Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Herman Charles Bosman

Do., 20 November 2003 12:35

"Sentenced to death after an accident in which his brother-in-law was killed
Bosman, aged 21 ..."

Waar het die Bosman's gebly in Yeoville? Waar is daardie brokkie inligting
verkrygbaar?

'n Oulike brokkie nuus vir toerisme ... soos die klokkespel (stil deesdae)
in St Aidan's.

TJ

Webmeester
www.yeoville.co.za

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Wyse Woorde ( engels)

Do., 20 November 2003 11:56

Van 'n vriendin se sig af - die bespreking is oor die homoseksuele
huwelike:

~~~A right without an attendant responsibility is as unreal
> as a sheet of paper which has only one side.~~~
> (Felix Morley)

--
Annette

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Hefer Kommissie

Do., 20 November 2003 08:15

Maharaj & Shaik moet betaal vir die kommissie se onkoste.
Dit het Maharaj 3 dae geneem om te erken dat hy geen grondige bewyse het
dat Ngcuka 'n spioen was nie, en nou is Shaik besig met sy ou koeie - hy het
nou sy storie in 1981 gaan haal en is besig met goed wat eintlik by die WVK
hoort, seker om more ook te erken dat hy geen grondige bewyse ooit gehad het
nie.
--
Annette

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Onthou nog van Aspoestertjie

Do., 20 November 2003 07:49

Eendag lank-lank gelede was daar 'n oulike
pragtige meisietjie Sneeuwykie.Omdat sy 'n
bietjie vasgedruk en geiriteerd gevoel het, het
sy uit geglip en 'n bietjie by Kollonade Sentrum
gaan rond loop en koop.

Toe sy by die warmbrak stalletjie verby loop, sien
sy vir wolf. Natuurlik heeltemal haar melk
weggeskrik en paniek bevange kyk sy rond om 'n
saamry geleentheid te bedel, aangesien sy haar
rok sal vastrap as sy begin weg hardloop en dan
haarself in die proses kan beseer en ontbloot
want sy dra nie onderklere nie. Sy kan dit nie
bekostig nie, want sy behoort nie aan 'n mediese
skema nie want dit is te duur en sy wil ook nie
almal om haar jags maak nie.

Agv haar karakter en geen onderklere nie, kan sy
ook nie haar rok tot bokant die kniee optel nie.
Sy steek toe maar haar vinger uit vir 'n bygaande
motor, maar onttrek toe die vraag te groot geraak
het en daar 'n bokker-op met die traffic geraak
het. Sy maak toe maar gat skoon van wolf af en al
die fans wat begin aftrek het. Wat sy wel nie
weet nie is dat hy eintlik net gekom het vir 'n
haarsny. Dit wys jou 'n mens moet nie paniek
bevange raak nie.

In elk geval, toe sy haar kry, staan sy in die
R5.00 winkel waar Liewe Heksie besig is om ´n
nuwe besem te koop. Haar oue is poerdes merdes
gevlieg. Geld is op na Desember jy weet en Liewe
Heksie is 'n regte slegte straatvrou wat rooi
miere het en orals rondvlieg - nie dat sy 'n fly
by night is nie, sneeuwykie maak nie ander se
probleme hare nie.

Agv die natuurlike oorlewingsinstink gryp sy die
besem by Liewe Heksie, spring op en vlieg weg dat
jy net hare sien waai. Sy kies toe die kortste
pad sommer by die apteek verby. Gryp sommer 'n
hand vol Prozacs vir die senuwees en skree
agterna "Ek sal later die rekening betaal!", want
hulle het haar adres en weet sy het 'n skoon
rekord. Halfpad huis toe begin die besem
oorverhit omdat sy te vinnig gevlieg het. Sy het
nie meters gehad om na te kyk nie, sy het net so
´n warm gevoel tussen die bene gekry, min wetende
dat Liewe Heksie 'n slim meisie is wat vuurvaste
onderklere dra... As dit nie was vir die vibrasie
nie, dan het sy seker dadelik gestop,maar haar
vibrator se batterye is pap en sy't bietjie
lanklaas lekker gekry.

Die besem gee toe so hop skiep en jump, tel 'n mis
op, backfire en daar slaan die hele besem aan die
brand en sneeuwykie het toe mos niks beskerming
nie. En dit is waar Aspoestertjie vandaan kom!!!!

--
Chris

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Dronk ou.....

Do., 20 November 2003 06:13

'n Mooi storietjie is die van op die vakansiedorpie Hentiesbaai hier langs
ons kus. Die gehuggie het mos sy ontstaan gehad in die 1930's toe een ou
toevallig op die riviermonding afgekom het en toe uitgevind het dat daar
geweldig vis in die water was met vars water by 'n fontein in die monding.
Toe't hy en ander ouens sommer 'karkaste' [vroeër jare se ou motors is
sommer in kratte per skip uit die buteland ingevoer] soontoe aangery het en
daarvan huise gemaak het [bungalows].
Soos die jare gevorder het en die mense met meer permanensie
vakansiehuise begin bou het, was daar vir lank nie elektrisiteits of
rioolvoorsiening op die dorp nie. Elke man het sy eie 'generator' gehad
[as hy nie net wil kers en lamp nie] en elke huis het sy buitetoilet gehad
waar jy in 'n emmer gekorrel het wat hulle darem met 'n jamlorrie gereeld
kom leegmaak het.
Dit net as agtergrond. Ou Koos kon lekker dop en hy het elke aand na
die hoteltjie gegaan en daar gaan goed kuier en sy vrou was kinderlik
ongelukkig met hom daaroor. Dié aand was Koos ekstra ingesout want hy't 'n
klomp ou pelle in die kroeg ontmoet en hy strompel huistoe. Toe hy in die
kamer kom, toe is daai vrou van hom lekker bemoerd en lê op haar rug in die
bed en loer vir hom onder kwaai wenkbroue uit. Koos besluit dis nou die
tyd om 'pose' te hou en hy trek versigtig uit en klim in sy kant van die
bed. Hy vat 'n tydskrif en hou dit voor sy gesig en maak asof hy lees.
Die volgende oomblik vrek die 'generator' in die buitekamer toe sy brandstof
opraak en dis skielik stikdonker.
"O fok," gil Koos terwyl hy sy hand voor sy gesig hou en dit probeer
sien. "Ek het blind geword. Sarie? Sarie!! Jy moet my help!"
Sy kon dit nie meer hou nie en begin lag. "Aag jou ou dronk drek, slaap
tog liewer. Dis die generator wat gevrek het.
Sy giggel steeds as sy die storie vertel. Sy sê dit was maklik 'n vyf
minute later toe sy so 'n sagte 'dankie tog' van sy kant van die bed uit die
donker gehoor het!

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

" Sproeireën " deur D.J. OPPERMAN

Wo., 19 November 2003 22:32

D.J. Opperman

Sproeireën

My nooi is in 'n nartjie,
my ouma in kaneel,
daar's iemand... iemand in anys,
daar's 'n vrou in elke geur!

As ek 'n stukkie nartjieskil
tussen my vingers buig of knak,
breek uit die klein sproeireën
wat geurend om my hand uitsak,
die boorde weer van Swartfoloos
en met die nartjies om my heen
weet ek hoe dat 'n vrou kan troos.

O my nooi is in 'n nartjie,
my ouma in kaneel,
daar's iemand . iemand in anys,
daar's 'n vrou in elke geur!

Prosa & poësie | 0 kommentare

Re: Germany spends millions to upgrade Luderitz Harbour

Wo., 19 November 2003 19:47

"Frikkie Potgieter" wrote

> Luderitz digs deep to meet sea change in port demands

Frikkie Potgieter, rsaboy, brenger van die
Rooitaal, oorsaak van die moord op Afrikaans,
hanskakie.

Tant Hessie van die Derde Republiek

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Siener en die droogte voor die oorlog

Wo., 19 November 2003 19:09

Die visioen: "The Seer said: Parliament is in session when trouble
starts here and there is drought in our country—a devastating
drought. I see merino rams.(cabinet) in session with their heads put
together, as there are extremely urgent matters to be discussed."

'n Ander visioen sluit hierby aan:
Our Parliament is in session. It has rained and the grass is green;
then it becomes white and dry, and when the grass becomes green the
second time, the Germans will land in German West. Then three blue
letters arrive in Parliament. The merino rams (Ministers and/or
cabinet members) stand with their heads together, planning and
legislating. When the first blue letter arrives, the merinos be­come
shifty. A second blue letter arrives and they begin jumping around
and with the third blue letter they scatter and flee from the Cape. I
see the MP's rushing home, as they now appear as wild muscovy ducks"

As jy hieronder kyk, sal jy sien ons het tans die grootste droogte in
die laaste eeu. Die parlement is tans in sitting, net na die eerste
reens van die seisoen, het Duitsland in ons politiek begin inmeng,
ons ministers sit tans met hulle hande in die hare, weens die hele
storie met Mac Maharaj, Jacob Zuma en Shabeer Shaik en die
wapenskandaal, dan is Mac Maharaj, Mo Shaik en Bulelani Nguka
betrokke by die Hefer kommissie om te bewys dat hy 'n Apartheid
spioen was, of nie.. ****

October 14, 2003
SOUTH AFRICA FACES WORST DROUGHT IN 100 YEARS

With half of the country in the grip of a severe drought,
forecasters have warned that the biggest drought disaster in 100
years might be looming. This has put the spotlight on invasive
alien vegetation, which consumes seven per cent of South
Africa's water. Invasive alien plants destroy usable land,
outmuscle naturally-occurring flora and fauna, consume precious
water resources and aggravate poverty. It is estimated that 24
million acres (10 million hectares) of South Africa's land
surface are currently affected - spreading at a rate of five
percent a year. According to research published last week
(ends10OCT03) using satellite imagery to generate vegetation
maps - indicating areas of drought - the country is presently
experiencing drought conditions over most of the summer rainfall
regions.

Posted by MrDee at October 14, 2003 03:58 PM | TrackBack

http://www.platinum-celebs.com/environment/news/004465.html

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Siener en Kadir Asmal

Wo., 19 November 2003 19:06

**Siener het gesê, dat net voor die oorlog, sal ons taal wegkwyn en
daar sal niks wees wat ons kan doen om dit te stop nie. Hy het ook
gesê dat opstande sal begin en proteste sal plaasvind. Kyk bietjie
hoeveel optogte word deur Afrikaner instansies ens beplan.. en kyk na
hierdie artikel hier onder, oor Kadir Asmal en ons taal.. ***

Pretoria - The new subsidy formula for higher education facilities
appears to be the final nail in the coffin for institutions offering
Afrikaans in a dual- or parallel-medium environment, say experts.

According to these experts, the department of education's proposed
formula, which is expected to be unveiled soon, could hit historically
Afrikaans higher education facilities the hardest.

The administration of a multilingual policy at universities will be
extremely difficult to maintain if subsidies are cut further, Beeld
newspaper was told on Monday.

This is a complete contradiction to what Education Minister Kader Asmal
said when he announced the language policy for higher education.

The new formula apparently makes no provision for institutions to offer
additional resources to encourage students to learn other languages.

Could take years getting used to new formula

Asmal is expected to announce the new subsidy framework later this
week.

According to sources, the new formula will hinge on the number of
students applying to individual institutions, the number of graduates
and the research categories that are offered.

One expert at a higher education centre - which is earmarked to get
millions less in subsidies - said it could take institutions up to
three years to get used to the new formula.

He said these facilities would have to think of innovative ways to cut
costs.

Possible solutions would be to increase student fees, the scaling down
of language departments as well as staff cuts.

Piyushi Kotecha, executive head of the South African universities'
vice-chancellors association, said the higher-education sector was
waiting for the announcement of the formula, but that it was not yet
clear what effect it would have on these institutions.

http://www.news24.com/CNP/Frontend/Web/cnpWebNews24Article/0 ,,66-1442-1446777,00.html

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Oom Manie se Geveg

Wo., 19 November 2003 18:32

Manie Maritz (79) eertydse stoeier, het bebloed en met etlike kneus- en
krapmerke verklaar dat sy stoeigeveg teen 'n volstruismannetjie gelykop was.
Blykbaar was hy in die kamp toe die volstruismannetjie nie gelukkig was met
sy teenwoordigheid nie. Oom Manie het nie van die dreigende houding van die
volstruis gehou nie, 'n stoeiposisie ingeneem en sy teenstander getakel.
--
Annette

Koeitjies & kalfies | 10 kommentare

Bladsye (1835): [ «    495  496  497  498  499  500  501  502  503  504  505  506  507  508  509  510    »]
Tyd nou: Sa. Des. 20 18:35:30 UTC 2025