The Bond van Boerekrygsgevangenes (League of Boer Prisoners of War) on
Thursday said it would complain to the International Committee of the
Red Cross (ICRC) about the conditions under which a 1994 bomb planter
was being held.
Dries Kriel, a leader of the Christiana, North West Province-based
organisation, said Cliffie Barnard, jailed for life in 1997 in
connection with a series of bomb blasts before and after the first
democratic elections in April 1994, was regularly tortured and
assaulted by warders.
Barnard was recently transferred from the Pretoria local prison to the
super-maximum security C-Max prison within the Pretoria Central Prison
complex.
In a copy of a letter addressed to the ICRC, received in Johannesburg,
Kriel alleged that it was "well known that white prisoners in phase 1
of C-Max prison are locked up in darkness and solitude for 24 hours a
day and are starving by lack of food (sic)."
It was 'well known that white prisoners are locked up in darkness'
He added that it was not known why Barnard had been moved and that the
department of correctional services was refusing to explain.
The department could not immediately comment on the allegations.
Spokesperson Luzuko Jacobs undertook to respond on Friday.
Afrikanerweerstandsbeweging leader Eugene Terre'Blanche was earlier
this month convicted on five counts of terrorism related to some of
the bombings carried out by Barnard and Abraham "Koper" Myburgh.
Myburgh is also serving a life sentence.
Kriel could not be reached at either of the numbers provided to
clarify when the letter was sent to the ICRC or how many "Boer
prisoners of war" he believed were in South African jails.
His organisation believes Barnard and others who opposed South
Africa's transition to democracy were entitled to prisoner of war
status. The ICRC normally intercedes on behalf of POWs captured and
held by warring states.
Kriel's organisation has in the past been associated with the South
African League of Former Police, Soldiers and Officials, and the Wit
Wolwe, led by pardoned mass-murderer Barend Strydom.
Kriel last November claimed his group was part of the Boeremag.
Twenty-two Boeremag members are currently on trial before the Pretoria
High Court for plotting a rightwing coup d'etat.
They face 42 charges ranging from murder and attempted murder to
treason, terrorism, sabotage, and arms and explosives violations. All
are being held at C-Max. - Sapa
"Genoeg is genoeg!" was die reaksie van me. Lynne Vince-Jillings nadat
haar twintigjarige seun, Ivanne, op 22 Junie in Edenvale gekaap en
doodgeskiet is. Sy het 'n veldtog begin om Suid-Afrikaners te verenig
in die stryd teen misdaad.
Sy het die inisiatief geneem om AL-IVE te stig wat 'n veldtog loods om
druk op die regering uit te oefen om die misdaadgolf in Suid-Afrika te
stuit. Die doel van AL-IVE is om die publiek te mobiliseer teen
misdaad. 'n Protesoptog word vir 30 November in Johannesburg beplan.
Vince-Jillings dring aan dat president Mbeki self daar teenwoordig
moet wees om 'n protesmemorandum te ontvang. As president Mbeki weier
om aandag te gee aan die kwessie wil sy hom dagvaar weens die moord op
haar kind, omdat die staat veronderstel is om sy burgers te beskerm.
"Ek wil die weermag in ons strate hê. Ek wil hê dat die stand van
misdaad as 'n noodtoestand gehanteer word. Uiteindelik moet iemand
verantwoordbaar wees", is Vince-Jillings se standpunt.
In 'n verrassende stap het die regering aangekondig dat hulle AL-IVE
se veldtog en optog steun. Tyd sal leer of dit slegs 'n slim taktiese
skuif van die ANC was en of hulle dit erns het met die saak.
Besoek gerus www.alive-in-sa.com vir meer inligting oor hierdie
verdienstelike veldtog.
Ek is elke keer verstom om te sien wat se mooi speelgoed tot die kinders van
vandag se beskikking is. Dis goed wat ek as laaitie sou begeer het. Vandag
se Lego het bv. ratte, katrolle, hidroulika, elektriese motortjies met
skakelaars en allerhande sensors, en dan nog die heel beste, die LEGO
waarmee mens robotte kan bou en instruksies m.b.v. 'n rekenaar kan gee om
allerhande bewegings uit te voer. Hier by 'n speelgoedwinkel sien ek vandag
so 'n stelletjie met koperdraad en allerhande magnete en ander goed daarin -
dis toe die komponente waarmee mens 'n werkende elektriese motor kan maak.
En in 'n ander sakkie die komponente vir 'n oudheidse deurklokkie. Nogal
indrukwekkend.
Ongelukkig is die meeste goed ook maar net 'n klomp plastiese @#% wat vanaf
China ingevoer word, veral die goed vir dogtertjies. Ek besluit toe om 'n
"matchbox" karretjie te koop vir iemand spesiaal. 'n Ingevoerde Italiaanse
4x4. Man kan die Italiaaners darem vir jou matchbokse maak - iets om te
sien.
Hollanders het die skip beplan, maar dit was
Engelse wat gebou en uiteindelik geloods het -
en almal is tog ou kenners van die water.
Nietemin te veel was die geloof en selfversekering
dat niks hom kon laat sink nie:
het die beskermheer van skepe dan nie self
die projek gewil nie, dié invaar in die donker,
dié wit eiland van lig en glansende weerkaatsing .
Agterna gesien, was die toerusting onvoldoende.
Die skokkendste erkentenis: geen verkykers of soekligte.
Maar luukses was volop en uitspattig: marmer-
vuurmaakplekke, dubbele toilette, miniatuurgholfbane,
swembaddens, rye kroeë en hemelbeddens
waarin die rykes kon hoereer, selektief, privaat,
terwyl hul voortvaar na die beloofde land,
hulle skatte veilig in die kluise.
Senders van kleiner skepe het gewaarsku:
julle vaar in 'n gevaarlike seisoen, daar's 'n kilte
in die lug, ysberge in die onbekende water
en vol verandering is die warrelende winde.
Maar die luuksereus was doof, sy antennes
ingestel op uitstraal, nie interpreteer nie.
Bowenal wou sy kaptein hom nie laat steur nie,
nié deur kapteintjies wat nie kaarte ken nie.
Die ysrots was nie sigbaar in die nag nie
en die staal móés skeur toe dit nie meer kon buig nie.
Chaos het geheers in offisierskajuite - reddingsbote
is nie eens almal neergelaat nie,
wanhopige passasiers het in die see gespring
en dié wat nie die moed had of bly hoop het,
het op die agterstewe saam met die orkes
bly sing: Nader my God by U - onverstaanbaar
sê enkele oorlewendes, omdat die woorde in Afrikaans was.
Frikkie Potgieter wrote
...
> 2003 September 12 Friday
> Corruption Is Rife In South Africa
> Personally, the current row takes me back to a conversation I had
> with one of the editors of the Weekly Mail (as it then was) in early
> 1994
> By Randall Parker at September 12, 2003 05:51 PM | TrackBack
So is die "I" wat hier praat nou Randall Parker?
En is dit nou Aida Parker se man? En wat het
van Fred Rundell geword. Is daar niemand op
hierdie nuusgroep wat wonder hoekom al die
mense waarvoor Frikkie die knie buig, Engelse
name het nie?
DIE wreedaardige moord op Desiré van Nietting (16) van Sir Lowry's
Pass het die plaaslike gemeenskap vir 'n tweede keer in die bestek van
net 'n week geruk, ná voorvalle van geweld verlede naweek die lewens
van twee jong mans op die dorp geëis het.
Desiré se liggaam is Saterdag omstreeks 14:00 in 'n sloot naby Hoofweg
deur 'n man gevind. Volgens inspekteur Hendrik Swart, die
ondersoekbeampte in die saak, is haar keel van oor tot oor afgesny en
sy het meer as 20 steekwonde gehad.
Die polisie vermoed dat sy ook verwurg is, en dat haar aanvallers haar
ook verkrag en gesodomiseer het. Daar was ook steekwonde aan haar
geslagsdele.
Inspekteur Swart sê hulle het 'n man ondervra wat saam met haar by 'n
smokkelhuis gesien is. Die man is glo lid van die 28's bende, maar is
na ondervraging weer laat gaan.
Inspekteur Swart sê hulle soek na 'n ander man in wie se geselskap
Desiré ook gesien is. Die man het 'n tweestuk blou oorpak aangehad en
is ongeveer 1,8 meter lank. Enige persoon met inligting, kan hom by
083 642 5588 bel.
Daar word vandag 'n groot gewag gemaak van die begrip "rassisme". Die
Nasionale Konferensie oor "rassisme" (NKR) word vanaf 30 Augustus tot
2 September 2000 in Johannesburg gehou. Thabo Mbeki het in Februarie
2000 gesê dat "racism will continue to exist in our society unless
all of us engage this monster consciously and systematically". Die
Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (MRK) was hierdeur geïnspireer om
die "nasie" oor "rassisme" te laat praat. Dit het die NKR tot gevolg
wat ten doel het "a commitment to building a non-racial, united and
reconciled society". Die uitgangspunt is duidelik: "rassisme" is 'n
feit; dit is 'n monster en moet uitgeroei word deur een en elk se
samewerking. Die woord is gevolglik reeds met soveel negatiewe emosie
belaai, dat 'n aanklag van "rassisme", 'n aangeklaagde onmiddellik
in 'n negatiewe en veronregte posisie plaas. Daarom die geskarrel
van 'n ieder en 'n elk om tog net nie as "rassis" uitgekryt te word
nie. Maar wat sit daaragte? Is dit waar? Is "rassisme" werklik die
monster in ons samelewing? Dit is dwingend noodsaaklik dat Afrikaners
hulle van die ware feite sal vergewis.
WAT IS "RASSISME"?
Dit is interessant dat nòg die MRK, nòg die verslag oor rassisme in
die media, wat in opdrag van die MRK deur 'n sekere Claudia Braude
opgestel is, die moeite doen om die begrip "rassisme" te definieer.
Dit terwyl die MRK gretig is om persone aan te kla van
sogenaamde "rassisme".
Dit is insiggewend dat die 1963-uitgawe van die Verklarende
Afrikaanse Woordeboek nie die woord "rassisme" enigsins vermeld nie.
Die Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal (1985- uitgawe)
omskryf "rassisme" as die veronderstelling dat karakter en
bekwaamheid bepaal word deur ras en gaan dan sommer ook verder en
stel dat "rassisme" 'n denkrigting is wat aanneem dat 'n besondere
ras meerderwaardig is en die reg het om ander rasse te oorheers.
Volgens die Concise Oxford Dictionary word "rassisme" omskryf as die
teorie dat menslike vermoëns bepaal word deur ras. Volgens die
Concise Oxford Dictionary beteken "racialism" dat 'n persoon glo dat
sy ras meerderwaardig is.
Tereg wys die politieke redakteur van die Mail & Guardian daarop dat
daar 'n verskil is tussen "racialism" en "racism". Volgens hom
beteken eersgenoemde dat geglo word dat daar verskille tussen rasse
bestaan en laasgenoemde dat, aangesien daar verskille bestaan, rasse
verskillend hanteer moet word. Hierdie definisie van "rassisme"
verskil aansienlik van die betekenis wat tans in Suid-Afrika aan die
word "rassisme" gegee wil word.
In Suid-Afrika word Blankes, en veral Afrikaners uitgekryt as
die "rassiste" in die samelewing, sonder enige vrees vir teenspraak;
of dan minstens dat die Blankes die eintlike of grootste "rassiste"
is aangesien die Blankes klaarblyklik neersien op die Swartes. Dit is
verder insiggewend dat die kwessie van "rassisme" die Swartes in die
besonder pla. 'n Mens wil vra: Ly hulle dan aan 'n
minderwaardigheidskompleks?
As "rassisme" beteken dat 'n persoon glo dat daar verskille tussen
rasse bestaan, dan is elke nasionalis ook 'n "rassis". Trouens, om te
ontken dat daar verskille bestaan tussen verskillende rasse, is 'n
ontkenning, en maak 'n bespotting, van die werklikheid.
Die "kenners" oor "rassisme" stel verder dat diskriminasie op grond
van ras, ook "rassisme" is. Nasionalisme is gebou en erken die reg op
voorkeur vir die eie, wat diskriminasie teen die vreemde, die
onbekende, veronderstel. Nasionalisme is waarderende diskriminasie
van feitelikhede. Om derhalwe toe te gee dat "rassisme" 'n monster is
en jouself van "rassisme" , soos verstaan deur die MRK, te
distansieer, is om nasionalisme die rug te keer.
Gegewe die vele betekenisse wat aan die woord "rassisme" gegee word,
kan daar van niks anders as 'n ideologie van "rassisme" gepraat word
nie. 'n Ideologie word deur die Oxford Dictionary beskryf
as "fancyful speculation". Die hele geskarrel rondom die
begrip "rassisme" kan as niks anders as 'n lawwe verbeeldingsvlug
("fancyful speculation") beskou word nie. Enersyds is dit so omdat
niemand klaarblyklik weet wat die begrip nou werklik moet beteken nie
en andersyds omdat, deur aan te voer dat daar nie onderskeid gemaak
mag word op grond van ras en kleur nie, dit niks anders as "fancyful
speculation" is nie. Soos alle ideologieë is die ideologie
van "rassisme"'n plan om 'n onwerklikheid op te dwing aan die
werklikheid. Daarom sat dit ook lei tot geweld.
IDEOLOGIESE AANVALSWAPEN
Maar waar het "rassisme" sy oorsprong? En wat lê daaragter ?
"Rassisme" is 'n ideologiese aanvalswapen van die Kommunisme en is
afkomstig van die Bolshevisme. In 1922 het die Bolshevik leier
Selenkov in Moskou dit soos volg gestel:
"We must create a climate of anti-nationalism and anti-racialism
amongst whites. We must reduce patriotism and pride of race to
meaningless obstructions and make racialism a dirty word".
Die gevolgtrekking is duidelik: Die ideologie van "rassisme" is
bedink as 'n teenvoeter vir nasionalisme en rassetrots. Want
nasionalisme en rassetrots is die groot teenvoeters en teenstanders
van die Kommunisme en hulle liberalistiese meelopers. Die ideologie
van "rassisme" rus op haat vir witmanskap, soos die Kommunis dit
verklaar het. Dit verklaar waarom daar klaarblyklik net
Blanke "rassiste" kan wees maar nie ook Swart "rassiste" nie. Dit
verklaar ook hoekom 'n "Black Lawyers Association" nie "rassisties"
is nie, maar indien enige Blanke organisasie geskep word, dit
as "rassisties" beskou word en boonop deur die Handves van Menseregte
verbied word.
Hier moet ook onthou word wat Beria, die Kommunis in 1953 gesê
het: "Degradation and conquest are companions. To be conquered, a
nation must be degraded ...degradation can be accomplished
insidiously ... and effectively by consistent and continual
defamation ... continued and constant degradation of national
leaders, national institutions, national practices and national
heroes must be systematically carried out".
So het eers apartheid en nou "rassisme" die skeldwoorde geword
waarmee die Afrikaner belaster is (en steeds word) totdat uit eie
geledere die aanval voortgesit en verhewig is en die verowering
geskied het sonder dat 'n skoot geskiet is.
So sê Beria sal "a general degraded feeling" ontstaan en sal die
lojaliteite verander en besit geneem word van 'n volk se waardes. In
hierdie proses, sal gevestigde instellings vernietig word wat die
nodige chaos sat voortbring om 'n Kommunistiese staat te skep: "[To]
create the necessary attitude of chaos, idleness and worthlessness
[and] effectively kill the national pride and patriotism of just one
generation ... we will have won that country ... therefore there must
be continual propaganda ...to undermine the loyalty of the
citizens... By perverting the institutions of a nation and bringing
about a general degradation ... a population can be brought
psychologically to heel..."
Onlangs het prof Jurie le Roux, 'n Ou-Testamentikus aan die
Universiteit van Pretoria, geskryf hoe hierdie aanslag 'n toestand
tot gevolg het waar die Afrikaner vandag "tot die dood toe siek" is.
Hy noem dit 'n virus, die "anti-apartheidsteologie", wat mense se
lewens verwoes en vernietigend onder die Afrikaner te werk gaan. Dit
het volgens hom die Afrikaner in so 'n skuldgevoel gedompel dat dit
die Afrikaner passiveer; die Afrikaner is so gedemoniseer dat hy te
bang is om vir homself te veg. Hy praat van 'n Afrikaner-volksmoord!
Maar terwyl dit 'n teostand is wat onder baie Afrikaners heers, sê
prof Willem de Klerk op 21 Augustus by die RAU dat predikante moet
preek vir vergewing oor die sonde en die misdade van apartheid sodat
die Afrikaner tot insig kan kom oor diè politieke dwaling. Dit sal
volgens hom tot gevolg hê dat Afrikaner nie meer "hond hoef te voel"
oor apartheid nie. Beria, die Kommunis, kon dit nie beter gestel het
nie!
Ons land is die misdaadhoofstad van die wêreld. Mense word vermoor
vir R20, 'n selfoon of 'n fiets, of nog erger; sonder enige rede uit
blote haat en wraaksug! Dit is die chaos waarvan Beria praat. Dit is
die Kommunistiese staat wat FW de Klerk, sy broertjie en sy
Broederbondbendetjie op ons afgedwing het deur skaam te word vir
apartheid en weg te skram van die beskuldigings van "rassisrne"
eerder as om op te staan vir die Afrikanervolk en sy vaderland.
Tydens die Internasionale Simposium oor die Kommunisme wat in 1966 in
Pretoria gehou is het prof Possony gestel dat die rassefaktor deur
die Kommunisme gebruik sal word om ander kwessies te vervang.
Rassekonflik en volgehoue propaganda oor beweerde "rassisme" tesame
met stelselmatige karaktermoord van 'n politieke bestel sal vir die
Kommunis die geleentheid skep om die Afrikaner in 'n lokval te lei om
van sy reg om hierdie land te regeer, afstand te doen. Volgens hom
het die liberale magte wat die Kommunisme dien nooit 'n idealistiese
of oortuigende doelwit van hulle eie nie, maar skep dit utopiese
skynbeelde. Dit benodig desperaat 'n voorwerp van haat en "rassisme"
het hierdie voorwerp van haat geword.
Die aanvalswapen van "rassisme" kom uit die Kommunistiese arsenaal.
Wat prof HG van der Westhuizen oor die Kommunisme sê kan nie genoeg
herhaal word nie: Kommunisme is 'n veelkoppige monster met 'n
sataniese anti-Christelike hart. Dit kom op die Afrikaner aangespoel
in vele gedaantes. "Rassisme" is een daarvan. Dit sal die Afrikaner
verslind as hy nie waaksaam is nie.
RAS 'n FElT, AANKLAG VAN "RASSISME" 'n OORLOGSVERKLARING
Ras en rasseverskille is 'n feit soos 'n koei. (So slag sommige koeie
in hulle agterplase en ander verkies die higiëne van 'n slagpale).
David Welsh 'n politieke ontleder het in Die Burger van 15 Junie
1999, net na die Algemene Verkiesing van 1999 geskryf: "Ras was die
fundamentele faktor in die verkiesing van 1994 en 1999". Die feit van
ras en rasseverskille kan nie wegredeneer word nie en daarom sal
rassevoorkeur en rassevooroordeel altyd bestaan. Nasionalisme erken
hierdie feit en respekteer hierdie verskille. In 'n veelrassige
samelewing is die ontkenning daarvan 'n resep vir selfmoord. Welsh
voeg betekenisvol by dat as een politieke party 'n ingeboude
meerderheid het danksy ras of etnisiteit, het mens met 'n "manke
demokrasie" te doen. Afrika word gekenmerk deur manke
eenpartydemokrasieë. Deur iemand die kleed van "rassis" om te hang,
is 'n bedenklike metode om so 'n persoon sy morele spreekbeurt te
ontneem. Dit het inderdaad, soos 'n Vlaamse skrywer opmerk, 'n metode
geword om iemand "'n smerige etiketten op te kleven". Die
klaarblyklike oogmerk is om "rassisme" te verhef tot 'n skeldterm wat
die opperste verwerplikheid moet verteenwoordig. 'n "Rassis" word oor
dieselfde kam geskeer as 'n misdadiger.
Dit is nie alleen intellektueel oneerlik nie, maar getuig ook van 'n
beangste onverdraagsaamheid en asembenewende fundamentalisme. Noem
iemand net 'n rassis en die argument is gewen. Elke ingeligte persoon
weet dat die woord "rassisme" die woord is waarmee die Kommuniste
hulle nasionalistiese teenstanders aanval om sodoende die offensief
teen Kommunisme om te keer.
"Anti-rassisme" bet die kodewoord geword van sosialistiese
transformasie. As jy die kommunistiese transformasie in Suid-Afrika
teenstaan of selfs net kritiek teen die nuwe bedeling uitspreek,
staan jy gevaar om as "rassis" gebrandmerk te word. Vryheid van
spraak is dan ook nie gewaarborg vir die teenstanders van die nuwe
regime nie. Aan die voorpunt van hierdie stryd, wat niks anders as 'n
verbloemde aanval teen nasionalisme is nie, is die liberalistiese
meelopers van die Kommuniste. Maar soos James Burnham in Suicide of
the West gesê het die liberalisme is besmet met die Kommunisme en
deel die meeste beginsels van die Kommunisme. Die liberaliste het
sodoende gehelp dat die fiksie van rasloosheid tot ideologie uitgebou
en "rassisme" tot skeldterm verhef is.
Die aanklag van "rassisme" teen die Afrikaner is 'n
oorlogsverklaring: Dit verneder die Afrikaner en maak hom skaam vir
sy ras en dit gee aan die Swarte vrypas om te roof en te moor, omdat
hy opgesweep word deur die emosie wat daardeur opgewek word. Stjepan
Mestrovic skryf in sy boek Genocide after Emotion wat handel oor die
oorlog in Joegoeslawië, dat deur die opwekking van genoeg emosie
oor 'n leuen die saad gesaai is vir 'n volksmoord! En waar dit dan
duidelik is dat die ideologie van "rassisme" nie gebou is op feite,
waarhede en werklikhede nie, maar op emosie, skuldgevoelens en
ontkenning van werklikhede, is die resultaat vervolging van die
Blanke, sogenaamde integrasie en uiteindelik soos dr HF Verwoerd
gestel bet, die disintegrasie en die vernietiging van die Blankedom!
Die aanval op die Afrikaner se rassebasis is 'n aanval teen Afrikaner-
nasionalisme en teen die bestaan van die Afrikaner. Want nasionalisme
is rasgebonde. Die MRK moet besef dat hy nie alle Afrikaners so
maklik om die bos sal lei met sy aanklag van "rassisme" nie. Die kern
van die Afrikanervolk het nie sy selfrespek verloor nie. Hulle sal
hulle afsonderlikheid betuig en ander daardeur aanspoor om op te
staan teen hierdie misdadige bestel. Om weer Afrikaner en witman in
Afrika te wees!
Toespraak gelewer ten tye van die honderdjarige afsluiting van die
Tweede Vryheidsoorlog by die Brandfortse Konsentrasiekampterrein op
die plaas Louvain, distrik Brandfort op 31 Mei 2002. Mnr. Paul
Zietsman word bedank vir die gegewens oor die Brandfortse kongres van
1904, waarna in die teks verwys word.
Dames en here, mede-Afrikaners,
Woede oor die kampe
Boetman is die bliksem in[1]. Maar vandag op 31 Mei 2002 is ons
almal die bliksem in. Ons het baie redes om vandag kwaad te wees.
Drie jaar gelede is Afrikaners, die inwoners van Branfort, uitgesluit
uit `n seremonie wat op hierdie plek gehou is ter nagedagtenis aan
die konsentrasiekampslagoffers van hierdie dorp. Ons geagte
president, `n kosmopolitiese man wat meer begaan is oor die grote
Afrika as oor sy eie land, en veral die geskiedenis daarvan, het hier
saam met die Vrystaatse premier die hele Afrikanerdom `n klap in die
gesig toegedien deur as't ware `n feesgeleentheid te maak van dit
wat `n huldiging moes wees ter ere van die gestorwenes, hierdie 2000
vroue en kinders wat hul lewens afgelê het ter wille van vryheid.
Daar was `n tyd toe Afrikaners gedink het dat hulle uiteindelik vry
was, ná soveel jare, na soveel dekades, nee eeue, van stryd. Maar u
weet en ek weet dat ons vandag helaas nie vry is nie. Die
doringdrade van die Britse konsentrasiekampe het verdwyn, maar in
hulle plek het ander doringdrade gekom wat ons ewe seer inhok, ons
ewe seer uitmergel en vernietig as dié van Roberts en Kitchener. Nie
so lank gelede nie het `n politieke leier in hierdie land van `n
openbare verhoog af geskree, "Kill a Boer, kill a farmer" en `n
organisasie wat bekend staan as die Suid-Afrikaanse
Menseregtekommissie het bevind dat dit geen haatspraak was nie, maar
vryheid van spraak.
As ons dus praat van nuwe konsentrasiekampe wat die Afrikaner vandag
bedreig, is dit die volgende:
Die konsentrasiekamp van taaldiskriminasie. Net soos honderd jaar
gelede word Afrikaans vandag onderdruk deur die staat en word daar
teen Afrikaanssprekendes gediskrimineer. Sargant, die destydse
Koloniale Sekretaris vir Onderwys, het op 3 Junie 1901 aan Milner
geskryf: "Ons militêre polisie het die grootste gedeelte van die
kinderbevolking in hierdie kampe byeengebring en... ek voel dat
dit `n gulde geleentheid is om hulle gedurende die volgende jaar te
kry om Engels te praat."[2] Vandag het ons `n opvolger in die
persoon van Minister Kader Asmal wat die Engelse taal en kultuur met
dieselfde toewyding in ons kinders se kele afdruk as wat Milner en
Sargent dit destyds in die kampe gedoen het.
Die konsentrasiekamp van rassediskriminasie. `n Eeu terug is daar
gepraat van die Boereras en die Britse ras, en hoe die twee ná die
Vrede van Vereniging versoen moes word. Met die vredesluiting het
Lord Kitchener die vermetelheid gehad om, ná die volksmoord wat hy
gepleeg het op die Boerevroue en -kinders, te sê, "Ons is nou almal
goeie vriende nie waar nie?" Dat daar nog vir dekades teen die
destydse Boereras gediskrimineer sou word as dit kom by
staatsaanstellings, erkenning van hul taal en kultuur, was
versoenbaar met hierdie begrip van "versoening". Vandag word daar
weer eens op alle gebiede teen Afrikaners gediskrimineer in die naam
van versoening en regstellende aksie, maar ons herken dit vir wat dit
is, want ons het ervaring daarvan.
Die konsentrasiekamp van plaasaanvalle, roof, verkragting,
onveiligheid. Die Britse Ryk het, veral teenoor hierdie vroue en
kinders wie se sterftes ons vandag hier herdenk, hul misdaad bedryf
onder die dekmantel van oorlog, hulle sogenaamde "gentleman's war".
Teenoor die Britte se oorlogsmisdade waarvoor hulle nooit by `n
Nürembergverhoor tereggestaan het nie, het ons tans weer eens misdaad
wat gevoer word in die naam van armoede en allerlei sosiologiese
drogredenasies wat dit kwansuis verskoonbaar sou maak. Hoe meer
dinge verander, hoe meer bly hulle dieselfde. Het Suid-Afrika nie
nou een groot konsentrasiekamp geword nie, waar almal moet wegkruip
agter doringdrade, lemmetjiesdrade, elektriese drade, hoë mure,
sekuriteitsdienste, en waar niemand meer sy lewe of sy goed seker is
nie?
Die konsentrasiekamp van emigrasie en ballingskap. Oor die eggenote
en vaders wie se vroue en kinders in 1902 omgekom het in die kampe,
het Jan F. E. Celliers `n gedig geskryf wat ons almal ken :
Dis al
Dis die blond,
dis die blou :
dis die veld,
dis die lug ;
en `n voël draai daar bowe in eensame vlug –
dis al.
Dis `n balling gekom
oor die oseaan,
dis `n graf in die gras,
dis `n vallende traan –
dis al.[3]
Vandag is daar honderdduisende jong Afrikaners wat gedwing word om
hul land te verlaat omdat hulle nie meer hier welkom is nie, en veral
nie inpas in die nuwe rasseideaal wat vir Suid-Afrika gestel is nie,
weliswaar nie meer die Britse ras nie, maar nou die mitiese
Afrikaras, die ras van die Renaissance en ander grootse ideë
waarmee `n Britse imperialis van die negentiende eeu sterk sou kon
identifiseer.
En dan is daar die konsentrasiekamp van die Ryk self, daardie groter
kosmopolitiese ding wat geen erg het aan die kleiner volke van die
wêreld nie, en wat alles in sy vermoë doen om hulle te laat verdwyn.
Hul taal, hul geskiedenis, hul geheue, hul identiteit, dit alles moet
liefs vergaan soos bokspore in fyn sand as die wind daaroor gewaai
het. Op die oomblik is ons omgewe van die Nuwe Ryk, die imperium
americanum, maar ook die ersatz opvolger van die Britse Empaaier, die
Afrika-Ryk, die Afrika-Unie. Tussen die globaal en die groot Unie,
is ons bestem om te verdwyn, en selfs hierdie grafte van vroue en
kinders sal iewers in die toekoms nie meer onthou word nie, soos wat
ons opgeneem sal wees in die Nuwe Babel.
Danksy ons ervaring van sy kampe, het die Ryksgedagte nog altyd vir
elke Afrikaner met afgryse vervul. Afgryse, maar ook woede. En ná
daardie traan geval het van Celliers se balling, is ek seker dat hy
hom insgelyks geërger het oor die dood van sy vrou of sy kind of
albei. As mens hier op die grafsteen by die
Brandfortkonsentrasiekamp die name van die agtjariges en die
tienjariges en die elfjariges ingegrif sien in die swart graniet, dan
vervul dit mens nogmaals met `n toorn en `n gramskap waarvoor die tyd
geen balsem was nie. Vandag nog kan ons sê, ons is nog steeds die
bliksem in oor wat aan ons vroue en kinders gedoen is deur lafhartige
Britse lords.
Nie net is onskuldige burgerlikes begrawe nie, maar ook `n volk. In
die woorde van Christiaan de Wet,
"...ek het menigmaal by die sterfbed en by die ter aarde bestelling
gestaan van diegene wat my naaste aan die hart gelê het: vader,
moeder, vriend, vriendin – maar wat ek toe ondervind het, kan nie
vergelyk word met wat ek ondervind het waar ek die begrafnis van my
volk moes aanskou nie."[4]
Op `n manier het die moderne Afrikaanse kultuur ontstaan uit hierdie
woede. Die Tweede Afrikaanse Beweging is gevoed en gekoester deur
die ergernis wat gevolg het op die Tweede Vryheidsoorlog. Toe die
Boere die wapen neergelê het, soos Christiaan de Wet en sy manne hier
op Brandfort, terwyl hulle ween en hul gewere stukkend slaan teen die
klippe, en die uitgeteerde vroue hulle `n heldeontvangs bied met
sierkranse by die kamp se ingang, het hulle die pen opgeneem. Soos
dit gestel is, was hulle verslaan, maar onoorwonne, en die twintigste
eeu was een lang triomf van die Afrikaner se gees waarmee hierdie
land verryk is soos geen ander land nog ooit op hierdie kontinent
nie.
Dit het selfs in die kampe begin, met briewe en dagboeke, maar ook
protesaksies deur die vroue self. In Tant Miem Fischer se
Kampdagboek Mei 1901 – Augustus 1902[5] word daar vertel hoe die
vroue die woord "refugee" op kampkennisgewings uitgekrap het, en
daaroor "prisoner of war" geskryf het, waarvoor hulle dan agterna
deur die kampkommandant gestraf is. `n Mens sou gedink het dat
hierdie vroue wat saam met hul kinders soveel gely het, tevrede sou
wees met vrede teen enige prys. Maar nee, Tant Miem Fischer skryf op
1 Junie 1902:
"Vanoggend om sewe-uur is ons deur kommandant Bousfield gesê dat daar
vrede is. Vrede, vrede, maar hoe, wat `n vrede? Vrede, oorwinning
vir Engeland, stryd en slawerny vir ons en ons kinders? So `n
vrede? O, dan nog liewer die kamp-ellende, met al sy verskrikking.
Sou die lyke in die uitgestrekte kerkhowe nie nou gelukkiger wees as
ons nie? Met so `n vrede – hoe, wat sal ons bestaan hierna wees,
sonder hoop, sonder vertroue of geloof of gevoel? O, dit is
onmoontlik..."[6]
Daar is iets soos konsentrasiekamphumor, `n galgehumor, die humor van
mense wat op die rand van die dood in ellende leef, in die hart van
die mag van die Ryk, of dit nou die British Empire is of die Deutsche
Reich. Ekself het vir die eerste keer daarvan bewus geraak by die
lees van Etty Hillesum se dagboek; sy was `n Nederlandse Jodin wat in
Auschwitz gesterf het, maar dagboek gehou het in die Nederlandse
transitokamp te Westerbork. Sy vertel van `n jong Jood wie se kop
amper verbrysel is teen die gevangenismuur, wat sê, "Hulle het
probeer om met my kop die gevangenismuur stukkend te slaan, maar my
kop was harder as die muur!"[7]
Ook in Tant Miem Fischer se joernaal skryf sy met `n vlymskerp pen,
druipend van ironie, oor die Christelikheid van die Engelse. Sy
sê: "As my seun daar so [in Durban] moes werk, nadat hy soos `n man
sy plig vir volk en vaderland gedoen het, sou ek nie sy vyand, die
Engelsman, s'n nie, maar die lae verraaier wat die oorsaak van sy
ellende was, se nek met ware genot kon breek. Kyk, nou is ek
onchristelik. `n Wonder! Ek is al so lank onder die mees
Christelike nasie, en nog so barbaars?"[8]
As sy haarself hier verwyt oor haar eie baarbaarsheid terwyl sy so
lank reeds in die konsentrasiekamp met Engelse metodes gekersten
word, dan het sy dit elders oor die "liefdadigheidsin" van lord
Kitchener waar sy praat oor die versletenheid van die vroue en
kinders se klere, hul gebrek aan seep, en dergelike meer:
"Nou, dit sal ook te veel gevra gewees het om te verwag dat lord
Kitchener, met al sy liefdadigheidswerk soos die wegvoer van vroue,
die afbrand van huise, die meng van meel en suiker met vitrioel,
maagpoeier, ens. – sy lordskap weet alleen met wat alles – nog die
Paryse modeboeke moet deursnuffel om te sien dat die Evaskleed van
voor die sondeval in ons dae geheel uit die mode is."[9]
Die toorn van die Boerevrou en haar lyding het aanleiding gegee tot
die Afrikanerwoede wat byna `n eeu lank gebruis het, en wat in soveel
literêre werke en toneelstukke geboetseer is tot iets moois en
edels. Die barbaarsheid van die Engelse kamp is dus omvorm tot kuns,
tot kultuur.
Die Afrikaner is gebore in die kampe van die Britse Ryk. Selfs
vandag nog ervaar ons die pyn van hierdie geboorte. Waarskynlik vir
altyd sal ons, soos die Jode, gemerk wees deur die doringdraad.
Etty Hillesum vertel in haar dagboek oor die doringdraad dat die
kampinwoners dikwels krapmerke op hul gesigte en op hul hande gehad
het[10]. Sekerlik was dit ook vir die Boerevroue en -kinders die
geval, om so aan die gesig en die hande gemerk te gewees het deur die
doringdraad, in die kampe waarmee die Britte die twintigste eeu en sy
latere gebeure sou inlui.
Die enigste verskil tussen die Dritter Reich en die British Empire is
dat die een verloor het en die ander gewen het.
Die woede van Afrika
Ons leef vandag in `n omgekrapte tyd. Tydens en ná die Tweede
Vryheidsoorlog het ons ons pyn en lyding in poësie uitgedruk het,
iets wat D.J. Opperman baie mooi opgesom het met sy beeld van die
digter as balling van Ceylon wat `n skippie in `n bottel maak:
Digter
Ek is gevang
en met die stryd
êrens in die ewigheid
op `n Ceylon verban
waar al my drange
na `n verlore vaderland
my dag na dag geëiland
hou met horisonne en verlange,
en in die geel gloed van die kers
snags deur die smal poort
van die wonder elke woord
laat skik tot klein stellasies vers
wat groei tot boeg en mas
en takelwerk – en die uiteindelike
reis met die klein skip
geslote agter glas.[11]
Tans leef ons egter nie as ballinge op Ceylon nie, maar in die
brandpunt van Afrika se drif, is ons elke dag die slagoffers van `n
nuwe geweld, van plaasmoorde, motorkapings, rooftogte, diefstal,
verkragtings.
Die laaste keer toe ons vrouens en kinders in hul huise met gewere
aangehou is, was honderd jaar gelede. Vandag gebeur dit weer. `n
Vriendin skryf nou die dag vir my, ná so `n ervaring in `n voorstad
van Pretoria:
"Dit was loshande die skrikwekkendste voorval waarmee ek nog tot nou
toe gekonfronteer is. Die feit dat ek en my twee kinders alleen was,
het die angs natuurlik intensifiseer. Die verwerkingsproses lê nou
vir ons gesin voor. Ek voel effe onstabiel op die oomblik. Die een
oomblik is ek woedend, net om die volgende oomblik in trane uit te
bars.
Hier was tussen 6 en 8 gewapende swartes in my huis. My man het net
die laaste 5 minute saambeleef. My kinders is verniel. Nou sluit ek
die emosionele verwoesting uit. My seuntjie is teen die kop gekap, my
dogtertjie is geskop, teen 'n granietkas gegooi en met 'n gelaaide
geweer teen haar kop aangehou. Ek is rondgegooi, my hare is
uitgepluk, geskop en het ook heeltyd 'n gelaaide pistool teen my
slaap gehad.
Die absolute brutale, barbaarse, dierlike, arrogante geweld wat teen
ons gepleeg is, is onbeskryflik. Toe die barbare vertrek, skree een
vir ons: `Now Daddy can go back to work and the kiddies can go back
to school.....'"
Soos die barbare van `n eeu gelede, praat ons nuwe barbare ook
Engels. Die onlangse Nobelpryswenner vir letterkunde, V.S. Naipaul,
skryf in sy roman A bend in the river, oor die woede van Afrika ná `n
bekende toneel van verwoesting:
"Die raserny van die rebelle was soos `n woede teen metaal,
masjinerie, elektriese drade, alles wat nie tot die bos en tot Afrika
behoort nie."[12]
`n Priester en versamelaar van Afrikakuns word in die roman vermoor,
en sy liggaam geskend, hy wat so lief was vir Afrika.[13] Dit is
asof diegene wat Afrika die meeste waardeer, die eerste slagoffers
van sy moordlus word.
Dit is vir ons moeilik om hierdie raserny te begryp, hierdie
vernietigingsdrang wat telkens soos `n orkaan opsteek oor hierdie
kontinent. Die winde van verandering waarvan Harold McMillan gepraat
het, het net vewoesting gebring, raserny, armoede, diktature en
daardie nabootsing van die koloniale meester wat bekend staan
as "volksmoord", soos in Rwanda, Boeroendi, Ethiopië, Zimbabwe, en
elders.
Dieselfde Mbeki wat hier op Brandfort die Britse oorwinning kom vier
het in die geselskap van sy Hertog, het hand aan hand met die
diktator Mugabe geloop net ná sy verkiesingsbedrog. Wat sê dit vir
ons?
Die Rakabeginsel
Noem dit die Rakabeginsel, die drang om te oorheers, om te vernietig,
om jou drifte te laat geld. Wanneer misdaad en geweld die norm word,
soos vandag in Suid-Afrika, kan ons nog van `n gemeenskap praat?
Volgens die filosoof Thomas Hobbes is daardie toestand waar elkeen
vir sy veiligheid slegs op homself aangewese is, soortgelyk aan `n
oorlogstoestand. In sy beroemde woorde, is daar,
"In so `n toestand, geen plek vir Arbeid nie; want die vrug daarvan
is onseker: en gevolglik geen Bewerking van die Grond nie, geen
Navigasie nie, nòg gebruik vir goedere wat per See ingevoer mag word;
geen uitgebreide Bouwerk nie; geen Kennis van die Aardbol nie; geen
sin vir Tyd nie; geen Kunste nie; geen Lettere nie; geen Gemeenskap
nie; en wat die ergste van alles is, konstante vrees, en gevaar
van `n gewelddadige dood; en die lewe van die mens, eensaam, arm,
onaangenaam, dierlik en kort."[14]
Hoe naby die hedendaagse Suid-Afrika al aan `n Hobbesiaanse
natuurstaat gekom het, kan diegene van ons wie se hekke al deur Raka
platgeloop is die beste oordeel.
Groot Brittanje het via die kampe van Brandfort en Springfontein en
Bloemfontein en Winburg en Heilbron en elders sy Ryk uitgebrei.
Rhodes was blykbaar jammer dat hy nie ook die sterre kon gaan
koloniseer nie, omdat hulle net te ver is. Die Angel-Saksiese
barbaar wat ontmasker is deur die Afrikaanse prosa van die
kampinwoners, het sy eweknie in die geweldenaar van vandag wat nie
vrou of kind ontsien in sy gewelddade nie. Die gebrek aan optrede
van ons regering teen plaasmoorde, teen die geweld wat Suid-Afrika
soos `n maalstroom ingesluk het, maak hom inderdaad `n medepligtige
daaraan. Die eerste taak van enige beskaafde regering is om sy
burgers teen geweld te beskerm, presies dit wat die huidige bewind
nie kan of wil doen nie.
Diegene wat teen vroue en kinders optree, soos die Britte van honderd
jaar gelede, verdien om lafaards genoem te word. Dit is ironies dat
die Anglikaanse Kerk, in die persoon van Biskop Tutu, die
Afrikanerdom van `n misdaad teen die mensdom beskuldig het in die
verslag van die Waarheids- en Versoeningskommissie. Eerder sou hy as
Engelse predikant moes toegee dat Afrikaners die enigste volksgroep
in Suid-Afrika is wat nog nooit `n volksmoord gepleeg het nie. Ons
was nog net die slagoffers daarvan.
Tydens die Mfekane van die negentiende eeu is tussen een en twee
miljoen mense uitgemoor net voordat die Voortrekkers die binneland
ingetrek het. Eerder as wat ons soos die Amerikaners en die
Australiërs mense met `n ander kultuur en vlak van ontwikkeling
uitgemoor het, het ons die oorloë en onderlinge konflik wat tussen
hulle gewoed het, stopgesit. Die Britte en die swartmense is die
volksmoordenaars van Afrika, nie die Afrikaners nie. Ons is die
vredemakers van Afrika. Die enigste keer dat Louis Trichardt `n
Vendastam aangeval het, is toe hy deur die heersende koning gevra is
om hulp. Terwyl ons voorouers dit hier in die Suide stopgesit het,
het die Mfekane voortgeduur in die res van Afrika, soos tot onlangs
nog in Zimbabwe, Angola, die Kongo, Rwanda, Boeroendi, Mosambiek,
noem maar op. Vir bykans `n honderd jaar het Suid-Afrika onder
Afrikanerregering in vrede op sy eie grondgebied geleef, wat meer is
as wat die meeste lande ter wêreld kan sê. Nog nooit sedert
Kitchener en Roberts se verskroeide aarde-beleid is die Suid-
Afrikaanse ekonomie ontwrig deur `n oorlog op eie bodem nie.
Die Engelse kerk was nog altyd giftig teen die Boere en Afrikaners.
Dr. John Philip het dit as geoorloof beskou om leuens in Engeland te
versprei indien hy die ingryping van Engeland teen die inheemse
Boerebevolking kon bewerkstellig. Die koloniale samewerking tussen
Brittanje en die swart middelklas wat opgelei is in Engelse kerkskole
het daartoe gelei dat die destydse swart élite ewe skuldig was aan
die volksmoord as Engeland self. Daar was 100 000 gewapende swartes
wat aan Engelse kant geveg het, en wat gehelp het om die vroue en
kinders in die kampe in te dwing. Nie lank daarna nie het hierdie
swart middelklas die ANC opgerig. Dit is sekerlik uniek in die
wêreldgeskiedenis dat `n sogenaamde bevrydingsbeweging nog altyd die
koloniale mag en sy taal ondersteun het.
Dekadente driemanskap
By baie van ons mense is daar deesdae `n verslaenheid, `n
ongeloof, `n gevoel van alles is verby en al wat oorbly is om
druipstert op te pak na Australië, Nieu-Seeland of Kanada. Die
verhaal van die Tweede Vryheidsoorlog, van die kampe, van die
heroïese herontwaking en opstand van Afrikaners gedurende die
twintigste eeu het vir hulle sinloos geword, iets wat agtergelaat en
moontlik selfs vergeet moet word. `n Mens sien dit ook in die
groeiende neiging van Afrikaanse ouers aan die Rand en in Pretoria-
Oos om hul kinders na Engelse skole te stuur. Hulle sê vir die
ontslape vroue en kinders van die kampe: "julle het verniet gely en
gesterf. Julle stryd was nutteloos." Toe Jopie Fourie oopoë
gefussilleer is tydens die Rebellie het hy gesweer dat sy bloed die
boom van sy volk sou benat en soet vrugte sou laat dra, maar ook hy
was skynbaar verkeerd. Die Afrikaner self het in die onlangse tyd
hierdie boom afgekap.
Hoe het dit gebeur? In `n onlangse pamflet beskryf die historikus
Hermann Giliomee die "onoorwonne oorgawe" van die Afrikanerdom. In
1902 het hulle materieel gesproke alles verloor, en het die kampe tot
in die lewe van die volk ingesny, maar nogtans het mense gepraat
van "verslaan, maar onoorwonne". Hulle is met ander woorde op die
slagveld, en veral in die kampe oorwin, maar nie sielkundig nie. In
1994 is hulle geensins militêr oorwin nie, maar psigologies het hulle
die onderspit gedelf. Dit was `n oorgawe soos wat die wêreld nog nie
gesien het nie. In die woorde van mnr. F.W. de Klerk, was
dit `n "pynlike besluit", maar wat nogtans geneem is:
"Die besluit om die reg op nasionale soewereiniteit prys te gee, is
sekerlik een van die pynlikste besluite wat enige leier ooit gevra
kan word om te neem. Die meeste volke is bereid om die risiko van
totale oorlog en `n katastrofe te loop eerder as om hierdie reg prys
te gee. Tog was dit die besluit wat ons moes neem. Ons moes die
noodsaak daarvan aanvaar om die ideaal wat ons van kindsbeen af
troetel en die droom waarvoor soveel geslagte van ons voorvaders
gestry het en waarvoor soveel van ons mense gesterf het, prys te
gee."[15]
In 1902 was daar volksmoord van buite; in 1994 was daar volkselfmoord
van binne. In `n privaatbrief skryf Breyten Breytenbach vir my die
volgende:
"Ons het eintlik 'n nogal rare historiese proses belewe: 'n duidelik
herkenbare 'volk' het sienderoë verdwyn."
Het die Afrikaner eenvoudig maar verdwyn soos `n figuur wat in die
sand geskilder is, waarna die gety ingekom het om die lyne eers te
laat vervaag en agterna heeltemal uit te wis? Het dit wat begin het
by Paardekraal en Majoeba eenvoudig in die supermarkte van Pretoria
uitgesterf, waar mense gekies het om eerder Engelse verbruikers te
wees as lede van die Afrikanervolk?
Terwyl Giliomee en ander die oorgawe en ondergang van die Afrikaner
sien as `n gevolg van die swak onderhandelings van Afrikaners in die
vroeë negentigerjare toe Roelf Meyer, Leon Wessels en Dawie de
Villiers as't ware ons toekoms weggeteken het, lê dit myns insiens
veel dieper. In `n neutedop was dit nie die eksterne faktore, die
moeilike besluite, die internasionale druk, die halssnoermoorde in
die swart woonbuurtes, die brand en opstand wat aand na aand op die
wêreld se televisieskerms verskyn het, wat die destydse
Afrikanerleierskap tot volkselfmoord gedwing het nie, maar `n
inherente verandering by die Afrikaner self. Vanaf die 1870s was
daar `n stygende lyn in ons geskiedenis, amper soos `n aandeelprys
wat geleidelik oor baie dekades opgaan en dan skielik binne enkele
weke in duie stort soos wat die maatskappy bankrot speel hier in die
negentigerjare. Wat het in die maatskappy gebeur wat gemaak het dat
Afrikanerdom Beperk bankrot gespeel het?
Die hoogtepunt van die Afrikaanse beweging was sekerlik in die
sestigerjare, met die Sestigerbeweging in volle swang, Verwoerd aan
bewind, volle indiensneming in Suid-Afrika, `n ekonomie wat teen 5%
en meer per jaar groei, asook die revolusionêre agter slot en grendel
ná die Rivoniaverhoor. Enigiemand wat toe sou voorspel het dat
Afrikanerdom binne dertig jaar gereduseer sou wees tot, in die woorde
van die sosioloog Heribert Adam, `n "interne diaspora" wat soos
vreemdelinge verstrooid woon tussen die egte burgers van Suid-Afrika,
sou sekerlik gereken gewees het as `n kranksinnige. En tog is dit
wat gebeur het, vanaf die kruin van die Republiekwording op 31 Mei
1961 het ons geval tot die huidige toestand van vrees en onsekerheid,
van selftwyfel en skuld. Dit kan `n lang onderwerp word, die
ondergang van die Afrikaner waaroor Milner, Kitchener en Rhodes in
hul grafte seker `n vrolike kotiljons dans, maar ons kan dit as volg
opsom:
In die eerste instansie het die skielike dood van Verwoerd aan die
hand van Tsafendas `n leierskapskrisis geskep wat nooit na behore
opgelos is nie. Verwoerd is opgevolg deur die dekadente driemanskap
van Vorster, Botha en De Klerk wat nooit radikaal of kreatief kon
dink nie, maar stadigaan in die drukgang beland het wat sou lei tot
die uiteindelike, verrassende oorgawe sonder om `n skoot te skiet.
Dus was daar `n groot leierskapsprobleem.
In die tweede plaas het die welvaart wat Afrikaners deur volle
deelname in die regering en die landsekonomie behaal het, hulle
deur `n proses van snelle modernisering laat gaan wat op sigself `n
hele omwenteling in eie geledere sou veroorsaak. W. A. de Klerk het
dit beskryf as die "opkoms van die burgerstand". `n Meer sekulêre
lewensuitkyk in stryd met eng Calvinistiese prinsipes het gevolg, wat
nog eers verwerk sou moes word. Omtrent al die Sestigerromans is op
een of ander manier besig met hierdie probleem. `n Mens sou dit kon
noem `n moderniteitskrisis wat hulle getref het.
Die internasionale woelinge rondom die Viëtnamoorlog en die
studenteopstande van die sestigerjare sou regstreeks aanleiding gee
tot die anti-apartheidsbeweging wat in die internasionale drogbeeld
en karikatuur van die Afrikaner die ideale vyand sou verkry. Die
etniese haat van sommige Britte teenoor Afrikaners wat in die kampe
tot immorele volksmoord gelei het, sou in die beweging vir
rassegelykheid sy morele fondament verkry.
Die dekadensie van Afrikaners self. Eers het die Afrikaner self
dekadent geword, toe het hy dekadente leiers gekry en uiteindelik het
hulle hom uitverkoop, en verkoop hulle hom nog steeds uit soos wat
mnr. Marthinus van Schalkwyk van die NNP nog onlangs weer gedoen
het. Dit is so eenvoudig soos dit. Nietzsche het gepraat van
dekadensie as "die noodwendige gevolg van die lewe, van die wasdom
aan die lewe." Volgens hom is die "verskyning van dekadensie so
noodwendig soos een of ander opgang en vooruitgang van die lewe: `n
mens het dit nie in jou mag om dit af te skaf nie."[16]
Ongelukkig kon Afrikanerdekadensie nie op `n slegter tyd gekom het
nie. Die volk en sy kultuur was op `n mespunt gebalanseer tussen
grootsheid en kleinlikheid, tussen Prometheusagtige moderniteit en `n
terughunkering na landelike sekerhede. As ons maar net beter leiers
gehad het, maar helaas het die dekadente driemanskap en hul gevolg
telkens reaksionêr opgetree. Binne `n kort tydjie het dekadente
Afrikanerdom die volgende gedoen:
Hulle het van die beste boeke wat in jare in Afrikaans geskryf is,
verbied en `n bekrompe sensuurstelsel in stand gehou;
toe die Franse filosoof Jean-Paul Sartre in 1968 gearresteer is omdat
hy `n maoïstiese koerant op straat verkoop het, het genl. De Gaulle
sy eie polisie gekritiseer en gesê, "'n Mens arresteer nie vir
Voltaire nie." Dekadente Afrikanerdom het egter die grootste lewende
Afrikanerdigter, Breyten Breytenbach, gearresteer en hom nege jaar
tronk toe gestuur;
hulle het een Afrikaanse koerant na die ander toegemaak terwyl hulle
gepoog het om die volk te breinspoel om die idee van `n soewereine
nasie te laat vaar en hulself oor te gee aan `n multikulturele,
hibriede bestaan soos nou;
onder P.W. Botha het dekadente Afrikanerdom die demokratiese etos wat
in die 1790s tydens die Patriotbeweging in die Kaap onder Afrikaners
posgevat het, verloën deur `n "sekurokrasie" waar selfs nie eens die
kabinet meer op hoogte was met die doen en late van die
veiligheidsmagte nie, wat so die weg berei het op die vergrype van `n
Eugène de Kock;
`n kultuur van vinnige geld en grypsug is deur hulle gevestig wat tot
nou toe gedy.
Afrikanerdom het nie, soos in 1902, verloor omdat die vyand sterker
en listiger was nie. In 1990 was ons vyande swak. Ná die val van
die Berlynse muur was die ANC en die SAKP besig om weg te kwyn
vanweë die omwenteling in die geledere van hul ou bondgenote, Oos-
Duitsland en die Sowjet-Unie. Ons vyande was swak, maar ons was nog
swakker, en die swaksinnige onderhandelings in Kemptonpark het die
kroon gespan op die verval en afdraand van twee dekades sedert
Verwoerd se dood en die literêre hoogtepunt van die
Sestigerbeweging. Televisie en Amerikanisering het ons verder
gerysmier totdat niemand meer omgegee het of hulle Afrikaans of
Engels praat nie, en as hulle dit deurmekaar kan praat, dan nog
soveel te beter.
Die goue kalf
Die Afrikaner sit vandag met `n geweldige identiteitskrisis, `n
simptoom van sy dekadensie. Onseker oor sy taal, sy geslag, sy
geskiedenis, sy moraliteit, sy godsdiens of lewensuitkyk, kan hy hom
net verwonder aan die vasberadenheid en beginselvastheid van sy
voorouers. Hoe het hulle dit reggekry om die wapen op te neem daar
waar die moderne Afrikaner nie eens die pen kan opneem nie? Hoe kon
hulle `n taal ontwikkel daar waar ons nie eens een kan handhaaf nie?
Nêrens is die doodswens van die Afrikanerdom vandag sterker sigbaar
as op taalgebied nie. Oor die afgelope enkele jare het heelwat
Afrikaners, moderne hensoppers, ander verbied om Afrikaans te praat
of te skryf by die werk. Daar was die Lukas Rautenbachgeval, maar
ook dié van die Afrikaanse sakereuse wat uit die bloed en sweet
van `n vorige geslag ontstaan het, en tans op die voorpunt staan van
die aftakelingsproses. Geen onderneming in Suid-Afrika doen meer om
die land kultureel te koloniseer en te verengels as M-Net, wat `n
Naspersfiliaal is nie. Trouens, `n mens sou kon sê dat die Afrikaner-
establishment gevorder het van dekadensie tot nihilisme. Eers het
hulle net Afrikaanse boeke verbied, nou sorg hulle dat hulle nie eens
uitgegee word nie. Eers was hulle onseker oor Afrikaans, nou
verengels hulle voor die voet.
Dit is vandag algemeen om Afrikaners op straat en in winkels Engels
met mekaar te hoor praat. Ons het teruggekeer na die 1860s in die
Kaap toe daar gevoel is die taal was te onbeskaafd om in die openbaar
te praat. Afrikaans verloor so vinnig veld dat dit gevaar loop om
uit te sterf. Dit is asof die aanval op die Afrikaanse moeder en
haar kind deur die Britse Ryk nou eers begin vrug dra. Deesdae
kom `n mens in aanraking met Afrikaanse moeders wat hul kinders in
Engels opvoed. Op `n manier sterf so `n kind ook `n dood omdat hy
daarmee afgesny word van twee milennia se verbintenis aan `n
Germaanse taal. Deur die najaag van status, hetsy geldelik, hetsy
talig, sorg die dekadente Afrikaner dat hy die eeue-oue beginsel van
getrouheid aan mens se taal, geloof of tradisie verloën. Soos die
Israeliete in Eksodus het Afrikaners vir hulle `n goue kalf gebou.
In Eksodus 32 lees ons, "Toe die volk sien dat Moses vertoef om van
die berg af te kom, het die volk rondom Aäron versamel en vir hom
gesê: Kom, maak vir ons gode wat voor ons uit trek; want hierdie
Moses, die man wat ons uit Egipteland laat optrek het, ons weet nie
wat van hom geword het nie.
En Aäron sê vir hulle: Ruk die goue ringe af wat aan die ore van
julle vroue, julle seuns en julle dogters is, en bring dit vir my.
Toe het die hele volk die goue ringe afgeruk wat aan hulle ore was,
en dit na Aäron gebring.
En hy het dit uit hulle hand geneem en dit met die bytel bewerk en
daar `n gegote kalf van gemaak. Daarop sê hulle: Dit is jou gode, o
Israel, wat jou uit Egipteland laat optrek het."
Dit is die maklike uitweg om in oomblikke van vertwyfeling en
leierloosheid vir jou `n afgod te maak, `n goue kalf waarvoor mens
elke dag kan neerbuig. Vandag is daar bier en rugby wat ook help om
die aandag af te lei van die probleme waarvoor ons te staan gekom
het. In die literatuur oor nasionale konflikte in multi-etniese
state, gaan die élite-groepe, juis omdat hulle materieel suksesvol
is, byna nooit oor tot `n gewapende stryd nie. Hulle glo dat hulle
die agterlike groepe kan uitoorlê, of dat hulle ekonomies kan bly
voortbestaan onder vyandige politieke régimes. Maar dikwels begaan
sulke élite-groepe `n groot fout, en word hulle uiteindelik òf
uitgemoor òf verdryf uit hul geboorteland. Die goue kalf bied dus
net tydelike vertroosting.
Interessant in die Bybelverhaal oor die Israeliete en hulle goue kalf
is dan die gebeure wat volg as Moses agterkom dat die volk afvallig
geraak het. Weer eens in Eksodus 32 lees ons:
"En toe hy naby die laer kom en die kalf en die koordanse sien, het
die toorn van Moses opgevlam, en hy het die tafels uit sy hande
gegooi en hulle onder die berg verbrysel.
En hy het die kalf geneem wat hulle gemaak het, en dit in die vuur
verbrand en dit fyn gemaal. Toe het hy dit op die water gestrooi en
die kinders van Israel dit laat drink."
Hierna volg `n burgeroorlog, want die stam van Levi het hulle rondom
Moses versamel en daarna het hulle die res van Israeliete uitgedelg.
Moses rig dié verskriklike woorde tot die Leviete:
"So spreek die Here, die God van Israel: Laat elkeen sy swaard
aangord aan sy heup. Gaan heen en weer van poort tot poort in die
laer, en laat elkeen sy vriend en sy naaste doodmaak.
En die seuns van Levi het gehandel volgens die woord van Moses, en
daar het van die volk op dié dag omtrent drieduisend man geval."
Tant Miem Fischer se woorde in haar konsentrasiekampdagboek, dat sy
eerder die verraaiers en die hensoppers sou wou doodmaak as die
Engelse, is vandag weer vir ons relevant. Só ook die proses van
suiwering wat Moses en die Leviete met die swaard aangerig het aan
Israel. Hoewel ons dit vandag met die pen eerder as die swaard doen,
want die pen is magtiger as die swaard, is ons die afgelope twee jaar
reeds besig om die afvalliges in eie midde, diegene wat hul rug
gekeer het op Afrikaans en die Afrikanergeskiedenis, te probeer
uitdelg. Soos baie mense uitgevind het, is daar `n woedende toon aan
die Afrikaans wat ons deesdae skryf en praat; dit het `n taal vol
donder en bliksem geword, amper iets uit die Ou Testament, uit die
tyd van Moses. Dit ly by my geen twyfel dat diegene met Afrikaanse
harte weer eens sal seëvier oor hulle met Engelse harte of Hollandse
harte nie, soos hulle nog altyd gedoen het. Soms lyk dit net asof
die geveg langer duur as wat dit behoort.
Een rede waarom die stryd vir Afrikaans en vir ons voortbestaan in
hierdie land vandag so moeilik is, is omdat ons sit met `n pers wat
eerder die goue kalf van multikulturalisme en politieke korrektheid
aanhang, as beginsels wat Afrikanervoortbestaan sou verseker. Dit
is `n Kaapse pers, en ons weet dat Rhodes en Milner sommige Kaapse
Afrikaners in die 1890s as hul goeie vriende beskou het. Rhodes het
egter gesê dat die Kaapse Afrikaners sy goeie vriende is, maar hy
gebruik hulle, en as hy klaar met hulle is, dan smyt hy hulle weg.
Die doringboom
Maar so waar as padda manel dra, gaan ons nie toelaat dat die
venietigingsproses voltrek word nie. Vandag het ek as titel
gekies "Die doringboom se les", want benewens die merke van die
doringdraad wat ons altyd aan die lyf sal voel, ook as dit kom by ons
gebrek aan getalrykheid, is geen boom so eie aan Afrikaans en die
Afrikaner soos die doringboom nie. Dit is `n Afrikaboom, `n
stekelige plant met sy eie skoonheid. Dit is ook `n geharde plant.
`n Mens sou jou egter nouliks `n boom kon voorstel wat die behoefte
aan verdediging beter voorstel as die doringboom. Altyd wys hy sy
dorings na buite, `n bietjie soos die Afrikanerdom self wat sedert sy
ontstaan nog altyd bedreig is deur die grote Empaaier of aanvallende
swartes. Tussen die waens van die laer, het die doringtakke
beskerming gebied teen assegaaivalle, en daarsonder sou die laaste
Voortrekker sekerlik uitgemoor gewees het.
Leipoldt het iewers gepraat van "die oudste doringboom in ons
doringboomland". Meer bepaald is daar hier op Brandfort ná die
verwoestende oorlog, op 1 en 2 Desember 1904 `n kongres gehou ná
verskeie griewevergaderings regoor die provinsie, waar `n Boer by
name J.J. Prinsloo opgestaan het en na die volk verwys het as `n
doringboom. "Die volk se taal is soos die bas van die doringboom.
Trek jy die bas af, gaan die boom dood," het hy bygevoeg. Genl.
Christiaan de Wet het self aan die einde van die Brandfortse Kongres
kommentaar gelewer as sou hy niks oor die griewe aangaande
kompensasie waaroor die kongres aanvanklik gereël is, te sê gehad het
nie, maar oor taal en onderwys kon hy nie swyg nie. "Kompensasie
is `n saak van onuitspreeklike gewig, maar is nie in dieselfde skaal
as taal en onderwys waarvan die toekoms van die volk afhang nie."
Ander sprekers op die Brandfortse kongres het die taal beskryf
as "die kern", "die siel en lewe van die volk" en as "die teerste
akkoord in die bestaan van die Afrikanerras". Op daardie stadium het
die woorde "Dieu et mon droit" (God en my reg) verskyn op die Britse
wapenskild wat op regeringsgeboue gepryk het, en mnr. D. Donaldson
het bygevoeg dat hul taal hul heiligste reg was sodat Afrikaners
daarop kon aandring dat Brittanje reg moes laat geskied aan die
spreuk op die wapenskild.
Vermoedelik was dit hierdie skerpsinnige opmerking wat as't ware uit
die volk self na vore getree het met die opmerking deur J.J. Prinsloo
op Brandfort, wat gelei het tot Totius se bekende gedig wat ek en u
almal op skool geleer het in die dae toe daar nog Afrikaanse skole
was:
Vergewe en vergeet
Dat gij niet vergeet de dingen die uwe
Ogen gezien hebben – DEUT. 4:9
Daar het `n doringboompie
vlak by die pad gestaan,
waar lange ossespanne
met sware vragte gaan.
En eendag kom daarlanges
`n ossewa verby,
wat met sy sware wiele
dwars-oor die boompie ry.
"Jy het mos, doringstruikie,
my ander dag gekrap;
en daarom het my wiele
jou kroontjie plat getrap."
Die ossewa verdwyn weer
agter `n heuweltop,
en langsaam buig die boompie
sy stammetjie weer op.
Sy skoonheid was geskonde;
sy bassies was geskeur;
op een plek was die stammetjie
so amper middeldeur.
Maar tog het daardie boompie
weer stadig reggekom,
want oor sy wonde druppel
die salf van eie gom.
Ook het die loop van jare
die wonde weggewis –
net een plek bly `n teken
wat onuitwisbaar is.
Die wonde word gesond weer
as jare kom en gaan,
maar daardie merk word groter
en groei maar aldeur aan.
Die merk waarna Totius verwys het, was natuurlik die merk van hierdie
kampe, van die verskroeide aarde-beleid, en van die gepoogde
vernietiging van `n Afrikaanse volk deur gedwonge verengelsing. Maar
die boompie het weer gesond geword, al was dit hoe moeilik, en hoe
langsaam. In die aanloop tot die Brandfortkongres van 1904 het `n
briefskrywer in die koerant De Vriend die volgende beweer:
"Die volk is deur die oorlog soos `n graankorrel in die aarde gelê en
was sterwend en `n mens het gedink dat dit tot niet is, maar
goddank, die volk vertoon lewe - `n Nasionale lewe, sonder enige
erkende leier of voorman anders as die Brandfortse Voorlopige
Komitee.
Te Brandfort sal `n mens die eerste geluid hoor van `n doodgewaande
volk, `n snik, dat die volk tot lewe teruggekeer het."
Ook Hertzog was teenwoordig op Brandfort, en deur resolusies teen die
imperiale taalbeleid is die grondslag gelê vir latere eise vir
tweetaligheid en die erkenning van Afrikaans as amptelike taal.
Die vraag is vandag: wat het ons nodig om weer, soos op Brandfort in
1904, te kan herlewe, vir die doringboompie om te kan opstaan? Nou
onlangs het spreker `n brief gerig aan President Thabo Mbeki, die
held van die Brandfort van drie jaar gelede waarin hy gevra is om in
te gryp om ons huidige grondwet gestand te doen, en Afrikaans as
amptelike taal te herstel. Ten minste in 1904 het die Britse
owerheid ag geslaan op die Brandfortse kongres, want `n antwoord is
van Londen ontvang. Helaas, is geen antwoord nog van sy eksellensie
in die Presidensie verkry nie.
Die nuwe lords
Dit wil daarom voorkom asof die hedendaagse verteenwoordigers van die
ryksgedagte baie vernamer geword het as dié van honderd jaar gelede.
Hulle verwerdig hulle nie meer om op die skriftelike vertoë van hul
onderdane te antwoord nie, al is dit dan een of ander niksseggende
ontwyking.
Vandag, meer as ooit, leef in ons in die epog van die lords. Volgens
die Woordeboek van die Afrikaanse Taal, is `n "lord", benewens `n
Britse adellike, "'n manlike persoon wat optree asof hy `n hoë
sosiale status geniet en betreklik gemaklik lewe of nie handearbeid
verrig nie: Hy is te veel van `n lord om sy hande vuil te maak."
Daar is deesdae soveel belangrike mense in Suid-Afrika dat `n mens
jou verwonder dat iemand in `n staatsdepartement nog soms `n telefoon
beantwoord. En wanneer hulle dit doen, is dit in die taal van die
Ryk, soos wat lord Milner dit vereis het. Die verstommende
geheueverlies wat die land getref het in 1994 toe alle kennis van
Afrikaans skielik verdwyn het, sal miskien eendag die onderwerp wees
van `n neurologiese studie.
Daar is diegene wat beweer dat ons nie meer die reg op ons taal het
aan universiteite en in die howe nie, omdat ons so min geword het.
As `n getalleminderheid is ons veronderstel om ons plek te ken, so
asof demokrasie een of ander vorm van etniese sensus sou wees. `n
Mens wonder of `n land soos Nigerië in die toekomstige Afrika-Unie
drie keer soveel regte as Suid-Afrika gaan geniet, omdat hy oor `n
bevolking van 120 miljoen beskik? Die ryksgedagte wat vir Brandfort
se kampe verantwoordelik was, onderlê steeds die onderdrukking van
Afrikaans vandag, die beleid om ons te wil assimileer en te integreer
in die nuwe Empaaier van Afrika.
Maar Afrikaners is geen gewone minderheid nie. In sy boek A study of
history, praat die historikus Arnold Toynbee van "skeppende
minderhede" wie se tog na selfbeskikking die dryfveer agter die
ontstaan van beskawings verskaf. Wanneer die toestand van `n
universele staat of Ryk bereik word, volg daar `n geleidelike
agteruitgang en verval. Die geskiedenis van Suid-Afrika leen hom
tot `n Toynbeaanse analise. Die verstommende ontwikkeling en
ekonomiese vooruitgang in Suid-Afrika, asook die kulturele opbloei
van Afrikanerkultuur in die twintigste eeu, kan beskryf word as een
van die weinige beskawings wat Afrika suid van die Sahara nog ooit
voortgebring het. Die oorplanting van Europese beskawings op die
vasteland deur koloniale moondhede het hoofsaaklik gefaal. Zimbabwe
was een van die laaste Afrikakolonies wat iets van sy vorige
struktuur en ekonomiese dinamisme behou het, maar het onlangs
ineengeplof om terug te keer tot `n land wat voedselhulp benodig, en
waarskynlik sal benodig vir die afsienbare toekoms soos wat
eurosentriese organisasie vir goed begin wyk voor die terugkeer na
die oorsprong.
Die les van die Tweede Vryheidsoorlog is dat Suid-Afrika op daardie
stadium, danksy die Afrikanerprojek, lank nie meer `n kolonie was
nie. Gedurende die twintigste eeu is die land met die skeppende
minderheid Afrikaners aan die spits, voorsien van `n uitgebreide
infrastruktuur en nywerheidsomwenteling rondom staal- en
petrochemiese bedrywighede. Dit alles is gedryf, nie deur die
gierigheid van `n koloniale moondheid in Londen of Parys nie, maar
deur die Afrikanerdom se smagtende strewe na die selfbeskikking wat
hom ontneem is in 1902. In Toynbee se terme, het Afrikaners egter
gevorder van skeppende minderheid na oorheersende minderheid iewers
in die sewentigerjare toe dit begin dekadent raak het. `n Skeppende
minderheid handhaaf hom deur `n voorbeeld te stel aan sy
proletariaat, wat poog om hom na te boots. Die tuislande was
inderdaad ersarz nabootsings van Boererepublieke. Toe die
Afrikanerdom egter oorheersend begin raak, het hy die res van die
land van hom vervreem, en hierna het `n betreklike kort periode van
handhawing deur mag gevolg. Volgens Toynbee is dit een van die
tekens van `n beskawing se verval:
"in die geskiedenis van enige samelewing, as `n skeppende minderheid
verval in `n oorheersende minderheid wat poog om deur mag `n posisie
te behou wat dit nie meer verdien nie, dan lok hierdie verandering in
die regerende element die sesessie van sy proletariaat uit wat nie
meer sy heersers bewonder en naboots nie, en in opstand kom teen sy
oorheersing.
....die aard van die ineenstorting van beskawings kan in drie punte
opgesom word: `n mislukking van skeppende krag in die minderheid, `n
onttrekking van nabootsing deur die meerderheid in antwoord daarop,
en `n gevolglike verlies aan sosiale eenheid in die maatskappy as
geheel," [17] aldus Toybee.
In Suid-Afrika was daar egter ook nabootsing van die ryksgedagte ter
sprake, en Afrikanernasionalisme het as't ware in mededinging met die
Britse Ryk ontwikkel. Noudat die Afrikanerdom sy skeppende krag
verloor het, is die ryksgedagte besig om oor te neem, in die uur van
agteruitgang. Die nuwe lords sal probeer om hul eie ryke te vestig,
net soos die Britse lords, maar sal faal, waarna die wanorde en
geweld, wat die afgang en verval van alle beskawings tot dusver
gekenmerk het, sal toeneem.
Maar dit hoef nie so te gebeur nie. Die verstommende van skeppende
minderhede is dikwels dat hulle in staat is om die bomenslike te
verrig. Niemand het vandag meer hoop vir Afrika nie, behalwe vir
siniese hulpprogramme wat `n poging is om die migrasie van Afrikane
na Wes-Europa en Noord-Amerika te stuit deur `n minimum plaaslike
oorlewing te verseker. Die feit dat beduidende getalle Afrikaners
egter steeds aanbly in Suid-Afrika is `n aanduiding dat alle hoop op
herstel van die vorige beskawing nie vergeefs is nie. Die
verengelsde Afrikaner J.M. Coetzee wat in `n roman die einde van die
beskawings- en kersteningsproses in Suid-Afrika aangekondig het, met
die woorde, "sendingwerk, wat het daarvan oorgebly, daardie reusetaak
van opheffing? Niks wat hy kan sien nie." het na Australië
geëmigreer, asof hy sodoende die boodskap van sy roman Disgrace
gestand wou doen.
Afrikanergenie
Ons leef in `n tyd van groot pessimisme, van die ryk se laaste dae.
Die rykdom en welvaart wat geskep is in Suid-Afrika word tans
verbruik. Dit is veral te bespeur in die agteruitgang van
plattelandse dorpe. Dit is voorstelbaar dat Brandfort iewers in die
toekoms nie meer Brandfort sal heet nie, dat daar slegs murasies van
die huise sal oorbly, dat niemand meer sal weet wat hier gebeur het
nie, nie in die konsentrasiekamp nie, nie in 1904 nie, en ook nie op
31 Mei 2002 nie. Wat sal die aftakeling stuit?
Die filosoof Nietzsche het heelwat te sê gehad oor die wil. In
Afrikaans het ons die gesegde, "waar `n wil is, is `n weg". Vandag
kan mens eerlikwaar nie sê of Afrikaners oor die wil om voort te
bestaan beskik nie, maar ten minste het hulle die talent om dit te
kan doen. Die skeppingskrag wat Suid-Afrika uit die niet laat verrys
het, kan weer opgewek word.
Deur die eeue heen was daar twee maniere waarop alle volke hul
voortreflikheid besing het waarmee hulle hul mense wou inspireer om
deel te neem aan `n nasionale taak. Die een was die idee van
uitverkorenheid wat sedert die Israeliete verby die Franse Johanna
van Arkel gevorder het tot by Bloedrivier en die Gelofte. Op 16
Desember 1838 was die Afrikaners die uitverkore volk, maar dit wil
lyk asof ons nie meer die guns van God geniet nie, want ons bevind
ons opnuut in `n Egipteland waar ons verkneg word, waar ons
toestemming moet vra om Afrikaans te praat, waar ons vroue en selfs
jong kinders verkrag word, waar ons besteel word en verguis word in
die staatsbeheerde media.
Daar is egter `n tweede siening van `n nasie, behalwe dié van
uitverkorenheid, en dit is dié van genie en van genius, die eie
aard. Jean-Jacques Rousseau het gesê dat elke volk `n karakter het,
en dat aan `n volk sonder `n eie aard een gegee moes word.
Afrikaners is `n unieke groep mense, van Europese afkoms maar wat eie
is aan Afrika. Net om daardie rede verdien ons om voort te bestaan.
Maar in `n meer fundamentele sin, glo spreker in die genie van die
Afrikanervolk. As `n mens terugkyk op die twintigste eeu, na die
groot hoeveelheid boeke wat hierdie klein groepie mense geskryf het,
na ons vooruitgang op wetenskaplike gebied, na ons skilders en
musici, dan skreeu dit ten hemele dat ons moet ondergaan, en as
verstrooide individue verwelg moet word deur die Ryk wat ons so hard
beveg het, hetsy die globale ryk, hetsy die mini-empaaier van die
nuwe Suid-Afrika met sy folies de grandeur, sy pretensies om
rykshoofstad van Afrika te word. Ses uit elke tien toppresteerders
in die matriekeindeksamen is Afrikaners, hoewel ons iets soos vyf
persent van die bevolking uitmaak. Sê dit nie vir ons iets nie?
Volgens kenners beskik ons oor die beste skole ter wêreld, waar ons
weer eens die Afrikaanse kultuur sou kon oordra aan ons kinders
indien die ryksadministrateurs nie so swaar op ons geleun het nie.
Moet ons avontuur hier eindig?
Afrikanergenie is `n faktor wat niemand nog in berekening gebring het
in Suid-Afrika nie. As ons ons kognitiewe voorsprong sou inspan teen
ons vele vyande, is ons verseker van oorwinning. Wat die skeppende
minderheid tekort skiet aan getalle, maak hy op in intelligensie.
Daar is meer intellektuele in Afrikaans, meer skrywers, meer
dramaturge en filosowe, as in die res van die land saam. Revolusies
word deur intellektuele gekonsipieer en uitgevoer.
In die Woordeboek van die Afrikaanse Taal word "genie" omskryf
as `n "uitsonderlike geestelike begaafdheid, skeppingskrag en
oorspronklikheid wat iemand wat daarmee bedeel is tot buitengewone
prestasies op die gebied van die skeppende aktiwiteit in staat stel."
Oor die afgelope tweehonderd jaar het ons vele genieë voortgebring,
mense soos Piet Retief, Andries Petorius, Hendrik Potgieter en ander
Trekkerleiers, die Boeregeneraals, waarvan sommige later groot
staatsmanne geword het. Iemand soos Smuts wat maar eers op die
ouderdom van twaalf in `n plaasskooltjie begin skoolgaan het, het
later die wêreld aan sy voete gehad. Vir `n eeu lank het ons
konstant skrywers en denkers van `n hoë standaard voortgebring, daar
waar selfs groot lande nie daartoe in staat was nie. Buitelanders
beaam dat die vlak van musiekkultuur onder Afrikaners vergelyk met
dié van die Duitsers.
Vryheid
Iemand het onlangs gesê dat Afrika besaai lê met modelgrondwette.
Die ou Sowjet-Unie het ook `n pragtige grondwet gehad, maar dit het
nie sy leiers, veral Lenin en Stalin, verhoed om twintig miljoen
mense te laat doodmaak nie, ook veral in strafkampe, die berugte
goelags. Solsjenitsin het boeke daaroor geskryf.
U weet en ek weet, dat ons vandag nie vry is nie, al is daar `n
liberaal-demokratiese grondwet in Suid-Afrika, al het ons sogenaamd
stemreg en vryheid van spraak. Teenoor die sensuur van die ou Suid-
Afrika, het ons nou selfsensuur.
Ons sal weer ons vryheid terugkry, maar nie met geweld en terreur
soos die sogenaamde vryheidsbewegings van Afrika nie. Ons is die
vredemakers van Afrika.
Ons gaan nie nog `n oorlog in Afrika begin om ons vryheid te herwin
nie, al het ons waarskynlik die volste reg om dit te doen. Die
Kanadese kritikus van nasionalisme, Michael Ignatieff, wat oor
etniese konflikte skryf, het opgemerk:
"Waar etniese minderhede onderwerp is aan werklike tirannie, waar
taal en kultuur werklik onderdruk is, is nasionale herlewings, selfs
nasionalistiese opstande, beide onvermydelik en geregverdig."[18]
Dat Afrikaans vandag in staatsdepartemente verbied word, dat
Afrikaanse skole en universiteite gedwing word om te verengels, dat
ons kultuur in `n geheel en al ongelyke verhouding teenoor die
Engelse kultuur staan in Suid-Afrika, kom neer op `n
oorlogsverklaring aan die Afrikaner.
Ons is die mees vredeliewende volk in Afrika, wat nog altyd onder
groot provokasie van die koloniale moondheid vrede nagestreef het.
Beide Jan Smuts en Paul Kruger het uit hul pad gegaan om tydens die
Bloemfonteinse konferensie met Milner die oorlog waarop laasgenoemde
vas besluit het, af te weer. Toevallig het die konferensie ook begin
op 31 Mei 1899, en is dit ses dae later minagtend deur Milner
beëindig. Toe oorlog egter onvermydelik geword het, is dit geveg tot
aan die bittere einde toe.
`n Vorige staatspresident, een van die dekadente driemanskap, het
twintig jaar gelede op `n stadium gewaarsku dat die tier in die
Afrikaner sou wakker word. Veel eerder is die muis in die Afrikaner
opgewek oor die afgelope dekade of so. Maar miskien het hy die
verkeerde metafoor gebruik. Daar is geen Bengaalse tiere in Afrika
nie. Maar daar is leeus. En ons weet die leeu is die koning van
Afrika.
Ons het reeds leeus onder ons gehad. Daar was genl. Koos de la Rey,
die Leeu van Wes-Transvaal. Die leeu is `n moedige dier wat respek
afdwing, al jag hy in klein troppe. Ons het nog altyd teen `n oormag
geveg, van Bloedrivier tot Cuito Canavale, en nog altyd het ons bo
uitgekom, behalwe toe Engeland die vroue en kinders begin doodmaak
het.
Daar is vandag baie lords in Suid-Afrika, selfversekerde mense wat
bewus is van die eie mag en aansien. Maar as die Boerekommando
opstyg oor die veld, dan weet almal wat dit beteken. En dan sal
hulle hardloop soos hulle nog altyd gehardloop het.
As daar `n Derde Vryheidsoorlog geveg moet word, al is dit deur `n
volgende geslag, sal die Afrikaner weer wakker word, want van ouds af
is ons `n leeuevolk. Maar soos gesê, ons gaan nie nog een van Afrika
se vele gewapende konflikte begin nie; ons is die vredemakers. Daar
mag egter `n tyd en `n uur aanbreek wanneer dit onvermydelik sal
word, en waar die beginsel van selfverdediging sal geld, en waar ons
aan ander sal doen soos hulle aan ons doen.
Toorn, toorn teen die lig se doodgaan
Dylan Thomas het woedend geskel teen die dood toe hy gesê het, "Do
not go gentle into that good night. Rage, rage against the dying of
the light". Moenie saggies daardie heerlike nag ingaan. Toorn,
toorn teen die lig se doodgaan.
Soos die vroue van die konsentrasiekampe, moet ons ons woede oor die
onreg wat ons beleef nog eens konstruktief aanwend, dit omvorm tot `n
staalharde wil.
Ons moet die hensoppers in eie geledere uitdelg soos Moses dit gedoen
het, nie met die swaard nie, maar met die pen.
Ons moet nie meer tevrede wees om terug te staan vir ander nie, en
moet onsself laat sien en hoor.
Ons moet weer ons simbole terugvind, soos die Oranje-blanje-blou
vlag.
Ons moet weer Die Stem sing, sonder om ons te steur aan die smaad en
die laster van ander wat self nog nooit `n volkslied kon komponeer
nie.
Ons moet weer boeke skryf, boeke wat die wêreld aan die praat sal
sit. Soos Van Wyk Louw voorgestel het, moet ons ons eie "isme" die
wêreld in stuur.
Ons moet nie langer ons ondergeskiktheid aanvaar nie, en aandring op
ons regte, op alle gebiede.
Ons moet veral nie skuldig voel oor ons verlede nie, want ons het `n
trotse en `n heroïese verlede, anders as die meeste volke in Afrika,
en in Suid-Afrika.
Ons moet weer kies om in die land te bly, eerder as om soos
kolonialiste weg te hardloop.
Ons moet weer Afrikaans in die openbaar praat, sonder skaamte of
minderwaardigheidsin.
Ons moet ophou om hulle te verloën wat in die verlede alles opgeoffer
het sodat ons vry kan wees.
Ons moet weer standaarde stel in Suid-Afrika, want as ons dit nie
doen nie, wie sal dit doen?
Ons moet losbreek uit die greep van dekadensie en sonder preutsheid
of konserwatisme weer lewe volgens Afrikanerwaardes.
Ons moet ons vryheid terugwen, soos ons dit al twee keer vantevore
gedoen het.
Ons moet weer waag om onsself te wees. Ons, die doringboomvolk.
Ons sal lewe, ons sal sterwe. Ons vir jou Suid-Afrika.
Nou net voor julle dink ek dink alles is sleg in Afrika, laat ek julle
vertel van 'n vriend wat pas teruggekeer het van Nigerië af waar hulle gaan
diepsee visvang het. Sy ondervinding was dat daar minder misdaad is, maar
dat alles daar donners duur is. 'n Bottel commen brandewyn kos R350 en 'n
bottel water R30 [750ml]. Die kraanwater kan jy eenvoudig nie drink nie
[dis nou as jy nie van spuitpoep hou nie]. Hy sê hul diens aan toeriste is
veel vriendeliker as die wat jy in Suider-Afrika kry en dat dit lyk asof die
Keniane besef dat toerisme vir hulle geld bring en 'n bron is om te beskerm.
En ons arme Namibiane? Ons koop geen water nie want ons water is
skoon. Die drankpryse vergelyk met die RSA s'n en in sekere gevalle
blykbaar nog goedkoper ook. Ons koop vleis tussen R15 en R22 per kilo en
die Duitse gebak en polonies het nie sy gelyke nie. Dan is daar nog die
oorvloed biltong ook...................
Stadig maar seker is die swart elite in SA en omgewing besig om te
verkrummel. Deels omdat hulle in poste aangestel is waarvoor hulle nie
gekwalifiseerd is nie (poletieke aanstellings), en deels omdat hulle so
besig is om hulle te vergryp aan mag en geld.
Op die oomblik staan ons stomgeslaan oor dit wat in Zimbabwe aangaan, maar
agv mense soos antie Gloudina en kie word dit was by die huis gebeur baie
vinnig onder die mat ingevee.
Ek sal baie graag van Gloudina wit weet of dit vir die ANC moontlik is om
iets te doen waarmee sy NIE saamstem nie.
Antie Gloudina, los vir Frikkie en sy maatjies uit. Hulle is minstens eerlik
genoeg om te erken dat die nuwe SA nie die utopia is wat so op ons
neergedruk word onder die dekmantel van as jy nie daarvan hou nie is jy
REGS, en as jy regs is, is jy 'n RASSIS, en as jy 'n rassis is, dan is jy
erger as 'n moordenaar.
In teenstelling daarmee wil jy die hele tyd vir ons vertel VANUIT KANADA,
hoe ons moet lewe hier in SA. Nou toe Gloudina dit is nou al 10 jaar gelede
vandat dit wat jou uit SA laat trek het verander is. Hoekom klim jy nie op
die eerste die beste vliegtuig en kom nou terug na SA toe nie.
Jy weet Gloudina, ek het 'n ander teorie oor jou. Ek dink jy het SA verlaat
omdat jy en jou man gatvol geraak het vir die swartes en jouself nie 'n
toekoms kon sien bou met hulle om jou nie. Nou sit jy daar in Kanada en as
"under cover rassis" plaas jy anti rassistiese goed hier op die nuus groep
omdat jy hel verveeld is, en moontlik ook 'n sadistiese streek in jou het.
Werner
(Normale Suid Afrikaner wat dink Kanada is 'n kak plek)