Vir Annette......
Sa., 22 Maart 2003 06:24
Die string hierbo raak so effe lank, maar die 'sogenaamde fight' is eintlik
maar net 'n gerattle...die een uit die VSA van 'Hotpants Katryn' wat maar
net nie haar emosionele uitbarstings in toom kan hou nie en my maar net nie
wil uitlos nie. Ek vra so hard, maar sy spring elke keer! Wat die
Plaasvark aanbetref, hy het homself op hierdie troontjie geplaas en ek wil
glad nie naby 'sy hoogheid' kom nie, maar ook hy wil nie verby hou
nie....dalk is die lug daarbo te skoon vir hom en verlang hy na ons commen
ouens? Soos ek dit sien, klim hy en Katryn elke keer in met skerp
aanmerkings en is dan skoon verbaas as hulle 'n skerp antwoord terug kry.
Maar daar gelaat.....ek het hoop dat hulle nou sal verby hou??????
Koeitjies & kalfies |
10 kommentare
Byvoeglike naamwoorde
Vr., 21 Maart 2003 18:10
Hallo, elkeen,
Ek sou wou geweet van die taalkundiges onder julle:
-wanneer skryf die mense in Afrikaans 'n 'e' an die einde van 'n
byvoeglike naamwoord en wanneer doen hulle dit nie?
Ek is daaroor in die grootste verwarring.
Sal 'n antwoordjie seer waardeer.
Norbert (uit Vlaandere)
Afrikaans, ons taal |
14 kommentare
Wie & wat is die ANC?
Vr., 21 Maart 2003 12:20
Sal die ware ANC na vore tree?
Tony Yengeni word vir 4-jaar tronk toe gestuur vir bedrog en diefstal -maar
die ANC Vroueliga en ander kaders wag hom in op Kaapstad lughawe. Hy word
oorval met lofgesang, plakkate wat hom ondersteun, en word hy skouerhoog die
ontvangslokaal uitgedra.
Ek is so bly die man het nie moord gepleeg nie - anders sou Victoria, of Van
Riebeeck se standbeeld (of beide) deur Yengeni se standbeeld vervang word
...
Gelukkig doen Thabo kort-kort 'n beroep op die "ander" Suid-Afrikaners om
hulle teen bedrog te wend.
(Die ANC het seker alleenreg op daardie terrein ...)
Koeitjies & kalfies |
0 kommentare
Stormers sonder storm?
Vr., 21 Maart 2003 10:01
Ek kyk alweer die wedstryd met 'n bottel byderhand.
Hoekom lyk die Stormers so ongeskeer en lusteloos?
Dis al asof elkeen maar net deur die motions gaan.
Fleck word blonder by die wedstryd - sy hare word al hoe ligter.
Nou het ek genoeg moed geskep om die tweede helfte te kan kyk.
Die HSBC op Waratahs se trui - wat is dit?
Annette
Sport & ontspanning |
6 kommentare
Streetwise?
Vr., 21 Maart 2003 03:43
Annette - jammer - ek probeer peil of jy toe 'n geskikte woord vir
"streetwise" gekry het? Wat is die resultaat?
Die "streetwise" hou natuurlik verband met 'n ander ene wat ek nie kan
vertaal nie nl. "theory of mind."
Koeitjies & kalfies |
1 kommentaar
Onsportiewe skilde
Do., 20 Maart 2003 18:58
So pas op SABC-TV (19:00) word dit gemeld dat die menslike skilde van
Suid-Afrika baie senuweeagtig is en dat hulle hul in 'n hotel (Pakistan
Hotel) bevind.
Hierdie ouens gaan Irak toe om die Amerikaanse Weermag aan te durf - en dan
word hulle senuweeagtig voordat 'n skoot geskiet is.
Hierdie ouens kan mos nie effektiewe skilde wees in 'n hotel nie - die
hotelle sal nie aangeval word nie. En dit weet die snare. Hulle sal meer
effektief wees as hulle by die militêre teikens gaan bly.
Koeitjies & kalfies |
5 kommentare