Hoor vanoggend op Skye van polisiemanne in opleiding wat deur 'n persoon
'under cover' afgeluister is en gehoor het hoe die jong mannetjies gesels
oor ander rasse en of hulle die mense sal kan skiet. Die een maak 'n
stelling van iets soos 'dat elkeen kyk mos maar uit vir sy eie soort.'
Behalwe natuurlik dat dit vir 'n Afrikaan verfrissend is om te hoor dat
rassisme toe nie 'n Afrika-eie probleem is nie, is dit ook aaklig om te hoor
hoe die jong mense se privaatheid geskend word met hierdie afluistering.
Waar gaan alles eindig?
1 Oom Kalie is die gasarties
in elke joint van Cannes tot Nice:
hy slaan sy vrou met die handsambok -
en soek jy slae, kry jy dit ok.
2 Oom Kalie doen sy naam gestand
in elke disko in die land:
hy suip en strip tot hy onthul
'n vyfster-bloukop-Boerelul.
Allersiele, 1997. Heropgeneem in Die dye trek die dye aan)
---------------
[Ongetiteld]
Peter Blum
O Boegoeberg se dam
is 'n doodlekker dam:
dis daar waar die meide
hul okselhare kam.
Ek vlieg daar soos 'n wolbal rond
my pere is van staal:
ek het my angel skerpgemaak
om jou heuning uit te haal.
(Twee ongetitelde verse uit My hart sing sewe moppies, 1996)
R.K. Belcher
Die skip lê vasgehaak
hy lyk soos 'n perd se kaak
bokkie vannag gaan ek by jou
my ankertou laat kraak
*
Die blink skaar van die ploeg
die dol van laat tot vroeg
van al die insteek in 'n voor
is al my ysters moeg
---------------------------------
Uit-oor-lê
Ellen Botha
Sy skrywe haar sprokie met smaak;
die prins laat haar paddatjie kwaak:
Haar toeteltjies tuit,
Haar magie sit uit
En Griet dog hy steek net die draak!
(Tevore ongepubliseer) (sinspeel op die roman Griet skryf 'n sprokie deur
Marita van der Vyver)
-------------------------------------
Die bok het my gestoot
(volkskwatryn)
Die misbank op die see,
die misbank op die see.
Toe vry ek mos my bokkie
dat sy: Eina gotta! skree.
(Pieter W Grobbelaar: Die rooi lappieskombers: Volkskwatryne, 1997)
Die Amerikaanse regsgeleerdes wat sake aanhangig wil maak teen groot
maatskappye vir kliënte wat voorheen benadeel is omdat van hul produkte
gebruik is in die onderdrukkingsaksie, moet nie halwe werk doen nie.
Hulle moet eerstens die ontwerpers, patentregistreerders en diegene wat geld
verskaf hetom die prototipes te bou dagvaar.
Indien hulle al dood is - die families dan.
Ek dink ek moet 'n saak maak teen skoenvervaardigers - hulle veroorsaak
lyding aan almal - kan netsowel eerste inspring voordat almal dieselfde idee
kry:))
--
Annette
'n Bakkie met 'n drom radioaktiewe materiaal ( stof wat gebruik word by
x-strale) is gesteel. Die bakkie is gekry, maar die drom is nog weg. Miskien
het iemand die drom nodig gehad om bier in te maak.....
--
Annette
Dis wat glo bespreek gaan word in vanoggend se Stem Saam.
Sal maar hoor wat die kenner te sê het - maar wat kan hy/sy sê wat mens nie
al reeds weet nie?
--
Annette
In die afgelope drie dae het ons nagenoeg 2 en 'n halwe duim rëen gehad in
die Jakarandastad. (Waar kom die uitdrukking stof tot dankbaarheid vandaan?)
Die jakarandas was laat die jaar - en die tooisel was maar aan die yl kant -
seker maar verlede jaar se droogte.
Ek het so bietjie in die argiewe gaan krap
oor wat alles hier gebeur het tydens my
afwesigheid. En ek sien dat jy 'n aanmerking
gemaak het oor Sarel se dood, Annette.
Ek wou dit eers net laat verbygaan
maar voel dat ek dit tog behoort te noem
dat ons vir dekades vriende was.
Sarel, wat een jaar ouer as ek was,
en ek, was vanaf graad 1 vir die res
van ons laerskoolloopbaan in een klas
en op hoërskool het ons veskillende rigtings
gevolg, wat ons in verskillende klasse gehad
het. So het ons, ons hoërskoolloopbaan ook
saam voltooi. 'n Ander vriend wat dieselfde pad
saam geloop het, vanaf graad 1 regdeur laer en
hoërskoolloopbaan, is Dirk Lauffs, 'n prediker
wat relatief dikwels oor die radiosenders preek.
Somtyds het ons vir lang tye mekaar nie gesien nie,
en dan weer 'n reunie gehad, en lekker oor laaankal
geskinder. Dirk se woorde die laaste wat ons saam
gekuier het, was "lyk ek dan ook soos julle?"
"Hoe lyk ons dan Dirk?"
"Julle het ouer geword:-)"
In die plaaslike (Gauteng) koerante word die feit dat 300 werkers (blankes)
in diens van SANLAM hulle werk gaan verloor aangesien die poste nou aan
regstellendes afgestaan word. Hiervolgens is SANLAM met Afrikaner geld
gevestig.
Ek stem saam met die beswaar wat aangeteken word.
Maar ek het 'n enkele vraag aan die beswaardes. Waarom maak hulle nou ewe
skielik beswaar? Het hulle nooit kennis geneem van die groot getalle blankes
wat reeds hulle werk/inkomstes moes inboet ter wille van regstellende aksies
nie?