Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Nuus » Mangaung se kragskuld R180 miljoen
Mangaung se kragskuld R180 miljoen [boodskap #119886] Vr, 11 Maart 2011 08:17
Etienne Marais  is tans af-lyn  Etienne Marais
Boodskappe: 370
Geregistreer: Maart 1997
Karma: 0
Senior Lid
Marietjie Gericke
2011-03-11 09:11

Bloemfontein - ’n Allemintige R180 miljoen. Dít is hoeveel die
Mangaung-munisipaliteit se agterstallige Eskom-skuld weer teen
volgende week gaan beloop.

Volksblad verneem betroubaar dat Mangaung en Centlec se agterstallige
skuld by Eskom die onbetaalde bedrag van R131 miljoen beloop, terwyl
nog R50 miljoen ook besig is om agterstallig te raak.

Teen Woensdag sal Mangaung se agterstallige Eskom-skuld weer R180
miljoen beloop.

Intussen het munisipale raadslede van Vodacom verneem hul selfoondiens
word weens nie-betaling deur die munisipaliteit afgesny, maar die
munisipaliteit sê dit is net ’n “kommunikasieprobleem” en die betaling
sal gedoen word.

Oor die beweerde Eskom-skuld, het Qondile Khedama, munisipale
kommunikasiebestuurder, Donderdag gesê: “Daar is ’n goeie verhouding
tussen ons en Eskom.

“Ons betaal die afgelope vier maande telkens binne die spertye soos
ooreengekom is.

“Eskom moet teen dié tyd al weet hoe ons ons sake bedryf.”

Kontrakteurs wat dienste aan die Mangaung-munisipaliteit lewer, kla
ook teenoor Volksblad en in die koerant se briewekolom dat hulle nie
betaal word nie.

Khedama sê al die kontrakteurs word nou binne 30 dae betaal.

Indien daar betalings uitstaande is, is dit nuwe betalings.

Intussen loop gerugte in die munisipaliteit dat daar maandeliks geraap
en geskraap word om salarisse te betaal.

Asem word opgehou vir wanneer die Motheo-distriksmunisipaliteit se
bykomende 140 amptenare ná die munisipale verkiesing by Mangaung s’n
gevoeg word.


- Volksblad

http://www.nuus24.com/Suid-Afrika/Nuus/Mangaung-se-kragskuld -R180-miljoen-20110311
Vorige onderwerp: Boer sewe keer met mes gesteek
Volgende onderwerp: Plaasmoord: Vrou se hart uitgesny
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mar 29 01:50:35 MGT 2024