...hallo aan julle almal. Dit lyk nie of
dit anders gaan hier as sedert die stigting nie,
maar, ek dink dit was Descartus wat gesê het
dat, as niks verander nie, gaan alles dieselfde bly.
Wel, hierdie was slegs 'n hallo, en feitestelling
dat ek gevestig is in my nuwe woonplek.
Durban was baie nat die afgelope paar dae
en vandag was die eerste reënlose dag vir
'n paar dae.
Self het ek so pas herstel van die aakligste
griep aanval wat ek ooit gehad het. Ek het
nie geweet dat griep so erg kan wees nie.
Makiesakie, die griep is verby, ek is gesettle,
en die toekoms wink:-)
Ek sit en luister na die verkeer in Johannesburg op Radio 702 op die
internet. Ek wonder toe hoeveel mense nou elke dag in Jhb heen en weer
pendel tussen huis en werk.
Waar sal ek dít opsoek op internet, vra ek myself toe af. Ek dog toe ek sal
slim wees en by www.johannesburg.co.za begin. Ek spam julle nie, maar gaan
kyk gou. Daar gaan net mooi niks aan nie... Toe probeer ek
www.johannesburg.com en voorwaar, heeltemal niks.
Is daar 'n probleem met my internet, of is www.johannesburg.com nog
beskikbaar?
Iemand skryf in Burger se briewekolom hoe absoluut wonnerlik dit is in
Namibië - hulle goeie grondpaaie, geen informele nedersettings langs die
paaie nie, 11% BTW, en die beste van als - hoe mooi skoon die dorpe is.
Hy het daar vir 2 weke gaan vakansie hou.
--
Groetnis
Annette
Ek sien vanmôre op die nuus dat die Grieke een geweldige bedrag moet
spandeer aan sekuriteit vir atleet en toeskouer [$1,5 biljoen ekstra] en dat
nog nie eers helfte van die kaartjies na die spele al verkoop is nie. Die
groot vraag is natuurlik of daar 'n veiligheidsrisiko is en tweedens, met
die Grieke se klaarblyklike chaotiese poging om alles betyds klaar te hê vir
die spele, voorspel niks goeds vir die toeskouers nie. Die kanse is
uitstekend dat die Spele nie so goed gaan wees soos die een in Australië
nie. Lê hierin miskien 'n les vir ander lande wat aspirasies het om die
spele aan te bied?
Hoekom die verskille, vra DA
Deon de Lange en Liezel de Lange
Die regering het Donderdag uit verskeie oorde sterk kritiek ontlok oor
die klaarblyklike dubbele standaarde met sy toepassing van buitelandse
beleid - veral in gevalle waar Suid-Afrikaners elders in die wêreld in
die moeilikheid beland.
Volgens prof. Hussein Solomon, van die Sentrum vir Internasionale
Studies aan die Universiteit van Pretoria, is daar " 'n duidelike
teenstrydigheid in Suid-Afrika se buitelandse beleid".
Volgens hom is die beleid nie konsekwent wanneer dit kom by die
beskerming van Suid-Afrikaners se regte in die buiteland nie.
Met verwysing na die beweerde huursoldate wat in Zimbabwe en
Ekwatoriaal-Guinee (EG) aangehou word, het Hussein gesê "wanneer iemand
in Afrika rondval, kry Afrika-solidariteit voorkeur".
Die Suid-Afrikaanse regering hou vol dat hy nie betrokke raak by die
regsprosesse of polisie-ondersoeke van 'n soewereine staat nie en het
eers nadat die regering van EG dit versoek het, 'n span daarheen gestuur
om te help met die hofsaak.
Ná 'n versoek deur die familie van dr. Firoz Abubaker Ganjee, een van
die mans wat in Pakistan aangehou word, het Pahad onmiddellik 'n
vergadering by die Unie-gebou toegestaan waar hy die situasie aan die
familie verduidelik het.
Voorts het hy in sy vergadering met die Pakistanse hoë kommissaris
versoek dat die Pakistanse owerhede so spoedig moontlik inligting oor
die arrestasies aan die Suid-Afrikaanse regering verskaf.
Hy het ook gevra dat die Suid-Afrikaanse konsulêre personeel in
Islamabad die geleentheid gebied word om, "soos deur die Geneefse
Konvensie voorgeskryf word", die aangehoudenes te besoek.
In die geval van die beweerde huursoldate het die regering weke lank
gesloer vóór konsulêre dienste aan hulle verleen is en húl familielede
moes voor die Unie-gebou betoog voor daar aandag aan hulle saak gegee is.
Mnr. Douglas Gibson, DA-woordvoerder oor buitelandse sake, het ook
Donderdag gesê die regering se optrede in die geval van die
Pakistan-twee staan in sterk kontras met sy optrede in die geval van die
Zim-70.
"Daar blyk disproporsionele kommer te wees oor die twee mans in Pakistan
in vergelyking met die mans in Zimbabwe en in EG. Dit was óók die geval
gewees toe (mnr. Robert) McBride in Mosambiek gearresteer was.
"Die regering het geen moeite gespaar om destyds by dié saak betrokke te
raak nie. Hoekom die verskille?"
Ek hoor gereeld ek's deel van die chicken run. Berigte soos die laat my
opnuut besef dat ek wel die regte besluit geneem het.
"Plato" skryf in boodskap news:4YGdnXWdn_v14JXcRVn-hw@is.co.za...
> Ek kan nie sê goeie dag nie...
>
> Die foto wys die gesig van Alwyn Labuschagne wat net voor die foto
> geneem is die liggaam van sy vriendin gevind het.
>
> -----
>
> Johannesburg - A teenager was killed at her boyfriend's father's home in
> Wilgeheuwel, Honeydew, during an apparent robbery on Wednesday, North
> Rand police reported.
>
> Spokesperson Paula Nothnagel said an unidentified man answered
> 18-year-old Mart-Marie de Bruin's cellphone when Alwyn Labuschagne
> called her about 11:30.
>
> "Labuschagne rushed from his workplace in Sandton to his father's house,
> where he and his girlfriend were staying, and found the house ransacked."
>
> The 23-year-old Labuschagne found his girlfriend missing and went to the
> neighbours who contacted police.
>
> The teenager's body was eventually found in a bedroom beneath a bed.
>
> She had multiple injuries to her body. It was not clear yet whether the
> victim was stabbed or shot.
>
> A post-mortem would be conducted to determine the cause of death.
>
> The motive for the murder is unclear, although a DVD player and speakers
> were missing from the house.
>
> Nothnagel said it was not clear how many suspects were involved.
>
> Edited by Elmarie Jack
>
Ek sien AGRI SA as betroubare mense. Hulle was nog net tegemoedkomend
teenoor herstel van grondregte aan swart mense. Hulle bekommernis in die
artikel is vir my 'n groot skrik...
HKGK
Plato
Farmers balk at BEE plan
28/07/2004 16:08 - (SA)
Johannesburg - South Africa's predominantly white farm owners harshly
criticised on Wednesday a plan by the government to place more land in
the hands of black farmers.
Agri South Africa, representing 40 000 commercial farm owners and 45 000
smaller-scale farmers, said that the plan unveiled this week to put 30%
of agricultural land in black hands by 2014 set out goals that may be
hard to reach.
But another hardline group of farmers, the Transvaal Agricultural Union,
charged that South Africa was now following Zimbabwe's path, where
thousands of white-owned farms were seized and handed over to blacks.
"I am concerned that the present version will contribute toward
unattainable expectations, especially considering that we have to
respect market forces and other limiting realities," Agri South Africa
president Japie Grobler was quoted by the Sapa news agency as saying.
"We must be both realistic and innovative in our approach towards this
real challenge before us," Grobler said in an address to farmers near
Cape Town.
Agriculture Minister Thoko Didiza released guidelines on Monday for
black economic empowerment in agriculture that are to form the basis for
a new policy to be adopted in November.
Under the plan, 30% of land will be black-owned by 2014, another 20%
will be leased by black farmers by the same date and 35% of farm
businesses will be black-owned by 2008.
"This places South Africa on an identical route of sub-Saharan Africa of
which Zimbabwe is the most recent example, where the collapse of food
and fibre security has resulted in widespread unemployment and famine,"
said the TAU in a statement.
The farmers' group said the plan will "lead to the collapse of
agriculture in South Africa" by destroying property rights and the free
market system.
The chairperson of Grain South Africa, representing 6 500 farmers
growing maize, wheat, soyabean and other commodities, said the
government had failed to take its concerns into account in its plan.
"Many of the key elements of the document agreed upon by stakeholders
and role-players have been omitted, whilst many others had been
unilaterally introduced," said Grain South Africa's Bully Botma.
"This has made a mockery of the whole negotiation process," Botma said
in a statement.
Under apartheid, most of South Africa's best land was reserved for
whites and thousands of blacks were driven off their land.
But land reform launched by former president Nelson Mandela in 1995 has
seen only three percent of land acquired by the government under the
"willing-buyer, willing-seller" scheme, according to official estimates.
Kaapstad. - Een uit elke vyf Suid-Afrikaners of 'n lid van hul familie
sal oor 'n tydperk van ses maande misdaadslagoffers word.
Tog word meer as 'n kwart van die misdade nie eens aangemeld nie.
Die meeste Suid-Afrikaners meen boonop misdaad is aan die toeneem.
Dié statistieke en bevindings is onlangs uitgereik as deel van die firma
ACNielsen se navorsing oor maatskaplike en finansiële aangeleenthede.
Dié internasionale maatskappy doen reeds die afgelope 80 jaar vir die
sakesektor marknavorsing.
Byna 2 500 Suid-Afrikaners in stede en in landelike gebiede is in April
as deel van die navorsing ondervra.
Die meeste volwassenes - 58% - meen dat misdaad sedert 2002 toegeneem
het. Vrystaters blyk die mees optimistiese landsbewoners te wees, terwyl
KwaZulu-Natal se inwoners die mees pessimistiese oor misdaad is.
In die algemeen is diegene uit meer gegoede huise meer pessimisties,
ongeag hul ouderdom. In die algemeen is vroue meer pessimisties as mans.
'n Ontleding van die statistieke toon dat wittes in 30% (sowat 1,14
miljoen mense) van die gevalle die slagoffers was. Daarteenoor is 15%
(1,64 miljoen mense) van swart stedelinge regstreeks of onregstreeks
(deur middel van een van hul familielede) slagoffers.
Misdaad tref ook welgestelde families en die jonger segmente van die
samelewing meer as gemiddeld.
Die grootste rede waarom mense nie misdaad aanmeld nie, is omdat die
slagoffers meen die polisie sal nie die saak ondersoek nie. Sowat 12%
van die mense meen al sou die polisie probeer om die saak op te los,
hulle weens die aantal sake nie daartoe in staat sou wees nie.
Ander redes wat aangevoer is, is vorige slegte ervarings met die polisie
en 6% van die mense het gesê daar was min of geen belangstelling in hul
pleidooie by die polisiekantoor nie. 'n Klein aantal slagoffers het
stilgebly uit vrees vir viktimisasie deur die misdadigers.
Die polisie in die Oos-Kaap blyk uit die navorsing die beste beeld onder
slagoffers te hê, terwyl die Wes-Kaapse polisie tweede geëindig het.
Volgens me. Nikki Quinn, 'n navorser by ACNielsen, is die resultate van
die opname 'n aanduiding dat mense pessimisties is oor die
misdaadsituasie in die land. Aan die een kant is hul verwagtings van die
polisie laag, maar daar is terselfdertyd tog simpatie vir die polisie se
werklading.
Alhoewel ek met jou saamstem met die foto's teen die muur, dis darem niks
nuuts nie. Vroeër was dit die Eerste Ministers van SA wat teen
staatskantore se mure gehang het. As ek sou raai, sou ek reken dis 'n
standaard foto wat geneem en geraam word en aan alle departemente verskaf
word. Seker maar om die amptenary te herinner wie baas is?
"Plato" skryf in boodskap news:fsSdnbtwLoEcsprcRVn-vA@is.co.za...
> Die tipe van eerbetoon gebeur in Namibie ook. In die foto hou 'n soldaat
> 'n foto (in 'n raam) van Mugabe vas by die parlement in Zimbabwe. In
> Namibie is daar 'n foto van Nujoma oral! In elke privaat kantoor se
> ingang en in elke staats departement. Dit moet wet wees of daar moet een
> of ander voordeel wees om dit te doen want dit is flippen onooglik.
>
> Die fotos met hul rame is ook ook gineries en lyk dieselfde. Ten minste
> kom dit so voor...
>
> Cheers
> Plato
>