Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Buurman red kind se lewe toe sy ophou asemhaal

Wo., 03 Desember 2003 17:25

Skakel na artikel:
http://www.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_1454018,00. html

In hierdie artikel lees ons hoe 'n ou man 'n kind se lewe red. Dit is
goeie nuus en ou oom Carlie Allan is regtig 'n held. Ek sal met hom
wil blad skud.

Wat my wel ontstel het is die feit dat die ma, Allison du Plessis,
meegedeel is dat daar nie voetuie beskikbaar is toe sy 10111 bel nie.
Dit is NIE andvaarbaar NIE. Weereens is die werklike probleem
weggesteek. Ons bly nie almal langs 'n held of 'n dokter nie, en
een of ander tyd gaan jy in dieselfde situasie beland.

Waarvoor word al die noodvoetuie gebruik? Moet nie vir my sê daar is
nie voertuie nie want dit is NET SO VERKEERD! Bliksem mense, die
regering het ons aan 'n wurggreep! Dit lyk my jy kry net nood
behandeling indien jy swart is en nie Afrikaans praat nie. As jy
'n misdadiger is kry jy net die beste ten geen koste.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Maak Afrikaans in skole dood

Wo., 03 Desember 2003 17:17

Skakel:
http://www.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_1454019,00. html

'n Berig het vanoggend in die Beeld koerant verskyn waar die
departement van onderwys die Laerskool Danie Malan van Pretoria-Noord
wil forseer om 'n engelse graad 1 klas volgende jaar te hê. Hierdie
skool is Afrikaans en is reeds vol gestop deur leerlinge uit sy
voedings gebied. Om nou die skool nog te wil forseer om engelse
leerlinge aan te neem beteken dat Afrikaans klasse verminder sal moet
word.

Siener het gesê dit gaan gebeur. Dit is nie meer net ons taal wat
hier aangeval word nie,
dit is die Afrikaner. Die engelse leerlinge is nie blankes nie, hulle
is swart. Hoeveel keer het ons die gevolge van "Engelse" skoole
gesien nie? Waar skole gevorseer word om Engels in te neem waar hul
nog altyd Afrikaan was het verder probleme veroorsaak. Dit
terwyl swart skole in Soweto, Alexandra en ander swart gebiede sit met
so min as 6 leerlinge per klas. Hulle wil nie daar skool gaan nie
omdat hulle 'n WIT skool wil oorneem.

Ons sit hier met 'n wraaksug wat nie gestuit word nie en ons is vinnig
aan die verloor.
Hoe lank voordat nog van ons en ons kinders in die "Equity" hof beland
soos Shannon Ferreira, haar dogter en dié se kêrel?

http://www.news24.com/News24/South_Africa/News/0,,2-7-1442_1 453905,00.html

Siener se woorde kom vinniger waar as wat ons hulle kan lees.

Onderwys & opvoeding | 14 kommentare

Verdere koerantopskrifte van die toekoms

Wo., 03 Desember 2003 14:30

Kak-dispenser uitgevind!

En

Frikkie Potgieter steeds toegekak!
Medici weier om kunsmatige asemhaling toe te pas - ruik glo te sleg!

DD loer onder hopie uit, soek leiding by Frikkie!

Elders is wederkoms afgehandel.

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Grote Gat

Wo., 03 Desember 2003 12:48

Groot Gat Godin almanakke is volgende week beskikbaar teen R100 stuk by
Exclusive Books en die fondse gaan vir die veg teen borskanker.

Die Groot Gat Godin se fotos is onlangs in Cullinan geneem en daar's ook 'n
manlike "hunk" in sommige van die maande.

Hulle gee nie die afmetings van die almanak nie, maar ek skat jy het groot
plek nodig om die een te hang aan 'n stewige spyker.

:-)

TJ

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

Klim die berg

Wo., 03 Desember 2003 08:22

As ek graag Everest wou klim (ek wil nie) sou die R / $ koers my nie keer
nie.

Nou kla SA Toerisme oor die R / $ koers, maar sien nie rede dat as waarde
('n rede om SA toe te kom) aangebied geword in pleks van prys (goedkoop word
nou duurder) ons beter kan doen nie.

In pleks van Rx vir 'n koppie (goedkoop) koffie te vra, adverteer eerder die
gehalte van die koffie of gee my meer koppies vir my geld en ons albei kom
bo uit.

SA - die land van sonskyn en kwaliteit (en veilige) vakansies ("never mind
the price") - dis nou blinkgat?!

:-)

TJ

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

" Reën in die Bosveld " deur D.J. OPPERMAN

Wo., 03 Desember 2003 03:19

D.J. Opperman

Reën in die Bosveld

Lang maande lê die reënboog
in 'n miershoopgat gekrul,
blink en nat soos 'n voël se oog.

En winternagte as die steenuil fluit,
blaas 'n wit os op die rivier
dik mis teen riete en die walle uit.

Maar een middag bulk hy in die poort, swaai boos
sy horings oor die klowe,
en uit 'n miershoop vlieg die voël omhoog.

Prosa & poësie | 0 kommentare

I would like to learn Afrikaans.

Di., 02 Desember 2003 20:36

Dear Afrikaans Group Members,

I have would like to learn Afrikaans with the help of an pen pal
through the use of email.

I am 57-years-old and have lived in The Netherlands for 3 years in the
1960s.

I have visited South Africa twice, having stayed mostly in Cape Town
and Grahamstown.

My understanding of Nederlands is weak after 40 years, alas!

Please contact me at if you have interest in corresponding with
someone who is still taking baby steps, but has an interest in the
people and culture of South Africa as well.

Thank you very much.

Stay well,

Larry

Larry McElhiney
ma...@chirk.com

Language Help/ Taalhulp/ Sprachhilfe | 1 kommentaar

Soek werk in London Engeland

Di., 02 Desember 2003 19:37

Hello almal.

Miskien is daar iemand hier wat kan help.

My jongste broer is op die oomblik in Engeland op soek na werk. Hy is op een
van daai "working holidays". Hy is nou 22 en volgens my alreeds 'n goeie
boer (die tipe wat op 'n plaas boer:-)) en harde werker. Hy boer met koring,
beeste, skape in die Wes-Kaap, maar met die swak oeste van vanjaar moes hy
iewers gaan geld maak en het toe besluit om in Engeland (London) te gaan
probeer.

Weet enige iemand dalk waar hy kan gaan aanklop om een of ander plaaswerk te
kry? Of adresse van websites waar hy bietjie kan gaan inligting kry. Sy
eerste keuse sal natuurlik plaaswerk wees, maar enige inligting oor ander
werk sal ook waardeer word.

Baie Dankie,
Kobus

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Meisie (11) deur leerder in Kuilsrivier-skool verkrag

Di., 02 Desember 2003 18:39

Meisie (11) deur leerder in Kuilsrivier-skool verkrag
02/12/2003 07:38 - (SA)


MARLENE MALAN

KAAPSTAD. - 'n Meisie (11) is in skooltyd deur 'n medeleerder in die
gebou van die Bet-el-sentrum vir Epilepsie in Kuilsrivier verkrag.

Die 13-jarige verkragter is skuldig bevind en die
kinderbeskermingseenheid het aanbeveel dat hy in 'n program vir
jeugoortreders opgeneem word.

Die skool het eers 'n dag ná die voorval daarvan te hore gekom toe die
meisie teenoor maats gebieg het.

Nadat die ma, 'n enkelouer, en haar dogter 'n klag by die
Kuilsrivier-polisie ingedien het, is die gr. 7-seun ná 'n ondersoek
skuldig bevind.

Desondanks het die skoolhoof, mnr. Kallie Baron, gister ontken só 'n
voorval het plaasgevind.

Die ma het gister gesê sy is ontsteld "omdat die skool nog niks gedoen
het vir my kind of vir my nie".

"Wat die ergste is, is dat die skool teenoor my erken het 'n
soortgelyke voorval het verlede kwartaal op die skoolterrein
plaasgevind."

Die ondersoekbeampte, insp. Ian van Romburgh, het bevestig 'n
verkragtingsklag is vroeër vandeesmaand ingedien.

"Die saak is afgehandel en die seun is na 'n program vir
jeugoortreders verwys. Hy is te jonk om verhoor te word. Die
onderwysdepartement moet dit nou hanteer."

Die ma het gister gesê sy is steeds verdwaas. "Die skool het my op 4
November om 10:30 ontbied. Ek moes hoor my kind het aan 'n maat vertel
'n seun het haar die vorige dag in 'n gang beveel om haar broekie af
te trek. Hy het haar gepenetreer.

" 'n Onderwyser het haar glo iewers heen gestuur en die seun het haar
voorgekeer. Dit was tussen eerste en tweede pouse. Nadat ek ingelig
is, het ek 'n klag by die polisie ingedien. Ons is toe na die Karl
Bremer-hospitaal, waar sy ondersoek is en pilletjies gekry het," het
sy gesê.

" 'n Vergadering met die hoof, onderhoof, sielkundiges en direkteure
is op 25 November gehou. Ek is sielkundige berading beloof en 'n
verwysing na die Tygerberg-hospitaal sou gereël word. Nou gaan almal
voort asof niks gebeur het nie. My kind was 'n week uit die skool en
net twee sessies is vir ons by die skool gereël. Ek is verplig om 'n
ander skool vir haar te soek."

Baron het gister gesê hy weet niks van so 'n voorval nie. "Skryf
eerder oor die R35 000 se toerusting wat by die skool gesteel is.
Gister het 'n man weer my TV by my huis uitgedra."

Die Wes-Kaapse minister van onderwys, mnr. André Gaum, het die voorval
as "tragies" bestempel.

"My departement sal die saak volledig ondersoek en alle moontlike
stappe doen om dit doeltreffend te hanteer."

Nuus | 0 kommentare

'Kyk hoekom party skole leegloop'

Di., 02 Desember 2003 18:33

'Kyk hoekom party skole leegloop'
Alet Rademeyer


'n Uiters ongebalanseerde situasie wat die regering dringend moet
ondersoek.

Só het politici en skoolhoofde Maandag gereageer op die plekprobleem
vir leerlinge in Gautengse skole.

Terwyl gewese model C-skole uit hul nate bars en gedwing word om talle
leerlinge op waglyste te akkommodeer, smag heelparty skole in die
omliggende townships na meer leerlinge.

Mnr. David Quail, DA-lid van die Gautengse wetgewer, het gesê "dit
bewys weer dat ouers al hoe meer met hul voete stem terwyl die
onderwysdepartement blykbaar verkies om dié tendens te ignoreer".
Volgens Quail was daar vanjaar 63 000 leerlinge in die provinsie vir
wie nie beplan is nie.

"Om dié leerlinge te akkommodeer, word al hoe meer druk op model
C-skole in voorstedelike gebiede geplaas."

Me. Juli Kilian, NNP-lid in die wetgewer, het gesê die departement sal
moet begin kyk waarom swart skole leegloop. "Om al hoe meer druk op
skole te plaas wat hul bes doen om gehalte-onderrig te lewer sal nie
die groter probleem laat verdwyn nie."

Mnr. Theo Panya-Panya, werwer by die Ibhongo Secondary School in
Soweto, het gesê die uittog van swart leerlinge na stedelike gebiede
is 'n rede waarom hulle so min leerlinge het. Dié skool het vir sowat
650 leerlinge plek.

Hy het gesê ouers vat hul kinders uit die townships omdat hulle vrees
vir hul veiligheid omdat van die skole nie behoorlik omhein is nie.

http://www.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_1453480,00. html?kps=193

Onderwys & opvoeding | 1 kommentaar

Bladsye (1835): [ «    486  487  488  489  490  491  492  493  494  495  496  497  498  499  500  501    »]
Tyd nou: Sa. Jun. 13 09:02:34 UTC 2026