Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Vrolike Sondag

So., 29 September 2002 07:23

Vanoggend se sonskyn is in RSG se kop.
Daar is blykbaar fout, en die kerkdiensprogram kan nie uitgesaai word nie.
Eers is ons vergas op 'n lekker stuk township hip-hop, en tans is daar 'n
klavier jazz weergawe van die beroemde kwartet uit La Traviata.
In die ou dae was dit 'n direkte kerkdiensuitsending. Nou moet ons hoor daar
is fout met die disket waarop die diens is.
Annette

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Bankkostes

So., 29 September 2002 06:30

By Suid-Afrika se nasionale bank - met sy vier verskillende interior
decorators - is onaanvaarbaar.

Sal daar ooit verligting kom?

Los R100 in 'n spaarrekening in enige van die vier vleuels van die SA
nasionale Kartel-bank en kom oor so 2 jaar terug en raai wat? Die R100
gaan op wees want die verpligte bankkostes is meer as die hoofbedrag
EN rente saam.

As jy kontant INBETAAL in enige tak van die SA Kartel-bank vra hulle
jou moerse baie geld. As jy geld trek, vra hulle jou moerse baie geld.
As jy die geld daar los, vra hulle jou moerse baie geld.

As jy R1 000 kontant by die bank inbetaal, vra hull R20 om die geld te
ontvang. En dan begin die bakkostes.

Ekonomie & geldsake | 32 kommentare

C Louis Leipoldt

Sa., 28 September 2002 07:46

Ek het nou net die biografie van Leipoldt deur Kannemeyer gelees.

Nooit besef die man was so 'n denker nie.

Hy het al in 1936 voorspel wat die resultaat sal wees indien die apartheids
wetgewing deurgevoer word(presies waarmee ons nou te kampe het).

Maar die kortsigtige leiers wat daarna aan die bewind was het geen
staatsmanskap openbaar nie.

Boeta

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Geld wisselen - Changing Money

Sa., 28 September 2002 03:54

Wij starten op 12/10/2002 met een rondreis in Zuid Afrika.
Kan iemand van jullie ons zeggen of we gemakkelijk EURO's kunnen wisselen in RAND of dat
we misschien toch beter met US dollars op reis vertrekken om die om te wisselen in RAND.
Hoeveel RAND mag je per persoon het land binnenbrengen bij aankomst (500 of toch iets
meer?)
Alvast bedankt voor een antwoord
Groetjes
Monique & Chris (2 belgen)

Ekonomie & geldsake | 19 kommentare

Waarskuwing teen Chrisjolette

Vr., 27 September 2002 20:48

Geagte nuusgroep,

Soos u al weet beweeg die Internet Polisie daagliks deur alle nuusgroepe en
lees elke krieseltjie wat gepubliseer word. U weet ook dat ons die vermoee
het om elke deelnemer se psige in 'n ommesientjie (bestaan daar wel so 'n
woord, indien wel, waarom?) op te som. Dit is dan ook een van ons roetiene
dagtakies om ander deelnemers te waarsku teen sekere gebruikers wat nie
konformeer nie en alle bekende/verwagte normes oortref.

Daar is dus geen keuse as om hierdie ng. te waarsku teen 'n seker persoon
genaamd "Chrisjolette". (moet daar nie 'n dubbele ontkenning in hierdie sin
wees nie, indien nie, waarom nie?). Ons geheime dokkit oor haar toon dat
haar volle naam "Chrisjolette van Helsdingen" is. Ons geheime sagteware lei
natuurlik enige een se van van die betrokke persoon se innerlike wese af.

Die dringende waarskuwing is natuurlik dat almal moet oppas vir hierdie
vrou, want haar intelek is van so 'n aard dat sy enige iemand anders op die
ng. vir brekvis sal opeet. Sy dwing bewondering af by iedere en elk,
insluitende en veral maar nie uitsluitlik (nou't ek te ver gegaan) by die
wat hul "kennis" in ensiklopedie, oppie internet en ander obskure plekke
vind en voorhou as hul eie. Diesulks wat nie kan glo dat daar persone met
oorspronklike eie idees en gedagtes kan wees nie. (Soos in "as dit nie
aangehaal is van erens af nie, bestaan dit dit seker nie". Of "as dit goed
is, moet dit 'n aanhaling wees" Of "kennis is mag, so pass my die
ensiklopedie")

Voorts is sy dan ook die doodsteek van mense wat sou beweer dat hulle die
land om enige ander rede as oor moerstripping verlaat het. (Soos in "check
hoe implode die land as ons skoert, my man") Veral diegene wat diepgeswore
Nasionaliste was, maar wat ysblokkies in die gesig gekry het by 'n plek soos
Pelindaba. ("Pappa, hulle willie toelaat dat jy help atoombomme bou nie!?
Seker maar omdat ek 'n veiligheids risiko is, pappa")

Diesulks sal dan ook gedurig na "Chrisjolette" verwys as sou sy 'n
"bruinvrou" wees. Dit terwyl sy spierwit is. (In haar hart in siel, ek meen)

Nee wat, wees gewaarsku dat "Chrisjolette" diesulks vir brekvis sal opeet.

En jy sal 'n ander ding sien as sy die dag lunch vat. :-)

Koeitjies & kalfies | 16 kommentare

Name vir die Oos-Kaap

Vr., 27 September 2002 19:09

Net vir diegene wat nog nie weet nie, die Oos-Kaapse Premier,
Eerwaarde Arnold Stofile, het die volgende kortlys van nuwe name vir
die provinsie uit die voorgestelde name gekies:

KwaXhosa (plek van die amaXhosa)
KwaNtu (min of meer die plek van mense)
Eastern Cape
Ekhaleni (plek waar aalwyne is), en
eNciba (die Xhosa naam vir die Keirivier)

Nou is daar skynbaar 'n woeste gestryery tussen groepe en faksies oor
watter naam die mees-gepaste sal wees. Wat myself betref sal dit maar
altyd in my agterkop die Oos-Kaap bly. Ek dink ook net dat besoekers
dalk probleme kan hê met die uitspraak van die "Xh" van KwaXhosa en
die "Nc" van eNciba. Sal maar sien wat word. Die finale keuse sal glo
so teen Februarie bekend gemaak word.
Drom

Koeitjies & kalfies | 9 kommentare

Aardkloppens vol en warm...

Vr., 27 September 2002 13:07

Op die eerste dag was daar reeds lig, en baie hitte - maar meer mense as
hitte.
"Siener" was m.i. goed, maar die vertolking van Jakes was (m.i.) meer 'n
vertolking van Marius Weyers ...
Cutt Glass se stuk was (m.i.) meer op 'n vroue-gehoor afgestem - maar hulle
"Glass" kan met "class", sonder moeite, vervang word.
Aardklop se reëlings verbeter beslis jaarliks.
Wat ook verblydend was dat daar hierdie jaar meer swart feesgangers was -
wat heel ontspanne voorgekom het.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Nuwe AWS beskikbaar.

Do., 26 September 2002 12:38

Ek kruispos wat ek op 'n ander poslys gepos het.

==

Samuel:
Nouja, dis 'n baie mooi boek. Ek het so pas 'n eksemplaar by
Boekehuis in Auckland Park gekoop, vir R150. Dis 'n A5-sagtebandboek
met 'n kleurvolle voorblad en keurige lettersetting.

Ek skryf gou 'n oorsig:

Daar is nie so baie van spellingsbeginsels gemaak as wat ek gehoop het
nie, maar dit lyk nietemin of die reëls makliker lees. Die voorwoord
is sowat 20 bladsye lank, en daarna kom die spelreëls (190 bladsye
lank). Daarna kom die woordelys met (so sê Die Burger) 30 000 woorde
(dis 250 bladsye dik). Daar is klaarblyk nie probeer spasie spaar in
die woordelys nie, want verbuigings van woorde word op beide hul
alfabetiese plekke geskryf. Daarna volg 'n kort lysie afkortings (40
bladsye), die berugte lys Omgangstaal woorde (10 bladsye), 'n lys
buitelandse plekname en hul inwonername (20 bladsye), 'n gids tot die
transliterasie van Kirilliese klanke, en 'n terminologielys wat
AWS-terme verduidelik (20 bladsye).

Die afdeling met reëls lees lekker, en elke reël is in 'n vergrysde
raampie om dit duidelik te laat uitstaan.

Baie hoe-ha is gemaak oor die Omgangstaal woordelys wat kwansuis baie
Engelse woorde bevat, maar die Engelse inhoud daarvan is eintlik min.
Voorbeelde van die Omgangstaal is bôl (om te kul), dêmmit, fensie
(sonder kappie), grênd, hanna-hanna, intjip, koel (vir cool),
krismisboks, moewies (soos in "groot"), nip (bang wees), sexy (?? ek
wonder wat is die Standaardafrikaans dan), toksak, uitvang (betrap) en
wine en dine. Ek kou egter maar moeilik aan die skryfwyse van "ge="
in plaas van "ge-" by Engelse verbindings soos "gegear".

Dis jammer die pleknaamlysie bevat nie ook die taalname wat mense
praat nie. Dis ook jammer daar is nie 'n transliterasiegids vir ander
lettertipes soos Viëtnammees/Japannees, Koreaans/Sjinees of
Sanskrit/Hindi/Tamil nie. Plekname is nie in die woordelys opgeneem
nie, want daar is mos 'n aparte publikasie daarvoor (myns insiens
onverkrygbaar, egter). Die "wenke vir gebruikers"-afdeling is ook
ontoereikend.

http://www.kalahari.net/HOME/product.asp?toolbar=&sku=25 555671&format=detail

R120 by kalahari.net (maar het Kalahari nie die gewoonte om "out of
stock" te gaan en dan koepons uit te deel nie?)

.

Afrikaans, ons taal | 8 kommentare

Ideologiese Invloed?

Do., 26 September 2002 11:18

Kry gister in die pos 'n poskaartgrootkaartjie.
Alles in Engels.
Voor op: geteken - 3 mans - almal bruinerig van gelaat.
Waarin ons vriendelik versoek word om mense te verkla by
0800 52 53 52.

Agterop die kategorieë, en onderaan 'n nota dat 'n nuwe wet diegene beskerm
wat uitpraat oor probleme by die werk.
Die nommer voorop is glo ook vir gratis vertroulike regsadvies.
Dit word versprei deur ODAC , en www.opendemocracy.org.za word aangegee. -
het nog nie gaan kyk nie.

Goed en wel - maar wat van die mense wat valslik uit nyd beskuldig word?

Nietemin - hieronder die goed wat jou 'n sterretjie kan besorg as jy die
mense wat oortree verkla:

Aflaai ( downloading) pornografie by die werk
Gebruik van werksvoertuie vir privaatgebruik
Nooduitgange gesluit
Omkopery om dokumentasie in regsgedinge te verloor.
Geen brandblussers
Privaat uitgawes op die besigheidskredietkaart
Seksuele Teistering
Rook terwyl brandstof gelaai word
Mishandeling van oumense in ouetehuise
Koop van vuurwapens in tronke
Verkoop kos wat besmet is
Ontvang van omkoopgeld om dokumentasie deur te voer.
Bouinspekteurs wat omgekoop word om swak werk goed te keur
Ontvang van omkoopgeld om voertuie vir padwaardigheid goed te keur
Verkoop van bestuurslisensies
Dwelmhamdel in tronke
Ontvang van omkoopgeld om permitte uit te reik
betaling vir werk wat nie gedoen is nie
Verkoop van bande as nuwes wat nie nuut is nie
Mishandeling in skole, voorskool en nasorg.
Ignoreer veiligheidsregulasies in fabrieke en myne
Onwettige aflaai van rommel
Ontvang van omkoopgeld om vuurwapenlisensies uit te reik aan aanvallers.
Besighede wat van kinderarbeid gebruik maak
Insit van goedkoop parte, en die prys vra van duur parte
Betaling aan amptenare om permitte en lisensies goed te keur.
Verpreiding van eksamenvraestelle voor die tyd
Sadistiese offisiere in die staande mag
Spookpersoneel in die publieke sektor
Mediese fonds eise wat niks te doen het met die siekte nie.

Annette

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Volkslied

Do., 26 September 2002 09:56

Ek is nou nog vies vir 'n kolomskrywer in Sunday Times - so ek sal maar
seker vir hulle briewekolom moet skrywe.
Verlede Sondag wil die bot mos beweer dat die Volkslied in sy huidige vorm
nooit gewerk het en nooit sal werk nie.
Hy beweer hoe vreeslik skaam hy was toe ons Volkslied gespeel is toe Onse
Prez saam met Castro van Kuba op 'n pleintjie staan en moes luister na die
gehate dele van Die Stem.
Nou - duidelik het die geagte haat-joernalis nog nie in 8 jaar die moeite
gedoen om die woorde te lees van die Stem-gedeelte nie.- sy argument val
daar dus plat.
En iewers is daar ook 'n helse knoop los as hy haat en nyd aan 'n wysie wil
koppel.
Dis dan ook 'n helse klap in die gesig van Oom Nelson, en almal wat hom
ondersteun het , wat hierdie versoenende volkslied voorgestaan en laat
deurvoer het
Die kolomskrywer beywer dus om slegs Nkosi Sikelele as Volkslied ingestel te
kry

Tans sing elke lot lustig die gedeelte wat hy/sy goed ken en brom saam met
die nie-bekende gedeeltes. Ons almal ken die wysie, en al hoe meer mense
sing al die hele Volkslied.

Ek stem saam dat dit lank is - maar definitief nie die langste Volkslied
nie - mens raak byv moeg deur net na die Argentynse Volkslied te luister;)))

As daar na 'n nuwe Volkslied gekyk wil word, sal dit in die eerste plek in
Engels moet wees, aangesien dit as die hoofkommunikasietaal op ons afgedwing
word, en ten tweede sal daar heeltemal weggebreek moet word van beide Nkosi
Sikelele en Die Stem.

Annette

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Bladsye (1835): [ «    693  694  695  696  697  698  699  700  701  702  703  704  705  706  707  708    »]
Tyd nou: Sa. Des. 27 05:10:43 UTC 2025