Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Vigs en duikbote

Wo., 18 Desember 2002 06:40

" Londen. - Suid-Afrika kan nie medisyne vir mense met MIV/vigs bekostig
nie - deels omdat hy duikbote nodig het om moontlike aanvalle deur lande
soos die VSA af te weer. Sê het dr. Manto Tshabala-Msimang, minister van
gesondheid, aan die Britse koerant The Guardian gesê."

En sy is 'n "agbare" MISTER"

Koeitjies & kalfies | 18 kommentare

vertaler engels / nederlands <-> suid afrikaans gezocht

Wo., 18 Desember 2002 01:35

De subject zegt het al, ik zoek een vertaler voor eng/ndl suid
afrikaans. In eerste instantie om een paar berichtjes te vertalen, helaas
kan ik hier geen vergoeding voor bieden. Maar als de toekomst mij gunstig
gezind is en ik kan mijn project doen slagen zit er zeker meer in het vat
met een degelijke vergoeding.

Mijn excuses dat ik dit in nederlands schrijf; mijn afrikaans is niet echt
goed :) Antwoorden in afrikaans mag zeker. Graag zelfs; des te sneller leer
ik.

Vriendelijke groeten,

Linda Bruinenberg

Language Help/ Taalhulp/ Sprachhilfe | 2 kommentare

Koos se Skrik

Di., 17 Desember 2002 13:32

Koos kom eendag vroeër tuis, en kry vroulief kaal en hygend op die bed.
"Skat!" hyg sy, "Help asseblief, ek dink ek kry 'n hartaanval."
Koos storm die gang af om 911 te skakel en val hom amper keduks oor sy
vierjarige seuntjie wat in die gang sit en huil.
Seuntjie vertel snikkend daar is 'n kaal omie in die klerekas.
Koos pluk die kas se deur oop, en daar staan sy boesemvriend, poedelkaal.
Koos: " Liewe hemel Piet!, Susan is besig om 'n hartaanval te kry en jy maak
die arme kind skrik.!"

Annette

Humor & grappe | 1 kommentaar

romatisizing Africa.

Ma., 16 Desember 2002 20:11

Elaine
... it's time people stopped romatisizing Africa.

Wouter
Elaine, dit lyk amper of jy met Aromat wil circumsize?
;-)

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Koot!! Kom in, kom in.

Ma., 16 Desember 2002 17:43

Ek het jou Epos beantwoord, maar die kon nie afgeler word nie.

Kan enigiemand help dat my brief afgelewer kan word?
1) Vir my sy regte en of alternatiewe epos adres stuur?
2) Sy vlegsel trek en hom die boodskap gee?
3) Vir hom vertel om Kaap toe te ry sodat ons kan gesels?:)))

Annette

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Versoeningsdag

Ma., 16 Desember 2002 05:44

Ek is reg om gesoen te word:))

Vandag begin die ANC se 51ste kongres op Stellenbosch. Twee van die sale wat
gebruik word is die DF Malan en BJ Vorster.
Ek is verbaas dat die sale nie van naam verander het voordat die kongres
begin het nie;))

Annette

Koeitjies & kalfies | 41 kommentare

Roze teksten / Gay text

So., 15 Desember 2002 13:07

Roze teksten / Gay text
http://www.olafkorder.net

Gedichten en verhalen over liefde, verlangen en homoseksualiteit.
Artikelen over literatuur en coming-out plus literatuurlijst (600 titels).
Poems and stories about love, longing and homosexuality.

Koeitjies & kalfies | 10 kommentare

PJ Pretorius se "Volksveraad"

So., 15 Desember 2002 06:13

Ek stel belang in die geskiedenis en was verwys na...

P. J. Pretorius, Volksveraad, Die Geskiedenis agter die Geskiedenis. Mosselbaai
1996

Weet iemand waar ek 'n eksemplaar of 'n oorsig van die boek kan bekom? Of selfs
die adres/epos van die skrywer?

cg

Boeke, tydskrifte & koerante | 5 kommentare

Noet vir Noet

So., 15 Desember 2002 03:37

Een deelnemer gisteraand moes nie eers aansoek gedoen het om in die program
op te tree nie.
Die vraag was van watter land kom Anna Maria Kauffmann
Sy antwoord :Berlyn.
Nee, die land.
Ierland.
:))
Annette

TV, flieks & vermaak | 27 kommentare

nou en volgende jaar:-)

Vr., 13 Desember 2002 21:39

Ses uur môreoggend vertrek ek na Durban tot die eerste week in die
nuwe jaar.
Ek neem my Notebook saam waarvandaan ek gewoonlik skryf
as Paul Van Straaten.
Dit beteken natuurlik dat Davie Davis gaan verlof hou en Paul nie. Ek
sal dus steeds skryf as Paul Van Straaten maar eers vroeg in die nuwe
jaar sal Davie Davis weer sy gesig wys.

Mag God se Rykste Seën julle Kerstyd vul en mag Sy Hand vir julle
oop wees in die nuwe jaar en Hy dit die beste jaar tot dusver maak vir
elke siel op hierdie nuusgroep.

Dave Du Plessis

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Bladsye (1834): [ «  ‹  657  658  659  660  661  662  663  664  665  666  667  668  669  670  671  672  ›  »]
Tyd nou: Wo. Okt. 14 12:14:42 UTC 2026