Die polisie se onvermoë om misdaad te voorkom, het deels daartoe gelei
dat daar van Oktober 2010 tot Desember 2010’n toename van sowat 40%
in plaasmoorde was, reken Agri SA.
Mnr. André Botha, voorsitter van Agri SA se landelike
veiligheidskomitee, het volgens ’n berig in Beeld die vinger na die
polisie gewys oor dié skokkende statistieke.
Botha beweer die polisie se misdaadintelligensiediens skiet tekort en
dat te veel polisiebeamptes meer gepla is oor hul salaris as oor die
werk wat hulle doen.
Hy sê ook dat daar ten spyte van goeie beleide en strategieë nie ’n
genoegsame verbetering in misdaadstatistieke in landelike gebiede is
nie.
Die uitwerking van misdaad is een van die belangrikste brandpunte
waaraan Agri SA aandag gee. Volgens die organisasie beperk misdaad
lewensgehalte en werkskepping in landelike gebiede.
Pretoria. - Verbruikers landwyd het in die kwartaal tot einde Desember
byna 46% meer vir munisipale dienste betaal as ’n jaar tevore.
Die grootste stygings was in Limpopo (150%), Mpumalanga (145%) en die
Oos-Kaap (121%), met die Noord-Kaap (80%) wat ook sy inwoners erg laat
opdok het. Die kleinste toename was in die Wes-Kaap (21%), met Gauteng
op 29% en KwaZulu-Natal op 31%. In Noordwes het die inkomste uit
verbruikers met 58% gestyg en in die Vrystaat het dit met 60%
toegeneem.
Dít blyk uit syfers wat die nasionale tesourie bekend gemaak het. Dit
is gegrond op verslae van munisipaliteite self. Sake24 het die jongste
syfers vergelyk met die syfers wat dieselfde plaaslike owerhede ’n
jaar tevore bekend gemaak het.
Die totale inkomste uit verbruikers se sakke vir die kwartaal tot
einde Desember verlede jaar was R47,6 miljard.
Mnr. Mike Schüssler, hoofekonoom van Economists.co.za, sê die stygings
hou verband met “enigiets van die koste om ’n biblioteekboek uit te
neem tot by ontwikkelingsbydraes van eiendomsontwikkelaars en die
koste van buitelugadvertensies”.
Sake24 het in ’n vroeëre steekproef bevind dat kostes vir byvoorbeeld
busdienste, elektrisiteitsaansluiting en buitelugadvertensies in
verskillende munisipaliteite veelvoudig toegeneem het.
Munisipaliteite eis toenemend ’n groter deel van Suid-Afrikaners se
inkomste op, maar dienslewering word al hoe swakker, sê Schüssler.
Dit dra egter ’n klein gewig in die inflasiemandjie en word daarom nie
behoorlik in die amptelike inflasiekoers van 3,7% weerspieël nie, sê
hy.
Intussen het munisipale debiteureboeke toegeneem tot R62,3 miljard,
vergeleke met R56,3 miljard ’n jaar tevore – ’n toename van 10,6%.
Johannesburg se debiteureboek het te midde van probleme met sy
rekeningstelsel met byna 20% toegeneem.
“Ten spyte daarvan dat mense nie kan betaal nie, neem munisipaliteite
se inkomste toe,” sê Schüssler.
Mnr. Koos Vorster, DA-raadslid in Newcastle wat al jare by munisipale
begrotings betrokke is, sê munisipaliteite is besig om hulself “uit
die mark te prys”. Die groep wat nog kan betaal, word al hoe kleiner,
maar hulle word al hoe swaarder belas.
Hy sê in Newcastle verdien 72% van die 500 000 inwoners byvoorbeeld
minder as R3 200 per maand.
By een van die armer woonbuurte, Madadeni, met ’n gemiddelde eien
domswaardasie van R90 000 en waar 90% van die inwoners minder as R5
000 per maand verdien, beloop die gemiddelde munisipale rekening in
die nuwe boekjaar R570, plus sowat R450 se vooraf betaalde krag per
maand.
“Kan ’n mens wat minder as R5 000 per maand verdien meer as R1 000
daarvan aan munisipale dienste afstaan?” vra Schüssler.
Vorster sê die mense van Madadeni is nie onwillig om hul munisipale
rekeninge te vereffen nie, maar meer as die helfte is agterstallig en
betaal net elke maand ’n deel van die agterstallige rekening.
Die huidige maand se bedrag kom dan daarby en hulle kan nie uit die
skuldstrik kom nie.
Intussen styg die inwoners van Newcastle se uitstaande skuld elke
maand met R9 miljoen. Dit staan tans op R642 miljoen.
Volgens Vorster kom sowat 90% van die raad se inkomste tans van 38 000
inwoners.
Hy glo ’n soortgelyke situasie geld by die meeste munisipaliteite in
die land.
Vorster stel voor dat die huidige inkomsteperk vir iemand wat as
armlastig geklassifiseer word, van R1 900 tot R3 500 verhoog word en
dat die raad sy ongespesifiseerde regeringstoelae gebruik om gratis
basiese dienste aan dié inwoners te verskaf. Daardeur word die koste
beperk.
“Die ongespesifiseerde regeringstoelae word elke jaar aan
kapitaalprojekte toegewys. ’n Klein munisipaliteit soos ons s’n het
egter nie die vermoë om dit saam met ander toelae vir kapitaalprojekte
te bestee nie en verbeur telkens van die geld.”
VL en boere vergader ná plaasmoord
2011-03-18 07:46
Willem van der Berg
Tweeling - Pro-aktiewe optrede is die oplossing vir plaasmoorde en die
groot sukses van Vrystaat Landbou (VL) se intelligensiediens is die
bewys daarvan.
Só het Hennie Gerber, VL se intelligensiehoof, Donderdag hier aan
boere gesê op ’n VL-noodvergadering oor veiligheid ná die onlangse
moord op Helgard Muller van Frankfort.
Danksy die werk van VL se intelligensiediens is 227 moontlike aanvalle
die afgelope agt jaar voorkom.
In 2010 was daar sewe moorde op boere wat nie lede van VL was nie,
terwyl geen VL-lid vermoor is nie.
Gerber het ’n groot groep boere van die Oos-Vrystaat en selfs verder
toegespreek.
Hy het gesê dat elke boer paraat moet wees teen moontlike
plaasaanvalle.
Lede van VL is outomaties deel van ’n veiligheidsplan wat ook die
dienste van die intelligensiediens insluit.
“Maar geen stelsel is ’n waarborg dat niks met jou gaan gebeur nie.
Daarom moet julle betrokke raak en julself op die hoogte kry. Weet jy
wat jy alles kan en mag doen?”
Hy het gesê misdadigers is onder die indruk dat daar geld en
vuurwapens op plase is.
Dit is een van die hoofoorsake van moorde.
“Werkloosheid is nie die hoofoorsaak nie.
“Die meeste moorde word deur plaaswerkers en stukwerkers (deeltydse
werkers) gepleeg. Hulle is nie werkloos nie, hulle werk vir jou.”
Gerber sê ’n klein persentasie van moorde word uit wraak gepleeg.
“Dit is vir my swaar om te sê, maar die oorsake hiervan is...
verhoudings oor kleurgrense heen, onwettige transaksies waarby boere
betrokke is, swak verhoudings en arbeidsgeskille. Die nuwe
voorgestelde wet oor verblyfreg gaan ’n groot probleem word. Dit sal
ernstig gehanteer moet word.”
Die redes waarom moorde dikwels so wreedaardig is en vroue verkrag
word, is volgens Gerber nie duidelik nie, maar hy reken dit het te
doen met mag.
“Van hulle (misdadigers) het nog nooit ’n wapen gehad nie. Nou kry hy
skielik so ’n ding in sy hande. Dit gee hom mag.
“Hy wil domineer. Daarom wag hulle ’n gesin vir ure lank in en word
die mense op die wreedste denkbare wyse verneder, verkrag en vermoor.”
Gerber het ook gesê dat boere nie moet dink hulle is die enigste
slagoffers nie.
“Ons kon uit al ons ondersoeke nog nooit ’n derde mag kry wat betrokke
is by plaasmoorde nie. Almal in Suid-Afrika steier onder misdaad.
“Die staat sal moet opstaan as hy nie die land wil laat ten gronde
gaan nie.”
Heelwat boere het gevoel daar word te veel gepraat en te min gedoen
rondom plaasmoorde.
Dan Kriek, vise-president van VL, sê boere sê dikwels VL doen te min.
“Hulle sê ons moet ons trekkers vat en die paaie toetrek.
“Ons (VL) gaan niks doen wat teen die wet is nie. Ons moet dalk eerder
kyk na lydelike verset. Aan die anderkant moet ons onsself nie isoleer
van die res van Suid-Afrika wat onder misdaad deurloop nie.”
Kriek het hom verder uitgespreek oor Steve Hofmeyr se uitlatings oor
swart mense.
“Steve het ná die Lindley-moorde dinge aan swart mense toegedig wat jy
aan enige persoon kan toedig.
Plaasmoord: Vrou se hart uitgesny
2011-03-14 14:32
Durban – Drie mans sal Maandag na verwagting in die Vryheid-
landdroshof verskyn op aanklag van die moord op ‘n vrou wie se hart
uitgesny is, het die KwaZulu-Natalse polisie gesê.
Volgens brig. Phindile Radebe het ondersoekbeamptes Vrydag drie
verdagtes in hegtenis geneem.
Een van die verdagtes is ‘n 40-jarige tradisionele geneesheer. [ NOTE:
witchdoctor ]
Buyi Xaba (40) se kaal lyk is vroeër hierdie maand by Mooiplaas naby
Vryheid gevind.
Haar borskas is oopgesny en haar hart is verwyder.
Bloemfontein - ’n Allemintige R180 miljoen. Dít is hoeveel die
Mangaung-munisipaliteit se agterstallige Eskom-skuld weer teen
volgende week gaan beloop.
Volksblad verneem betroubaar dat Mangaung en Centlec se agterstallige
skuld by Eskom die onbetaalde bedrag van R131 miljoen beloop, terwyl
nog R50 miljoen ook besig is om agterstallig te raak.
Teen Woensdag sal Mangaung se agterstallige Eskom-skuld weer R180
miljoen beloop.
Intussen het munisipale raadslede van Vodacom verneem hul selfoondiens
word weens nie-betaling deur die munisipaliteit afgesny, maar die
munisipaliteit sê dit is net ’n “kommunikasieprobleem” en die betaling
sal gedoen word.
Oor die beweerde Eskom-skuld, het Qondile Khedama, munisipale
kommunikasiebestuurder, Donderdag gesê: “Daar is ’n goeie verhouding
tussen ons en Eskom.
“Ons betaal die afgelope vier maande telkens binne die spertye soos
ooreengekom is.
“Eskom moet teen dié tyd al weet hoe ons ons sake bedryf.”
Kontrakteurs wat dienste aan die Mangaung-munisipaliteit lewer, kla
ook teenoor Volksblad en in die koerant se briewekolom dat hulle nie
betaal word nie.
Khedama sê al die kontrakteurs word nou binne 30 dae betaal.
Indien daar betalings uitstaande is, is dit nuwe betalings.
Intussen loop gerugte in die munisipaliteit dat daar maandeliks geraap
en geskraap word om salarisse te betaal.
Asem word opgehou vir wanneer die Motheo-distriksmunisipaliteit se
bykomende 140 amptenare ná die munisipale verkiesing by Mangaung s’n
gevoeg word.
Johannesburg - ‘n Boer (58) van Neuklaagte naby Vryburg is tydens ‘n
rooftog op sy plaas met ‘n mes aangeval, het polisie Woensdagaand
gesê.
“John Steyn, wat alleen op sy plaas bly, is Dinsdagaand deur twee mans
aangeval,” het ao. Sam Tselanyane, polisiewoordvoerder, gesê.
Die mans het glo voorgegee dat hulle motor ‘n pap wiel gehad het en
het Steyn om hulp gevra.
“Terwyl hy hulle gehelp het, het die verdagtes hom oor die kop geslaan
met ‘n klip. Hy het probeer vlug maar die mans het hom sewe keer met
‘n mes in die rug gesteek en een keer in die maag met ‘n gebreekte
bottel,” het Tselanyane gesê.
Die verdagtes het met Steyn se Mazda-bakkie van die toneel gevlug.
Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.
Staatspres. Paul Kruger proklameer die Groenkloof-natuurreservaat
buite Pretoria (ZAR), op 25 Februarie 1895 met die oog op die
beskerming van o.a. die Oribi (Oorbietjie) teen uitwissing deur
jagters. Dis die eerste amptelike wildreservaat in Afrika.
Ek is lief vir my land! Ek het sy natuur leer ken en sy mense leer
waardeer. Ek hou van sy ryk geure en kleure. Ek hou van die musiek uit
al sy oorde, natuur-musiek, tradisionele kultuur-musiek, woud-musiek,
woestyn-musiek . Ek hou van die kuns in al sy vorme. Ek is mal oor sy
kranse en sy stede, elkeen met sy eie karakter en kenmerke.
Ek wil hier oud word en my kleinkinders hier sien groot word. Ek wil
hier woon en werk.
Ek en miljoene ander persone in Suid Afrika is vredeliewend en wil
graag vooruitgang sien. Ek glo in die waarde van samewerking. Kom ons
soek na positiewe nuus- gebeure.
Kom ons spoor mekaar aan om hoogtes te bereik. Kom ons motiveer mekaar
tot uitstekende prestasie en diens. Kom ons word 'n nasie wat kwaliteit
weer nastreef.
Help my om 'n positiewe bydrae te lewer. Om welwillendheid en basiese
liefde te bevorder in Suid Afrika. Skryf oor goed wat 'n verskil in
mense se lewens kan maak.
Kom ons verander gesindheid met dit wat ons praat en met dit wat ons
doen.
Suid- Afrika se grootste taalverwante probleem stel die vraag of
Afrikaans sy ampstaalstatus in die toekomstige bedeling gaan behou of
nie. Gesien binne die konteks van die taalverwante probleem van al die
inwoners van die land en die konteks van 'n ontwikkelende situasie
waarin geen statutêre diskriminasie op grondslag van ras, geslag of
godsdiens toegelaat gaan word nie, is hierdie siening
onverantwoordbaar.
Word daar oor Afrikaans in intellektuele kringe gepraat, word die
buitetalige bagasie van die taal meegesleep om die een of ander houding
teenoor die taal te demonstreer.
In die massamedia word die verskille oor en in Afrikaans binne
dieselfde taalgemeenskap oor en weer gegooi en dit impliseer dat daar
steeds nie 'n verenigde Afrikaanse spreekgemeenskap is nie.
Die stryd om die behoud van Afrikaans word op veral 'n intellektuele
en akademiese vlak bestry, daar waar daar vir Afrikaans gestem word en
dit die luidste gehoor kan word.
Dit in verwysing na die Afrikaanse geskiedskrywing, die politieke en
sosiale stigmatisering van die taal en die toenemende aandrang op
regstellende aksie rondom Afrikaans op alle vlakke. Sedertdien het die
situasie verander en kies veral regstudente Afrikaans omdat hulle wil
en nie omdat hulle kursus dit vereis nie. Dit is klaar 'n pluspunt
vir die Afrikaanse taal.
Johan Combrink, voorsitter van die Taalkommissie van die
Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, het in 1996 'n
ontleding gemaak van die terreine waarop Afrikaans in die jongste tyd
terugslae beleef het:
* Die regering en administrasie
* Regstelsel
* Wetenskap en tegnologie
* Media en kommunikasie
* Onderwys
* Kulturele lewe
* Sport en ontspanning
* Die handelswêreld
Sy analise dra die boodskap duidelik oor dat die politieke maghebbers
gesorg het vir hierdie afskaling.
Dr. Rina Venter, 'n kenner van maatskaplike werk, meen dat die
posisie van Afrikaans baie kan verbeter as daar samewerking tussen
Afrikaanssprekendes en anderstaliges ontstaan.
In die nuwe Suid-Afrika het baie veranderinge Afrikaans in die
gesig gestaar. Afrikaanssprekendes wys dat hulle deel uitmaak van die
nuwe bedeling en dring sterk aan op hulle posisie, wat tot voordeel
strek van die mense wat die taal gebruik en graag sal wil aanleer.
Hierdie wonderlike en ryk taal kan baie deure oopmaak vir die
gebruikers van die taal.
Dit is dan ook natuurlik 'n feit dat Afrikaans as taal 'n kragtige
invloed het op alle vlakke van die samelewing. As huistaalgroep is
Afrikaans geklassifiseer as die derde grootste in Suid - Afrika.
Volgens die statistieke van 1997 word Afrikaans deur 15,2 miljoen mense
gebruik. Die sprekers van Afrikaans word in feitlik al die inheemse
bevolkingsgroepe aangetref. Op finansiële en ekonomiese vlak lewer
die Afrikaanssprekende taalgroep 'n belangrike bydrae.
Afrikaanssprekendes het 'n besondere hoë posisie as markgroep en
beklee twee kategorieë in die Suid - Afrikaanse kopers mark wat tans
in agt dele verdeel is. Afrikaans is dus 'n uiters aantreklike
markgroep vir adverteerders en bemarkers en beslis nie te versmaai nie.
Geografies is Afrikaans die enigste van die tien inheemse tale wat oor
die hele Suid - Afrika gebruik word terwyl die ander tale slegs
streekstale is.
As Afrikaans soos nou net vooruit boer, lê daar 'n blink toekoms
voor vir Afrikaans en Afrikaanssprekendes. As al die polemiek oor
hierdie sg verdrukkerstaal net tot ruste kan kom, sal hierdie taal
inderdaad floreer. Dit is tyd dat ons saam staan en ons enigste hoop
op 'n werklik ware reënboognasie voltrek. En as die taal so 'n
bietjie verander, moet ons die taal die kans gun om te groei en tot sy
volle potensiaal te ontwikkel.
Ja, daar is baie sulke jeugkampe en goetes. En almal sukkel maar om 'n
paar sente te maak. En die politiek maak almal sommer die joos in. En
hoe weet ek my kind gaan veilig wees. Wie is in elke geval hierdie
sonnenberg vroumens? Nog iemand op die "bandwagon".
Darem nie heeltemal nie. Ek is al 30 jaar in toerisme en 20 jaar 'n
opgeleide gids en pas ouma geword.
En neem al jare oorsese se mense op toer deur ons land. Ons vergeet
baie keer van ons eie mense. Nie ek nie.
Was pas met 'n oulike klomp mense Wilderness toe vir Kersfees. Dit was
'n fees en 'n half.
Wat leer die kinders dan??? Bietjie meer as die gewone.. Hoe om seep
te maak van doring bossies. Weet kinders ooit van 'n bobejaan stert
plant wat in die berge groei en dat die oumense dit gebruik het om 'n
lig te maak. Hulle het dit aan die brand gesteek om die omgewing te
belig.
Kom ek neem julle almal saam om 'n bietje meer van die bos te leer.
Besoek my googlegroep: carmensbushcampsafaris.
laat hoor van julle.