Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

toets

Wo., 06 Augustus 2003 04:10

**** Post for FREE via your newsreader at post.usenet.com ****

Verskoon !

-=-=-=-=-=-=-=-=-=-=-=-=-=-=-=-=-=-=-=-=-=-=-=-=-=-=-=-=-=-= -=-=-=-=-=
*** Usenet.com - The #1 Usenet Newsgroup Service on The Planet! ***
http://www.usenet.com
Unlimited Download - 19 Seperate Servers - 90,000 groups - Uncensored
-=-=-=-=-=-=-=-=-=-=-=-=-=-=-=-=-=-=-=-=-=-=-=-=-=-=-=-=-=-= -=-=-=-=-=

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Swinging

Di., 05 Augustus 2003 14:22

Is daar Afrikaanse woorde vir "swinging" en "swingers". Nou nie swing soos
in swaai nie, maar swing soos in maats uitruil?

E

Koeitjies & kalfies | 37 kommentare

Bommerasie

Di., 05 Augustus 2003 08:27

Daar het blykbaar 'n bom ontplof in die Marroit hotel in Jakarta - 5 dood,
60 beseer.
Annette

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Tyd vir ons om weer te wen:)

Di., 05 Augustus 2003 08:18

OK - laat ons ons deel doen en die noodlot weer uittart:))- Voorspel die
telling vir Saterdag se slagting teen die All Blacks.
Springbokke 6 - All Blacks 59.
Annette

Koeitjies & kalfies | 14 kommentare

Nuwe ( hersiene) skoolgodsdiensbeleid aanvaar

Di., 05 Augustus 2003 06:10

Die nuwe hersiene skoolgodsdienbeleid is aanvaar. Al die kwessies waaroor
daar heftig beswaar aangeteken is, is nou weer deel van die plan.
Daar is toe 'n universele gebed voorgestel, waarmee nie al die partye
saamstem nie.
Nou is almal betrokke kop buigend tot op die grond so dankbaar vir Kader
Asmal dat hy bereid was om die reels, wat hy in die eerste plek uitgehaal
het, weer toegelaat het.
Hoeveel produktiewe tyd is nie oor hierdie kwessie gemors as hy in die
eerste plek eers besin het voordat hy sy aankondiging gemaak het nie.

Annette

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

"i" met 'n kappie?

Ma., 04 Augustus 2003 22:50

Is daar woorde in Afrikaans met 'n kappie op die "i"?
My man het 'n boek oor "Typography" en daarin word beweer dat in
Afrikaans woorde met 'n î bestaan, en nou breek ek my kop, maar kan nie
aan een dink nie? Is ek net verroes of is daar sulkes?

Dankie
Tuffy

Koeitjies & kalfies | 10 kommentare

Strydom Stamboom

Ma., 04 Augustus 2003 19:11

Hi !

Ek doen navorsing oor die Strydoms in Suid Afrika en spesifiek oor die
stamboom.
Ek sal enige hulp waardeer.

Dankie

Riaan Strydom

Genealogie & famieliesake | 8 kommentare

'Doodstarf Alweer' in opvolg

Ma., 04 Augustus 2003 18:12

Vir diegene in die buiteland wat nie van die gebeure,
wat die land geskok het die afgfelope paar dae,
geweet het nie.

Jonas gee 'n skakel waar meer inligting verkry kan word.
Ondermeer is 'n baba, blykbaar om haar stil te kry, eers
in die mond geskiet en daarna in die rug.

Volgens 'n spesifieke polisiewoordvoerder, die wreedste
mpprde ooit in die land se geskiedenis.

Ek het nie dit waarop Jonas wys gaan lees nie, omdat
dit reeds algemene kennis in die land is.

************************************************************ *****

On Mon, 4 Aug 2003 12:59:09 +0200, "Annette" wrote:

> "Jonas" wrote in message
> news:bgl6ui$h8o$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>> 'n Man se moeder, vrou en baba is hier (Pretoria) koelbloediglik gekaap,
>> verkrag en vermoor. Die mans is reeds aangekeer.
>> Lees die berig en gee my een rede waarom die mans se lewens gespaar moet
>> word.

************************************************************ ***********************************

> Ja - vir wat sal hulle lekker gehang word - dis nie hulle wat dan ly nie.
> Harde-arbeid vir 50 jaar, en elke sent wat hulle verdien moet na die
> slagoffers se damilie gaan.
> Annette
>
>
************************************************************ ***********************************

Ongelooflik, Annette, dat jy steeds hulle lewens gespaar wil hê.
Dat jy hulle oor 50 jaar uit die tronk wil hê, wanneer die slagoffers
steeds dood is. Ek het nie woorde om dit wat jy hier sê te beskryf
nie. Dit is slegs verskriklik teleurstellend.

DD

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Rassediskriminasie gedeeltelik opgehef

Ma., 04 Augustus 2003 12:43

Volgens BEELD (05 Aug 2003) sou Alec Erwin (Handel & Nywerheid) gister
bekend gemaak dat die regering sy vereistes oor raskwotas in beroepe waarin
Suid-Afrika 'n vaardigheidstekort ondervind waarskynlik gaan ophef. Sodoende
sal Suid-Afrikaanse emigrante na Suid-Afrika kan terugkeer.

Koeitjies & kalfies | 7 kommentare

Wat dan?

Ma., 04 Augustus 2003 12:23

Ons wag almal om te sien wat die uitspraak sal wees van die dame wat haar
getroude minnaar hof toe sleep omdat hy beloftes verbreek het.
Is die dae van die oorwarmbloedige koelbloedige owerspeler getel?:)
Annette

Koeitjies & kalfies | 21 kommentare

Bladsye (1835): [ «    554  555  556  557  558  559  560  561  562  563  564  565  566  567  568  569    »]
Tyd nou: Di. Des. 16 21:24:46 UTC 2025