Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Re: Maintenence Management Professional

Vr., 23 April 2004 07:36

Ek sal nie weet nie Moerfie. Maar hier is beslis baie drolle wat baie
virusse versprei deesdae.

---
Outgoing mail is certified Virus Free.
Checked by AVG anti-virus system (http://www.grisoft.com).
Version: 6.0.665 / Virus Database: 428 - Release Date: 21/04/2004

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

'n Storie met 'n pragtige les...

Do., 22 April 2004 18:48

'n Storie met 'n pragtige les...

'n Man is op safari in Afrika. Hy kom af op 'n olifant met 'n groot
doring in sy voet. Versigtig bekruip hy die olifant en verwyder die
doring. Die Olifant wat doodstil gestaan het tot nou toe, draai stadig
om en begin wegstap. 'n Paar tree verder gaan staan hy, kyk om en staar
vir amper 'n volle minuut na die man. Die olifant stap toe verder en die
man dink by homself: "Ek wonder of daardie olifant my sal onthou, as ek
hom ooit weer sien?"

'n Goeie paar jaar later terug by die huis neem die man sy kinders
sirkus toe. Hy merk toe op dat een van die olifante waar hulle
verbystap, die hele tyd na hom staar, amper asof hy hom herken.

Die man wonder, "Kan dit die olifant wees wat ek al daardie jare terug
gehelp het?"

Hy besluit om van nader te gaan ondersoek stel, en met die olifant wat
nog steeds na hom staar stap hy tot reg voor die olifant.

Hulle oe ontmoet. 'n Kyk van "Ek ken jou." flits oor die olifant se
gesig. Die olifant buk af en tel die man versigtig met sy slurp hoog in
die lug op..

EN GOOI HOM TOE HARD OP DIE GROND NEER EN TRAP HOM IN SY MOER!

Blykbaar toe nie dieselfde olifant nie.

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Nuutste nuus oor verlaagde medisynepryse

Do., 22 April 2004 17:57

Daar is geen nuus nie.

Die minister is te besig om haar knoffel asem en beetbesmeerde klere te
verdoesel, so sy sê niks nie. Frankly, ek dink nie sy gaan die einde April
in die kabinet wees nie. Daar is ongeveer tien dae oor voordat die nuwe
wetgewing in werking tree, rekenaarstelsels moet opdateer word,
aankoopprosedures moet verander word, voorskrif prysbeleid moet herdink
word, veral die Clicks- en LinkMax tipe apteke wat pryse tot onder kosprys
gesny het.

Ons almal wag in spanning......

Soois die pillesmous

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

Totius: twee gedigte

Wo., 21 April 2004 18:43

Jammer, iets het gister verkeerd gegaan toe ek die twee gedigte van Totius
wou pos. Hier is altwee:

1.
O DIE PYN-GEDAGTE

O Die pyn-gedagte: My kind is dood! . . .
dit brand soos 'n pyl in my.
Die mense sien daar niks nie van,
en die Here alleen die weet wat ek Iy.

Die dae kom en die nagte gaan;
die skadu's word lank en weer kort;
die drywerstem van my werk weerklink,
en ek gaan op my kruisweg vort.

* * *

Maar daar skiet aldeur 'n pyn in my hart,
so, dat my lewe se glans verdwyn:
Jou kind is dood met 'n vreeslike dood!
en - ek gryp na my bars van die pyn.

O Die bliksemgedagte! . . . Ja, lieflingskind,
een straal het jou skone liggaam verskroei,
maar bliksemstrale sonder tal
laat my binneste brand en bloei.

Sy was so teer so os 'n vlindertjie,
sy 't lugtig omheen geswerf;
'n asempie wind kon haar vlerkies breek
en - kyk watter dood moes sy sterf!

Hoe weinig die kinders wat so moet sterf,
dis een uit die tienduisend,tal,
en ag, dat dit sy was, en ek moes sien
dat sy dood in my arms val!

O Die pyngedagte: My kind is dood!
dit brand soos'n pyl in my;
die mens die sien daar niks nie van,
en die Here alleen die weet wat ek ly.

2.
DIE GODSBESLUIT

Voor die onheilswoning en
tussen die skaars~beblaarde
soetdorings staan, in droë aarde
maar lowergroen en blink van blad,
die wag-'n-bietjie langs die pad.

Wanneer ek naderkom dan sien
ek dorings krom en reg;
'k sien takke inmekaar gedraai
en deurmekaar gevleg.
En wil ek in die blare gryp
of aan die takke breek,
dan tas ek in 'n doringnes
wat vreeslik haak en steek.

* * *

Bo al u donker bome, o Heer, "
groei my 'n enk'le reusboom uit:
dit is die wag-'n-bietjiebos
van u besluit.
Van ver so skoon, so groen, so blink
maar hoe verward
wanneer ek dieper kyk en dink
as wat 'n sondaar pas.
En steek ek dan my hande uit
na u besluit,
dan gryp ek in die dorings vas.

Prosa & poësie | 3 kommentare

Die R300

Wo., 21 April 2004 13:53

Die stukkie pad wat ek altyd van Strand af ry, omdat ek voel dit is
veiliger, moet ek toe vandag lees dit ons Kaapse stukkie Pad Van Hel.!
Daar is glo gereeld ( gemiddeld 3 per week) kapings en moorde op die pad (
en dit is glo net die wat aangemeld word!)- die vet weet, word joernaliste
betaal om iets te skryf om mens af te sit?
Op daardie stuk pad, tussen die N2 tot by die Brackenfell afdraai, is daar
geen verkeerslig of stopstraat nie, en ek het nog nooit daar gery waar daar
nie dosyne ander karre saam met my op die pad is nie, en ek met my 120 kpu
is een van die stadige ryers!! Hoe op aarde iemand daar in alle eensaamheid
gestop kan word en gekaap/vermoor kan word op daardie stukke pad is 'n
misterie.

--
Annette

Koeitjies & kalfies | 38 kommentare

Dutroux

Wo., 21 April 2004 13:02

Hoor julle iets hiervan in Afrika? Die hofsaak is aan die gang, en dis
deesdae al waaror hier gepraat word.

Op http://frontpage.fok.nl/review/1585/1 kan jy die hele siek verhaal lees.

(Nee, Lou, dié keer gaan f*k nie werk nie, jy sal maar moet fok gebruik!)

Max____________________________

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Koop ´n kind!

Wo., 21 April 2004 12:41

In Duitsland het 'n vrou en haar vriend haar dogtertjie op eBay te koop
aangebied teen EUR 1.

Toe die polisie die advertensie laat verwyder het, was die hoogste bod EUR
25,50.

Tsk tsk tsk, stomme kind!

Max____________________________

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Charlize

Wo., 21 April 2004 05:52

Ek word mal van die 7elaan idiote en ook van die dwase wat dink dat Charlize
so wonderlik is omdat sy "so ver gekom" het.
My vraag hoe ver was haar bene wyd en hoeveel keer het sy gekom, om sover te
kom ?
Ag dan het ek sterk bedenkings oor haar 2 tattoes.
Ek het nogal 'n redelik goeie kennis van mooi vrouens maar Charlize is glad
nie mooi nie. 'n vrouw moet je in die oggend sien en dan je mening uitbring.

Koeitjies & kalfies | 10 kommentare

Me Napier - onderhou met Sandra Prinsloo

Wo., 21 April 2004 02:42

Annette - het jy die onlangse (verlede week) onderhoud wat Sandra Prinsloo
met Me Napier gehad het, gesien? Dis seker een van die beste onderhou wat ek
in 'n baie lang tyd kon sien.

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

In Memoriam

Di., 20 April 2004 21:54

Verlede week is my vrou se jongste broer in Kaapstad oorlede. Pas 'n stuk of
sewentien maande na die dood van haar oudste broer. Albei aan hartaanvalle.
Haar ma is nou alleen oor in Suid-Afrika. My skoonpa is reeds meer as
twintig jaar gelede oorlede. Ek kan my nie die pyn van 'n ouer voorstel wat
twee kinders in so 'n kort tyd so onverwags moes afstaan nie. Totius het, en
ek publiseer elders twee van sy gedigte; een waarin hy die rou pyn van 'n
ouer uitroep na die dood van 'n kind. Die ander een handel oor die
onbegryplike weë van God.

Henry in Pennsylvania.

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Bladsye (1834): [ «    421  422  423  424  425  426  427  428  429  430  431  432  433  434  435  436    »]
Tyd nou: So. Apr. 05 18:32:40 UTC 2026