> n Feetjie sê vir 'n getroude egpaar : "Omdat julle 35 jaar lank so
> voorbeeldig getroud was, kry julle elkeen 'n wens . "Ek wil om die
> wêreld reis saam met my dierbare man," sê die vrou. Die feetjie wuif
> haar staffie en skielik staan die vrou met die kaartjies en alles vir
> die reis in haar hand. Toe is dit die man se beurt.
> "Die oomblik is baie romanties, maar so 'n geleentheid kom net een keer in
> 'n leeftyd. Jammer, my skat, maar ek wil
> 'n vrou hê wat 30 jaar jonger as ek is."
> Voordat die geskokte vrou iets kan sê, swaai die feetjie haar
> towerstaf. Skielik staan die man daar, negentig jaar oud. En die
> les: MANS MAG BLIKSEMS WEES. MAAR FEETJIES IS VROUE!!!
Interessant hoe die Minister van Buitelandse Sake, Me Zuma, self vroueregte
ondergrawe.
22 Klagtes van seksuele teistering wat onder die mat ingevee word - elkeen
van die klagtes was natuurlik vals.
Was al die klaers dalk blank - dan verstaan ek dit volledig.
Sy nuwe 25-slaapkamer woning vorder en daar word twee damme gebou in
die veiligheids area rond die huis. Groot tuinaanleg word ook gedoen. Die
gebied om sy huis is onwettig om te betree en die polisie het volmag om
oortreders dood te skiet. Die huis is al onder konstruksie vir die afgelope
vyf jaar en sal ongeveer R175,000,000 kos. Die bouers is hoofsaaklik 'n
Yugoslav firma, Energo Project, en die kwaliteit binne afwerking word
ingevoer vanuit China en Europa.
Mugabe is onder druk om te verklaar waar hy die vreemde valuta verkry
om al die ingevoerde materiaal te betaal. Mugabe se minister van Finansies,
Christopher Kuruneri, is tans in die gevangenis nadat hy gearresteer was vir
onwettige uitneem van geld na ZA waar hy besig is om 'n luukse villa te bou
(R30,000,000) in Kaapstad.
President Thabo Mbeki se 10-jaar herdenking van demokrasie vorige week
in Pretoria:
Met die aankoms van Mugabe en sy vrou Grace by die Unie Gebou het al
die ere gaste, van oor die wereld, hom 'n staande ovasie gegee. Duisende
feesdeelnemers het gejuig wat in die tuine en op die grasperke die seremonie
op reuse video skerms bekyk. Volgens Ludwe Solwandle, 'n ZA sakeman, is
Mugabe 'n held omdat hy soveel gedoen het in die stryd om bevryding van die
mense van Afrika.
"Frikkie" skryf in boodskap news:1bg790lq3933ev9k8b4tbgb9ftu97map58@4ax.com...
> The Iraqi ambassador to the US and George W Bush have been in long,
> difficult talks at Camp David. The talks come to a close. They shake
> hands and as they walk the Iraqi says, "You know, I have just one
> question about what I have seen in America."
>
> President Bush says "Well your Excellency, anything I can do to help
> you, I will do."
>
> The Iraqi whispers "My son watches this show 'Star Trek' and in it
> there are Russians, and Blacks, and Asians, but never any Arabs. He is
> very upset. He doesn't understand why there are never any Arabs in
> Star Trek."
>
> President Bush laughs and leans toward the Iraqi, and whispers back,
>
> "That's because it takes place in the future"
Ha ha, die ware rede is natuurlyk dat dit vir 'n Mohammedaan in 'n
ruimteskip baie lastig moet wees om met sy kop na Mekka te bid. Eers moet hy
bereken waar Mekka is, en dan moet hy misskien op sy hande gaan staan om te
bid.
Ook sal hy gedurende de vastemaand Ramadan baie honger ly as hy tot
sonsondergang moet wag voordat hy mag eet.
Gerard van Wilgen
--
www.majstro.com (On-line translation dictionary / Enreta tradukvortaro)
www.travlang.com/Ergane (Free translation dictionary for Windows / Senpaga
tradukvortaro por Windows)
Gatiep, Frankie and Mugammat appear in court for different offences.
Judge: Frankie, hoekom het jy die brood gesteel?
Frankie: Want ek was honger djou honour.
Judge: En hoe voel jy daaroor?
Frankie: Nei, kwaai djou honour!
Judge: Ek gee vir jou 5 jaar tronkstraf.
Judge: Mugammat, hoekom het jy die fiets gesteel?
Mugammat: Want ek was moeg geloop djou honour.
Judge: En hoe voel jy daaroor?
Mugammat: F*kken proud djou honour!
Judge: Ek gee vir jou 10 jaar tronkstraf.
Judge: Gatiep, hoekom het jy die R1000.00 gesteel.
Gatiep: Sommer djou honour.
Judge: En hoe voel jy daaroor?
Gatiep: Soos 'n honeymoon bride djou honour.
Judge: Soos 'n honeymoon bride?
Gatiep: Dja djou honour, ek wiet djy gaan my SPYKER, maar ek wietie
hoe hard nie!
Ek skryf die briefie maar stadig omdat ek weet jy kan nie vinnig lees
nie.
Ons bly nie meer op dieselfde plek as toe jy weg is nie.
Jou pa het in die koerant gelees dat die meeste ongelukke binne 20
kilometer van die huis af gebeur, toe besluit ons om te trek.
Ek kan ongelukkig nie vir jou die adres gee nie want
die vorige familie het die nommers saam gevat, seker sodat
hulle nie hulle adres hoef te verander nie.
Hierdie plekkie is regtig oulik. Hier is selfs 'n
wasmasjien,ek is nog net nie heeltemal seker hoe hy werk nie.
Laas week het ek 'n bondel klere ingesit en die
ketting getrek. Ons het nog nie weer die klere opgespoor nie.
Die weer hierso is ook glad nie sleg nie. Dit het net twee keer
gereen laas week; die eerste keer vir drie dae en die tweede keer
vir vier dae.
Omtrent daai jas wat jy gevra het ons moet vir jou stuur;
oom Frikkie het gesê dit sal te swaar wees in die pos, toe sny ons
maar die knope af hulle is in die linker boonste sak van die jas).
Pietie het gister sy sleutels in sy kar toegesluit.
Ons het rerig bekommerd geraak want dit het hom twee ure gevat
om my en jou pa uit te kry.
Jou suster het vanoggend 'n baba gehad, maar ek het
nog nie uitgevind wat dit is nie, so ek weet nie of jy 'n oom of 'n
tannie is nie.
Die baba lyk net soos jou boetie.
Oom Wessels het laas week in 'n vat brandewyn geval.
'n Paar manne het hom probeer uithaal maar hy het hulle afbaklei en
verdrink.
Ons het hom laat veras. Hy het vir drie dae gebrand.
Drie van jou vriende het met 'n bakkie van die brug afgery.
Janneman het bestuur, hy het sy venster afgedraai en geswem.
Jou ander twee vriende het agter op gesit.
Hulle het verdrink omdat hulle nie die bak se klap kon oopkry nie.
Daar is nie meer nuus nie. Niks anders as die normale het gebeur
nie.
Liefdetjies,
Jou gunsteling tannie Saartjie
Ns. Ek wou nog vir jou R25 insit maar ek het al klaar die koevert
toegeplak
Wel, al drie spanne in tel, nl die Stormers, Sharks en Bulls het almal slae
gekry en is die S12 ghoebaai. Sal die dag tog kom dat die rugbymanne
besef dat daar 'n besondere losskakel soek is in SA en voor hulle hom nie
kry nie, sal SA nie weer sy stem dik kan maak in wêreldrugby nie. Nie een
van die losskakels wat nou in SA speel is iets besonders nie. Goed ja,
maar nie spesiaal nie. Dis die tragiese 'bottom line'.
"Ver in die ou Kalahari" is gekomponeer en oorspronklik gesing deur Danie
Pretorius. Hy het baie Afrikaanse musiek geskryf - onder andere ook Die
Braake van Turffontein. Ek weet, want in 1962 en 1963 het ons (my ouers) 'n
huis by hom gehuur in Vryburg. Danie en sy gesin het in die huis gater ons
s'n gebly. Ons het dikwels oor en weer gekuier en hy het by meer as een
geleentheid sy kitaar saam gebring en vir ons gesing. Hy het ook vir my 'n
handgeskrewe manusrkip van "Ou Kalahari" gegee - wat ongelukkig sedertdien
verlore geraak het. Ek het ook ander musiek by hom gekry. Hy het 'n paar
(minstens twee) langspeelplate gemaak met van sy musiek wat hy self sing. Sy
groot mededinger op musiekgebied in Vryburg was Zoon Oberholzer, wat ook
Afrikaanse musiek geskryf en self gesing het.
1) Die groep is oop vir enigiemand en is ongemodereer. Dws niemand kan
enigiemand hier belet of ontsê v.d reg om enigiets hier te plaas nie.
2) Hiervolgens kan ons in enige taal boodskappe hier plaas, maar
verkieslik Afrikaans, Nederlands of Engels.
3) "Afrikaanssprekendes" word baie wyd gedefinieer - insluitende
alternatiewe Afrikaans
4) Die volgende 2 paragrawe kom direk uit die handves uit:
"Die bedoeling is dat die voorgestelde nuusgroep
soc.culture.south-africa.afrikaans sal dien as 'n gepreksforum vir alle
inligting aangaande suidelike Afrika, Afrikaanssprekendes en die
Afrikaanse taal. Dit beteken dat alle besprekings rakende sosiale,
kulturele, politieke, ekonomiese, geskiedkundige, geografiese en ander
sake wat op een of ander wyse verband hou met Afrikaanssprekendes,
Afrikaans of suidelike Afrika, verwelkom sal word in hierdie nuusgroep.
Dit word verder begeer dat soc.culture.south-africa.afrikaans 'n
betekenisvolle middel van skakeling tussen Afrikaanssprekendes tuis en
in die buiteland sal wees, en tussen Afrikaanssprekendes en ander mense
dwarsoor die wereld."
Gedagtig aan die Gloudina se opmerking jeens sg. "Australiese" inhoud,
het ek gewonder hoe ver strek die terme "verband hou" en "skakeling"
hierbo. Is 'n persoon (expat?) wat uit Australië 'n grap oor
Australië(-rs) plaas besig met "skakeling"? Is die feit dat hý dit
snaaks vind en met ons wil deel "skakeling"? Kom dit neer op 'n poging
tot moderering of skaking as Gloudina sê so-iets is nie welkom hier nie?
Is dit enigsins goeie netiket om dit te doen?
Daar is natuurlik ook die vraag of sulke "Engelse" stories suksesvol
ver-Afrikaans of ver-Suid-Afrikaans kan word, en of dit werklik
ge-oorloof is om dit te doen. En hoeveel, indien enigsins, verskil die
kultuur en psige van die deursnee Australiër van die deursneë Afrikaner
s'n? Ek het al baie mense hoor sê dat ons gewaande (Suid-)Afrikaanse
kultuur baie nader aan die Engelse kultuur staan as aan byv Duits of
Nederlands/Vlaams/Belgies.
Ander feite wat nogal insiggewend was uit die stigting van die nuusgroep:
Die eerste besprekingsdebat oor die nuusgroep is gedateer 11 Julie 1995.
272 mense het "Ja" gestem vir die stigting, 19 "Nee" en 2 mense het
gestaak ("Abstain") Wat sou die idee wees van lg. in hierdie tipe opset?
Ek bedoel, dis nou nie asof mens vir 'n parlementslid of so iets gaan
stem nie, is dit?
Van die name wat gestem het, het nogal my oog gevang:
Reinier de Vos, Dirk Laurie, Ferdi Greyling (is dit dieselfde een wat
hier pos?), Prof HC (Christo) Viljoen, Hoepel Scheepers (die
joernalis?), JF Dullaart (ek ken 'n Joop Dullaart van Kaapstad, en dié
een is van Ikey's - dieselfde een?), Marius Swart (omdat hy ook
"knersus" in sy adres het!), Leendert van Oostrum (het hom al baie
raakgeloop - veral met onderwys), Paul Eloff (is dit dr Paul Eloff wat
nou die dag dood is?) Ek wonder watter van al daardie mense wat destyds
vir die nuusgroep gestem het, is nog hier. Watse verwagtinge het hulle
gekoester en hoever het die nuusgroep daarin geslaag, indien enigsins?