Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » TV, flieks & vermaak » Fliek - The Passion of Christ
Fliek - The Passion of Christ [boodskap #87334] Do, 20 November 2003 12:38 na volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Dis Mel Gibson se nuutste en al die slegte (en goeie) publisiteit en die
wilde storm wat om die fliek losgebars het gaan veroorsaak dat oom Mel al
die pad bank toe lag. Die hele fliek draai om die laaste paar uur van Jesus
se lewe, en is in Aramaic (weetie wat's die Afrikaans daarvoor nie) geskiet
en sal Engelse onderskrifte hê.

Die ding is nou skreeu die Jode dis "Anti-Semitic" omdat die fliek (dit lyk
baie goed btw), glo die boodskap oordra dat die die Jode "verantwoordelik"
is vir Jesus se dood. Blykbaar sê die Jode die fliek wakker haat teenoor
hulle aan. Nou wil ek net weet, hoekom skreeu die Jode nou eweskielik teen
sulke flieks hoekom het hulle nie geskreeu teen aaaalllll die ander flieks
wat gemaak is oor Jesus nie. Hoekom skreeu hulle nie teen Die Bybel soos
ons dit ken nie, dieselfde storie word tog 4 keer in Die Bybel vertel?

Gaan download die trailer by
http://www.themoviebox.net/movies/2004/NOPQR/Passion_The/tra iler-page.html,
maar wees gewaarksu die trailer is skokkend en baie getrou. Die "mooi"
prentjies in die ander flieks met Jesus wat net 'n "bietjie" bloei bestaan
nie in hierdie fliek nie. "Jesus" se oë is blougeslaan, sy lyf is vol bloed
en hale van die sweep, een van die beelde is 'n bloedstreep in die straat
waar Jesus geloop het toe Hy sy kruis moes dra. Dis baie, baie erg en ek
dink dit gaan ons uiteindelik laat besef deur watse hel Jesus regtig gegaan
het voor sy dood.

Groete
Elaine
Re: Fliek - The Passion of Christ [boodskap #87335 is 'n antwoord op boodskap #87334] Do, 20 November 2003 12:52 Na vorige boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
O ja, julle sal "quicktime" nodig hê om na die trailer te kyk - gaan
download by www.apple.com.

E

"Elaine" wrote:
>
> Gaan download die trailer by
>
http://www.themoviebox.net/movies/2004/NOPQR/Passion_The/tra iler-page.html,
> maar wees gewaarksu die trailer is skokkend en baie getrou.
Vorige onderwerp: Die Swakste Verskoning
Volgende onderwerp: Larence of Arabia
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Apr 20 09:19:35 MGT 2024