lied 358).

(As iemand dit wel alreeds geplaas het, lees dit weer.)

Welkom, o stille nag van vrede (Koos du Plessis en Jannie du
Toit)

Welkom , o stille nag van vrede,
onder die suiderkruis,
wyl stemme uit die ou verlede
oor sterrevelde ruis
Kersfees kom, Kersfees kom-
gee aan God die eer.
Skenk 'n helder Somerkersfees
in hierdie land, o Heer

Hoor hoe sag die klokke beier
in eeue-oue taal.
Kyk, selfs die nagtelike swye
vertel die ou verhaal.
Kersfees kom, Kersfees kom-
gee aan God die eer.
Skenk ons 'n helder Somerkersfees
in hierdie land, o Heer

Voel jy ook nou sy warm liefde
as ons die dag gedenk,
toe hy sy Seun aan ons gegee het-
ons grootste Kersgeskenk.
Christus kom, Christus kom-
gee aan God die eer.
Skenk ons 'n helder Somerkersfees
in hierdie land. o Heer

Musiek & liriek | 1 kommentaar

UKkasie

So., 21 Julie 2002 19:41

Ek hoor daar was darem ten spyte van die ongure somerweer al so 800 mense
Saterdag daar?
Glo minder kunstenaars as verlede jaar - en glad nie verteenwoordigend van
die Afrikaanssprekende gemeenskap nie.
En, behalwe vir die wors en pap stalletjies, was daar toe ook 'n stalletjie
vir die VryheidsFront.
Die politici steek ook hul neuse oral in - een van die dae sal ons seker ook
moet sit deur ellelange politieke toesprake voor elke rugby- en
krieketwedstryd.
Annette

Koeitjies & kalfies | 12 kommentare

Blaasprobleme

So., 21 Julie 2002 19:29

Na wie toe kan ek my eis stuur vir my pynlike blaasprobleem?
Ek moes van vanmiddag 3.30nm tot 9.00nm sit en duimvashou vir Ernie, anders
het hy dit nie gemaak nie.
Annette

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Bladsye (1835): [ «    715  716  717  718  719  720  721  722  723  724  725  726  727  728  729  730    »]
Tyd nou: Vr. Des. 19 16:55:25 UTC 2025