Nu weet ik waarom politici er altijd nuchter uitzien ;-))
Vr., 31 Oktober 2003 15:33
DE ANTIKATERPIL
De antikaterpil kwam eerder dit jaar in de Verenigde Staten op de markt en
werd vooral in Hollywood een groot succes, zo meldde begin oktober een
Russisch dagblad.
De KGB ontwikkelde de pil ten tijde van de Koude Oorlog met de bedoeling
Russische spionnen alert te houden na
drinkgelagen.
De geheim agenten konden anderen onder tafel drinken en kort daarna zelf
weer volledig nuchter zijn.
Tot aan 2000 bleef de pil in Rusland voorbehouden aan de elite, maar kwam
daarna gewoon in roulatie.
De Ru21, zoals de merknaam luidt, is volgens de Nederlandse importeur een
natuurproduct.
De werkzame stof is een derivaat van een plant dat alcohol in het lichaam
afbreekt en schade aan lichaamsfuncties en vitale
organen voorkomt.
De stof beschermt zowel de lever als de huid
Koeitjies & kalfies |
4 kommentare
Die Swakste Skakel
Vr., 31 Oktober 2003 10:05
Van iemand anders:
As die program in Afrikaans sou wees -
Hoe sal die vraesteller sê in Afrikaans:
You are the weakest link, Goodbye!
?
Jy is te dof, fokkof
--
Annette
Koeitjies & kalfies |
0 kommentare
Merkie
Vr., 31 Oktober 2003 10:03
Annette, wat is die Afrikaanse woord vir 'n "merkin" - sien antwoord in M&G
vandag.
Wie van julle dra 'n "toupee" of 'n "plume". Die pakkie kom met
gebruiks-waarskuwings.
:-)
TJ
Koeitjies & kalfies |
3 kommentare
Blou Bulle
Vr., 31 Oktober 2003 06:50
Hallo Almal
Het enige persoon dalk vir my 'n prentjie van die "gevreesde blou bul". NIE
die huidige logo wat hulle gebruik nie (bul horings).
Groete
Riaan
Sport & ontspanning |
2 kommentare
Wakker mense
Vr., 31 Oktober 2003 06:40
Is julle wakker?
www.orania.co.za
Orania is 'n wakker plek vir wakker mense wat nie droom nie.
Ek hou van hul winkelname:
Afsaal kafee
Krummels bakkery
Haarfyn haarsalon
Ysterklip stene
Sit-soos-nuut stoffeerders
Human Trok en Trekker
... maar geen prentjie van die koeksuster monument nie.
:-)
TJ
Koeitjies & kalfies |
1 kommentaar
Watertekort?
Do., 30 Oktober 2003 08:06
Ons hoor mos nou die afgelope 10 jaar dat ons moet water bespaar, en word
gedreig dat as ons nie besin oor ons wyse van waterverbruik nie, ons teen
2015 nie meer genoeg water gaan hê nie.
Werkers van die Dept waterwese praat hulle asems lam om al wat organisasie
te besoek om die dringenede boodskap oor te dra.
Vanoggend op Praat Saam toe word daar oor water gepraat - en iemand vertel
toe hy navraag doen by sy munisipaliteit hoekom hy per eenheid teen 'n hoër
tarief vir water aangeslaan word as sy buurman - word aan hom vertel hy moet
meer water gebruik.
Dus, i p v om die spaarders te beloon word hulle gestraf, en die vermorsers
word beloon.
Lekker mal spul.
--
Annette
Koeitjies & kalfies |
6 kommentare
Mediese Fondse
Do., 30 Oktober 2003 08:00
Dit raak nou so 'n klug, en nou nog boonop die beperking op watter siektes
kwalifiseer vir chroniese medisyne, dat mens beter af is om maar net plein
siek genoeg te word om by 'n staatshospitaal te gaan lê of sit en wag jou
nie pla nie.
--
Annette
Koeitjies & kalfies |
1 kommentaar
Bulle Saterdag......
Do., 30 Oktober 2003 07:09
Ek wonder net wat die wynsuipers en bokkomvreters van die Kaap Saterdag gaan
maak? Ek hoor hulle wil nou maar eerder skolerugby speel volgende jaar,
maar die kinders wil hulle nie daar hê nie! Hulle kan nie gaan visvang
terwyl die eindstryd aan die gang is nie want daar is g'n niks meer vis ook
in die Kaap oor nie.........so, dis maar suip om die sorge te versuip.
Die Vrystaters sal maar moet mielies vreet!
Sport & ontspanning |
2 kommentare
Re: Bulle Saterdag......
Do., 30 Oktober 2003 06:37
Jy is skoon uit jou tyd uit - dis snoektyd in die Kaap.
Na die Bokke se wedstryd Saterdagoggend sal ek elkgeval 'n bottel rooies
kafdraf - so ek sal die middag se wedstryd heelwaarskynlik deurslaap - want
ek het bitter lank laas 'n goeie eindstryd gesien - dis die
halfeindstrydwedstryde wat baie meer opwindend is en beter rugby oplewer.
--
Annette
"Sandvlooi" skryf in boodskap news:bnq9ue$1h9j$1@newsreader02.ops.uunet.co.za...
> Ek wonder net wat die wynsuipers en bokkomvreters van die Kaap Saterdag gaan
> maak? Ek hoor hulle wil nou maar eerder skolerugby speel volgende jaar,
> maar die kinders wil hulle nie daar hê nie! Hulle kan nie gaan visvang
> terwyl die eindstryd aan die gang is nie want daar is g'n niks meer vis ook
> in die Kaap oor nie.........so, dis maar suip om die sorge te versuip.
> Die Vrystaters sal maar moet mielies vreet!
>
Sport & ontspanning |
3 kommentare