Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Ouers vra

Wo., 18 Desember 2002 19:29

Gisteraand het 'n outjie toe kom ouers vra. Heel senutergende proses
vir my en wyfiemens ook. Daar was oral in die huis defensiewe en
offensiewe sake (hoofsaaklik afgesaagde stoelpote) versteek, maar dit
was toe nie nodig om dit te gebruik nie. Bly dis verby!

Koeitjies & kalfies | 5 kommentare

Die son skyn!

Wo., 18 Desember 2002 14:24

Hier aan die Namibiese kus is die son warm en die meisies val uit hulle
klere uit! Ons het 'n ongelooflike goeie seisoen en jy sien net moeë
besigheidsmense wat op die bed neerslaat met 'n lag op die gesig. Dankie,
Gauteng, dankie Kaap, dankie Moose [Moerse!] vir jou wysheid om julle eie
bedryf op te donner!

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Wie was dié DD

Wo., 18 Desember 2002 13:44

David (Dawid) du Plessis (bynaam DD) Gebore op 7 Feb. 1905 op 'n plek
met die naam Vier- en-twintig Riviere naby Kaapstad. Hy was al deur
bekendes gekwoteer in TIME Magazine, hy het ook destyds die Pous
ontmoet wat ook bekend met hom was.
Hy het gewoon in Ladybrandt in sy kinderjare. Hy het ook as kind in
die destydse Basotholand 'n tydlank gewoon met sy ouers.
Hy is vereer deur die Universiteit van St. John (ge-administreer deur
die St Benedict orde) in Mei 1976 en die Pax Christi Award is aan hom
toegeken.
Wie was hy? (Ek dink nie hy leef meer nie)

Koeitjies & kalfies | 5 kommentare

Annette Leer Hollands

Wo., 18 Desember 2002 12:57

Ek het nou net gehoor ek hoef nie meer shit te sê as uitroepwoord nie. Dit
klink ook buitendien nie mooi nie.
Nou kan ek kut gebruik, en niemand sal weet ek praat lelik nie;))
Annette

Koeitjies & kalfies | 21 kommentare

Rudolf is eintlik Dolfina:))

Wo., 18 Desember 2002 11:23

Dit is amptelik.
Al die herte wat Vader Krismis se slee trek so trap-trap deur die lug is
almal dragtige ooie.
Annette

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Vigs en duikbote

Wo., 18 Desember 2002 06:40

" Londen. - Suid-Afrika kan nie medisyne vir mense met MIV/vigs bekostig
nie - deels omdat hy duikbote nodig het om moontlike aanvalle deur lande
soos die VSA af te weer. Sê het dr. Manto Tshabala-Msimang, minister van
gesondheid, aan die Britse koerant The Guardian gesê."

En sy is 'n "agbare" MISTER"

Koeitjies & kalfies | 18 kommentare

vertaler engels / nederlands <-> suid afrikaans gezocht

Wo., 18 Desember 2002 01:35

De subject zegt het al, ik zoek een vertaler voor eng/ndl suid
afrikaans. In eerste instantie om een paar berichtjes te vertalen, helaas
kan ik hier geen vergoeding voor bieden. Maar als de toekomst mij gunstig
gezind is en ik kan mijn project doen slagen zit er zeker meer in het vat
met een degelijke vergoeding.

Mijn excuses dat ik dit in nederlands schrijf; mijn afrikaans is niet echt
goed :) Antwoorden in afrikaans mag zeker. Graag zelfs; des te sneller leer
ik.

Vriendelijke groeten,

Linda Bruinenberg

Language Help/ Taalhulp/ Sprachhilfe | 2 kommentare

Koos se Skrik

Di., 17 Desember 2002 13:32

Koos kom eendag vroeër tuis, en kry vroulief kaal en hygend op die bed.
"Skat!" hyg sy, "Help asseblief, ek dink ek kry 'n hartaanval."
Koos storm die gang af om 911 te skakel en val hom amper keduks oor sy
vierjarige seuntjie wat in die gang sit en huil.
Seuntjie vertel snikkend daar is 'n kaal omie in die klerekas.
Koos pluk die kas se deur oop, en daar staan sy boesemvriend, poedelkaal.
Koos: " Liewe hemel Piet!, Susan is besig om 'n hartaanval te kry en jy maak
die arme kind skrik.!"

Annette

Humor & grappe | 1 kommentaar

romatisizing Africa.

Ma., 16 Desember 2002 20:11

Elaine
... it's time people stopped romatisizing Africa.

Wouter
Elaine, dit lyk amper of jy met Aromat wil circumsize?
;-)

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Koot!! Kom in, kom in.

Ma., 16 Desember 2002 17:43

Ek het jou Epos beantwoord, maar die kon nie afgeler word nie.

Kan enigiemand help dat my brief afgelewer kan word?
1) Vir my sy regte en of alternatiewe epos adres stuur?
2) Sy vlegsel trek en hom die boodskap gee?
3) Vir hom vertel om Kaap toe te ry sodat ons kan gesels?:)))

Annette

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Bladsye (1834): [ «    656  657  658  659  660  661  662  663  664  665  666  667  668  669  670  671    »]
Tyd nou: Sa. Mrt. 07 00:07:14 UTC 2026