Is daar iemand hier wat heksery beoefen?
Blykbaar is daar wit hekse en swart hekse - rassistiese lot.
Dan is daar blykbaar die Wicans wat dink hulle is goeie hekse of so iets.
Ek vra maar, want 'n vriendin van my in die VSA het so hande-vashou in 'n
kringetjie om 'n hopie klippe byhebring, en sy dink dis maar net 'n klomp
verdwaalde siele wat nie die alledaagse lewenswyse kan hanteer nie, dus soek
hulle iets anders ( maar hulle weet nie eintlik wat nie) vir opwinding.
Ek meen nou maar, wat is die nut om 'n heks te wees as jy nie op 'n besem
kan rondvlieg en 'n groen brousel in 'n seeppot kan kook nie?:))
Ek het 'n nuwe idee oor 'n taalunie van Vlaandere, Nederland en
Suid-Afrika:
*Die ganse bevolking van Nederland en Vlaandere leer Afrikaans praat
en skryf en ons maak die Afrikaans die offisiële taal in Nederland en
Vlaandere. Dit sou nie so moeilik wees nie: die Nederlanders en
Vlaminge kan dit doen in 'n paar maande want hulle leer die Afrikaans
baie gemaklik aan. Die woordeskat van Nederland en Vlaandere wat nog
nie bekend is in Afrikaans nie word in Afrikaans oorgeneem en in
geafrikaniseerde vorm aan die woordeskat van die Afrikaans toegevoeg.
Dit is vir die taalrykdom en dit sou die woordeskat van die Afrikaans
so 'n tien persent groter maak. Die bevolking van Vlaandere en
Nederland sou baie gelukkig wees want hulle sou die spelling baie
gemakkeliker vind as die spelling van die taal wat hulle nou praat.
Sodoende word ook die Afrikaans baie groter. Nou praat slegs 5,5
miljoen mense die Afrikaans en dan sou ineens 27 miljoen mense die
taal praat. Dis is al nie meer so'n klein taaltjie nie en dit sou die
kultuur van die Afrikaans baie konsolideer in die wêreld.
Ek sou dit in die teenwoordige tyd nie eens so 'n slegte idee vind
nie: dis 'n tyd van rasionalisasie, eenmakings, vereenvoudigings,
ensovoorts, ensovoorts. Dis sou nie teen die tydsgees wees nie.*
Saterdagoggend sê Clive Rice toe op TV3 wat ek al lankal voel - we applaud
mediocrity.
Wat is dit dat mens nou kamstig nie meer die krieketspan mag uitkryt as
hulle droogmaak nie?
Wie is die regte ondersteuners - die wat vir die span laat weet hulle is nie
so goed as wat hulle dink nie, of die wat "agter die span staan" en tevrede
is met wat ook al opgedis word?
Ek gee nie om as my span goed speel en dan verloor nie. Maar as 'n
paaltjiewagter skielik nie meer balle kan vang nie en as 'n kaptein met
hangskouertjies en koppie af na die grond op die veld stap, dan moet iets
daaraan gedoen word.
Met die spelers moet bestuur en afrigter moet hul tyd gebruik om die
probleem met die spelers aan te spreek en reg te stel, nie dit gebruik om
joernaliste te skakel en uit te vreet omdat hule dit durf waag om die span
te kritiseer nie.
Die nuwe verskoning is glo dat daar te veel druk op die span is.
Blykbaar verkeer die ander spanne nie onder druk nie.
Miskien moet ons spelers se gesinne en huise ook gedreig en bedreig word,
sodat hulle werklik kan weet wat dit is om onder druk te speel - soos Indië
skielik begin beter speel het.
'n Goeie vriend met 'n voorliefde vir boeregrappe is op soek na 'n
kopie van "Die Poepwedstryd" (ek dink dit het in die Paarl
plaasgevind). Is daar iemand wat kan help?
Dankie
Betistia
One morning while making breakfast, Gatiep walked up to Maraai and
klapped her on her boud and said, "Ek se, ou Dikkes, if you firmed
this up we could get rid of your girdle, ne?"
She just gave him the evil eye and replied with silence.
The next morning Gatiep woke Maraai with a pinch on the breast and
said,"Dolly Parton, if you firmed these up we could get rid of your
bra,ne?"
This was beyond a silent response, so she rolled over and grabbed him
by his manhood. With a death grip in place she said, "Jy weet ou
Slappes, if you firmed this up we could get rid of the postman, the
gardener, your neighbour, the plumber, the pool man en jou broer,n
e......!"
Skielik ontdek tv-kommentators die rede vir Boucher se swak vangwerk. Hy
knyp sy oë toe as hy die bal wil vang ..
Boucher se laerskoolonderwyser, verantwoordelik vir krieketafrigting moes
ook raakgesien het dat Boucher nie net sy oë toemaak wanneer hy die bal
"vang" nie, hy draai ook sy kop weg van die bal af. Waarom die gebrek in
mondering nou "ontdek" word verstom my.
Boucher het die swak gewoonte reeds gehad toe hy provinsiaal begin speel
het....t