Gisteraand se program op Mnet het gegaan oor die moontlikheid om dagga as
medisinale middel voor te skryf.
Een persoon het beweer hy is bevry van pyn en die drie MS lyers het gemengde
gevoelens gehad ivm die behandeling.- van absoluut fantasies tot dat hulle
iets meer verwag het.
'n Professor van Oxford is egter daarteen omdat sy beweer die invloed van
herhaalde gebruik op die brein word nie bestudeer nie.
Wat dink julle?
Annette
Peter - hier is ene . O ja - moenie "Ropes" vergeet nie = "long, hairy & twisted..."
"Peter Parker" wrote in message news:BHY79.39996$8aG1.16091@news01.bloor.is.net.cable.rogers .com...
1) Dinsdag was daar 'n program op SABC geadverteer:
WSSD ( World Summit on Sustainable Development) Highlights.
Die WSSD het nog nie begin nie, so waar die hoogtepunte vandaan kom sal ek
nie weet nie - ek het nie na die program gekyk nie.
In enige normale opset kom 'n Hoogtepunte program NADAT die verrigtinge
plaasgevind het.
2) In vandag se koerant - 70 miljoen gaan spandeer word om die kantore van
die verskillende konings op te gradeer - die rede - volgens minister Stella
Sigcau? As deel van die verligting van armoede ( van die agtergeblewe massa)
Baie van die nuus wat in daaglikse koerante verskyn en
op die radio gehoor wordoor Afrika, kan reeds op
ondergenoemde nuusgroep gelees word.
clari.world.africa.southern
---
Mbeki het die week apologie aan die Ierse skeidsregter aangebied nav die
Heer van Zyl se têkkel (dit lyk meer na 'n omhelsing - wou hy soen of
dans?).
Nou wonder ek of daar nie belangriker dinge is waarvoor Mbeki kan verskoning
aanbied nie - om enkeles te noem:
Waarom vra hy nie verskoning aan die boere van Zimbabwe nie - dit is juis
vanweë sy stille diplomasie dat dinge daar hand uitgeruk het.
Waarom vra hy nie om verskoning vir Ngconde Balfour en sy onvermoë om 'n
wesenlike bydrae te maak om die lot van die atlete wat onlangs aan die
Statebondspele te verbeter nie.
(Beide Balfour en Mbeki moet maar eerder fokus op sake wat 'n bietjie meer
durf sal verg.)
Ek het sit wonner of enig iemand die oorsprong van die woordjie 'baie' kan
verklaar. Op die Web kan ek nie baie hieroor vind nie.
Ek vra dit omdat ek netnou die Star Wars DVD (episode 1) het gekyk en die
ondertitels vertaal die uitspraak van Jarjar Ninks 'missa very, very scared'
met 'ikka bar, bar bang'. Dit het my doen besef dat ons woordjie 'bar' en
julle woordjie 'baie' beide 'heel erg' is. Ek het dit nog nie eerder raak
gesien nie. Is dit moontlik dat 'baie' uit 'bar' ontstaan is of dat 'baie'
en 'bar' die selfde oorsprong het?
Onlangs was daar heelwat oor Antjie Krog hier gepos, nie alles altyd
baie vleiend nie, alhoewel daar erken is dat sy met haar digkuns
maklik die eerstespan sal haal. Ek pos net die twee stukkies hieronder
om te wys dat daar 'n kant van haar is waarvan baie dalk nie weet nie.
Liedboek van die Kerk, Lied 16 (tweede weergawe), Strofe 2
Alles wat ek hier ontvang,
spreek van sorg, van U belang.
Pragtig is die deel, ek weet,
wat U sorgsaam vir my meet.
Elke insig vorm U;
snags vind ek: U praat met my.
Nooit sal ek weer struikel nie.
Altyd, voor my, sien ek U.
Lied 19 (tweede wergawe), Strofe 5
My sondes bring ek nou, / ook wat onwetend klou,
o spreek my daarvan vry!
Ek bid: Laat my nie dwaal, / vergeef my andermaal.
Heers U alleen oor my!
Die woorde van my mond, / my hart se diepste grond -
maak dit aanneemlik, Redder.
Ek het op U gebou; / my aan U toevertrou,
my Rots, ja, my bevryder.