Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Rugby - enige voorspellings?

Vr., 19 Maart 2004 07:18

Hierdie naweek se Super 12 - Bulle gaan verloor

--
Annette

Sport & ontspanning | 8 kommentare

´n Jaar verder, en fokol verder...

Do., 18 Maart 2004 15:43

20 Maart 2003 het die eerste kak in Irak gespat...

Wonder hoe Bush voel as hy terugdink aan die afgelope jaar...

Max____________________________

Koeitjies & kalfies | 58 kommentare

Doodgemartel

Do., 18 Maart 2004 14:01

Blykbaar is een van die gevange veiligheidswagte in EG doodgemartel.

--
Annette

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Virtuele Palmlesing

Do., 18 Maart 2004 12:55

Verbasend akkuraat!
http://web.locallink.net/~jalewis/handprint/
--
Annette

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

" Ons Toekomstige Volkslied " deur C.P. HOOGENHOUT

Wo., 17 Maart 2004 16:27

C.P. Hoogenhout
Ons Toekomstige Volkslied
Waar Tafelberg begin tot ver in die Transvaal
Woon één verenigd volk, één algemene taal;
'n Volk voorheen miskend, 'n taal voorheen gesmoord,
Maar nou beroemd, geëerd, in oos, wes, suid en noord.

Die Afrikaanse taal die klink vir ons so soet;
Hy is ons moedertaal, sit in ons murg en bloed;
Ons ruil hom vir g'n taal, al is dié nog so skoon;
Daarvoor het ons gely veragting, smaad en hoon.

Deur eendrag saamgeknoop in sterke broederband,
Is al die burgers vry van ons verenigd land;
Die land is ruim en kan miljoene nog bevat;
Die band kan niemand breek met wapens, geld of wat.

Europa, roem gerus op al jou grote prag;
Ons wil ons lot nie ruil, nie vir een enkel dag;
By jou is plaasgebrek en dikwels hongersnood,
By ons is goud genoeg, dié wat wil werk, het brood.

Die heilige Bybelboek word by ons hoog geëer;
Ons ag dit as die Woord van onse liewe Heer;
Hy leer wat ons moet doen, en dit is ons genoeg;
Ons breng hom waar ons kom tesame met die ploeg.

Gedenk aan volk en land, getroue Hemelheer,
Sien gunstig ook op ons nes op ons vaders neer!
Bekroon ons handewerk en skenk ons U gena,
En segen, liewe Heer, verenigd Afrika!

Prosa & poësie | 8 kommentare

Highveld 94.7

Wo., 17 Maart 2004 14:22

Ek wonder hoe werk radio stasies uit watter musiek om wanneer te speel. Ek
dink die nuwe liedjie van Will Young speel nou al vir die 10 de keer vandag.
Ek kan nie beskryf hoe gatvol ek al vir die liedjie is nie.

Miskien het dit te doen met die spesifieke liedjie se video, het julle dit
al gesien ?, persoonlik het ek nogal heel naar geraak vir die moffie. Ek
dink nog steeds die ander ou moes gewen het.

Koeitjies & kalfies | 9 kommentare

Aptekersmedisyne

Wo., 17 Maart 2004 06:14

Gister lees ek 'n storie in ons plaaslike pers [Die Blou Bollie] van
aptekersmedisyne wat se pryse deur die SA regering afgedwing gaan word met
tot soveel as 50% van vandag se pryse. Wat ek nie kon vasstel nie, is dit
die medisynevervaardigingsbedryf of die handel van medisyne wat onregverdige
hoë winste maak? Waar lê die rede tot so 'n stap?

Gesondheid & boereraat | 21 kommentare

'n Paar Miljoen?

Wo., 17 Maart 2004 06:04

Na die skietery gister by Nelson Mandela se huis in Bishopscourt, het die
regering 'n verklaring uitgereik dat hulle steeds die ver-regse militantes
as 'n bedreiging beskou. Volgens die verklaring is daar glo 'n paar miljoen
ondersteuners van hierdie organisasies.
Hoo Boy ! Misleidende intelligensie, goedgelowigheid of bangmaakpraatjies?
--
Annette

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

10de planeet

Di., 16 Maart 2004 10:22

Die tiende planeet in ons sonnestelsel is ontdek!

Setna of so iets noem hulle hom/haar!

Baie van die mense wat dink hulle is die deskundiges sê kak man dis net 'n
ysblokkie annerkant Pluto...

Max____________________________

Koeitjies & kalfies | 7 kommentare

Verkiesing

Di., 16 Maart 2004 08:05

Ek sien Pieter Marais staan nie meer met 'n snaakse rugbybal nie.

--
Annette
ann...@ctnet.co.za
The main battlefield for good is not the
open ground of the public arena but the
small clearing of each heart.
( Life of Pi by Yann Martel)

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Bladsye (1834): [ «    433  434  435  436  437  438  439  440  441  442  443  444  445  446  447  448    »]
Tyd nou: Ma. Apr. 06 11:13:50 UTC 2026