Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Die verkiesing en vigs

Wed, 11 February 2004 09:01

Onse Prez verkies om die syfers van Rian Malan te glo.
Aantie Petsie verklaar dat haar verkiesingsmanifes juis sal gaan oor vigs -
daar het sy al klaar sommer die hele versorgingsindustrie en al die pasiënte
agter haar.
In die nuwe Noseweek is daar nogal 'n goeie artikel wat Rian Malan, en by
implikasie ook die regering, oor syfers aanvat, nl
1) Die rede hoekom dokters baie keer nie vigs op die doodsertifikaat invul
nie maar meestal TB of longontsteking, is agv die stigma van die siekte en
om versekeringsuitkerings te verseker.
Baie keer was 'n pasiënt ook nooit by 'n dokter om vir vigs getoets te kon
word nie.
2) Die onverklaarbare skielike toename in sterftes tov van TB en
longontsteking ( TB, volgens die dept van statistiek wat hul inlgting van
doodsertifikate verkry, het meer sterftes as vigs per jaar) sedert 1998, toe
die vigs epidemie in felheid begin toeneem het.

--
Annette

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Brian sit die manne koud

Wed, 11 February 2004 06:39

Ek sien toe mos vanoggend gisteraand se program van Supersport, waarin Dan
Retief, John Robbie, Naas Botha en Darrin Scott toe vir Brian van Rooyen
aanvat.
En toe sit die man hulle soort van koud - want hy sit daar met die
konstitusie van Sarvu, en bewys dat hy nog niks onkonstitusioneel gedoen het
nie - want wat wel gebeur het is dat SA rugby sedert 2001 vanself sekere
take op hulle geneem het - en die take word nou weer deur Sarvu gedoen ,
volgens die konstitusie.
Hy sal egter vir hom iemand moet kry om hom te help met sy klere.

--
Annette

Koeitjies & kalfies | 7 kommentare

" Stillewe met tee om 'n tafel " deur FERDI GREYLING

Wed, 11 February 2004 02:39

STILLEWE MET TEE OM 'N TAFEL

Tyd ruk die gordyne
voor die venster.
Pak aan teen die mure
van die huis.
Roer in die grein van die tafel.
Glim in elke woord.
Dwing 'n sin
tot 'n daad.

Ek en jy.
Seisoene wat soos die see om ons breek.
Tyd dwing ons
tot 'n tafel in die tuin.
Woorde om tee.
Jare word voltooi
in los gedagtes.

Ver agter teen die hemel
ruk die lug steeds oop.

Donderwolke galop soos perde deur die lug.

Tyd vleg ons hegter deur mekaar.
Ons woorde en ons dade
word ons eie seisoene.

Tyd laat ons in mekaar verweer.

Laatmiddag in die somer op die Hoëveld.
Tee in die tuin.
Die wind ruk in die takke.

Swart tee in 'n koppie
soos water van die niet.
Soms hoor 'n mens dit in die nag
teen alles klots.

Ek en jy.
Alles wat ons gesê het.
Alles wat ons gedoen het.

Ek en jy om 'n tafel.

Prosa & poësie | 1 kommentaar

Verkiesing

Tue, 10 February 2004 10:08

Hoor gister op KFM 'kortbroek' praat al te lekker swart taal in 'n
verkiesing advertensie. Nie net een of twee woorde nie maar sommer 'n
hele paar sinne. Wat noem hulle sulke ouens, g..kruipers? Ek dink hy
gaan sy g.. sien.

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

"Die " afrikaanse web werf waar dinge bespreek word

Tue, 10 February 2004 08:46

As enige iemand belangstel in die afrikaanse debat en afrikaanse literatuur
gaan kyk by http://www.litnet.co.za/

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Strate

Mon, 09 February 2004 16:34

From: "Suidwester"
Dankie vader daar sal nooit 'n Gloudina straat wees
nie!

Gloudie
> En al daardie ou Voortrekkerleiers se name
> is darem ook ryp vir verandering.
>
HansWillem
Suidwester, jy wil nie dalk so bietjie gesels oor die straatnaam
veranderinge in Swakopmund nie ? Dat mens die hoofstraat afry en
winkelname/adresse sê Kaiser Wilhelm maar die bordjies sê Sam Nujoma .....
Wie's nou eintlik reg ?

Ek ken darem die pad Henties toe sonder om straatname te wil kyk - wanneer
ek daar is. Maar die toneel bly verander elke jaar en die vis minder en
minder.

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

Aurora se Verwagting

Mon, 09 February 2004 15:00

Aurora is in die Sandveld geleë( Ma is daar gebore) , en het al baie lank
'n konstante inwonerstal van 500. Daar is 'n kerk, skool, hotel en winkel.
En huise. Geen woonstelblokke of openbare parke nie. Nie 'n Metropool nie.
Onlangs kry die stadsraad toe 'n toekenning uit die begroting van die
Provinsiale Administrasie om aan te wend vir ontwikkeling. Die stadsvaders
besluit toe daar is niks mee verkeerd om te dink dat daar eendag 'n
geweldige invloei van
inwoners gaan wees nie, en derhalwe word daar besluit dat 4 moderne konkreet
bus-skuilings opgerig moet word op die dorp.
Daar is twee geregistreerde taxi's wat opgehou het om besigheid te doen
weens onbelangstelling van almal betrokke.
Daar is 'n skoolbus wat tydens kwartale kinders in die oggend oplaai en die
middag aflaai.
Net een skuiling word daagliks vir 'n kort rukkie gebruik deur die
busbestuurder.
--
Annette

Koeitjies & kalfies | 31 kommentare

Mooi site - mooi storie - vir Gloudina

Mon, 09 February 2004 13:15

Ek het in my soeke na mooi Flash sites op een afgekom wat handel oor Anne
Frank as skryfster.

Gloudina, ek dink jy sal dit geniet. Dis 'n "online Exibition" en dit duur
'n halfuurtjie of wat om te kyk. Maak vir jou 'n lekker koppie koffie. Kliek
op die link, en kliek daarna op "An unfinished story" bo-aan, of op "Launch
Exibition".

Ek weet nie hoe lank dit nog daar gaan staan nie, want die tentoonstelling
is eintlik in Desember 2003 afgesluit.

http://www.ushmm.org/museum/exhibit/online/af/htmlsite/

Geniet dit. (Om te kyk dan... Die inhoud is maar hartseer...)

Max____________________________

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

" Om boer te wees " deur W.E.G. LOUW

Mon, 09 February 2004 00:11

W.E.G. Louw

Om boer te wees

O om 'n boer te wees wat werk
met sy hande in die son
die liewe, lange dag; om saans
moeg terug te kom
van die lande, en te slaap
tot die rooidag deur die vensters breek,
en teen die tweede hanekraai, oor die ryp,
die ploegstert vas te hou .

O om boer te wees en te werk
in God se sonskyn en reën;
om nooit te twyfel dat Hy weet
wat die beste is; om nog te glo,
as sy hart wil breek,
en voel dat hy, boer alleen,
met God kan praat, en dank
as laag-druipend daal die reën .

Prosa & poësie | 15 kommentare

nanotegnologie

Sun, 08 February 2004 20:34

Lees van dit vanoggend - en dit waarvan hulle praat is te klein vir my klein
breintjie.
Daar word gepraat van goed wat geproduseer word wat 1000ste van 'n
haarbreedte groot is.

--
Annette

Koeitjies & kalfies | 5 kommentare

Bladsye (1838): [ «    447  448  449  450  451  452  453  454  455  456  457  458  459  460  461  462    »]
Tyd nou: Wed Jan 15 21:42:15 UTC 2025