Is daar nog mense in Grahamstad?
Wo., 26 November 2003 13:05
Deesdae kan mens nêrens hier in die Kaap ry sonder om nie ten minste twee
voertuie per dag met 'n CF registrasie te sien nie.
Ek hanteer daardie voertuie met dieselfde "respek" as die minibus-taxi's -
laat hulle maar voor my kom en wegkom van my motor af.
--
Annette
Koeitjies & kalfies |
6 kommentare
Sokkietreffers No 6
Wo., 26 November 2003 10:17
By die aankoop van bg kry mens 'n Bonus CD genaamd Party Mix:
Onder andere 'n paar saamsingkerstreffers - sing lekker ritmies saam Stille
Nag op 'n vinnige quick-step
--
Annette
Musiek & liriek |
7 kommentare
Droogtehulp en bedel.....
Wo., 26 November 2003 09:56
Goudina se 'idole' het hulle hierdiekeer self oortref! Namibië bevind
homself in 'n droogte en van die mense in kommunale gebiede trek swaar.
Toe besluit ons eerste minister Gurirab dat dit nou tyd vir die buiteland is
om weer hulle kant te bring en gaan soebat vir R127 miljoen se droogtehulp.
Sy uiteensetting vir sy versoek was dat R24m benodig word vir mense wat op
die randjie van hongersnood lê en R45m wat benodig word vir die
administratiewe funksie om die kos onder die mense te versprei!
Dis verstom mens om dit te lees, maar wat is nuut in Afrika? Die
blanke kommersiële boere het besluit om elkeen 'n bees te skenk [R3000 stuk]
en so het hulle gou oor die R1m bymekaargemaak vir droogtehulp aan
behoewende mense. Nog wag ons vir 'n enkel skenking van enige van die
swart 'bemangtiges' in ons land om 'n skenking te maak. Sam Nujoma het 7
plase homself. Net so het Swapo lede aan hulleself viskonsessies en
mynregte toegeken en maak vir hulleself miljoene. Die parlementslede se
salarisse is buitensporig hoog in vergelyking met ons land se lae
inwonerstalle. Die staatsdiens het verviergroot onder Swapo beheer. Mens
sou dink dat die regeringsamptenare darem 'n poging sou aanwend om aan te
bied om die droogtehulp se kos te versprei aan die behoeftige mense?
Hoekom moet hulle betaal word daarvoor? Is dit dan nie hul broeders in die
stryd wat ly nie? Dís nou Gloudina se Utopia!
Koeitjies & kalfies |
14 kommentare
Doem Profeet Frikkie
Wo., 26 November 2003 07:52
Wat haak met al die negatiewe publisiteit oor SA daar moet tog positiewe
dinge wees as jy alles so wil uitkryt wat hier gebeur Frikkie dan is hier 'n
50c in die blikkie vir jou air ticket uit SA. Jinne man daar is baie goeie
dinge oor ons land! Ek glo in ander lande gebeur dieselfde maar hulle
burgers maak nie hul eie land so swak nie.
Jan van Kakkamas doer by Akkedisbult
Koeitjies & kalfies |
11 kommentare
Droogtehulp en bedel
Wo., 26 November 2003 07:52
Gloudina se idole het hulle hierdie keer self oortref! Namibië bevind hom
in 'n droogte en mense in die kommunale gebiede is besig om swaar te trek.
Toe besluit ons Eerste Minister Gurirab dat dit nou tyd vir die buiteland is
om hulle kant te bring en gaan soebat vir R127 miljoen se droogtehulp. Sy
uiteensetting vir die versoek was dat R24m benodig word vir mense wat op die
randjie van hongersnood lê en R45m wat benodig word vir die administratiewe
funksie om die kos onder die mense te versprei! Dit verstom mens om dit te
lees, maar wat is nuut in Afrika? Die blanke kommersiële boere het besluit
om elkeen 'n bees te skenk en so het hulle oor 'n R1 miljoen bymekaargemaak
vir droogtehulp aan hulpbehoewende mense. Nog wag ons vir 'n enkele
skenking van enige van die swart bemagtiges in ons land om 'n skenking te
maak. Sam Nujoma besit 7 plase homself. Net so het Swapo lede aan
hulleself viskonsessies en mynregte toegeken en maak vir hulleself miljoene.
Die parlementslede se salarisse is buitensporig hoog in vergelyking met 'n
land soos Nam se inwonerstalle. Die staatsdiens het verviergroot onder
Swapo beheer. Mens sou nou dink dat die regeringsamptenare darem 'n poging
sou aanwend om aan te bied om die droogtehulp se kos te versprei aan die
behoeftige mense? Hoekom moet hulle betaal word daarvoor? D�s nou
Gloudina se Utopia!
Koeitjies & kalfies |
0 kommentare
Kerskonsert
Wo., 26 November 2003 05:57
Ons tree op in die kerskonsert op 30 November in die Groote Kerk - om 6nm.
Ek kan nie instaan vir die gehalte van die sang nie, want dit is nie net ons
wat gaan sing nie - maar ek dink daar gaan genoeg ( onbedoelde) komiese
oomblikke wees om mense mag lank na die tyd sal laat giggel:))
--
Annette
Koeitjies & kalfies |
1 kommentaar
Re: Slavery Reparations ......by Fred Reed
Wo., 26 November 2003 02:05
Frikkie Potgieter wrote
> For those of you unfamiliar with Fred Reed, he's a police reporter for
> one of the large Washington newspapers.
So hier is ons rsaboy besig om vir ons te
indoktrineer oor die Amerikaanse kultuur,
en dit in Engels op 'n Afrikaanse nuusgroep.
Penkop op kommando
Koeitjies & kalfies |
1 kommentaar
Dit baan die weg vir vervolging
Wo., 26 November 2003 00:58
NUUSKOMMENTAAR: Donderdag 20 November 2003
Dit baan die weg vir vervolging
Onderwysminister Kader Asmal se godsdiensbeleid vir skole word deur
homself en diegene wat hom ondersteun in die mooiste voeë gelê. En
onder sy geesdriftigste ondersteuners is sekere dosente aan Unisa se
departement godsdienswetenskap.
Van hulle soos dr Chrissie Steyn en prof Kobus Kruger is opgewonde oor
die beleid. Die voorgestelde vergelykende godsdiensonderrig is die
soort studie waarmee hulle hulleself besig hou en wat sommige teoloë
reeds op 'n weg van dwaallering gevoer het.
Omdat hulle egter deel van die beleidmakende proses is, kan aanvaar
word dat wat hulle daaroor verklaar 'n korrekte weergawe is van wat
Asmal beoog.
Steyn het in 'n onderhoud met 'n dagblad onder meer gesê
waarheidsaansprake deur verskillende geloofsgroepe sal nie deel van
die lesse kan wees nie. Kruger het daaraan toegevoeg dat die
godsdiensbeleid bewus is van die "nuwe era" waar geen geloof 'n ander
oorheers nie.
Hier het ons dus nie net die kern van die dwaalleer nie, maar ook 'n
onthulling van wat kinders wat die Christelike geloof bely, te wagte
kan wees.
Christus self het twee sake baie duidelik gestel, naamlik dat niemand
na die Vader kom behalwe deur Hom nie, dat hy die enigste weg tot die
lewe en saligheid is; en dat die Christen 'n opdrag het om die
evangelie te verkondig, insluitend die voorgenoemde waarheid.
Ons moet aanvaar dat die voornoemde beleidstellings afdwingbaar
gemaak sal word.
Wat sal nou gebeur as 'n leerling in die klas opstaan en sy
Christelike geloof bely soos deur Jesus self gestel? Hy stel dan
natuurlik die Christelike geloof bo alle ander, soos dit hoort. Hy
maak 'n waarheidsaanspraak wat volgens Steyn nie toelaatbaar is nie.
En hy verkondig met die doel om te bekeer wat ook ontoelaatbaar is.
Beteken dit dat so 'n leerling dan ook 'n wetsoortreding begaan? Dan
word sy geloofsbelydenis mos gekriminaliseer. En dit beteken niks
minder nie as vervolging van Christene en 'n wegdoen met
geloofsvryheid soos in die Grondwet bepaal.
En so, op 'n sluwe manier, beland Suid-Afrika dan op dieselfde weg as
Moslemlande soos Saoedi-Arabië en Pakistan waar Christene met die wet
vervolg word.
Van ons Afrikaanse kerke het reeds die Belharbelydenis aanvaar en duld
dwaalleraars in hulle midde. Gaan hulle hulle ook die Asmalitiese
bepalings vir godsdiensstudie op skole ewe gedwee laat welgeval?
Miljoene van Suid-Afrika se mense behoort tot die Christelike geloof.
Gaan ons kerke toelaat dat Asmal en sy apostels hulle vet om die oë
smeer?
Dit durf tog nie
Bron: Artikel deur Katbosch op Praag 22 Nov 2003
Koeitjies & kalfies |
6 kommentare
Sonsondergang
Di., 25 November 2003 18:34
Ek is baie jaloers van my Suidafrikaanse vriende: hulle het hou sonlig
en mooi dae en dis baie warm in SA. Moet eens hier loer: ek het hier
'n komposisie gemaak van 'n sonsondergang vandag hier in Vlaandere
vanuit 'n venster hier agter die huis en ek het hierop 'n blaai van
die skeurkalender vasgekleef. Moet loer na die besonderhede: dis nou 8
°C buite en die son kom op om 8.13 u en gaan onder om 16.45 u. Dus die
dag is slegs 8u en 32 minute lang. Rond 21 Desember sal dit nog baie
korter wees! (Ek het hierdie foto vannamiddag geneem om 16.25 u).
Daarom is dit my stelling dat julle voorouers eintlik nie van hier
weggegaan het vir godsdiensredes nie. Hulle het gewoon reumatiek gehad
en kouelik gevoel en hulle het daarom gesê: ons gaan suide toe!
http://users.skynet.be/norbert_van_damme/prentjes/Slagmaand. jpg
(Hierdie foto het 139 kB)
Groete uit Vlaandere,
Norbert
Reis & vakansie |
4 kommentare