Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Nuus » Snelweg-ligte af want Gauteng betaal nie
Snelweg-ligte af want Gauteng betaal nie [boodskap #119899] Do, 31 Maart 2011 12:18
Etienne Marais  is tans af-lyn  Etienne Marais
Boodskappe: 370
Geregistreer: Maart 1997
Karma: 0
Senior Lid
Snelweg-ligte af want Gauteng betaal nie
2011-03-31 12:27

Ligte op die M1-snelweg tussen Johannesburg en Midrand brand al vir
agt maande nie - omdat die Gautengse regering nie hul Eskom-rekening
betaal het nie, volgens die DA.

Die party het gesê die ligte was tydelik vir die sokker-wêreldbeker
aangeskakel, maar is sedertdien weer af.

Mnr. Marcelle Ravid, ’n raadslid van die DA, het gesê hy het by
verskeie geleenthede daaroor by die Johannesburgse stadsraad gekla,
maar is deur ’n amptenaar by die raad se bestuur vir Streek E
meegedeel die provinsiale regering moet die skuld kry.

Die DA se vervoer-woordvoerder vir die DA in Gauteng, mnr. Neil
Campbell, het gesê: “Dis heeltemal onaanvaarbaar dat ’n
regeringsafdeling nie sy rekening betaal nie, veral wanneer dit die
publiek se lewens in die gevaar stel.”

Die Gautengse regering was volgens Sapa nie beskikbaar vir kommentaar
nie. - Sapa

http://www.beeld.com/Suid-Afrika/Nuus/Snelweg-ligte-af-want- Gauteng-betaal-nie-20110331
Vorige onderwerp: Plaasmoord: Vrou se hart uitgesny
Volgende onderwerp: Boere verlaat SA in hordes
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 16 23:47:16 MGT 2024