Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Re: Long Queues At US Drive-In Soup Kitchens

Ma., 24 November 2003 23:12

Frikkie Potgieter * Tomorrow: The chronic health crisis facing America's[/color]
> poor and uninsured

So nou gee die rsaboy vir ons op hierdie AFRIKAANSE
nuusgroep nuus oor die VSA op Engels.

Penkop op kommando

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

Wat is jou porn-ster naam?

Ma., 24 November 2003 14:05

Dis glo 'n ongeskrewe reel by die werklike porn-"sterre" om hul skuilnaam
saam te stel uit hul hul eerste hond se naam en hul ma se van.

Spokie Marais klink nie vir my baie eroties nie;)))

Maar ek het nog meer simpatie vir die arme porn-ster man met die naam Fifi
McLaren of die vrou met die naam Blixum van Staden:)))

Koeitjies & kalfies | 7 kommentare

M&M Satire

Ma., 24 November 2003 09:11

1) Noudat Mo vertel het dat hy die inligting aan die verslaggewer gegee het,
beteken dit dat sy vrees dat hy haar om die lewe sou bring as sy sou getuig
van wie sy die inligting ontvang het?

2) Mo het nou glo erken dat hy R40 000 aan die polisieman wat kon moor in
opdrag betaal het om "bewyse" te kry dat Ngcuka 'n spioen was. Nou DIT is
lekker geld maak - want teen wat is hierdie "bewyse" getoets?

3) Die vraag wat nog steeds nie beantwoord is nie, is hoekom hy in 2001 'n
nuwe verslag sou saamgestel het van die feite wat seder 1988 in sy besit
was.
Ooooeeeee - in ons land van beloofde deursigtigheid - ek wonder wie die
ander 887 ANC lede is wat van spioenasie verdink word.

--
Annette

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Staatspensioenfondse

Ma., 24 November 2003 08:11

Hier by ons in Namibië is die regering besig om die Staatspenioenfonds te
verkrag dat dit iets snaaks is. Die algemene beginsel is tog sekerlik dat
die geld die eiendom van die amptenare is [in hul private hoedanigheid] en
dat die regering dit net vir hulle bestuur tot voordeel van die fonds?
Direk na die Swapo regering aan bewind gekom het, is geld uit die fonds
begin uitleen om privaatprojekte aan te pak en jaar na jaar kry die fonds
pak omdat die leners nie die verwagte dividende haal nie. Meer onlangs is
amper 10 miljoen geleen aan 'n maatskappy wat werkswinkels in die noorde van
Namibië sou oprig om vragmotors te versien en die hele spul geld is in die
toilet af en niemand kan 'n bewys lewer van waar dit is nie. Daar is
Casinos gebou met pensioengeld in Swakopmund en Windhoek, en elke keer kry
die pensioenfonds pak as dinge nie werk nie.
Die een feit is dat al die leners of lede van Swapo is of maatskappye
waarin die party 'n aandeel het ['n wit sakeman sal nie 'n sent van die
fonds kan leen nie ongeag van die moontlikheid dat hy dalk die lening sal
kan terugbetaal] en 'n ander is dat dit wil voorkom of die fonds aangewend
word tot die ekonomiese bemagtiging van Swapo lede met twyfelagtige
resultate want dit lyk nie juis of die projekte vir die fonds enige winste
bring nie.

Ekonomie & geldsake | 4 kommentare

Ons en hulle

Ma., 24 November 2003 08:07

Die debatte rondom die wat besluit het om te bly die wat besluit het om te
gly woed nog steeds voort in tydskrifte en koerante
Wat ek graag insette van sou wou sien is van die wat gegly het, en terug
gekom het - of hulle liewers weer wil terug gaan.

Hierdie naweek, toe ek rugby kyk in my lekker koel woonstel, terwyl dit
snikheetwarm buite is, en dit daar in Oz reën, en dit nie lyk of dit warm
daar is nie, en daarna na die gholf by Fancourt, met insetsels van hoe mooi
en lekker dit hier is, toe weet ek nogeens dat ek net hier sal bly. Ek het
die daaglikse adrenalien van die lewe hier nodig.

Ek lees juis dat die vigsverskriktes nou besluit het dat om 'n ouer (wit)
vrou te verkrag, hulle definitief van hul siekte sal genees. Ek gaan nêrens
heen sonder my neutkraker nie;))

--
Annette

Koeitjies & kalfies | 10 kommentare

Rugby: Staaldraad

Ma., 24 November 2003 07:58

Het die Sondagpers darem nie 'n fees met dié onderwerp nie? Mens kan seker
verstaan dat daar alle soorte van redes gesoek word vir die Bokke se swak
vertoning in die WB nie, maar om 'n spanbouoefening van 4 dae uit te lig as
een van die redes vir swak prestasie, is 'n soeke na publisiteit deur dese
en gene wat daarvan hou om sy naam en gesig lig te gee in die pers en op TV.
Dis darem net snaaks dat een en elke 'kenner' die oefenig veroordeel, maar
die spelers self vind dit 'n nodige ondervinding. Een om te onthou in die
toekoms.
Miskien moet al hierdie sogenaamde kenners eerder hul grys selle fokus
op die SA rugbyspeler self. Daar was in elk geval nie eers 'n geringe kans
dat die Bokke die WB sou wen nie en geen enkele Bok was goed genoeg om eers
in die top vyf spanne van die wêreld 'n plek te haal nie! Waarmee wou
hulle die WB wen? Hou op om enkele wonderwerke te soek en stel vas WAAROM
is ons spelers in al die posisies nie meer goed genoeg nie? Begin by die
eindpunt en werk dan terug en maak alles reg wat verkeerd is.....

Sport & ontspanning | 26 kommentare

Ruby....droewige dag!

Ma., 24 November 2003 05:53

Dat die Souties nou die wêreldkampioene is, is 'n moelike ding om te sluk,
maar gee hulle die eer......hulle het gedoen presies wat nodig is om die
beker te wen. Mens wonder nou net of al die sodanige kenners van rugby
wat oral storie dat jy niks kan bereik met 10-man rugby teen die moderne
manier van speel nie, hulleself altyd lekker hoor en dink wat hulle sê?

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Frikkie

Ma., 24 November 2003 03:56

Frikkie - jy skaad onse Afrikaners en Boere wanneer jy op die nuusgroep
vloek. Wanneer jy vloek haal jy jouself "onmiddelik" uit die game uit - dis
soos 'n ou wat 'n rooikaart openlik soek.

Koeitjies & kalfies | 17 kommentare

Opvallend

So., 23 November 2003 17:15

Goei dag elkeen!

Dis tog baie opvallend op hierdie nuusgroep: dis Vrydagaand en ineens
kom hier niemand meer nie. Ook Saterdag nie en ook nie Sondag nie.
Ja, hoogstens 'n uitsondering soos Suidwester en ek self. Dis naweek
en niemand uit SA het nog behoefte om hier 'n berig te plaas nie. Ek
verstaan nie hoekom.
Weet julle wat ek dink? Ek dink hier is 'n klomp mense wat eintlik nie
wil praat oor die kultuur van Suid-Afrika nie. Wat wil hulle dan wel?
Hulle wil slegs permanent aanwesig wees gedurende die week om sodoende
'n bekendheid op te bou en die ernstige lesers 'n bietjie besig te
hou. Sodoende maak hulle 'n bedekte publisiteit vir hulle sake.
Sou hulle miskien van die assuransiemaatskappye wees? Of van die
bankwese? Ek dink hulle is en hulle maak misbruik van hierdie
nuusgroep.

Groete uit Vlaandere

Norbert

Koeitjies & kalfies | 21 kommentare

Soek 'n ou bekende SA Grapboek

So., 23 November 2003 15:48

Is daar miskien iemand hier met 'n kopie van Richard Fick se *Groot Grap Boek*
en is bereid om dit te verkoop? ePos asseblief as u wel 'n kopie daarvan het.
Dankie!
Colin

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Bladsye (1835): [ «    493  494  495  496  497  498  499  500  501  502  503  504  505  506  507  508    »]
Tyd nou: Ma. Des. 22 03:09:39 UTC 2025