Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Nog n opskrif

Vr., 05 Desember 2003 08:28

Pikkie Frotgieter verander naam!
Raak nou Francois.

Begeerte om te kak glo die rede.

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Ek soek Skipskop se woorde

Vr., 05 Desember 2003 08:19

Toe ek na David Kramer se webblad gaan, is al die kortspelers, albums
envertonings daar gelys, maar niks van Skipskop nie
-
Annette

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Kerneels....

Do., 04 Desember 2003 22:56

Kerneelsie,

jou humorsin en intelligensie is 'n absolute aanwins vir die elke Suid
Afrikaner in die buiteland. En in elke 'Afrikaanse' nuusgroep wat ek aan
behoort, is daar 'n Keneelsie soos jy. Gooi elke nou en dan 'n paar
beledigings na ander gebruikers en dan, soos die patetiese amoeba wat jy
is, vermaak jy jou in die reaksies.

Jy mis die punt, en die lewe gaan by jou verby.

Alle simpatie
Francois

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Ngcuka, Zuma kom tot vergelyk

Do., 04 Desember 2003 18:00

Ngcuka, Zuma kom tot vergelyk
Nicolize Mulder

Ná al die kopstampery in die Pretoriase hooggereghof tussen adj.pres.
Jacob Zuma en adv. Bulelani Ngcuka, nasionale direkteur van openbare
vervolging, het dié twee gister hul hofsaak oor 'n Franse faks sonder
enige verdere regsargumente in die hof geskik.

Dit het Zuma en Ngcuka se regspanne etlike ure geneem om tot 'n
vergelyk te kom. Die skikkingsooreenkoms is kort ná middagete deur
regter Jerry Shongwe 'n bevel van die hof gemaak.

Ingevolge die ooreenkoms trek Zuma sy aansoek terug teen Ngcuka, die
Nasionale Vervolgingsgesag en die Skerpioene.

Die vervolgingshoof en sy Skerpioene moet op hul beurt vir Zuma volle
toegang tot die oorspronklike, handgeskrewe Franse faks in kodetaal
gee, maar nie voor mnr. Shabir Shaik dit gekry het vir sy verhoor in
die Durbanse hooggeregshof nie.

In dié faks word Zuma glo van korrupsie tydens die multimiljardrand -
wapenskandaal beskuldig.

Shaik, vroeër Zuma se finansiële raadgewer, verskyn in Februarie weer
in die hof, maar 'n verhoordatum sal na verwagting vir later bepaal
word. Hy word verdink van onder meer bedrog, alternatiewelik
korrupsie. Die faks is 'n bewysstuk in sy saak.

Ingevolge die ooreenkoms sal Zuma en Ngcuka elkeen vir hul eie
regskoste opdok en nie een van die partye sal in die openbaar oor die
skikking kommentaar lewer nie. Die ooreenkoms speel klaar met al die
geskille wat in Zuma se aansoek geopper is.

Die aansoek deur Zuma is aanvanklik in September op 'n dringende
basis gebring, maar Shongwe het destyds beslis dit is nie dringend
nie. Zuma, wat die aansoek in sy persoonlike hoedanigheid gebring
het, moes vir die eerste ronde se regskoste betaal en sy beurt op die
normale hofrol afwag.

Zuma het vroeër in die hof laat hoor dat hy met die aansoek sý kant
van die saak wil stel in die "hele drama" wat hom in die openbare
arena afgespeel het.

Zuma is saam met Shaik ondersoek, maar Ngcuka het gesê Zuma sal nie
vervolg word nie, al is daar prima facie bewyse teen hom.

http://www.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_1454545,00. html

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Kunstenaars en toekennings

Do., 04 Desember 2003 11:52

Is daar enige ander groep wat so graag erkenning in die openbaar wil kry
soos kunstenaars - van skrywers tot akteurs, ens.?
En, wanneer die huldeblyk met die dawerende applous van die ander
kunstenaars ontvang word, dan probeer die arme ou so nederig as moontlik
voorkom.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Verdere koerantopskrifte

Do., 04 Desember 2003 08:26

Kak-dispenser na Frikkie Potgieter genoem!
Spencer stel eis in - kopiereg glo verbreek.

DD weggevat in wit hemp van dik katoen
Kos van hom weggehou in geval hy homself weer probeer doodkak

Frikkie Potgieter spreek verwardheid uit - blameer swart Suid-Afrikaners.
Wil Muslim raak oor Jesus bruin is - protesaksies in Mekka.

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Wie wil raai?

Do., 04 Desember 2003 07:32

Wat gaan vandag gebeur et die groot rugbyvergadering?
1) Gaan Silent Silas uitgestem word?
2) Gaan Rian 'n stem van geen vertroue kry?
3) Gaan Rudolf se verslag as 'n versinsel van die tafel gevee word?
4) Kan SARVU, met die kleiner dollar, bekostig om Strauelli 'n
loopasseblieftog van 2 miljoen betaal?
--
Annette

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

" Die boodskap aan Maria " deur NP van Wyk LOUW

Do., 04 Desember 2003 01:28

N.P. van Wyk Louw

Die boodskap aan Maria

Sy 't deur die skaduwee gegaan
in die soet lentenag,
skraal-wit en skemerig en nog sku
van naamlose verwag;
soos 'n groot nagblom oop
waaroor die motte bewend hang,
so was sy onder die sterre, in haar
onwetende verlang.
Maar toe Hy kom, het sy geweet.
Geen stem was daar,
net enkele sterre donkerder
en blydskap soos 'n tent óm haar;
en alle verlange buitekant
het trug- en tuisgekeer
tot innigheid, en rus gekry
soos waters in 'n donker meer,
en huiswaarts oor die paaie het sy
gepeins dat vreugde só kon wees:
vervuld en woordeloos, en stil
geglimlag oor haar verre vrees.

Prosa & poësie | 0 kommentare

Re: 'Race case' tests equity court

Wo., 03 Desember 2003 17:53

Frikkie Potgieter

> Mkhize, a grade nine pupil at Edgemead High School, has alleged that
> on November 6, Ferreira, her daughter and the boyfriend, assaulted
> her, shouting racial insults and defecating on her. This was after
> Mkhize intervened when the trio accosted another pupil.

En so, Frikkie, wat gaan hier aan.
Dankie vir al die insiggewende
rapporte oor die boerenasie.

Tant Hessie van die agterste van Helsdingens

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Gewonde ma veg soos tier ná skote wat haar seun eis

Wo., 03 Desember 2003 17:29

Gewonde ma veg soos tier ná skote wat haar seun eis
Marida Fitzpatrick

Met twee koeëlwonde in haar onderlyf en bloed wat teen haar bene
afstroom, het 'n ma haar seun se gewapende aanvaller ingehardloop,
hom aan sy strot gegryp en byna doodgewurg.

"Ek het moord in my hart gehad - nes hy. Ek het myself tot sy vlak
afgebring, want ek wou hom dóód hê," sê mev. June Motto-Ros, wie se
seun, Marco (22), in 'n motorrooftog doodgeskiet is.

Sedert die voorval einde September is mev. Motto-Ros in 'n finansiële
penarie weens haar seun se hospitaalrekening. Hoewel hy net twee uur
in 'n private hospitaal was voordat hy dood is, beloop die rekening
meer as R20 000. Sy meen die regering behoort dié rekening te betaal
omdat sy meen hy ignoreer die misdaadprobleem.

Motto-Ros het gister huilend aan Beeld vertel hoe haar lewe in 'n
oogwink aan skerwe gespat het.

Sy het saam met Marco en sy vriendin op die stoep van hul huis in
Moffat View, Johannesburg, gesit toe die gewapende aanvaller langs
hulle verskyn en die sleutels van hul Jetta, wat in die oprit gestaan
het, gevra het.

Motto-Ros het gesê hy kan die sleutels kry sodra hulle veilig in die
huis is. Sy het die sleutels na die oorkant van die pad gegooi.

"Maar hy was daarop uit om te moor. Terwyl hy gehardloop het om die
sleutels te kry, het hy wild en wakker in ons rigting geskiet."

Toe die aanvaller terugkom, het Motto-Ros op haar seun geval in 'n
poging om hom teen die koeëlreën te beskerm. 'n Koeël het haar in die
dy getref.

"Marco het my gesmeek om van hom af te klim uit vrees dat die man my
sou vermoor. Ek het geweier, maar hy was te sterk en het my
afgestoot."

Die aanvaller het Marco verskeie kere in die bors en sy geskiet en in
die Jetta weggejaag. "Toe ek sien hoe hy my weerlose kind afmaai,
het 'n wilde woedevlaag in my losgebars. Ek was waansinnig."

Ondanks haar wonde het Motto-Ros die man agternagesit en
ingehaal. "Die motor se ratslot was gesluit. Die vark kon net in
trurat ry."

Sy het die passasiersdeur oopgepluk, ingespring en - ondanks verskeie
skote - die aanvaller aan die nek gegryp.

Intussen het 'n buurman wat gesien het wat aangaan met 'n
insleepvoertuig op die Jetta afgepyl. Sy het uitgespring.

Nadat die insleepvoertuig die Jetta getref het, het die rower
uitgeklim, sy magasyn op die buurman leeggeskiet en in die
insleepvoertuig weggejaag.

"Wonder bo wonder het hy (die buurman) bly leef, maar hy het nog nie
volkome herstel nie."

'n Man is dieselfde aand in 'n sjebien in hegtenis geneem weens die
onwettige besit van 'n vuurwapen.

http://www.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,4127,3-975_1454057 ,00.html

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Bladsye (1835): [ «    484  485  486  487  488  489  490  491  492  493  494  495  496  497  498  499    »]
Tyd nou: Vr. Des. 26 13:05:58 UTC 2025