Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Yengeni maak ANC geskiedenis

Wo., 05 Maart 2003 20:11

Tony Yengeni, na veelvuldige ontkennings, advertensies ten dien effekte in
koerante, en na 'n uitgerekte hofsaak (waar sy aansoek om regshulp geweier
is, en hy sy laaste advokaat verloor het omdat hy hulle 800 000 skuld) wat
uitgeloop het op 'n ooreenkoms waar hy nie vir die ernstiger van twee
aanklagte vervolg is nie, en skuld beken het dat hy die parlement doelbewus
mislei en bedrieg het, het toe vandag as parlementslid bedank.
Dis die eerste ANC parlementslid wat ek van weet wat so "eerbaar" optree.
Het hy dit maar gedoen heel aan die begin dan was hy nie nou so diep in die
skuld nie, en is ons ook nie so seker dat die bedanking nie heeltemal
vrywillig was nie.
Ons sal maar moet sien hoe lank hy as lid van die uitvoerende kommittee van
die ANC gaan aanbly, aangesien Maduna verklaar het dar die ANC die mense
help wat hulp nodig het.
Sjeim.

Annette

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

stamboom

Wo., 05 Maart 2003 13:08

Weet enigeiemand hier wat is die prosedure om burgerskap te kry in 'n land
soos Frankryk dmv jou familiestamboom? Ek het gehoor dat as jy jou stamboom
kan terugwerk tot by jou familie in Frankryk kan jy aansoek doen vir
burgerskap?

Weet enigeiemand hier van so iets? Of weet julle dalk waar kan ek begin
soek vir my familiestamboom? Is daar mense wat dalk hierdie goed doen vir
'n lewe?

Cheers
Eugene

Genealogie & famieliesake | 5 kommentare

Simons se snert

Wo., 05 Maart 2003 12:15

Ek haal hom (die artikel) direk en gedeeltelik aan:

"Responding to criticism that the batsmen should have had the
Duckworth-Lewis targets on their person, Simons said that it would be
impractical to keep a piece of paper in one's pocket.

"With all the humidity and sweat that comes with playing cricket in Durban,
that would not work. A better idea in the future may be that they give the
targets to the umpires."

Simons en Donald kan dalk saam 'n vaarwelpartytjie reël ...

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

Debbie Adlington

Wo., 05 Maart 2003 10:53

Ek het nou net gisteraand se 3rd degree gesien waar 'n onderhoud met haar
gevoer is.
Net ter inligting - Hierdie dame se man het haar en haar kinders met 'n byl
bygedam, en toe homself geskiet. Sy is die enigste oorlewende, en was lank
in 'n koma agv die aanval.
Sy het glad nie agtergekom dat daar iets is wat die man pla nie - sy het nie
eers geweet dat hulle veronderstel was om die volgende uit die huis te trek
nie.
Sy beweer hy het nooit persoonlike sake met haar bespreek nie, en sy was nie
bewus daarvan dat daar geldelike probleme was nie.

Uit die onderhoud kan mens wel agterkom dat hy haar sielkundig gemartel het.
Sy sal nou natuurlik nie alles sê nie, maar mens kan tussen die lyne hoor -
in die een sin sê sy hy was 'n goeie pa, net om in 'n ander sin te meld dat
sy op die punt was om van hom te verlaat en die kinders met haar saam te
neem omdat sy nie meer kon sien dat die kinders onder sulke omstandighede
onder hom kon aangaan nie.

Hy moes dus uiters manupilerend gewees het

Annette

Koeitjies & kalfies | 70 kommentare

Belastingjuweeltjie

Wo., 05 Maart 2003 08:40

Soos julle miskien nie weet nie, het Kaapstad/Bellville nou 'n inbelsentrun
( call centre) en dit werk nie so lekker nie, omdat die mense wat dit beman
van die straat of geneem is en niks weet van enige belastingsake nie.
Verlede Vrydag skakel iemand in en wil met Extensions praat.
Behulpsame idioot: Sorry sir, we do not do extensions here, you must phone
your hairdresser.

Annette

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

7de Laan

Wo., 05 Maart 2003 05:56

Ek kan die Engelse byskrifte begryp, maar soms kan dit nogal lagwekkend
wees.
Gisteraand:
En dit sal hom wys waar Dawid die wortels begrawe het.( in idiomatiese terme
gebruik)
Die Engelse onderskrif: And that willl show him where Daniel buried the
carrots.
Ek twyfel of die lesers kop of stert kon uitmaak.:))

Annette - moet my nie uitvra oor die reeks nie, ek sien net 10 minute
daarvan per week.

Koeitjies & kalfies | 14 kommentare

Krieket - die pad vorentoe ...

Di., 04 Maart 2003 14:24

Ek glo die ANC gaan nou, baie vinnig, belangstelling in krieket verloor.

Hulle het mos daarin geslaag om die openingseremonie in te palm, en om die
samestelling van die span voor te skryf.

Die proses loop mos baie eenvoudig so - neem behoor oor en "trash" dit.

"A slave is a man with a slave's mentality ..."

(Daar is dik Germaanse bloed in hierdie are ...)

Sport & ontspanning | 2 kommentare

Krieket - Kenia beter as ons

Di., 04 Maart 2003 05:39

Ons het toe nie die volgende gehaal nie, omdat dit begin reën het ( teen die
weervoorspellers se mening), en omdat Mark Boucher glo nie besef het hy moes
nog slegs een lopie aanteken nie. Hy het dus nie eers 'n hou probeer speel
met die laaste bal nie.
Toe speel ons gelykop, en daarom is ons uit.
Help my nou hier met logika.
Die weer steek nie op met so 'n vreeslike vaart nie, en al sou dit, was daar
al klaar die stats beskikbaar hoeveel lopies aangeteken moet word om te kan
gelykop speel, sou dit reën na 15 boulbeurte.
Dus, toe Boucher en Klusener opgestap het, moes elkeen geweet het hoeveel
lopies nog benodig word.
Of die inligting is nooit aan hulle gegee deur die kaptein of die afrigter
(s) nie, of hulle het altwee vergeet, of hulle weet nie wat die verskil is
tussen gelykop en wen nie.

Annette

Sport & ontspanning | 20 kommentare

Re: Krieket - SA teen Sri Lanka

Di., 04 Maart 2003 04:20

Benewens die skok van die krieket wil ek nie vanoggend graag na 'n vrou
luister/lees wat vieslik vloek nie.

"Elaine" skryf in boodskap news:3e63bf58.0@news1.mweb.co.za...
> Ag Fok!
>
> Elaine
>

Sport & ontspanning | 9 kommentare

Ek's terug

Ma., 03 Maart 2003 18:27

Hello Almal

Ek's terug. Ek kan skaars regop sit, maar ek's hier. Jislaaik wat 'n
gemors was hierdie trek nie! Ons het toe uiteindelik 3:00 Saterdag more
hier by ons nuwe huisie aangekom. As die trek lorrie daar was 7:00 Vrydag
oggend sou ons vroeer hier gewees het nie, maar toe daag die donner eers
14:30 daar by ons op. Om alles erger te maak pas alles nie op sy lorrie
nie, toe moes ons inderhaas 'n trailer gaan huur en self die goed verder
daarop laai. Ons moes twee keer Midrand toe en terug!
Hier gekom, ruik die huis die ene urine. Iemand het al twee weke terug in
die hoofslaapkamer se toiler "gepiepie" en nie gebodder om die toilet te
trek nie - die goed was al swart! Daarby het die eenvoudige stuk skuim op
die sitplek gepie en dit nie skoongemaak nie. Die deksel het aan die
sitplek vasgekleef. Net daar en dan sê ek vir my man ek sit nie op daai
gemors nie. Ek het probeer skoonmaak, maar ek het maar nog steeds gegril!
Saterdag het ek vir my 'n nuwe sitplek vir die toilet gaan koop.
Die mense was seker die vuilste lot wat ek nog in my lewe gesien het. Die
kombuiskaste is seker laas skoongemaak toe hulle hier ingetrek het (so 7
jaar terug), die oond het seker maklik 4 jaar se aangepakte olie en gemors
in gehad (die's darem nou skoon) en onder die toilet se "rim" sit jare se
aangepakte gemors. Ek sukkel nog steeds om dit af te kry. Ek's al deur 'n
bottel Domestos, 'n bottel toilet duck en 'n bottle Handy Andy in 'n poging
om daai vieslike gemors te probeer afkry. Dit kom so bietjie-bietjie af met
'n geskrop.
Die matte is gate ingebrand, dis vuil en hulle was nie eers gepla gewees om
dit te suig voor ons hier in is nie.

Ek wonder wie het hierdie elektriesie sertifikaat geteken, want die
"switchie" vir die een buitelig werk nie, die ding gaan af, dan spark hy en
dan gaan die lig af, daar's 'n permanente "lead" wat buitekant toe loop (dis
teen die wet) en daar's twee stukkende muurproppe. Die seël vir die oond is
ook missing.

Ek kan nie glo enige mens (wit of swart) het so geleef nie. Ek kan nie glo
'n vrou sal haarself op so 'n vuil toilet neerplak nie! Ag nee siessa!

Maar ons is hier en die kombuis en die badkamer is darem nou blinkskoon -
volgende op die lys is my slaapkamer en dan die kantore. Sal maar bietjie
later worry oor die "granny flat".

My ma het my goeie raad gegee, jy kry sulke goed met die naam "Clean Green"
dis in 'n groen bottel. Die goed het beter gewerk in die oond as "oven
cleaner", so as julle hardnekkige vuilgoed het, probeer dit - dit haal selfs
vlekke uit die bad uit.

Groete en geniet julle dag.

Elaine

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Bladsye (1834): [ «  ‹  623  624  625  626  627  628  629  630  631  632  633  634  635  636  637  638  ›  »]
Tyd nou: So. Okt. 11 14:52:06 UTC 2026