Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Soek 'n ou bekende SA Grapboek

So., 23 November 2003 15:48

Is daar miskien iemand hier met 'n kopie van Richard Fick se *Groot Grap Boek*
en is bereid om dit te verkoop? ePos asseblief as u wel 'n kopie daarvan het.
Dankie!
Colin

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Ek word swartmens..

So., 23 November 2003 14:32

'n Goei dag elkeen!

Gister gesien op die Vlaamse televisie: 'n sommer terloopse
toeristiese uitsending oor Afrika.. Dit was in Kenia en daar was 'n
Masai wat gesê het:"Onder ons, swartmense, is baie wat skool toe
gegaan het, selfs universiteit.. Maar hulle het almal teruggekeer na
die stam en hulle lewe nou verder met die stam!.."
Merkwaardig tog, nè? Hulle laat geld en 'n carrière val vir 'n simpel
lewe met hulle eie mense!! Hm.., hierdie laat my dink 'n lewensstyl
soos wat baie swartmense handhaaf het miskien wel sy voordele!?
Ek oorweeg nou om te emigreer na Afrika en lid te word van een of
andere stam van swartmense. Sal ek dan miskien 'n baie rustiger lewe
lei as wat ek nou doen! Die witmense is almal veels te veel modern
eintlik!

Groete uit Vlaandere,

Norbert

Koeitjies & kalfies | 17 kommentare

Re: Mandela's call after the Soweto uprising of 1976

So., 23 November 2003 13:13

Frikkie Potgieter wrote

> This message was Mandela's call after the Soweto uprising of 1976. It
> was published by the ANC on 10 June 1980, with an introduction by O R
> Tambo, President of the ANC at the time.

Frikkie, my dier. Is jy nou ook lid van die
ANC? Anders hoekom sit jy hierdie mooi
logiese en goed bewoorde argument van die
ANC teen die wit diktatorskap van apartheid
op hierdie nuusgroep?
In alle geval, Frikkie, jy ondermyn Afrikaans.
Wat is jou agenda? Selfs die ANC is beter
gesind teenoor Afrikaans as jy. Jy roei dit
eenvoudig net uit. Wat het jy teen Afrikaans?

Penkop van die Derde Republiek

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

" ek staan op 'n moerse rots " deur ANTJIE KROG

Sa., 22 November 2003 22:51

Antjie Krog

ek staan op 'n moerse rots

ek staan op 'n moerse rots langs die see by Paternoster
die see slat slingers in die lug
liggroen skuim
onverskrokke kyk ek elke donnerse brander
in sy gut voor hy breek
die rots sidder onder my sole
my bo-beenspiere bult
my bekken smyt die aangeleerde gelate knak uit haar uit
se moer ek is rots ek is klip ek is duin
helder sing my tiete 'n koperklepgeluid
my hande pak Moordbaai en Bekbaai
my arms skeur ekstaties bo my kop:
ek is
ek is
die here hoor my
'n vry fokken vrou

Prosa & poësie | 12 kommentare

Re: News article - What happens after Mandela?

Sa., 22 November 2003 13:56

"DD" wrote

> then, of course, Frikkie will be discussing the new names again:-)

En hanskakie Frikkie sal so bly wees dat julle Afrikaners
almal op hierdie Afrikaanse nuusgroep in Engels sit en skryf.
Hoekom is julle Afrikaners in SA, veral as julle nogal regse
politieke neigings het, so gewillig om in Engels julle gesprekke
te voer, terwyl julle almal duidelik Afrikaners is?

Gloudina

Koeitjies & kalfies | 5 kommentare

Antje Krog

Sa., 22 November 2003 08:22

MA

Ma, ek skryf vir jou 'n gedig

sonder fênsie leestekens

sonder woorde wat rym

net sommer

'n kaalvoet gedig -

want jy maak my groot

in jou krom klein handjies

jy beitel my met jou swart oë

en spits woorde

jy draai jou leiklip kop

jy lag en breek my tente op

maar jy offer my elke aand

vir jou Here God

jou moesie-oor is my enigste telefoon

jou huis my enigste bybel

jou naam my breekwater teen die lewe

ek is so jammer mamma

dat ek nie is

wat ek graag vir jou wil wees nie.

Anna Elizabeth Krog, digter, skrywer en joernalis, is Vrydag, 19 Junie 2002,
in die ouderdom van 50 aan 'n beroerte in Kaapstad oorlede.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

" Maar nog jonk " deur DONALD RIEKERT

Vr., 21 November 2003 16:49

        Donald W. Riekert

                       Maar nog jonk

Ma was nog jonk
sommer nog jonk in die bloed
toe die kanker rooi
voëlent in haar blom
Haar vingers het in maerte
die vat laat los
maar haar hart het teëgeskop
soos rooi aalwyn se blom
in droëntyd reën laat kom
Die dag toe sy kortkom
teen die laaste asem
was daar water in haar hand
toe ek haar vir laaste groet

Prosa & poësie | 0 kommentare

Die banke is mal!

Vr., 21 November 2003 12:34

Ek kry vandag 'n brief waarin gesê word die een besigheid se 'overdraft'
fasiliteit is vir die nuwe jaar heroorweeg en alhoewel dit eintlik nie
gebruik word nie, word die limiet dieselfde gehou en vir hierdie diens, looi
hulle jou R500 se bankkoste! Dit grens aan die belaglike. As hulle geld
uitleen, dan vra hulle rente en selfs daai retekoers word deur die wet
beskerm en groei en krimp saam met die bankkoers, maar verloor, die sal
hulle nie. Wat het hierdie ou vir sy R500 gedoen? 'n Enkele
handtekening van bevestiging? Dalk het hy darem deur die besigheid se
bankstaat gekyk en gesien dis darem nog meermale in die swart? G'n bleddie
wonder die banke het sulke wilde geboue en borg alle soorte van sport en
dinge nie. Hulle word skatryk uit stront uit. As ek my geld inbetaal by
hulle om rente op te maak, dan betaal ek. Trek ek daarvan, dan betaal ek
w��r!!!

Ekonomie & geldsake | 18 kommentare

Die rugby môre....

Vr., 21 November 2003 07:31

Wie gaan die WB wen? Ek sou hou daarvan dat die Australiërs wen maar al my
keuses het vanjaar verloor, so ek skat die bleekbene gaan dit dalk maak?
Droewige dag!

Sport & ontspanning | 4 kommentare

Gholf op George

Vr., 21 November 2003 04:15

Ek hoor daar is so 'n groot gholftoernooi op George.
Selfs die ma en pa van Georgie Porgie is daar. Het
enigiemand gaan kyk?

Gloudina

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Bladsye (1835): [ «    494  495  496  497  498  499  500  501  502  503  504  505  506  507  508  509    »]
Tyd nou: Do. Des. 25 11:32:59 UTC 2025