Van 'n ander kol:
AMSTERDAM - De landelijke campagne die jongeren
oproept condooms te gebruiken, heeft het woord
'vrijen' vervangen door 'naaien'. Op deze manier hoopt
Soa Aids Nederland een jongere doelgroep te bereiken.
De nieuwe campagne heeft als slogan 'wie laat zich dan
ook naaien zonder condoom'. Een duidelijke breuk met
het verleden, waarin onder meer gekozen werd voor
'vrij veilig of vrij niet'.
Vir 'n gesellige wintersaand met sielvolle musiek en 'n heerlike atmosfeer,
bespreek onmiddellik vir hierdie vertoning.
19 Junie 2004
20:00
Alice Kunsgalery
Dryfstraat 217, Ruimsig
met Anna Davel
Davel is weer verantwoordelik vir nuwe, oorspronklike musiek en lewer selfs
'n paar vuurwarm Latyns-Amerikaanse nommers uit Ashes, haar trefferproduksie
wat vol sale getrek het by vanjaar se KKNK.
Sy sluit ook bekende musiek van o.a. Sting en die Alan Parsons-projek in.
Vir dié wat voorheen 'n konsert van Davel bygewoon het, sal daar 'n paar
liedjies van haar 2 albums wees.
Haar 2de album 'Gypsy' is genomineer vir nie minder nie as 7 Geraas
Toekennings! Verder het sy 'n Vita- toekenning ontvang vir Beste Nuwe
Kunstenaar in 2002, sowel as 2 SAMA-nominasies vir beide haar albums ' Te
Diep'(2001) en 'Gypsy'(2004). Vir 'n voorsmaak van die musiek, besoek gerus
www.annadavel.com
Klavier: Matthys Maree
Kaartjies: R120 / R80 / R65
Vir besprekings: 011 793 2334
Kaartjies kan direk byCafé d'Art, die koffiewinkel in die Alice Kunsgalery
gekoop word.
So pas weer het 'n groep sogenaamde "Afrikaanssprekende sakelui" hul
steun aan president Thabo Mbeki toegesê. In geen ander demokratiese
land waarvan ek weet, is dit nodig vir sakelui om by die president
witvoetjie te soek nie.
In die eerste instansie wonder mens waarom hierdie ondersteunersklub
hulself geroepe voel om tot sulke openbare lofbetuiginge oor te gaan.
Die indruk word gewek dat die groep van 112 sakelui een en almal
ANC-ondersteuners is, hoewel daar ook onderlangs geteem word oor
"kritiese interaksie". Dit klink amper soos Suid-Afrika se
"konstruktiewe betrokkenheid" by Zimbabwe; 'n mens moet regtig met 'n
elektronmikroskoop na enige vorm van kritiek soek, want dit geskied op
die nanovlak waar geen mens dit sal raaksien nie.
Wanneer laas het die groep van sakelui 'n woord laat hoor oor die
dreigende grondhervorming, plaasmoorde, taaldiskriminasie,
regstellende aksie, Zimbabwe en dergelike meer? 'n Sinikus sou sê dat
die handelaarsklas hiermee wil sê dat hulle hulself versoen het met
wat deesdae feitlik as 'n eenpartystaat in Suid-Afrika gereken kan
word.
Geskied hierdie opwellinge van lojaliteit teenoor Mbeki en die ANC nie
moontlik uit vrees nie? Onder die geesdriftige toejuiginge van die
sakelui mag daar 'n meer realistiese ontleding skuil wat die gevolge
van radikale grondhervorming, rassetransformasie, die toenemende
emigrasie van gekwalifiseerde blankes, asook die insinking in die
onderwys, na waarde skat.
Volgens die sakelui, waaronder mnre. Ton Vosloo, Whitey Basson,
Mathews Posa, Russell, Loubser, asook dre. Steve Booysen en Johan van
Zyl, voel hulle "diep betrokke by ons land en al sy mense." Verder
meen hulle dat Mbeki "dit vir alle Suid-Afrikaners, insluitende vir
ons as Afrikaanssprekendes, moontlik gemaak het om tuis in ons land en
welkom in Afrika en die wêreld te wees."
Dit is nogal insiggewend dat die sakelui hulself as
"Afrikaanssprekendes" tipeer. Mnr. Ton Vosloo het mos nie te lank
gelede nie beweer dat "die term Afrikaner aanstoot gee", wat 'n mens
seker sou kon vertaal as "Afrikaners is nie eintlik tuis of welkom in
die land nie."
Die vraag is nou: namens wie praat die sakelui as hulle hul
tevredenheid met Mbeki se presidentskap betuig? Dieselfde president
wat Suid-Afrika in Haïti beskryf het as "die wêreld se jongste swart
republiek" met die implikasie dat wittes nie meer hier welkom is nie
en wat onlangs nog deur die liberale mev. Helen Suzman as "beslis
anti-wit" beskryf is? Praat die nywerheidskapteins namens hul
aandeelhouers, hul werknemers of wie?
Die indruk wat natuurlik geskep word, is inderdaad dat die
Geschäftsführer, by gebrek aan politieke leierskap onder Afrikaners,
namens alle "Afrikaanssprekendes" sou praat. Is dit werklik hoe die
volk daarbuite - hulle wat dikwels die slagoffers is van
geweldsmisdaad, onteiening en afdankings op grond van hul ras of taal
- voel?
In elk geval is daar mense in die geledere van die sakelui wat
sekerlik nie 'n duit omgee vir Afrikaans of die lot van Afrikaners
nie. 'n Mens dink aan dr. Johan van Zyl wat die grondslag vir die
verengelsing van Tukkies gelê het, en agterna spesifiek blanke
Afrikaners by Sanlam afgedank het of aan mnr. Ton Vosloo se gewraakte
uitspraak oor "die afstootlike term 'Afrikaner'" waarna ek reeds
verwys het.
'n Vraag wat mens aan die sakelui sou wou stel, is in hoe 'n mate
hulle bewus is van die feite rondom die onderdrukking en
marginalisering van Afrikaans, die aftakeling van ons skole en
universiteite, arbitrêre naamsveranderings, omgekeerde diskriminasie
en dergelike meer? Is die Schwärmerei rondom Mbeki in die lig daarvan
nie 'n effe buitensporig nie?
Sien ons sakelui, wat gewoonlik verskans is in toringgeboue en die
buitewêreld slegs deur die getinte ruite van duur Duitse motors
waarneem, ooit die krisis waarin gewone Afrikaners hulself bevind,
raak? Was hulle al in die Vaaldriehoek of Pretoria-Wes? Het hulle al
met die jongmense gepraat wat by die werwingskantore van hul eie
organisasies weggewys word in terme van rassekwotas?
Wat hierdie gereelde toejuigings vanaf die luuksepawiljoen
demonstreer, is die akute behoefte aan 'n behoorlike verkose en
verteenwoordigende spreekbuis vir die Afrikaner. Indien daar reeds 'n
Afrikanerraad bestaan het, sou so 'n raad die oorentoesiastiese
sakelui in die bek kon ruk en aan hulle kon sê: skoenmaker, hou jou by
jou lees.
Sakelui het min begrip van die politiek. In ons tyd vorm hulle ook
deel van 'n wêreldwye globale elite wat min waarde heg aan patriotisme
en die nasionale gevoelens van gewone mense.
Hierdie soort kwasi-politieke uitsprake deur diegene wat gewoonlik
meer bekommerd is oor die waarde van hul aandeleopsies as oor enigiets
anders, is nie net sinloos nie, maar ook ongevraag. / Dan Roodt
Pastorale brief van die KwaZulu-Natal Kerkleiersgroep met die oog op
Wêreldomgewingsdag, 5 Junie 2004
Ons lewe in 'n provinsie met 'n pragtige natuurskoon en 'n wye kulturele
verskeidenheid. Met die viering van Wêreldomgewingsdag op 5 Junie 2004 dank
ons God vir ons natuurlike omgewing en vir wetgewing wat ons in staat stel
om ons omgewing te beskerm.
Die verwaarlosing van die omgewing en die gevolge daarvan
Daar is egter ook al hoe meer tekens van die verwaarlosing van die omgewing:
Die verlies van vrugbare bo-grond wat voedselprodusering belemmer
Baie mense leef in ongesonde omstandighede sonder toegang tot skoon
drinkwater of voldoende sanitasie
Industriële lugbesoedeling veroorsaak asemhaling- en ander dodelike siektes.
Dit is veral 'n groot probleem in die Durban-Suid area
Kleiner wordende inheemse bosse veral aan die kus
Verwoesting van die habitat van ander spesies se flora en fauna
Veranderende weerpatrone wat lei tot vloede en droogtes
Dit is veral arm mense wat die meeste deur die gevolge van die agteruitgang
van die omgewing benadeel word.
Watter faktore dra by tot die verwaarlosing van die omgewing?
Terwyl sommige mense werklik onbewus is van hulle eie negatiewe uitwerking
op die omgewing, is daar ook 'n baie mense wat glad nie oor die agteruitgang
van die omgewing begaan is nie.
Ons erken dat die politieke geweld wat ons provinsie in die verlede ervaar
het, groot wonde op beide die mense en die land gelaat het. Die stryd om mag
asook menslike gulsigheid en selfsug gaan voort om groot dele van ons
natuurlike erfenis te vernietig. Ons erken ook dat ekonomiese uitgangspunte
steeds die ongelyke verdeling en eienaarskap van natuurlike bronne bevorder
en verder bydra tot die vernietiging van die omgewing.
Die antwoord van die kerk
Ons Bybelse erfenis en teologiese tradisies, ons geloof in God as die
skepper en Jesus as die verlosser van alle lewe, maak ons bewus van ons
verantwoordelikheid teenoor die omgewing. Deur opnuut te beklemtoon dat die
bewaring van die aarde 'n sentrale boodskap van die evangelie is, bevestig
ons dat ons groot respek vir die integriteit van die skepping en alle vorme
van lewe het. Ons verbind ons opnuut tot die volle ontwikkeling van alle
mense ooreenkomstig hulle inherente menswaardigheid. Ons oorlewing is
afhanklik van die handhawing van 'n gesonde omgewing en die beskerming van
die bio-diversiteit wat ons ekosisteem.
Die noodsaaklikheid van omgewingsgeregtigheid
Gedurende die apartheidstydperk het ons gereeld profetiese uitsprake gelewer
ten gunste van die stryd vir vryheid. Vandag is ons stryd om die hele
skepping te bevry en om die baie sake wat die skepping bedreig, te beveg.
Wanneer ons reageer op die noodroep van diegene wat arm is, moet ons nie
doof wees vir die noodkreet van die aarde nie.
Met die hoë voorkoms van HIV VIGS in ons provinsie, is dit nou meer as ooit
nodig dat ons ons vir 'n gesonde omgewing moet beywer om sodoende die
produsering van gesonde voedsel en voedelsekuriteit vir almal te verseker.
Ons is baie bekommerd oor die bekendstelling van geneties-gemanipuleerde
gewasse in ons provinsie aangesien ons nie oortuig is dat hierdie gewasse
veilig vir menslike gebruik is nie. Ons is ook bekommerd oor die effek wat
geneties-gemanipuleerde voedsel op die omgewing het (veral die vermoë om
gesonde gewasse te verbou).
Ons bediening van genesing en versoening moet ook voorsiening maak vir ons
besoedelde riviere, die suiwering van besoedelde lug, en die gees van
gierigheid wat daarna streef om alles te domineer en dreig om alles te
vernietig wat God geskape het. Ons erken dat die grond 'n geskenk van God is
wat Hy aan ons toevertrou het en waarvoor ons verantwoordelik is.
Stappe wat die kerk kan volg:
Tydens die herdenking van wêreldomgewingsdag is daar heelwatbaie wat ons kan
doen om ons omgewing te vier en dit te beskerm van vernietiging. Dit sluit
in:
Aanmoediging om die skepping te waardeer en te geniet
Die fokus op omgewingsverwante sake in die viering van ons liturgie
Die insluiting van die omgewingsake in kerklike opvoeding
Die bewaring van skaars hulpbronne soos water en die bevordering van die
hergebruik van sulke bronne
Die aanmoediging van die aanplanting van inheemse bome en plante
Die aanmoediging van die verantwoordelike gebruik van grond (veral
kerkgrond).
Die aanmoediging van gemeentes om oor omgewingssake na te lees en
besprekings daaroor te voer
Samewerking met plaaslike omgewingsbewaringsorganisasies
Ons verbind onsself om ons Christelike verantwoordelikheid ten opsigte van
die omgewing ernstig op te neem en moedig almal aan om dieselfde te doen.
Gemagtig deur: Bishop Mansuet Biyase Roman Catholic Diocese of Eshowe ·
Bishop Lymon Dlangalala · Natal West District - Methodist Church of Southern
Africa · Bishop Mlungisi Pius Dlungwane · Roman Catholic Diocese of
Mariannhill · Dean Dino Gabriel, Anglican Diocese of Zululand · Ms Thudiso
Gcabashe, Honorary Life Vice-President - South African Council of Churches ·
Pastor Colin La Foy, Secretary General, Southern Africa - Assemblies of God
· Major Timothy Mabaso, Divisional Commander, Mid KwaZulu-Natal - Salvation
Army · Bishop Purity Malinga, Natal Coastal District - Methodist Church of
Southern Africa · Bishop Funginkosi Mbhele, Bishop Suffragan - Anglican
Diocese of Natal · Pastor Martin McCrory, Team Leader - OneCup
Transformation · Ds Lukas Meyer, Moderator - Synod of NG Kerk van Natal ·
Rev Simphiwe Mkhize, Chairperson, KwaZulu-Natal Regional Council - United
Congregational Church of Southern Africa · Cardinal Wilfrid Napier OFM,
Roman Catholic Archdiocese of Durban, President - Southern African Catholic
Bishops' Conference · Rev Robin Palmer, Moderator, Thekwini Presbytery -
Uniting Presbyterian Church in Southern Africa · Bishop Rubin Phillip,
Anglican Diocese of Natal · Rev Victor Pillay, Moderator (Acting) - Reformed
Church in Africa, · Bishop Michael Paschal Rowland OFM, Roman Catholic
Diocese of Dundee · Pastor Saul, Chairperson, KwaZulu-Nata - Assemlies of
God · Bishop Louis Sibiya, South Eastern Diocese - Evangelical Lutheran
Church in Southern Africa, Presiding Bishop - Evangelical Lutheran Church in
South Africa · Bishop Elijah Thwala, Bishop Suffragan - Anglican Diocese of
Natal.
Dit lyk my die wit baas sokkol met sy kompooter, Frêkkie, djy moet hom daai
enterknoppie net eenkeer drêk, hoor!!!
Omdat 'n klomp onbeholpe (voor-die-hand-liggend) skoolkinders hulle vlaggies
onderstebo aan die stokkies vasgemaak het is alle "korrelkoppe" seker nou
weer benede enige menswaardigheid, of hoe?
Vieslike wangeboortes soos jy wat fekale materiaal vir breine gebruik, moet
seker die wêreld laat onthou dat die mensdom nog onvolmaak is.
Soois
"Frikkie Potgieter" wrote in message
news:21kjb0pknabemo55gqt932c8477ggj01ud@4ax.com...
Dis te wonderlik, na 10 jaar van "Democracy" weet die korrelkop
organiseerders nog steeds nie watterkant van die vlag nou bo is nie,
is die rooi nou bo of is die blou nou bo? , eich ek sokkol!!! die
foto's met die vlae is te snaaks , die vlae is onderstebo!!!!! wha ha
ha ha ha !!!
Waar is die Witbaas tog om te help regmaak?????????
Die stringe hierbo raak te lank! Op die trant van ons redenasie oor
plaasgrond wil ek net die volgende vir jou stel: Ek baseer alles op
Namibië want dit is wat ek ken, maar dit behoort nie veel te verskil [in
verhouding] daar met julle nie.
Op die plaas: Hier word van die boer verwag om ordentlike huisvesting te
verskaf aan werkers 'n hulle families 'n ook grond te verskaf waarop hulle
diere kan aanhou. Plus natuurlik die feit dat die werkersfamilie kan
besluit dat hulle ouma of oupa of ander familie wat nie heenkome het nie,
daar kan kom bly. Dan word daar ook nog proviand verskaf, plus die aanry
van skoolkinders dorp toe vir skool en as een van die mense so siek word dat
dit moet hospitaal toe, dan moet die boer die transport verskaf. Kom ons
sit dit om in geldwaarde:
Huis met lopende water en elektrisiteit: R25 000 min.
100ha grond vir diere @R300/ha: R30 000 [gereken op 'n
skaapplaas van seker so 8 000ha]
Proviand per maand: R280 wat die wet sê PLUS
dit wat die wet nie sê nie, soos vars vleis elke dag/melk/ens.
Koste van 'n rit dorp toe en terug [80kmx2]=160 @R1/km= R160,00
[skoolkoshuise hou nie meer kinders oornaweke nie so die kinders moet elke
naweek gaan haal word en weer teruggevt word daai Maandag. Dus in 'n maand
se tyd is dit 8x R160= R1280.
Dus: 'n Boer belê ongeveer R50 - 70 000 in 'n werkersfamilie op sy plaas
om net een paar werkershande op sy grond te hê en dan betaal hy hom nog
salaris ook! Plus die feit dat as hy hierdie werker te lank op die plaas
laat aanbly, dan mag hy volgens wet nie weer die werker van sy blyplek
verwyder nie want hulle kry permanente verblyfreg. Kom daar ekstra mense
by die werker se direkte familie by [soos oupa/oom/ens] is dit een groot
storie om hulle weg te kry van die plaas af en voor jy jou oë uitvee, het jy
'n arbeidsdispuut aan die gang en die volgende stap is dat jy 'n
onteieningskennisgewing van die regering kry!
Wat ek met bogenoemde probeer sê, is dat die boere 'n groot belegging
in geld moet maak om sy plaasarbeid te bekom. Daarteenoor, wat maak die
stadsmense met hulle arbeid? Is daar enige werkgewers wat ook gratis
behuising en water & ligte verskaf. En sommer kos ook? En sommer gratis
transport ook? Sekerlik sal jy vir my sê dat die werkers in die stad
verdien meer geld en hulle moet daarmee vir hulle eie behuising en kos sorg,
maar kom ons kyk na die ongeskoolde werkers in die stad:
Wat betaal julle in die stad vir 'n huisbediende of 'n tuinwerker?
R50 of selfs R80 per dag? Wat is die koste van hierdie werker om by jou
huis uit te kom en hoe lank neem dit? Sê jy bly in Pretoria en sy bly in
Mabopane, dan sal 'n taxi haar sekerlik nie minder as R30 kos nie. Ry sy
bus, dan moet sy voor 6 in die oggend op die bus wees om jou plek by 8 uur
te haal. Die kostes sal ook maklik oor die R10 per trip beloop x 2 =R20.
Trek dit af van R50 en sy het R30 vir haar moeite gekry........en daarvoor
het sy 8 ure by die huis en 4 ure transport = 12 ure gewerk! Dit gee R3,75
per uur x160 ure per maand [as sy elke dag werk het] = R600 per maand
waaruit sy haar eie huis met water en ligte moet betaal plus kos ook.
Die plaaswerkers is myle vooruit in verdienste teenoor die
stadswerkers, maar die kak en kouery gaan oor die plaasboere wat dan nou
swart werkers sou misbruik. Is dit miskien nie tyd dat die stadsmense
begin om die gewete te kweek wat hulle namens die boere openbaar tov van die
werkers nie? As 'n boer vir sy werker 'n huis moet verskaf, wat is fout
met jou, Ferdi, wat sekerlik met al jou jare diens by Beeld al meer as R20
000 per maand verdien, om vir jou bediende ook 'n huis te verskaf nie? Om
ook 'n bydrae te maak tot haar kosrekening, water en ligte en ook sommer 'n
siekefonds ook?
"Girls under 18 can legally have abortions without parental consent, the
Pretoria High Court ruled on Friday."
"Women's Legal Centre attorney Nikki Taylor welcomed the ruling......."
"Taylor also said teenage pregnancies were "disempowering", limiting girls'
education and income-earning capacity and impairing their ability to make
well-informed choices about life."
"The Womens' Legal Centre, on behalf of the Reproductive Rights Alliance,
intervened as a "friend of the court" and argued that their might be
compelling reasons why requiring parental consent could endanger teenagers."
Geen respek vir lewe, geen respek vir jou ouers en definitief geen respek
vir jouself. Ek het altyd gedink dat diegene wat die wat die "laaste dae"
teorie verkondig van lootjie getik is maar nou begin ek sterk twyfel. Lag
maar, daardie onskuldige bloed wat in die operasieteater vergiet word skrei
ten hemele.Vergewe ons Here want ons weet nie wat ons doen nie.