Uitstedig
Vr., 16 Julie 2004 07:27
As ek weg gaan vir 'n rukkie sê ek ek is uitstedig. Wat van die mense wat op
dorpe en plase bly?
--
Groetnis
Annette
Life is uncertain - eat dessert first
ann...@ctnet.co.za
Koeitjies & kalfies |
4 kommentare
Nonsies
Vr., 16 Julie 2004 07:16
Iemand praat vanoggend op RSG van nonsies.
Sou dit in sekere streke voorkom?
Ons het nog altyd van nonsens gepraat.
( dit blyk of dit ook 'n woord is wat uitsterf )
--
Groetnis
Annette
Koeitjies & kalfies |
4 kommentare
Suidafrikaanse DVD's vir kinders
Vr., 16 Julie 2004 02:40
Ek wou weet van die Afrikaners:
-as julle 'n DVD aankoop in Suid-Afrika -en nou gaan dit hier oor
tekenfilms vir klein kinders soos van Walt Disney byvoorbeeld- is dan
die DVD's ook beskikbaar in meerdere tale? Ek sou via die Internet 'n
DVD in Suid-Afrika wil koop vir 'n klein mannetjie wat Frans praat en
in Suid-Afrika woon en ek wil weet of hy daardie DVD ook kan hoor in
sy moedertaal. Hier in Europa is alle DVD minstens in 9 tale.
Groete uit Vlaandere
Norbert
Koeitjies & kalfies |
6 kommentare
" Kitaarspeler " deur D.J. OPPERMAN
Vr., 16 Julie 2004 01:16
KITAARSPELER
D.J. Opperman
Die klank verklik my vreugde en verdriet,
ek vra wat elke ding my snare bied;
sal alles doen en selfs verraai
net dat 'n nuwe deuntjie in my draai.
Ag Heer, vergewe my die sondes van die lied.
Prosa & poësie |
0 kommentare
Virrie Kaapses
Do., 15 Julie 2004 17:25
Maak 'n knoop in jou derm vir onthou. Die Kaapse Simfoniekoor tree op 24
Julie 2004 om 8nm op in die stadsaal. Die Brahms Requiem word uitgevoer.
--
Groetnis
Annette
Musiek & liriek |
2 kommentare
"The Death of Apartheid"
Do., 15 Julie 2004 16:19
Dis 'n reeks van drie programme wat deur een van die britse 'Histoy'
of 'Civilization' kanale gemaak is. Dit was hier op die Eilande
uitgesaai vir die 10 jaar herdenking van demokrasie in SA. En ek moet
erken, dat dit sekerlik die beste vertolking van gebeure is wat ek
sover gesien het. Dis baie faktueel, eerlik en baie objektief. Ek hoop
almal van julle kry 'n kans om The Death of Apartheid te sien, al drie
van hulle.
Dis ongelooflik om te dink dat ek daar was gedurende daardie
monumentale tydperk. Maar die spel lyk anders vir 'n participant as
vir 'n spectator...
Koeitjies & kalfies |
14 kommentare
Jis maar dis stil...
Do., 15 Julie 2004 14:54
Hier by die werk is dit nou "Desembervakansie". Meer as die helfte van die
mense is nie by die werk nie en ek verveel my dood. Soveel so dat ek nou die
briewe op die Huisgenoot site sit en lees.
Nou vertel die antie haar snot en trane verhaal van hoe sy Dinsdagaand met
'n handsak met haar hele maand se salaris daarin beroof is... As ek die
brief reg lees is sy die handsak nie kwyt nie, want daar het iemand anders
verbygekom voor hulle haar in "die bosse in gesleep het".
Nou vra ek my af, wie de moer loop saans met 'n handsak met jou maand se
salaris daarin rond??? Fokken stupid wyf!
Ek vra my ook af, hoekom word alleen karre met leerbaadjies in die
kattebakke gesteel? En RayBan in die kabieoul.
Wie word nou eintlik ryk uit die herverdeling van rykdom?
Max____________________________
Koeitjies & kalfies |
5 kommentare