Natalie du Toit
Ma., 05 Augustus 2002 08:55
Ek lees nou net in News24 dat Natalie du Toit eenparig deur 'n paneel
gekies is as die mees-uitstaande atleet van die afgelote
statebondspele. Sy het twee rekords vir gestremde swemmers verbeter en
is die eerste gestremde swemmer wat nog ooit vir die finaal in 'n item
vir nie-gestremdes gekwalifiseer het.
Drom
Koeitjies & kalfies |
0 kommentare
Natalie du Toit: Wonderwerk!
Ma., 05 Augustus 2002 07:46
Kan dit net 'n 19-jarige mond wees wat hierdie goue woorde geuiter het?
"Die grootste tragedie in die lewe is nie om nie die doelwitte te bereik wat
jy vir jouself gestel het nie.......dis om geen doelwitte te hê om na te
streef nie." Wonderlik! Mag veel meer sukses as waarop sy ooit gehoop
het, haar toekom want sulke positiwiteit moet eenvoudig net beloon word.
Gisteraand se toekenning by die Commonwealth Spele aan hierdie dapper kind
het nie net Suid-Afrikaners beroerd gehad nie......ons Suidwesters véél vir
haar!
Koeitjies & kalfies |
1 kommentaar
Borsvoeding
Ma., 05 Augustus 2002 07:22
Nou net hier iemand op RSG wat die voordele van borsvoeding besing - en een
van die redes glo is dat die kind dan later nie so vol fiemies oor kos is
nie - want die kind kry glo deur die moedersmelk elke dag 'n ander smaak -
afhangende van wat moeder geëet het.
Ek weet darem nie - want skoonsus het albei kinders geborsvoed en hul
kosvoorkeure verskil hemelsbreed.
Een seen is dat albei van alle groente en vrugte hou
Annette
Koeitjies & kalfies |
1 kommentaar
Swellendam
Ma., 05 Augustus 2002 07:08
Iemand hier van daar?
Vernuftige speurwerk het aan die lig gebring (mooi, né) dat van my voorouers
in die vroeë 1800's daardie dorp versier het met hulle teenwoordigheid.
Ek weet bitter min van hulle af en wil graag meer weet.
Koot
Koeitjies & kalfies |
2 kommentare
Stoomtreine
Ma., 05 Augustus 2002 06:43
Blykbaar gaan dit ook binnekort iets van die verlede word, want die waens,
onderdele van die masjiene, dwarsleggers en spoorlyne word op groot skaal
gesteel.
Annette
Wiele |
0 kommentare
Kultuurfees by Velddrif
Ma., 05 Augustus 2002 06:26
Was toe Saterdag daar - in heerlike sonskyn.
Die mallemeule was daar - en die haasbekke het behoorlik gejil van plesier.
Op die verhoog het sangroepe en ander sangers opgetree - daar was 'n kwintet
van Bellville/Durbanville/Strand wat uitstekend gesing het.
Ek het alweer vasgeval by die konfytstalletjie en sultanakonfyt en
kersiekonfyt gekoop.
Toe kry ek vir my 'n Weskus resepteboek - en is dit nou genotvolle
leesstof - allerhande vreemde spellings en ander handige raadjies.
Geregte soos Okkerneut-Frikkadelle, Hotnotskool, Vissop ( sommer 'n hele
paar resepte) ( wanneer jy vis bak, meng 'n bietjie bakpoeier met die meel
waarin die vis gerol word en ook in die olie waar die vis in gebak word -
dit sal verhoed dat die olie spat)
Goedkoop kerrievis ( gemaak met 'n blikkie sardiens)
Gestoomde Hottentot ( die resep - nie die seksie ene nie:)) )
Snoekkuite om op te smeer
Kreef Thurmodore
( gooi 'n bietjie oorskiet tee in 'n pan waarin vis gebraai is om die
visreuk te verwyder)
Beestong met Suursous
Skrikkeljaarpoeding
Goueveerpoeding
Sneeupoeding ( 2)
Verskeidenheidskoek
Korslose melktert
Post Toastietert
Opwipkoekies
Goedkoop Rosyntjiebrood ( hou brood langer vars deur 'n klien sakkie, gevul
met growwe sout, in die broodblik te hou.)
Towervingers
Butterschotch ( sic)
Annette
Koeitjies & kalfies |
2 kommentare
Hankey - SA se nuwe Toerisme Vertoonvenster
Vr., 02 Augustus 2002 16:58
Na die vreeslike media-hype ivm Saartjie Baartman, wie se oorblyfsels met
groot geskal hier aangekom het vanaf Parys ( Frankryk) - en dit toe twee
maande geneem het om te besluit waar sy op SA bodem begrawe sou word - het
Hankey die wonderlike trofee gewen.
Sarah ( nie meer Saartjie nie) gaan nou op Hankey bo-op 'n koppie in die
middel van die dorp begrawe word.
Die verweerde trappies word herstel, en daar word selfs 'n groot
busparkeerarea ontwikkel, om die massas toeriste te hanteer wat na Sarah se
Laaste Rusplek sal kom kyk.
Ek glo nie.
Annette
Koeitjies & kalfies |
2 kommentare
Kanada - Mekka van Misdaad
Vr., 02 Augustus 2002 14:29
Met apologie aan Clarabelle:
Ek bewe van angs, want:
Jy los my alleen in 'n nag vol van donker
Jy los my alleen in 'n nag vol van bang.
Hoe harder ek luister
Hoe harder word die fluister
Van Onbekende (gewaande) voetstap op
Die Trap.
Annette
Koeitjies & kalfies |
0 kommentare