Gaan toe vandag, na die lugskoukyktjie, om te gaan registreer om nou net
hier in die Kaap te kan stem, nie meer hier en in Bellville nie,
Nietemin - daar tel ek toe 'n helse relletjie op met die mense omdat hulle
beweer dat die helfte van die straat waar ek in bly in een stemarea val, en
die ander helfte van die straat in 'n ander. Toe ek vra van watter nommer in
die straat tot watter nommer in die area val waar hulle nou is, toe is
hulle stom, want daardie inligting is blykbaar geheim.
Die tweede relletjie gaan toe daaroor dat ek met die man wat daar is 'n
argument aan het - in Afrikaans - hoekom die area inligting nie in die
areablaadjie verskyn het wat gratis by alle posbusse afgelewer word nie. Hy
praat toe ook in Afrikaans met die dame wat glo die registrasievorm moet
bevestig en oor invul in 'n boek, en toe sy met my praat, toe val sy wragtag
weg in Engels!.
Ek stop haar toe by die tweede woord, en vertel haar mooi dat ek beswaar
aanteken dat sy my in Engels aanspreek terwyl sy weet ek Afrikaans-sprekend
is.
Sy beweer toe dat sy eintlik Engels is ( in plein Afrikaans) toe vertel ek
haar dis nie mooi om so openlik te jok nie, want ek het gehoor hoe lekker sy
Afrikaans praat met die man.
--
Annette
Vandag bied Ysterplaat 'n Internasionale lugskou aan.
Na die rugby het ek toe gery - spesiaal om die formasievlug van die
Buccaneers te sien.
Daar is nog net drie Buccaneers wêreldwyd oor wat vlieg, en dit is die
eerste keer sedert 1981 dat drie aan 'n formasievlug deelneem.
Elkeen het baie laag oor die pad gevlieg waar ek gestaan het - die N1, so 50
meter vanaf 'n bordjie wat mens verbied om stil te hou, en so 60 meter van
waar die vliegtuie so laag oorgevlieg het.
Ek moes daar staan, want die verkeerskonstabels en op die Sableafdraai
gestaan, wat eintlik die beste plek was:)
Ek het nogal ewe voorspel dat die Bokke met 20 punte gaan verloor, maar was
dit nou nodig om dit te doen? Miskien is hierdiel verloor presies die
regte ding om SA rugby te laat besef dis nie meer onder die top spanne van
die wêreld nie, en as hulle weer daar wil kom sal hulle hul aanslag tot die
sport moet verander.......hulle moet leer rugby is eerstens 'n offensiewe
spel met verdediging 'n byfunksie. Op die oomblik verdedig hulle net en
hoop daar spring foute voort wat hulle kan uitbuit.....a la WP-rugby.
Geagte Lyslede,
Graag net weer U herinner dat die Groep vanaf Topica na YahooGroups
geskuif word a.g.v. probleme met Topica en ook sekere adresse wat nie
deur Topica aanvaar word nie.
Die lys te Yahoo is al oop maar graag vra ek dat U nog net so `n dag
of wat sal gee dat ek alles regkry voordat U enige boodskappe plaas
aangesien ek nog besig is om Foto`s en Boodskappe op Yahoo op te laai
wat deur U afgelaai kan word en waarna U dan kan kyk en luister.
Ek sal ook vandag met Adriaan persoonlik kontak maak om saam met ons
te gesels aangesien hy die regte persoon is wat kwelvrae oor Siener
uit die weg kan ruim.
Baie dankie vir U samewerking.
Boere Groete
Frikkie
Ps:
Indien U nog nie `n uitnodiging gekry het vanaf YahooGroups nie, stuur
slegs `n lee boodskap aan:
Kempton Park. - Die burgemeester van Ekurhuleni, rdl. Duma Nkosi, het
opnuut sy vertroue uitgespreek dat die Johannesburgse Lughawe
eersdaags herdoop sal word tot die O.R. Tambo-lughawe.
Tydens sy openingstoespraak op 'n huldigingsdinee vir die gestorwe
struggle-leier en voormalige ANC-president op 27 Oktober by Caesars,
het Nkosi bygevoeg dat hy ook 'n versoek gaan rig tot die
lughawemaatskappy dat een van die SAL se nuwe vliegtuie ook Tambo se
naam sal dra.
"Ek is daarvan oortuig dat my voorstel vir die naamsverandering van
die lughawe vir die Gautengse en die nasionale regering aanvaarbaar
sal wees," het hy gesê. "Tambo was 'n reus in die vryheidstryd en ons
is vandag, op sy verjaardag, hier om sy groot lewe te vier."
In sy toespraak het mnr. Steve Bullock, die besoekende burgemeester
van Londen se Lewisham-munisipaliteit, gesê Britte het voor 1994 met
ongeloof toegekyk hoe die land se apartheidsnagmerrie ontvou. "Deur
middel van boikotte en petisies het ons probeer doen wat ons kon, maar
ek dink nie ons het ooit besef hoeveel menselewens opgeoffer is en
hoeveel swaarkry daar was nie," het Bullock gesê.
Volgens Bullock vier Britte jaarliks in Oktober swart bewussynsmaand
en kry Britse leerlinge in dié maand die geleentheid om meer te leer
van groot swart leiers soos Nelson Mandela, Oliver Tambo en Martin
Luther King.
"Met my terugkeer na Engeland gaan ek aan leerlinge met trots kan
vertel dat ek die graf van een van die wêreld se grootste swart helde
besoek het," het hy gesê.
In sy toespraak het mnr. Trevor Fowler (gesigfoto), Gautengse LUR vir
beplanning en plaaslike regering, gesê terwyl die ANC leef, kan Oliver
Tambo nie sterf nie.
Nkosi het Oktober tot Tambo-maand verklaar.
Oos-Rand-Beeld verskyn elke Woensdag in die Johannesburg uitgawe van
Beeld. Kry gerus die koerant vir meer opwindende plaaslike: nuus,
vermaak, sport, kuns, sosiale- en skolenuus.
Die Janfiskaal se bors swel uit,
want al wat voël is, vrees.
Hoe heerlik tog wanneer jou buit
jou aansien vir hul Heer te wees.
Die pikswart stertjie wip, hy knip
sy wit minagting op die klip.
Ons het hier nou 'n baie mooie herfs in Vlaandere (sal ook wel so wees
vir die res van Europa).
Sien, hier is vier foto's wat ek gister daarvan geneem het. Ek het
daarvoor nie ver moet gaan nie. Daardie foto's kom slegs van rondom
ons huis. (Almal tesaam slegs 137 kB)
ek hoor gisteraand dat die fancy skool hier in irene, cornwall hill
college, blykbaar die leerlinge verbied of wil verbied om afrikaans op
skoolgronde te praat (seker net in afrikaanse klas as hulle het).
blykbaar het hulle swart maatjie gekla dat hulle dit nie verstaan nie
en hulle dink die boertjies skinder van hulle. dis natuurlik `n major
grondwet oortreding en as dit so is wens ek die ouers vat die lot hof
toe.
Threeships Mcduck
lato di gomma giù, lato lucido in su
www.mothership.co.za