Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

" Moederstad " deur D.J. OPPERMAN

So., 07 Desember 2003 13:55

D.J. Opperman

Moederstad

Het ek geslaap, oor seë heen geswerf
want vreemd verskyn vanoggend Tafelberg
en Baai, of is dit net omdat ek kind
en vrou ná al die spanning veilig vind?
Die sweefhok klouter langs sy kabel op
nog altyd 'n wit-eier-spinnekop...
Maar in watter streke van die gees
was ek die afgelope maande dan gewees:
die groot woestyn met grys opgrawings
van beeld, pilaar en pot, beskawings
met 'n doolhof na die binneruime
van 'n kelder waar die koning sluimer,
soos 'n dooi kind in die moer, stede
met dinastieë en beskawings in die skede?
Of is dit deur 'n skuldgevoel en vrees
maar alles 'n bedrogspel van die gees?
Tog, nou dat ek dier en ding en plek ná plek
die aarde met my kind moet herontdek
word Hollywood, Moskou, Kaapstad,
almal voorstede van één stad,
en skielik uit my droom verskyn
die grys voorlopers van die groot woestyn,
en in my kamer hoor ek snags beklem
deur alle eeue nog dieselfde stem:
"Solank die mens aan My geboorte gee
hang nog My Negester oor Ninevé."

Prosa & poësie | 0 kommentare

Afrikaans midis

So., 07 Desember 2003 13:06

Is daar iemand wat sal weet war ek Afrikaanse midi musik kan vind of wat het
en vir my kan stuur asseblief

Ek soek speciaal na "Boesmanland" en " Ry Perd" midis

danke

Koeitjies & kalfies | 18 kommentare

Die jagter ....... - P1000055.JPG (0/1)

So., 07 Desember 2003 12:32

Nou verwag ek nie goe kritiek nie

Koeitjies & kalfies | 6 kommentare

Vertel my daarvan

So., 07 Desember 2003 08:58

Annette skryf:
Gee vir elkeen 'n blommetjie wat bly is dat ons deel kan wees van die nuwe
wêreld wat oor 'n honderd jaar die supermoondheid gaan wees.
------------------------------------------------------------ ----------------
Vertel my meer hiervan. Ek neem aan jy praat van die "one vision - one
nation - one god - no right - no wrong - no white - no black" bollie
waarvan Queen sing.
Waar gaan jy jou 'n microchip laat inplant Annette?

Spencer

Koeitjies & kalfies | 9 kommentare

koud

So., 07 Desember 2003 07:49

Hier in Belgie is dit dees more baie koud -2°C en dit gaan heel die dag so
wees
Ek gaan my klaarmaak nou om te gaan fietsry met enkele vrinde
Ons Gaan waarskynlik geen kou he met aangepaste klere

Koeitjies & kalfies | 16 kommentare

Re: Question: FW de Klerk

So., 07 Desember 2003 06:57

On Sun, 7 Dec 2003 07:47:36 +0200, "TJ" wrote:

> The answer is YES on the maternal side vide SA Genealogical registers Part
> IV
>
>
>> ----- Original Message -----
>> From: "JohnM"> Newsgroups: soc.culture.south-africa
>> Sent: Monday, November 03, 2003 12:55 AM
>> Subject: Question: FW de Klerk
>>>
>>> I believe that FW de Klerk was related to JG Strijdom - his nephew I
> think. I also think it was not a blood tie. Does anyone know exactly how
> they were related?
>>>
>>> --
>>> JohnM
>

Maar Jo'burg, 'n neef ìs tòg 'n bloedverwant. Ek ken nie hul
ouderdomme nie, maar beslis was FW nog op skool toe advokaat Strijdom
premier was. Die ouderdomsverskikil maak dit natuurlik nie onmoontlik
nie maar onwaarskynlik dat hul neefs was.

DD

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Die Rand

So., 07 Desember 2003 04:45

Die hoe rentekoers is die vernaamste rede vir die stand van die Rand.
Die Rand is nie sterk nie, dit het net herstel tot die vlak waar die
mark reken dit moet wees. Dit is 'n korreksie na die val van twee jaar
gelede.

Koeitjies & kalfies | 9 kommentare

Nog voorstelle?

Sa., 06 Desember 2003 11:36

Die gespot en die gevolge van Kamp Staaldraad slaan steeds orals uit.

Gerhard Griesel, wat weekliks grappe versprei, het 'n klomp oulikes hieroor.
Enkeles is:

* Kamp skroefdraad - vir ouens wat 'n skroef los het

* Kamp garingdraad - naaldwerkkursus

* Kamp lugdraad - vir radio-amateurs

* Kamp leidraad - polisie-opleidingskamp vir speurders

* Kamp telefoondraad - spesiaal vir tienerdogters

* Kamp grensdraad - vir bure

* Kamp hoogspanningsdraad aanbeveel dat vrouens dit maandeliks bywoon

* Kamp jakkalsdraad - vir jong politici

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Chester vir Afrigter!!

Sa., 06 Desember 2003 11:33

Daar wen ons sewes span toe die Dubai Sevens , en hulle was nie eers gekeur
nie!
Het vir die eerste gekeurde Engeland, daarna Fiji en toe vir NZ in die
finaal geklop - alles binne 24 uur.

--
Annette

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

Wat nou gemaak blankes?

Sa., 06 Desember 2003 10:15

Ek het al voorheen gewonder oor die geloofwaardigheid van die HNP koerant se
artikels. Ek sien egter geen rede om dit in twyfel te trek nie. 'n Paar jaar
terug was daar 'n artikel in "Die Afrikaner", waar hulle uittreksels van dit
wat voorspel was (deur regses) en dit wat toe waar geword het, aangehaal
het.
Meeste mense kraak die regses af, maar sal nooit erken dat hulle in 'n groot
mate die waarheid beet gehad het nie.
Die vet is in die vuur en kan daar iets aan gedoen word?

Spencer

Koeitjies & kalfies | 15 kommentare

Bladsye (1835): [ «    482  483  484  485  486  487  488  489  490  491  492  493  494  495  496  497    »]
Tyd nou: Do. Jan. 01 05:59:44 UTC 2026