Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Definitie van......

So., 08 Desember 2002 18:36

Wat is de definitie van een hoer?

Antwoord: een aan lager wal gezakte vrouw die liggen haar zaak staande houd

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Wat sou jy antwoord?

So., 08 Desember 2002 17:46

Nuwe Mej SA is vanaand aangewys - 'n nooi Nel van Pretoria wat nie blond is
nie:)))
Ewenwel die 5 finale finaliste moes die vragie beantwoord sodat kan besluit
word wie moet wen.
As jy een gebeurtenis in die geskiedenis sou kon verander, wat sou dit wees?

Wat sou jou antwoord wees?

Annette

Koeitjies & kalfies | 27 kommentare

Wat is die definisie van 'n

So., 08 Desember 2002 17:34

G String?

Kyk laer af

Kyk laer af

Dis is die kortpad tussen Paraguay en Holland.

Annette

Koeitjies & kalfies | 11 kommentare

Taalvasvragie?

So., 08 Desember 2002 17:32

Wat is die trappe van vergelyking van bo?
Vul in waar ???? staan:
Bo
????
Boonste

Annette

Afrikaans, ons taal | 17 kommentare

Belangrike skakel :-)

So., 08 Desember 2002 16:46

http://media.smilepop.com/smilepop/flash/06_2002/may02-smile pop-soapbox2.swf

Skies vir die Amerikaanse skakel, maar ek dink dat dit dalk darem 'n
glimlaggie of 2 sal teweeg bring? Want almal van ons weet mos hoe erg
"spam" kan raak. :-)

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Bomvervaardigers

Sa., 07 Desember 2002 05:51

Gister op streeksnuus gehoor dat die polisie ook na bomplanne en of resepte soek wat moontlik in regses se besit kan wees.
Ek het toe vir die sports op 'n search engine die volgende getik; "How to make a bomb" en was geskok.
Daar is selfs planne om n atoombom te vervaardig. Wat gaan hulle daaraan doen, die internet verban?......glo te min.

Cobus

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Seksie Kersfeesliedjie

Vr., 06 Desember 2002 11:20

Nou net op RSG - Shoprite se advertensie - in Engels:
With that jingle in your pocket
You can have more fun.

:))
Annette

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Uitnodiging aan Pharos en Taalkommissie

Vr., 06 Desember 2002 09:50

Uitnodiging aan Pharos en Taalkommissie

Ek het 'n nieamptelike webwerf oor die Afrikaanse Woordelys en
Spelreëls geskep. Die webadres is:
http://www.oocities.org/afrikaanse_spelreels/. Die werf is minder as
2 maande oud, en wat soekresultate betref op die soekenjin Google,
oortref hy al my verwagtinge.

Ek vra namens die ganse Afrikaanse ou volkie (die volk en die volkies,
en almal wat Afrikaans besig) aan Pharos en die Taalkommissie om
asseblief 'n webwerf oor die AWS te skep wat myne in waarde, gehalte
en statuur oortref (dit behoort, on all three counts, beslis nie
moeilik te wees nie). Die Akademie het die breins, en Pharos het die
geld. Al wat kort, is die "amptelike" webwerf.

==

[vervelingfaktor: 10]

Hier is die soekresultaat van 'n paar Google-soektogte (die nommer dui
op die posisie in die soekresultaat vir die betrokke
soeksleutelwoorde):

Soeksleutelwoorde waarin my werf nommer 1 is en dus hoër tel as Pharos
of die Akademie s'n:

* afrikaanse woordelys en spelreëls: My werf is nommer 1. Pharos is
nommer 3. Die Akademie is nommer 15.
* afrikaanse woordelys: Myne 1, Pharos 5, Akademie 25.
* afrikaanse spelreëls: Myne 1, Pharos 4, Akademie 22.
* afrikaanse AWS: Myne 1, Pharos 3, Akademie 7.
* taalkommissie: Myne 1, Pharos 2, Akademie 3.
* woordelys en spelreëls: Myne 1, Pharos 2, Akademie 6.
* spelreëls: Myne 1, Pharos 4, Akademie 9.

Soeksleutelwoorde waarin my werf nie nommer 1 is nie, maar wel hoër
tel as Pharos of die Akademie s'n:

* woordelys: Myne 2, Pharos 12, Akademie 7.
* afrikaans AWS: Myne 4, Pharos 5, Akademie 22.
* spelreëls afrikaans: Myne 2, Pharos 10, Akademie 26.

Soeksleutelwoorde waarin Pharos of die Akademie se werwe hoër tel as
myne:

* akademie vir wetenskap en kuns: Myne 12, Pharos 7, Akademie 1.
* afrikaanse spelling: Myne 100+, Pharos 2, Akademie 100+.

Soeksleutelwoorde waarin al drie webwerwe tekort skiet:

* spel afrikaans: Myne 100+, Pharos 100+, Akademie 100+.
* spelling afrikaans: Myne 100+, Pharos 100+, Akademie 100+.

En ter interessantheid, soeksleutelwoorde wat ek nie getarget het nie:
* insigte: Myne 1.
* bont boek: Myne 1.
* reënboog: Myne 2.
* oor: Myne 8.

==

Nou moet ek in alle eerlikheid byvoeg dat ek gehoor het dat Pharos wel
al met 'n webwerf besig is... ek sien met verwagting daarna uit.

My webwerf bevat 'n bondige opsomming van die spelreëls, kommentaar op
die spelreëls, 'n afdeling oor die geskiedenis van die AWS, 'n bladsy
oor die Taalkommissie (huidige en oues), kiekies van die bont boek, en
'n opsomming van die debat wat oor die 1991-AWS in die pers geheers
het (en wat die riemtelegram dat die 1991-AWS baie negatiewe
kommentaar uitgelok het, 'n halwe nekslag toedien).

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Ferdi-o-Ferdi...waar is jy?

Vr., 06 Desember 2002 07:45

Waar kruip jy weg?Of het jy bang geword weens die
ontmaskering as 'n NI-Agent?
'n Mens mis jou liberale-treurmare.Het Beeld se sirkulasie syfer dalk iets
daarmee te doen?
Lyk my jy het regtig misgetas toe jy jou lakeie oorreed het
om so snaaks op te tree!

Koeitjies & kalfies | 19 kommentare

MIV %'s toe verkeerd!!

Vr., 06 Desember 2002 06:14

Niks verkeerd met die totaal in getalle nie - 11.9%,
Maar Vrystaat!!! is nou die kampioen.
Natal is nie so stout soos wat algemeen aanvaar is nie, en die Kaap is
stouter as wat hulle gedog het.
Annette

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Bladsye (1835): [ «  ‹  662  663  664  665  666  667  668  669  670  671  672  673  674  675  676  677  ›  »]
Tyd nou: So. Nov. 01 13:51:43 UTC 2026