On Fri, 18 Oct 2002 20:20:59 +0200, "Annette" sê:
>
> "Steve Hayes" wrote in message
> news:3dafb58c.81258414@news.saix.net...
>> On 16 Oct 2002 14:34:53 -0700, mat...@scent3.com (mathew) wrote:
>>> Like you in yours Steve ??
>>>
>>> You know what happening to you in yours, is that why you know whats
>>> going to happen to me ?
>> The sentiment of cinnamon
>> is synonym for sneeze
>> the rapid rap of rhapsody
>> is wrapping with the breeze
>> the happy hop of hoppy toads
>> doth trump each nightly tree
>> but of the maids I ever knew
>> you're ever new to me.
>
>
> Dis nou wragtag kjoet!
> Annette
>
Voor iemand my voorspring
sal ek daarop aandring
jou spelfout lê oop en bloot
die regte woord is kïeeooot.
Hoeveel dae in SA soos Moeders, Vaders, Kinders, Rooineus, "Casual" dag en
tekkie dag, Hartweek en ander (las asseblief by) en Internasionale dae wat
ons ook in SA vier (vandag is wereld persvryheid dag)?
Daar was ook iets soos toktokkie week (vir kanker?) en vele meer - bestaan
dit nog?
Wie besluit watter dag/datum hierdie dae op val en waar kan 'n mens 'n
volledige lys vind.
Help asseblief met al die name wat jy kan en miskien voltooi ons 'n lys hier
of op 'n webwerf vir almal se genot.
Van der Merwe had never been out of South Africa before and was visiting
Bondi Beach, Australia.
He spotted a long line of black dots out in the water and said to an Aussie,
who was sitting close by,
"whot're all those liddle bleck things out there?"
"They're buoys," said the Aussie.
"Boys!" replied Van der Merwe. "Vot they doing out there?"
"Holding up the shark nets," the Aussie told him.
"Great country this!" said the South African, deeply impressed.
"We'd never get away with thet beck home!"
Aankondiging: Daar is nou 'n webwerf oor Afrikaanse spelreëls. Die
werf raak ook enkele aspekte van die Afrikaanse Woordelys en
Spelreëls. Daar is 'n afdelinkie oor die huidige en vorige
Taalkommissies, 'n tematies-kronologiese kykie na besware en
beswaardheid oor die 1991-AWS, en 'n kort oorsig oor die geskiedenis
van die AWS. Die werf is nie by Pharos of by die Akademie geaffilieer
nie, en die spelreëls-afdeling is nou maar halfpad voltooi.
Leserkommentaar word ingewag... http://www.oocities.org/afrikaanse_spelreels/
Nou is ek nie 'n kenner op die gebied nie, maar ek geniet musiek en het
lekker gisteraand na Laurika Rauch se program gesit en kyk en dit geniet,
maar weer slaan die ou argument uit van die 'werklike' kunstenaars maak
net-net 'n bestaan terwyl mense wat die populêre mark jaag, hope geld maak.
Dis dan net ook hier waar ou Anton Goo[r]sen weer gal braak oor Patricia
Lewis en haar soort. Die 'kuns' manne reken dat meeste van hierdie mense
se wysies kom van die buiteland en is nie inheems nie. Tog was dit
interessant om te hoor dat van die grootste treffers in Afrikaans op
buitelandse wysies gebaseer is!
Maar dis nie my storie nie. Wat ek nie kan verstaan nie, is hoekom
hierdie kunstige manne nie kan verstaan hoekom die populêre kunstenaar beter
vaar as die mense wat meer talent het? Vir my is dit plein logika.
Gewone mense is nie kunstenaars nie en hulle behoeftes vir musiek is nie om
elke keer as jy 'n musiekstuk speel, om die storie of die kuns agter die
stuk raak te sien nie. Oor die algemeen wil mens luister na 'n lekker
deuntjie of liedjie wat lekker klink en of dit nou uit die VSA, Rusland of
waarvandaan ook kom, dit maak nie saak nie! 90% van gewone mense koop
eerder 'n CD wat sê 18 snitte luisterbare populêre liedjies op het, as om 'n
CD van so 'n 'heavy' kunstenaar te koop waarvan eintlik net sy een of twee
populêre deuntjies vir die gewone mens goed op die oor val.
Verstaan hulle nie lekker die begrip 'populêr' nie?
In die eerste geval van plaasbesetting sukkel 'n boer van Benoni om 40
000 plakkers van sy plaas te sit. Hy word blootgestel aan diefstal en
talle vorms van aggressie en intimidasie. Die dorp se balju het
voorgestel dat hy R1.8 miljoen bestee om 'n sekerheidsfirma te kry om
die plakkers te verwyder. Die polisie kan nie help nie, want die tronk
is reeds oorvol.
Ek lees van Vroetelvrien wat saam met haar kêrel ver weg kuier en
skelm sms'e aan Piet Pompdonkie stuur. Toe wonder ek sommer wat van
die donkie op hierdie groep geword het? Het julle hom hier verjaag?
Nie dat ek na hom verlang nie. Nee, nimmer! Hy het my mos so sleg
behandel toe ek laas hier gekuier het. Maar nou kuier hy op n ander
groep en daar het hy die tjeek gehad om na my te verneem! Verbeel
jou! Hy soek mý!! Maar ek gaan nie só dom wees om vir hom te vertel
dat ek daar deelneem nie. Nie, ek giggel lekker in my mou. Want daar
skryf ek onder n skuilnaam. Hy sal my tog nooit daar kan uitken nie.
Ek is baie soet en voorbeeldig daar. Daai groep het dan sulke
vreeslike oulike mense. Hulle vloek en skel mekaar nooit nie. Soos
een groot familie is die mense van daai ordentlike groep.
Nou wonder ek net, hoe die donkie daar beland het?