In Saterdag see koerant : Vreeslike ongelukkige Pappie omdat sy ou seuntjie
glo deur die stadspolisie met 'n rewolwer teen die kop aangehou is.
Seun het met 'n bakkie met getinte vensters ( onwettig) deur rooi
verkeersligte gery - en die polisie sit hom toe agterna.
In die proses is seun deur nog twee rooi verkeersligte, en toe die polisie
hom eindelik gestop kry, beweer hy hy het nie die sirene gehoor nie, want
die musiek in die kajuit was te hard.
Die polisie beweer die passasiers ( twee dames) het gouer as die bestuurder
uit die bakkie geklim - daarom het hulle hul wapens gebruik.
--
Annette
Wat is die werklike storie ivm 'n ontwikkeling van 'n hotel/lodge vir rykes
in die gebied binne 'n beskermingsgebied waarvan niemand plaaslik veel weet
nie? Blykbaar weet die Minister alles van die storie af....hy verbied
strandry om die gebied te beskerm, maar laat so iets toe wat veel erger
skade aan die omgewing gaan bring as strandry.
Die storie het nie eens die SABC-TV se 19:00 hoofnuusberig gisteraand gemaak
nie. Maar wel 'n nabootsing waar 3 bllange polisiemanne 'n swart polisieman
aangerand het - en waar die saak op appel verkeer....
"Frikkie Potgieter" skryf in boodskap news:m03nsvsc1c6okg1gije23v1m9q4hj476nn@4ax.com...
> Guesthouse murder shocks town
> 30/11/2003 23:58 - (SA)
>
> Print article email story
>
>
>
> Jeanne-Marie Versluis
>
> Bloemfontein - Residents of Clarens are still in shock after a woman
> and her elderly parents on a a getaway weekend were shot dead at a
> guesthouse, loaded into their car and set alight in the vehicle.
>
> Police found the charred remains of the three people and the car wreck
> outside the town in the early hours of Sunday.
>
> Three suspects were arrested within 24 hours of the murders. One was
> an employee at the guesthouse and out on parole after a car-theft
> conviction.
>
> Mihanna Badenhorst, 55, an estate agent, apparently invited her
> parents, Louis, 81, and Henrietta, 82, all of them from Bloemfontein,
> on a breakaway weekend to the eastern Free State town.
>
> Constable Christopher Mophiring said the Badenhorsts were probably
> shot dead at the "Gister se Glorie" guesthouse on Cornelia farm on
> Saturday night.
> They were loaded into the car and left on the road about 4km outside
> the town. The car was set alight.
>
> Mophiring said the first suspect, a 20-year-old man who worked at the
> guesthouse, was arrested about 13:00 on Sunday.
>
> A cellphone, torch and 7.65 pistol belonging to the Badenhorsts were
> apparently found at his girlfriend's house in Kgubetswana, Clarens.
>
> Two other suspects, aged 16 and 19, were arrested on Sunday afternoon
>
> http://www.news24.com/News24/South_Africa/News/0,,2-7-1442_1 453049,00.html
>
Die leser wat hierin 'n aanval lees op enige
spesifieke gemeente begryp die strekking van die gedig nie.
Heer, U weet dat ek gelukkig is hier
in die gemeente Stellenbosch-Sentraal,
want veel seëninge ontvang ek op my werk:
deur my huisbesoek op geselekteerde testamente
is gemeentlike fondse reeds met duisende versterk.
U weet hoe die lidmate vir ons sorg:
die vrieskaste bult buitentoe, oorvol
is ons kelder van die goeie dade -
ons drink rooiwyn wat sewe jaar gerus het
saam met die vet braaivleis van genade.
U weet die kinders moet universiteit toe
en die koshuise is duur en vol en waar
is daar 'n pastorie met sewe huurstudente?
Net op Stellenbosch is so 'n kans vir dié goue gans
toelaatbaar volgens kerklike reglemente.
Ek speel in die eerste tennisspan
en ons wen nou al drie jaar na mekaar.
Maar 'n mens moet kompetisie hê - U weet:
soos Satan elke Sondagmôre
sy invloed teen u roepstem meet.
U kudde val nou die kuns ten prooi
want godslastering word verlig en letterkundig mooi.
Hoe kan ek bly waarsku teen die bose spel
as ek nie sêlf, met my komplimentêre kaartjie,
my slagyster in die Thom gaan stel?
(Die klein sondetjies met my buurvrou
het ek alreeds voor U bely - net nou en dan
bedien ons nog die sakramente.
Kan ek haar dan sommer sê laat staan,
sonder groetnis sê en komplimente?)
Ag, en die akademiese omgaan en verkeer
met al die professore, hoe kan ek dit ontbeer -
ék wat so graag delf in die duisterhede,
so lank gewag het op 'n kweekskoolstem
in antwoord op my broederse gebede.
Nou kom U met dié beroep
na die sendinggemeente op Merweville .
vir mý, gereelde voorsitter van die Ring!
Alle grappies op 'n stokkie, Meester,
is U ernstig met die ding?
Willie Marais tydens HNP-Hoofbestuur:
Derde partye kan nou grondeise teen boere instel
(Deur Jakkie Basson)
DIE skokkende nuus is bekendgemaak dat derde partye grondeise teen
boere kan instel sonder dat hulle self daarvan weet. Dit kom op
bedrog neer, maar is 'n duidelike aanduiding van hoe immoreel daar
teen die blanke in hierdie land opgetree word.
Dit was maar een van vele aspekte wat mnr Willie Marais aangehaal het
van hoe die blanke onder 'n kommunistiese ANC-bewind afgeknou word.
Die ANC-regime is besig om doelbewus die swarte te bevoordeel ten
koste van die blanke, en grondroof is een van die belangrikste metodes
om die Afrikaner van sy besitreg te vervreem, het mnr Marais
gewaarsku. TLUSA het reeds in 'n nuusbrief aan sy lede gewaarsku teen
hierdie praktyk wat die boer nog meer weerloos as vantevore maak oor
die vervreemding van sy grond.
Die implikasies van hierdie besluit is dat grondeise teen 'n boer se
grond ingedien kan word wat nie plaasvind in die naam van die eiser
self nie, maar deur 'n derde persoon wat nie direkte belang by die
saak het nie. Dit open die weg vir gewetenlose spekulante om eise in
te dien om dan op hierdie wyse finansiële voordeel uit 'n saak te trek
waarby hulle inderdaad geen belang het nie.
Dit is net 'n verdere stap om, deur dit toe te laat, die proses te
versnel om die boer van sy grond te vervreem, en dit al meer in die
hande van swartes te laat beland wat geen benul van moderne boerdery
het nie. Dit het dus 'n tweeledige uitwerking, naamlik dat die
produktiewe boer van sy grond afgewerk word, en dat 'n onproduktiewe
swarte sy plek inneem wat die grond laat verwaarloos en geen voedsel
geproduseer word nie. Dit sal 'n ramp vir Suid-Afrika wees.
Daarom benadruk mnr Marais dit sterk dat die boer intensief sal moet
navorsing doen om vas te stel wie die grondeiser is. Anders loop hy
die gevaar om deur administratiewe stappe van sy grond verdryf te
word.
Mnr Marais het ook gewys op die woelinge binne die NG Kerk. Twee
sinodes, Wes- en Suid-Kaap en Oos-Kaap, het reeds die Belhar belydenis
aanvaar.
Sodoende word druk op die ander sinodes uitgeoefen om dieselfde te
doen, en tydens die volgende algemene sinode die saak deur te druk.
Dit moet noodwendig tot nog 'n skeuring in die kerk lei.
In die lig daarvan het mnr Marais 'n beroep op diegene wat nog lid van
die NG Kerk is, gedoen om 'n gesamentlike aksie van stapel te laat
loop wanneer dit plaasvind.
Oor die beheer van die ekonomie in Suid-Afrika, het mnr Marais daarop
gewys dat aanvanklik die Britte 'n 92% belang in die ekonomie van die
land gehad het. Die Afrikaner was daarvan uitgesluit. Nou word
doelbewuste pogings aangewend om die swartman in beheer van die
ekonomie van die land te plaas.
Swart bemagtiging word hiervoor ingespan.
Internasionaal, veral in die VSA, duur die resessie voort, en
aandelebeurse wêreldwyd stort in duie. Daar is wel oplewings, maar
daarna daal dit weer verder as wat dit gestyg het, soos die Nasdac wat
al met 70% geval het, en die Dow Jones met 30%. Werkloosheid in die
VSA is 6%, terwyl as die kerf van 8% bereik word, dit katastrofies sal
wees. Amerika se handelsbalans tekort wek ook kommer, en dit dui
daarop dat die VSA sal moet geld leen.
Vanjaar het 1 613 000 meer mense bankrot gespeel as in vorige jare.
Dit hou gevaar in vir die wêreldekonomie.
Suid-Afrika is 'n derdewêreldland waar moord, korrupsie en verkragting
aan die orde van die dag is. Daardeur word die morele vesel van die
land vernietig. Die aanduidings is dat in Suid-Afrika die spreekwoord
dat misdaad nie betaal nie, weerlê word.
Dan het die Prokureursorde pas laat blyk dat ook die regswese tot
skande gekom het. Vonnisse teen die staat word bloot geïgnoreer.
Tesame daarmee is die standaard van wetskrywers besig om onrusbarend
agteruit te gaan. Regters kritiseer gedurig die situasie waarmee
hulle te kampe kry. Selfs regters en landdroste word deur die
appèlhof voor stok gekry. Intussen is swartes besig om die beroep oor
te neem.
Die HNP se oproep dat kiesers moet wegbly van die stembus aanstaande
jaar, moet met erns uitgedra word. Die ANC is besig om met die
naamsverandering van Pretoria nog 'n hou na die blanke te mik. Die
naam, Transvaal het reeds verdwyn, en nou is die aanslag op Pretoria.
Dit sal massa-optrede van Afrikaners vereis om dit te verhoed.
Alhoewel dit nie nou tyd is vir fisiese verset nie, sal daadwerklik
opgetree moet word om die stap af te weer. Borde met die naam,
Tshwane is reeds op die hoofweë op pad na Pretoria aangebring.
Dit is belangrik dat die aksie rondom Pretoria landwyd sal moet
uitkring. Afrikaners sal moet saamstaan om hierdie skande af te weer.
Mac & Mo vertoning stuur af op anti-klimaks
(Deur Jakkie Basson)
SOOS verwag, het die Hefer-kommissie se ondersoek na
spioenasiebedrywighede van ANC-voormanne wat glo vir die NP tydens die
vorige bedeling inligting verskaf het, op 'n anti-klimaks uitgeloop.
Daardeur is egter daarin geslaag om die aandag doeltreffend af te rek
van Jacob Zuma, adjunk-president se beweerde betrokkenheid by
onreëlmatigheid, korrupsie en selfverryking by die regime se
skandalige wapentransaksie.
Die kommissie se ondersoek het in frustrasie kennis moes neem van Mo
Shaik se biegtery dat hy geen vaste bewyse kon voorlê dat Bulelani
Ngcuka skuldig is aan spioenasie vir die NP nie. Jacob Zuma, Jackie
Selebi, Penuell Maduna en ander leiersfigure van die ANC is nie eers
gevra om te getuig nie, en het Mac & Mo ook nie toegang verkry tot
regeringsokumente om hul saak te staaf nie. Derhalwe bly die wolk van
betrokkenheid by spioenasiebedrywighede deur ANC-leiers om hul eie
leiersfigure hang, al kon niks konkreets bewys word nie.
Daar het egter tydens die verhoor soveel vingers na Zuma gewys dat dit
totaal onverstaanbaar is waarom hy nie geroep is om te getuig nie. Hy
was in die tagtigerjare die hoof van ANC-intelligensie, wat beteken
dat hy oor inligting beskik het waaroor ander nie beskik het nie.
Nogtans is hy nie geroep nie. Alle politieke kommentators is hieroor
dronk geslaan.
Dit het ook duidelik geblyk dat Mo Shaik alles moontlik in werking
gestel het om Jacob Zuma in sy getuienis te beskerm.
Wat ook tydens die verhoor aan die lig gekom het, is hoe diep die ANC
inderdaad onderling verdeeld is, en hoeveel onderstrominge daar is wat
teen mekaar werk. So blyk dit dat daar alreeds in die begin van die
1980's 'n stryd tussen Zuma en Ngcuka bestaan het dat Shaik dit nodig
gevind het om Zuma teen sekere beskuldigings te beskerm. Op daardie
stadium was Zuma hoof van die ANC se intelligensie-afdeling. Shaik
was een van sy belangrikste handlangers wat ondersoek moes instel wie
uit eie geledere vir die NP-regering spioeneer. Sodoende het hy oor
'n lys van 888 name beskik. Dit het as Projek Bybel bekend gestaan.
Hy het tydens die verhoor voor die Hefer-kommissie nog steeds daaroor
beskik. Dit is ook die lys wat hy aan die joernalis, Ranjeni Munusamy
gegee het en wat op berigte in die pers uitgeloop het. Hy is deur
regter Hefer daarop gewys dat dit onwettig is om oor so 'n lys te
beskik, en dat dit in die argief tuishoort. In die lig daarvan het
Shaik onderneem om dit aan die regter instansie te oorhandig.
Die lys name waaroor hy beskik, is onbetroubaar en ongetoets. Dit
bevat hoofsaaklik name van ANC-lede wat onder verdenking verkeer het.
Shaik het toentertyd 'n afskrif daarvan aan Zuma en Joe Nhlanhla
oorhandig.
Laasgenoemde was ook op 'n stadium intelligensiehoof van die ANC.
Shaik het nou erken dat hy moontlik 'n fout kon gemaak het oor
gevolgtrekkings wat hy oor Ngcuka gemaak het. Hy het selfs die land
om verskoning gevra sou hy die land in die skande gesteek het. Dit is
'n erkenning dat hy geen tasbare bewyse teen Ngcuka het nie, maar dat
daar ook nie bewys kan word dat hy nie betrokke was nie. Die saak is
dus terug na waar dit begin het toe regter Hefer en sy kommissie met
die ondersoek begin het.
Maharaj en Shaik kon dus niks bewys nie, maar insae in die
inligtingsbronne waaruit dit bewys kon word, is ook aan hulle geweier.
En boonop is sleutelgetuies, soos ook Zuma, nie gevra om te getuig
nie.
Wat die spioenasieverhoor betref, wil dit al meer na 'n oefening in
futiliteit blyk te wees.
Maar intussen is die aandag afgetrek van Zuma se beweerde
betrokkenheid by korrupsie in die wapenskandaal.
28 November 2003
Aanslag op Thabo Mbeki se lewe beplan
(Deur Jakkie Basson)
DIE onthullings dat Uranin Vladimir D Solomon betrokke sou wees by 'n
beplande aanslag op Thabo Mbeki se lewe, en derhalwe in hegtenis
geneem is, het heelwat vrae oor die onderwêreld na vore gebring. 'n
Verslag oor wat skynbaar beplan is, het in die hande van die media
beland.
Solomon het verskeie skuilname gebruik, onder andere Bheki Jacobs, en
dit is glad nie seker dat dit sy ware identiteit is nie. Een deel van
die ondersoek gaan juis daaroor om vas te stel wie hy inderdaad is.
Solomon is verlede Saterdag gearresteer en word aangehou. Hy het
reeds voor die hof verskyn, en die saak is uitgestel.
In die dokument word aangevoer dat die 2004-verkiesing ontwrig moet
word. Wat dit uiters insiggewend maak, is dat dit glad nie verbind
word met enige regse politieke aktiwiteite nie. Dit is baie
klaarblyklik, soos uit die dokument blyk, geïnisieer uit linkse
kringe.
Die name van die persone wat by die komplot betrokke sou wees, word in
die dokument genoem. Dit mag egter nie bekendgemaak word nie.
Daar is in die beplanning vir die sluipmoord op Mbeki daarvoor
voorsiening gemaak dat, met die aanslag op sy lewe, dit so
bewerkstellig moes word dat regses die skuld daarvoor moes kry. Daar
word spesifiek verwys na die moord op Chris Hani in April 1994 waar
mnre Clive Derby-Lewis en Janus Walus skuldig bevind is aan die moord
en tans lewenslange tronkstraf daarvoor uitdien. In die dokument word
vermeld dat infiltreerders by die regses juis poog om van hulle in te
span om die moord vir hulle te pleeg, sodat die skuld op die regses
gepak kan word, en geen vinger na hulle gewys kan word
nie.
Daar word nie onthul wat die redes is waarom Mbeki uit die weg geruim
moet word nie. Dit is egter bekend dat daar voortdurend 'n magstryd
binne die ANC aan die gang is, soos die afgelope tyd met die gebeure
rondom Jacob Zuma aan die lig gekom het. Dit gaan nie net oor sy
beweerde betrokkenheid by die ANC se skandalige wapentransaksie nie,
maar ook die bewerings oor spioenasie vir die vorige NP-bewind. Zuma
self was in die vroeë 1980's hoof van die ANC se
intelligensie-afdeling. Bowendien hou Mbeki nie daarvan dat
andere te populêr mag word nie. Hy het al van 'n hele aantal
politieke teenstanders ontslae geraak deur hulle na die sakewêreld te
verskuif, soos Cyril Ramaphosa en andere. Dit is noodwendig dat
hierdie optrede nie alle ANC-ondersteuners se goedkeuring sal wegdra
nie.
Daar is pas aangekondig dat Mbeki eerste op die ANC se nominasielys
vir die 2004-verkiesing verskyn met Jacob Zuma in die tweede plek.
Daar het egter veral in die begin gereeld berigte verskyn dat in
sekere provinsies Zuma Mbeki ordentlik uitgestof het. In die PWV is,
sonder om die uitslag bekend te maak, Mbeki se naam outomaties in die
eerste plek geplaas met Zuma tweede. Daarna is die ander kandidate se
name alfabeties geplaas met die gevolg dat niemand weet hoe hulle
gevaar het nie.
Dit dui op ernstige woelinge in ANC-geledere wat glad nie besweer is
nie.
Derhalwe kan die vraag gevra word hoe Jacobs se planne inpas in die
huidige politieke situasie binne die ANC, en die verskillende
magstryde wat tans daar aan die gang is.
As die president se lewe in gevaar is, dan is dit reeds 'n aanduiding
dat die omvang en aard daarvan voorwaar uiters onheilspellend is.
Jacobs voer aan dat twee lede van die presidensiële wag geïdentifiseer
is wat die moord moes pleeg. Sy vliegtuig is ook geteiken as 'n
metode om hom te laat verongeluk. Hy is 24 uur per dag dopgehou om sy
presiese bewegings vas te stel. Daar is ook vermeld dat met
verkiesingstyd wanneer hy baie toesprake in die openbaar hou, hy
maklik uitgehaal kon word. Inligting uit sy dagboek vir die
verkiesing is reeds bekom om vas te stel waar hy wanneer sou wees.
Dit beteken dat daar baie binne-inligting oor hom ingewin sou gewees
het.
Dan is daar ook aangevoer dat van hierdie inligting aan regse groepe
deurgegee is sodat hulle uitgelok kon word om die daad te pleeg, en
die skuld op hulle geplaas sou kon word. Die "Boeremag" word nie as
'n moontlikheid genoem nie, aangesien hulle reeds in aanhouding was,
en hulle saak verhoor word. Alles moes in werking gestel word om te
verhoed dat uitgevind word wie werklik agter die planne sit.
Die doel van die komplot behels verder dat instellings soos die
Skerpioene uitgewis moet word, die ANC-leierskap verdeel moet word,
rassetwis tussen die Xhosas en die Zoeloes aangeblaas word en
Suid-Afrika onregeerbaar gemaak word. Deur die 2004-verkiesing verdag
te maak, moet die legitimiteit van die Mbeki-regime onder verdenking
gebring word.
Voorlopig word Solomon aangekla van sameswering om moord te pleeg en
die vervalsing van dokumentasie, soos ID's, paspoorte, ens