Wat is die mening hier van die man se optrede?
Vir my was dit vreeslik snaaks en ek dink dit is absoluut verspot om te dink
dat SA in skande gedompel is.
Dit was pleinweg die optrede van 'n dronk toeskouer wat op die veld kon kom.
As hy nugter was, sou ek miskien meer simpatie vir sy frustrasie gehad het,.
Nou word hy van een kant opgehemel as 'n held en aan die ander kant vir die
res van sy lewe van rugby verbied, en dit net omdat sy maats saam met hom
hom heelwaarskynlik aangehits het, en die sekuriteitsmense te lekker saam
rugby gekyk het.
Gaan ons nou 'n probleem hê dat skeidsregters te bang sal wees om hier op te
tree?
Of miskien moet hulle ook maar skouerpads dra soos die spelers:))
Miskien moet na die bankstate en bates van skeidsregters gekyk word om uit
te vind of hulle omkoopgeld kry om ten gunste van ons teenstanders te
blaas?:)))
Miskien moet skeidsregters aan 'n sielkundige toets onderwerp word om uit te
vind of hulle 'n diep wrok het teen SA?:))
Drom,
Ek het die naweek in die Hogsback gaan dwaal en algaande al swaarder aan die
juk van "taalmens" en "digmens" begin dra.
Ek het nie pretensies dat ek 'n hogere digter of kenner van die digkuns is
nie. Noem my maar 'n skaap in wolfsklere. Ek is miskien soos jy in die opsig
dat 'n vers my kan gryp met 'n elegante of fyn manier om 'n gedagte te
verwoord, of selfs deur 'n slimmerige woordespel. Ek is, soos jy seker
gesien het, ook nie immuun vir 'n goeie skoot sentiment, liefde of hartseer
nie. Gelukkig is dit ook so min of meer ook die kriteria wat hulle by Litnet
gebruik vir die keuse van verse om te publiseer...
Ek self sal nooit die digte, ekonomiese skryf van Van Wyk Louw of daai ouens
kan of wil takel nie. Waardeer, ja, maar skryf, nee. Ek het maar bloot die
"affliksie" geërf om ryme met ritme te kan maak - iets wat in my geskiedenis
gewoonlik meer van 'n verleentheid was as 'n vreugde. Dis eers nou, op my
"oudag", dat ek agterkom dat dit my tog vreugde en bevrediging kan gee om my
eie sê te sê. Ek wil nie die agnostici affronteer nie, maar ek het so 'n
sluipende gevoel dat ek moet kan woeker met 'n gawe, hoewel beskeie, bloot
omdat dit 'n gawe is en nie iets wat ekself aangekweek het nie.
Maar 'n digter? Miskien volgende jaar...
Koot
Sorrie, Gloudina. Sorrie, Wouter.
> Ek lees 'n gedig as ek hom sien, dan of hou ek daarvan, of staan
> neutraal daarteenoor, of hou nie daarvan nie. Dis sover my
> waardering/kritiek van gedigte strek Dis iets ver buite my gebied en
> kennisveld. My gunstelinge op die ng van die laaste maand of wat? Koos
> Doep se "Huistoepad" oor die ongelooflike ritme wat hy met woorde kon
> skep, "Oom Sampie se afskeidlied" van George Weideman omdat dit mooi
> en baie hartseer is en dan hierdie een van Petra Müller omdat dit, vir
> my altans, 'n baie diep verbloemde hartseer ten toon stel.
>
> Groete, Drom
Die Van der Post Gastehuis / Artist Retreat is 'n goed toegeruste
selfsorgeenheid wat in 2002 in gebruik geneem is. Dit is beskikbaar as
gastehuis vir die publiek as kunstenaars, akademici, sangers, skrywers
en ander skeppende geeste nie hier arbei nie.
Van die bekendes wat al by die skrywershuis aangedoen / oorgebly het
is Christina Landman, Coenie de Villiers, Gillian van Houten, Johan
Rossouw, Mangosutho Buthelezi, Pieter Fourie, Ruda Landman Â
Etes is beskikbaar met afspraak in Van der Post Restaurant en Teetuin.
Maak ook 'n draai in die museum met sir Laurens se boekery, lessenaar
en ander persoonlike besittings.
Philippolis is 180 km suid van Bloemfontein. Voor die bou van die N1
het die hoofpad tussen Kaapstad en Johannesburg hier verbygeloop. Die
roete oor Philippolis bied dus 'n alternatiewe roete as die eentonige
N1. Philippolis is 'n ideale halfweghuis tussen Noord en Suid. Die
dorp is die oudste nedersetting in die Vrystaat en bied naas
Bloemfontein en Bethlehem die meeste nasionale gedenkwaardighede.
Kunstenaars / akademici / sangers, skrywers en dies meer wat van die
Skrywershuis gebruik wil maak se aansoeke moet die volgende bevat:
A. 'n Projekvoorlegging met onder meer 'n aanduiding hoe lank die
persoon vir watter doel hier wil kom arbei. Tot watter mate kan die
gemeenskap by so 'n verblyf baat - deur die lewer van 'n praatjie oor
'n boek wat 'n skrywer skryf, 'n foto-uitstalling ... Daar word verwag
dat die persoon iets van hom-/haarself moet agterlaat soos 'n foto,
boek, artikel wat hy/sy geskryf het.
B. 'n Beknopte CV.
C. Referente
Die meriete van die aansoek word dan aan die hand van hoofsaaklik
bogenoemde faktore oorweeg.
Die klem val daarop dat die Artist Retreat gebruik moet word en dat
dit 'n oord wil bied vir belowende skrywers, kunstenaars, akademici -
nie net vir huishoudelike name nie, alhoewel hul net so welkom is.
Die tydperk van verblyf is afhanklik van hoe lank die persoon wil
vertoef, die beskikbaarheid van plek en die meriete van die aansoek.
Dit kan wissel van 'n dag of wat tot weke.
Om uitgawes te help dek word die Artist Retreat as gastehuis gebruik
as kunstenaars nie daar tuisgaan nie.
So ver bekend is die Artist Retreat die enigste van sy aard naas die
Skrywershuis op Calvinia.
LeuceV:
Ek sien Lowlands-L het 'n nuwe webwerf (weg van Geocities af), by http://www.lowlands-l.net/ . Die werf lyk ietwat septies, maar ek
veronderstel dis die tekstuele inhoud wat tel.
Wat is julle siening mbt die toekoms van die Mail & Guardian na sy oorname -
o.a. deur NAIL - waar die heer Sakkie Makuzoma (spelling?) van
SAL/Andrews-faam ook aan die roer staan?
Nou kan die ANC uiteindelik een van hul felste kritici snoer?
Jonas wrote:
> Al kennis geneem van die wrewel wat die ANC/COSATU/SAKP in die DA (Tony
> Leon) het - en gewonder of dit nie moontlik aanduidend is van die feit dat
> hy 'n klip in die skoen is nie?
Gloudina
Wel, Tony Leon se goose was gecook die
oomblik toe 'n klomp wittes hulle by
hom geskaar het en hom as hulle mondstuk
probeer gebruik het. Ek twyfel of Tony
Leon en sy party ooit enige noemenswaardige
druk kan uitoefen op 'n party wat so 'n
groot meerderheid het. Die enigste werklike
druk sal vir 'n lang ruk nog maar kom uit
die verskillende flanke van die ANC self.
Wouter
Tony Leon en die DA kry dit wel reg om druk op die Regering te sit,
deur hulle meedoënloos op hulle foute en inkonsekwenthede te wys.
Hulle doen ook hulle huiswerk beter as enige ander party. Die ANC
het dikwels geen verweer teen hulle kritiek anders as om hulle as rassiste
te probeer afmaak nie en dit gaan lankal nie meer af nie. Jy is reg dat
hulle geen kans het om die ANC uit die kussings te lig nie, maar hulle
is wel tans die mees effektiewe opposisiestem.
Hulle het ook goeie Kleurlingsteun, maar dit sal moontlik verswak
word deur die NNP-afsplitsing.