Gister het die NNP vergadering gehou en besluit om ten volle by die ANC in
te skakel. Dus, na die volgende oorlooptydperk, gaan die NNP nie meer
bestaan nie.
--
Groetnis
Annette
Die trui is klaar, die profeet en die seun bid dat dit klap, die tannie is
glo op breekpunt, die begrafnisondernemer wil begrafnis hou, maar die oom
wil nie opstaan nie.
--
Groetnis
Annette
Wreedheid van plaasmoorde bevestig alternatiewe motiewe
(Deur Jakkie Basson)
DIE plaasmoorde wat die afgelope week plaasgevind het, bevestig
nogeens dat ander motiewe daaragter skuil, al verkondig ANC-gesinde
koerante nogeens dat dit uitsluitlik aan misdaad toegeskryf moet
word.
Net buite Nylstroom op die Vaalwaterpad is mnr Koos Potgieter op sy
plaas Donkerpoort vermoor.
Nadat mnr Potgieter reeds 'n volle dag weg was, is sy lyk deur sy
vrou agter die skuur op die plaas aangetref. Omdat hy dikwels met
besigheid weg is, was sy nie bekommerd nie, en het nie dadelik na
hom begin soek nie. Sy het eers laat die volgende middag op die lyk
afgekom. Toe het sy ook ontdek dat haar vuurwapen weg is.
Mnr Potgieter is met 'n graaf aangeval en met 'n nylontou aan 'n
voëlhok vasgemaak. 'n Tou is om sy nek vasgebind en aan 'n boom
vasgemaak. Die boewe het 'n swaar yster op die tou gesit, en sy
bene onder 'n boomstomp vasgepen. Hy is verwurg. Daar was tekens
aan sy lyk wat toon dat hy gestoei het om die tou om sy nek te
verslap om te keer dat hy doodwurg.
Die polisie het die lyk heelnag daar laat lê, aangesien hulle nie
bewysstukke wat in die donkerte verborge gelê het, wou versteur nie.
Die wreedste moord was egter dié op mnr Rudi Botes van die plaas
Genade in die Bultfontein-distrik in die Vrystaat. Hy is
wreedaardig gemartel voordat die booswigte hom uiteindelik op
teregstellingswyse in die agterkop geskiet het. Vermoedelik is hy
met sy eie vuurwapen geskiet.
Toe mnr Botes in sy huis aangetref is, was sy hande met elektriese
draad agter sy rug vasgebind. Sy ooglede is afgesny, en hy is
met 'n hamer oor die kop geslaan. Daar is tekens van 'n woeste
geveg, wat aandui dat mnr Botes hom heftig teen sy aanvallers verset
het voordat hulle hom oorrompel en vasgebind het. Gebreekte
wynglase het oral in die sitkamer rondgelê. Daarna het die
marteling begin. Sy lyk toon dat hy ernstig aangerand is voordat hy
geskiet is. Die polisie het sy lyk in 'n halfnaakte toestand in die
huis aangetref. Die boewe het sy selfoon, videomasjien en juwele
geneem. Hulle het met sy bakkie ontvlug, wat deur die polisie digby
die lokasie opgespoor is. Sy beursie met geld is onaangeraak saam
met 'n aantal laserskywe in die bakkie gevind.
Die gewese bediende van mnr Botes is na die moord in hegtenis
geneem. Sy het aangevoer dat sy 'n verhouding met mnr Botes gehad
het. Saam met haar is nog 'n swart vrou en twee swartes in hegtenis
geneem. Die bediende het ongeveer 03:00 by die polisiekantoor die
moord aangemeld en beweer dat mnr Botes by haar in die lokasie
gekuier het toe hulle deur twee swartes aangeval is. Mnr Botes se
lyk is egter in die sitkamer van sy huis op die plaas aangetref. Sy
beweer dat mnr Botes deur die swartes ontvoer is. Mnr Botes se
bakkie is langs die pad naby die lokasie aangetref. Die polisie het
mnr Botes se buurman, mnr Herman Meiring gebel, en hy is saam met
hulle na die plaashuis. Dit was nodig, omdat slegs hy die kwaai
honde op die plaas onder bedwing kon hou. Dit laat ook die vraag
ontstaan hoe die swartes met mnr Botes se lyk in die huis kon kom
met die kwaai honde op die werf.
Daar word vermoed dat die bediende die huis vir die swartes moes
oopgesluit het. Sy is in hegtenis geneem omdat die polisie nie haar
weergawe van die storie glo nie.
Mnr Botes se vrou het in 'n ander huis op die plaas geslaap toe die
aanval plaasgevind en haar man vermoor is. Dié is omtrent 200m van
mnr Botes se huis.
Die wreedaardigheid van die aanval dui soos in soveel ander gevalle
daarop dat diefstal nie die hoofrede vir die aanval, marteling,
skending van mnr Botes se liggaam en sy koelbloedige doodskiet was
nie.
Die saak is uitgestel tot 13 September en die vier verdagtes word
aangehou.
Krugersdorp - A disabled man is recuperating in the Krugersdorp
hospital after he suffered serious burns earlier in the week when he
was put into a bath with piping hot water in another hospital in the
area.
They allegedly told him that he "might as well burn to death" - they
"couldn't care less".
Hannes Vorster, 60, was admitted to the Leratong hospital in Kagiso
last week to have his catheter changed.
According to Johan Coetzee, head of the Connie Mulder Centre for the
Multi-disabled in Randfontein, Vorster suffers from muscular dystrophy
and as totally dependent on a wheelchair. He is also mentally
handicapped.
"On Sunday night two black members of the hospital staff took him for
a bath. They put him into a bath filled with piping hot water and he
suffered serious burns on his feet and back," Coetzee said.
"When I told then I was burning, they said I might just as well burn
to death, they couldn't care less," said Vorster.
Paramedics transferred Vorster from the Leratong hospital to the Yusuf
Dadoo hospital in Krugersdorp on Wednesday, where he is being treated
now.
According to the medical report on his hospital bed Vorster was
admitted with burns and infection in his catheter.
"It was shocking to see that his catheter had become septic. In the
Leratong hospital nothing was done to keep it clean," Vorster said.
However, the staff of the Leratong hospital disagrees.
According to Francina Rantsaka, spokesperson for the hospital, Vorster
did not suffer the burns during his stay in the hospital. She said a
doctor had diagnosed the wounds as the result of bad blood circulation
to the limbs.
"The injuries are a medical condition. The patient's allegations
regarding the suffering of burn wounds are not correct," she said. "If
they bring a written complaint, we will investigate the matter."
Coetzee alleges that Vorster did not have the injuries when he was
taken to the Leratong hospital.
"It is shocking to see how the children are ill-treated in the
(Leratong) hospital," he said.
Apparently another inhabitant of the Connie Mulder Centre was recently
also "neglected" in the Leratong hospital when she was not treated for
breathing problems.
According to a paramedic, who prefers to remain anonymous, the
injuries Vorster suffered are burn wounds. He transferred Vorster to
the Yusuf Dadoo hospital. "There are big burn wounds. I have been
around for a long time and I know burns when I see them. There were
definitely blisters on his feet," he said.
Oupa en ouma sit op die stoep en bewonder die sonsondergang en praat oor die
goeie ou dae toe ouma na oupa toe draai en sê "Ou man, onthou jy nog hoe jy
altyd oorgeleun en my hand gevat het?"
Oupa kry so glimlaggie en vat haar hand.
"Onthou jy nog," vra sy weer "...hoe jy soms oorgeleun en 'n soentjie
gesteel het?"
Weereens gehoorsaam oupa en hy gee haar 'n piksoentjie.
"Onthou jy nog hoe jy somtyds my ore geknibbel het?" wil ouma weet.
Oupa kom sukkel sukkel orent en staan huis se kant toe.
"Waar gaan jy nou?" wil ouma ongeduldig weet.
Oupa antwoord: "Ek gaan net gou my tande haal!"
'n Reeksmoordenaar ontvoer 'n egpaar en sê aan die vrou. "Ek hou daarvan om te weet wie my slagoffers is. Wat's jou naam?"
Benoud sê sy, "Elizabeth"
"Ek sal jou nie doodmaak nie - my ma se naam was Elizabeth."
Hy draai toe na die man toe en vra hom ook sy naam.
Baie benoud antwoord die ou, "My naam is Pieter maar my vriende noem my Elizabeth!".
Kommunistiese aanslag bedreig Afrikaner se kultuur
(Deur Jeanette Koekemoer)
Die huidige kommunistiese aanslag op Afrikaner-kultuur vind plaas
deur ontheiliging van Afrikaner-simbole en vernedering van elke
Afrikaner-erfenis. Dit is sekerlik die mees sigbare vorm van oorlog
teen die Afrikanervolk en sy vaderland.
Dit is ook die rede vir die onlangse opspraakwekkende internasionale
modeparade in die Voortrekkermonument. Die skokkende hiervan is
egter nié hierdie vernietigingspoging van die volksvyande nie
aangesien dit reeds 'n bekende strategie is, maar die onwilligheid
van Afrikaners om in volksopstand hieroor te kom. Dit spreek
boekdele van die sukses wat kommunisme reeds in Suid-Afrika bereik
het.
As gevolg van volgehoue breinspoeling deur ons vyande, word daar
lank reeds nie meer erns gemaak met kultuurbeoefening in Afrikaner-
geledere nie. Dus het sy vyand reeds daarin geslaag om die krag van
die Afrikanervolk te breek, en is die meeste volksgenote nie eers
bewus van die aanslag nie.
Toe Thabo Mbeki die gewese departement van Kuns, Kultuur, Wetenskap
en Tegnologie in twee onafhanklike departemente verdeel het, was sy
ideologiese rede hiervoor van groot belang. Daar word baie duidelik
in die Freedom Charter uitgespel wat die kommunistiese regime se
doel hiermee is - dat kultuur die kwesbaarste aanvalspunt is om 'n
totale kommunistiese oorname te bewerkstellig. Omdat dit die
wenresep in talle ander lande was, weet hulle dat hul oorwinning
opgesluit lê in die verowering van 'n volk se siel en gees:
ondergrawe 'n volk se kultuur, dan verander sy hele wese. Suid-
Afrika het reeds ver op hierdie pad gevorder.
As daar een faset van 'n volk is wat hom weerbaar of andersins
weerloos maak teen die aanslag van 'n kommunistiese oorname, dan is
dit sy kulturele stand. Hiervan het die kommuniste hulself reeds in
die agtiende eeu vergewis, en maak hulle sedertdien seker dat
hierdie metode die sterkste faset van hul oorlog teen 'n volk
uitmaak.
Kultuur is die lewenstyl van 'n samelewing, en indien hierdie styl
verander of omvergewerp word, is daar nie meer sprake van
kultuurbeoefening as roeping en verantwoordelikheid by die
kultuurdraers van 'n volk nie. 'n Volk is 'n entiteit wat gevorm
word deur kultuurbande soos godsdiens, nasionalisme, taal,
geskiedenis en gevolglik sy beskawingstand. Indien hierdie bande
suksesvol gebreek kan word deur sy volksvyande, is 'n volk se krag
gebreek, en word hy en sy besittings sonder slag of skoot die besit
van sy vyand.
Uit die kulturele skeppingsdrang van die Afrikaner in Suid-Afrika,
en sy strewe na die ontwikkeling van 'n geestelike lewensbestaan,
het hy veral onder die leiding van dr HF Verwoerd, 'n hoogstaande
beskawingsvlak bereik. As gevolg van Suid-Afrika se regeringsvorm,
veral vanaf die sestigerjare, het ons wonings, ons
kommunikasiemiddele, ons vervoermiddele en verskeie instansies, 'n
hoë beskawingspeil bereik wat slegs kon ontwikkel as uitvloeisel van
die handhawing van 'n hoë kulturele standaard onder Afrikaners oor
baie dekades heen.
Die totstandkoming van ons pragtige monumente is die bewys van
hierdie kulturele geestesingesteldheid waarvan die Afrikanervolk
deur eeue heen die belangrikheid besef het. As getuienis hiervan
staan onder andere die Geloftekerk in Pietermaritzburg, die pragtige
Vrouemonument in Bloemfontein, ook die Paardekraalmonument by
Krugersdorp, en sekerlik die grootste daarvan, die
Voortrekkermonument in Pretoria.
Dit het dringend tyd geword dat ons as Afrikanervolk moet besef dat
ons geen reg op ons kultuur en erfenis het indien ons nie bereid is
om daardie reg op te eis nie. As ons enigsins nog weerbaarheid wil
openbaar teen die totale oorname van alles wat ons eie is, sal
ons 'n front moet vorm teen hierdie aanslae, en alles in ons vermoë
moet doen om dit af te weer. Daarom is dit nie net van die uiterste
belang dat ons volk in 'n kragtige eenheid hierdie aanslag moet
verdedig nie, maar ook dat ons individueel betrokke moet raak by
Afrikaner-kultuuraangeleenthede in Suid-Afrika, en 'n stem uitbring
teen elke kulturele aanslag op ons volk. Sodoende sal ons bewus
gemaak word van ons mede-volksgenote se stryd en mekaar hierin
ondersteun.
Nog onlangs het die betrokke minister by Grondsake en ook Swapo aangewysde
kandidaat om in Sam Nujoma se skaduwee te staan en te dien as 'token'
president vir Sam se 'vierde' termyn, minister Pohamba, die partye betrokke
by die probleem van plaasgrond genooi om te kom met voorstelle en idees van
hoe 'n vreedsame oplossing gevind kan word. Een van dié, Henk Mudge, is
die Voorsitter van die Republikeinse Party en seun van Dirk Mudge,
mede-skrywer van die grondwet en ook een van die suksesvolste boere in ons
land, het sy party se bydrae geformuleer en toe die minister Pohamba laat
weet dat hulle soek 'n afspraak by hom sodat hulle die voorlegging vir hom
en sy departement kan kom maak.
'n Doodste stilte het oor die betrokke departement gedaal en uiteindelik
het 'n verkorte weergawe van die voorstel in 'n koerant verskyn om vir die
publiek te wys dat hul party wel werk aan die probleem en dalk moontlike
oplossings het. Dit staan heel binne die reg van die betrokke ministerie
om die voorlegging af te maak as 'n klomp twak, maar die feit dat dit
heeltemal geïgnoreer word, sê ongelukkig presies dit wat ons almal betrokke
al lankal weet: Die regering van Namibië is nie ernstig met hul pogings om
'n sinvolle oplossing vir die probleem te kry nie. Dis bloot 'n politieke
speelbal om stemme mee te behou in die eerste plek, en ook om waardevolle en
ontwikkelde eiendomme goedkoop te bekom vir die politieke breedsitters van
Swapo. Mugabe is sê trots op sy protegé Sam Nujoma!