Ek kan eintlik nie aan iets erger dink as 'n pa wat per ongeluk sy eie kind
doodskiet nie en daarom het ek groot simpatie met Rudi Visagie en sy
familie. Maar dan tel ek gister die nuutste Huisgenoot op en sien die
werklike storie, eksklusief in die Huisgenoot. Orals in die nuus het
gestaan dat hy 'n waarskuwingskoot geskiet het sommer deur die ruit en dat
die koeël sy dogter getref het. Die Huisgenoot reken dat hy die venster
met sy hand waarin die pistool was oopgemaak het en dat die skoot per
ongeluk afgegaan het. Die pistool was 'n 7,65mm wat eintlik nie eers 'n
behoorlike duik in 'n nat drol kan skiet nie en die skoot het deur 'n pilaar
gegaan en haar in die nek getref.
Ek glo dit....daarmee het ek nie 'n probleem nie. Maar nou weet ek ook
dat die Huisgenoot moerse bedrae geld betaal vir 'exclusives' en hierdie
storie sê dat hy nou vir die eerste keer self sê wat die waarheid is. Die
siniese in my wonder nou net hoekom het hy gewag met die waarheid tot die
Huisgenoot die storie eksklusief kry? Vir die geld? Ek vind dit snaaks
dat die man wil geld maak uit sy grootste tragedie. Ken iemand die
werklike storie?
'n Taalhandhawer en sy nors vrou hou by 'n vulstasie stil. 'Vul asseblief
die brandstoftenk, gaan die olievlak na en kyk of daar nie fout
met die knormoer van die motor is nie,' is sy opdrag. Na 'n rukkie kom die
pompjoggie na hom toe. 'Meneer, ek het gefill-up en die olie gecheck,
maar ek dink ons moet die oumiesies net so laat staan.'
Met die terme wat kinders gebruik en wat dit regtig beteken? Nou net op
StemSaam is vertel van 'n ouer wat 'n onderwyser vertel het hoe bly sy is
dat haar kind nou ywerig gimsasium toe gaan om te gaan boks - min wetende
dat "boxing" glo die nuwe inding is, en beteken dat die kinders bekend
gestel word en ingelei word in die wonderlike waanwêreld van dagga.
--
Annette
Op die lip van die spreekwoord, op die trap
van 'n drol staan hy gevleuel, toeareg uit die domme
van stof, aan slegs sy serpe gebind, uit die landskap
van kak kom hy, elektriese prins, die brommer.
Is jou vlerke, afgryslike Heer, se trilling
net my ooglede wat bewe? Geglasuurde
bidkraal, die swerm wat om 'n wond kring
is 'n kosbare bedesnoer. Gesierde
en blink matroosknoop, kleinood in die vrouehand
van somersweet. Elementale vlees en band
met die Skepping se eerste oomblik: skoonheid
wat kompromisloos onthuts word soms afsigtelik
genoem, soos U. Mag Dood, die juwelier, as my huid
wegstort, jou - vleesgeworde tieroog! - in my oogkas skik.
Moet nou nie vergeet om more ( 8 Junie) vanaf 7:48 vm tot 1:30 te kyk hoe
die kol so onderlangs oor die son skuif nie. Dit gebeur slegs elke 120 jaar.
Ons is baie gelukkig om so iets te kan beleef
--
Annette
Ek het die naweek 'n nuwe selfoon gekry met my kontrak opgradering. My
probleem met die nuwe generasie selfone is dat hulle net vir jou liedjies
wil speel as hulll lui, en ek eerder verkies om die gewone ou "ring -ring"
te hoor.
Dit geld vir die alarm ook. Ek sal nooit in my lewe betyds wakker word met
dit wat beskikbaar is nie.
Weet enige van julle waar ek vir 'n Samsung telefoon 'n "ring-ring" kan gaan
download.
By die kultuurhistoriese museum aan die bopunt van Adderleystaat word 'n
nuwe uitstalling met groot en lang baniere bekend gestel.
Domestic life under the VOC.
Wat sal dit in Afrikaans wees?
Vry in die agterkamer?:))
--
Annette