Jip-jip vir wilde afrikaanse woordeskat
deur Johanna van Eeden
Pretoria
DIE duisterfluisteraars wat Afrikaans se dood voorspel, is van hul
breinselle beroof. Dit is die gevolgtrekking waartoe 'n mens kom ná 'n
gesprek met mev. Joey Basson, die baasbrein agter die Hoërskool
Richardsbaai se Wilde Woordeboek. Basson, vakhoof van Afrikaans by dié
skool, het in 1993 met 'n projek begin om kinders aan te moedig om
nuwe woorde in Afrikaans te
skep. Dié nuutskeppings is in 1997 in 'n Wilde Woordeboek opgeneem.
Die projek het sedertdien gegroei tot 'n landwye wedstryd waarin oud
en jonk nuwe asem in die taal blaas. ``Ons het vanjaar 587
nuutskeppings aangeteken en ons is besig om te werk aan 'n nuwe Wilde
Woordeboek. Volgende jaar wil ons twee nuwe afdelings vir die wedstryd
skep waarin deelnemers idiome en intensiewe vorme moet uitdink. ``Baie
van die huidige idiome, soos agteros kom ook in die kraal, het geen
betekenis vir vandag se jongmense nie. En wat beteken spierwit en
potblou? ``Die uitdaging is om nuwerwetse, eietydse nuutskeppings uit
te dink, sê Basson. Baie van die woorde wat in die vorige wedstryde
geskep is, word reeds in die algemene spreektaal gebruik. Een van die
woorde wat veral gewild is, is "vloermoer". Dit is die Wilde
Woordeboek se antwoord op die Engelse ``to throw a tantrum.
Onder die nuutste Wilde Woordeboek-werpsel is selfs 'n Afrikaanse
verklaring vir die ``raves'' waar jong mense hul lywe rondpluk. Van
die voorstelle sluit in 'n raaswals, 'n zombidans, 'n maltrap, 'n
kopspin of 'n hottentotsgoddans.
'n Oplossing word ook gebied om die Engelse ``longdrop'' te beskryf.
Noem dit liewer 'n besoek aan die plonsput, die dieptroon, die
gemakgat of die plaaspardoems. Wanneer u volgende keer ``spare ribs''
wil bestel, verras die kelner met 'n versoek vir evabeentjies,
vleiskitaartjies of otgenot. Hoe gemaak met die lekker Engelse woord
``stapler'' waarmee 'n mens papiere bind? Probeer draadjiedrukker of
papiervampier. Wat van iemand wat ongeskik verklaar word vir werk?
Pleks om te sê hy is ``geboard'', laat die man liewer sagte plankies
kap, sê hy werk by die suikermyn, hy is onklaar verklaar of hy is
gerak. Die Wilde Woordeboek is 'n goudmyn van lekkersê-woorde wat soms
onverwags verras met raakvat-beskrywings. 'n Wilde Woordeboek-boodskap
om iemand se Blou Maandag op te beur (met verklarings in hakies) kan
byvoorbeeld sê lui:
Is jy in 'n perdebui (bad mood) omdat iemand besig is om jou
handvatsels glad te vat (jou rond te shunt)? Jy is mos nie 'n
sponskind (softy) nie jy met daardie natuurlike noedelhare (spiral
perm). Of word jy nou 'n tannetjie hekel (oulady). Onthou jy nog hoe
jy druktyd (sweet sixteen) beleef het? Miskien moet jy maar 'n ou
loslooitjie (affair) aanknoop om jouself op te beur. Nooit gedink my
blindederm sal lank genoeg wees (ek sal die guts hê) om dit voor te
stel nie, nê? Wat van daardie oulike moerjoggie (appy)? Of verkies jy
eerder 'n fundivakie (nerd)? Wie se sjokoladepoppie (sweetie) wil jy
wees? Spin jy jou driewiel (gooi 'n tantrum) omdat jy vanoggend weer
besef het jou vriend is 'n onrehabiliteerbare skouervlieg (back seat
driver)? Dit sal my ook ystervarke laat vang ('n gasket laat blaas) as
iemand heeltyd soos 'n koop sebliefie (rep) sy stembande om my ore rek
(nag). Hy het seker maar vanoggend weer 'n effense bewerlewertjie
(hangover) ná gisteraand se gekuier oor die polisiekoffie
(halfjackie).
Komaan, klim uit die streskas (unwind). As hy weer iets sê oor jou
bestuursvernuf en jy trek holrug (kry creeps), sê vir hom hy soek vir
gips en steke (watch it)! Gaan huis toe, groet die bure se
brommerboel (brandsiek brak) en tooi jouself in jou mooiste saterdrag
(informele klere) vir daai mog dit trof (blind date). As dit 'n
petofferige (flashy) ou is wat met 'n sardyntrein (taxi) voor die deur
stop, sê vir hom jy is poegemoeg (lights out) en wil liewer vanaand
alleen wees. Slaan 'n vleismolessie (stew) aanmekaar, haal die
jeugdeeg (make-up) van jou gesig af en snik jou sorge
weg in 'n bloplappie (tissue). Hou sommer môre 'n vakbondvastrap
(toi-toi) voor jou werkplek en vra vir 'n verhoging om te betaal vir
die hysbakkies (face lift) waarvan jy droom. Jip-jip? (okay?).
Gisteraand na 'n opname gegaan.
Die sexy doedie met die sax het baie gewig verloor en is nou baie saxy:))
Saranti het ook baie gwig verloor, en het nou 'n swart kop.
Haar span - Marcus Brewster en Heidi Edeling het gisteraand gewen.
Julle sal my nie in die gehoor herken nie:))
Annette
Ons is baie jammer om van jou probleme te hoor.
Probeer eerder die nuusgroep za.politics
Cheers
"Afrikanamerican" skryf in boodskap news:20020814022927.04924.00000243@mb-ca.aol.com...
> Recently I started reading this book called "THE GODDAM WHITE MAN" by David
> Lytton. Printed in U.S.A. Copyright, 1960.
>
> The New Yorker describes this books as "A bitter story, told in a tone of great
> intensity in the first person singular, of how it feels to be poor, colored, an
> orphan, a South African, and a bastard.The scene is present-day South Africa,
> and the narrator is male."
>
> The book starts out half way down the first page.
>
> "The white men are stupid. That is plain to see. You have to go far and search
> deep before you find a white man who is clever in this country. The sun fries
> up their brains. They lie in the sun of the beaches and fry themselves brown;
> some are nearly as black as my mother. You would think, now that's a strange
> thing for people to do who can't be in the same room with a colored man. But
> there it is. There they lie, all day on the beach at Muizenberg, St. James,
> Gordon's Bay, the Strand; I've seen them lying there with oil rubbed into them
> to make a good deep fry. One day all the white people are going to be black.
> That's going to be the day. There's going to be a lot of laughing that day. But
> I won't see it. It's going to be a long way off. They must still make a lot
> more injustices before that day is sent upon them."
>
> afrikan...@aol.com
> AfrikanAmerican
Wat is die mening hier van die man se optrede?
Vir my was dit vreeslik snaaks en ek dink dit is absoluut verspot om te dink
dat SA in skande gedompel is.
Dit was pleinweg die optrede van 'n dronk toeskouer wat op die veld kon kom.
As hy nugter was, sou ek miskien meer simpatie vir sy frustrasie gehad het,.
Nou word hy van een kant opgehemel as 'n held en aan die ander kant vir die
res van sy lewe van rugby verbied, en dit net omdat sy maats saam met hom
hom heelwaarskynlik aangehits het, en die sekuriteitsmense te lekker saam
rugby gekyk het.
Gaan ons nou 'n probleem hê dat skeidsregters te bang sal wees om hier op te
tree?
Of miskien moet hulle ook maar skouerpads dra soos die spelers:))
Miskien moet na die bankstate en bates van skeidsregters gekyk word om uit
te vind of hulle omkoopgeld kry om ten gunste van ons teenstanders te
blaas?:)))
Miskien moet skeidsregters aan 'n sielkundige toets onderwerp word om uit te
vind of hulle 'n diep wrok het teen SA?:))
Drom,
Ek het die naweek in die Hogsback gaan dwaal en algaande al swaarder aan die
juk van "taalmens" en "digmens" begin dra.
Ek het nie pretensies dat ek 'n hogere digter of kenner van die digkuns is
nie. Noem my maar 'n skaap in wolfsklere. Ek is miskien soos jy in die opsig
dat 'n vers my kan gryp met 'n elegante of fyn manier om 'n gedagte te
verwoord, of selfs deur 'n slimmerige woordespel. Ek is, soos jy seker
gesien het, ook nie immuun vir 'n goeie skoot sentiment, liefde of hartseer
nie. Gelukkig is dit ook so min of meer ook die kriteria wat hulle by Litnet
gebruik vir die keuse van verse om te publiseer...
Ek self sal nooit die digte, ekonomiese skryf van Van Wyk Louw of daai ouens
kan of wil takel nie. Waardeer, ja, maar skryf, nee. Ek het maar bloot die
"affliksie" geërf om ryme met ritme te kan maak - iets wat in my geskiedenis
gewoonlik meer van 'n verleentheid was as 'n vreugde. Dis eers nou, op my
"oudag", dat ek agterkom dat dit my tog vreugde en bevrediging kan gee om my
eie sê te sê. Ek wil nie die agnostici affronteer nie, maar ek het so 'n
sluipende gevoel dat ek moet kan woeker met 'n gawe, hoewel beskeie, bloot
omdat dit 'n gawe is en nie iets wat ekself aangekweek het nie.
Maar 'n digter? Miskien volgende jaar...
Koot
Sorrie, Gloudina. Sorrie, Wouter.
> Ek lees 'n gedig as ek hom sien, dan of hou ek daarvan, of staan
> neutraal daarteenoor, of hou nie daarvan nie. Dis sover my
> waardering/kritiek van gedigte strek Dis iets ver buite my gebied en
> kennisveld. My gunstelinge op die ng van die laaste maand of wat? Koos
> Doep se "Huistoepad" oor die ongelooflike ritme wat hy met woorde kon
> skep, "Oom Sampie se afskeidlied" van George Weideman omdat dit mooi
> en baie hartseer is en dan hierdie een van Petra Müller omdat dit, vir
> my altans, 'n baie diep verbloemde hartseer ten toon stel.
>
> Groete, Drom
Die Van der Post Gastehuis / Artist Retreat is 'n goed toegeruste
selfsorgeenheid wat in 2002 in gebruik geneem is. Dit is beskikbaar as
gastehuis vir die publiek as kunstenaars, akademici, sangers, skrywers
en ander skeppende geeste nie hier arbei nie.
Van die bekendes wat al by die skrywershuis aangedoen / oorgebly het
is Christina Landman, Coenie de Villiers, Gillian van Houten, Johan
Rossouw, Mangosutho Buthelezi, Pieter Fourie, Ruda Landman Â
Etes is beskikbaar met afspraak in Van der Post Restaurant en Teetuin.
Maak ook 'n draai in die museum met sir Laurens se boekery, lessenaar
en ander persoonlike besittings.
Philippolis is 180 km suid van Bloemfontein. Voor die bou van die N1
het die hoofpad tussen Kaapstad en Johannesburg hier verbygeloop. Die
roete oor Philippolis bied dus 'n alternatiewe roete as die eentonige
N1. Philippolis is 'n ideale halfweghuis tussen Noord en Suid. Die
dorp is die oudste nedersetting in die Vrystaat en bied naas
Bloemfontein en Bethlehem die meeste nasionale gedenkwaardighede.
Kunstenaars / akademici / sangers, skrywers en dies meer wat van die
Skrywershuis gebruik wil maak se aansoeke moet die volgende bevat:
A. 'n Projekvoorlegging met onder meer 'n aanduiding hoe lank die
persoon vir watter doel hier wil kom arbei. Tot watter mate kan die
gemeenskap by so 'n verblyf baat - deur die lewer van 'n praatjie oor
'n boek wat 'n skrywer skryf, 'n foto-uitstalling ... Daar word verwag
dat die persoon iets van hom-/haarself moet agterlaat soos 'n foto,
boek, artikel wat hy/sy geskryf het.
B. 'n Beknopte CV.
C. Referente
Die meriete van die aansoek word dan aan die hand van hoofsaaklik
bogenoemde faktore oorweeg.
Die klem val daarop dat die Artist Retreat gebruik moet word en dat
dit 'n oord wil bied vir belowende skrywers, kunstenaars, akademici -
nie net vir huishoudelike name nie, alhoewel hul net so welkom is.
Die tydperk van verblyf is afhanklik van hoe lank die persoon wil
vertoef, die beskikbaarheid van plek en die meriete van die aansoek.
Dit kan wissel van 'n dag of wat tot weke.
Om uitgawes te help dek word die Artist Retreat as gastehuis gebruik
as kunstenaars nie daar tuisgaan nie.
So ver bekend is die Artist Retreat die enigste van sy aard naas die
Skrywershuis op Calvinia.
LeuceV:
Ek sien Lowlands-L het 'n nuwe webwerf (weg van Geocities af), by http://www.lowlands-l.net/ . Die werf lyk ietwat septies, maar ek
veronderstel dis die tekstuele inhoud wat tel.