Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Gesigsoorplantings

Di., 18 November 2003 07:11

Glo van dooies na mense met geskende gesigte.

Wie sal jy kies as jy moet?
--
Annette

Gesondheid & boereraat | 2 kommentare

SAA se Voyager

Di., 18 November 2003 06:46

Noseweek is nou al lank besig met mense wat oneindig probleme het as hulle
van die voyager program gebruik maak vir vlugte.
Van besprekeings wat nie bevestig word nie, tot gelde wat onregmatig op 'n
kredietkaart gedebiteer word en korrespondensie wat nie aandag aan gegee
word nie.
In die nuutste uitgawe is daar 'n artikel van 'n persoon wat 21 e-posse
gestuur het om 'n saak uit te klaar, sedert Augustus 2003, en nog steeds is
daar niks uitgeklaar nie.

Iemand van julle wat al met die kroeks te doen gehad het?

--
Annette

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

Toets..........

Di., 18 November 2003 06:36

Annette kan jy dié lees?

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

" Die Here is my herder " deur EVERWYN WESSELS

Di., 18 November 2003 02:46

Everwyn Wessels

Die Here is my herder

Die Here is my herder,
die paplam oppaster,
my Ooslandse, Kannalandse bruinmanskawagter;
hul dra die knopknie papte, lamtyd
amlewe in knop-beenarms ru-saf,
of bladsak, kop-en-pote-blêr-uithang,
oor skurwe kaiingbulte op en af
as jakkals bruintyd hakskeen-naby
kwylbek-honger tjank-huil-uitbars-lag,
en jakkalshonde snuif-snuif, blaas-snuif
op stinkvars doodspoor snuffelsnuf,
pootklap kêf-kêf beueldraai-blaf.

Prosa & poësie | 0 kommentare

Kalendermeisies

Ma., 17 November 2003 14:32

Vanmiddag op sê wie? kon die mense toe hulle ongelukkighied inbel oor die
na-apers van Calender Girls ( fondsinsameling vir leukemie) wat gisteraand
op Carte Blanche so onder die invloed van 'n bottel sjampanje hulle borste
ontbloot het - dit was glo vir 'n fondsinsameling vir borskanker.
Ek wag vir die almanak vir die fondsinsameling vir prostaatkanker;)))

--
Annette

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

46664 - Die konsert

Ma., 17 November 2003 14:31

Julle gelukkige bliks**s daar in die Kaap kry darem 'n konsert wat skrik vir
niks! Julle het natuurlik ook die Smirnoff Comedy Festival met al die goeie
Britse komediante. Anyway, om terug te kom na die 46664 konsert toe. Dis
nou 'n konsert wat in samewerking met MTV se "Staying Alive" gehou word ter
ondersteuning en fondsinsameling vir VIGS navorsing. Groenpunt gaan kook
want groot name soos Anastacia, Bono, Johnny Clegg, The Corss, Eurythmics,
Paul Oakfield, Ladysmith Black Mombaza en Queen het reeds bevestig. Ag wil
een van julle Kapenaars nie gaan kyk en 'n kameratjie insmokkel en dan die
tape/digital movie vir my stuur nie toe?

E

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

Toets

Ma., 17 November 2003 14:09

Steeds probeer ons......

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Toets 2

Ma., 17 November 2003 12:14

Annette, sien jy die ook?

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Toets......

Ma., 17 November 2003 12:13

Annette, sien jy dié?

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

WB Rugby

Ma., 17 November 2003 11:42

Ek was verkeerd met beide wedstryde. Nou hoop ek nie die Souties wen ook
nog die eindstryd nie!

Sport & ontspanning | 0 kommentare

Bladsye (1835): [ «    497  498  499  500  501  502  503  504  505  506  507  508  509  510  511  512    »]
Tyd nou: So. Des. 21 14:26:51 UTC 2025