Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Grappies

Do., 26 Augustus 2004 07:17

Wat is die definisie van 'n laatlam? Uit de oude doos!

Wat is die manlik en vroulik van meel? Mieliemeel en koekmeel.
Watvan as jy Viagra by daai meel gooi? Stuifmeel en bruismeel!

Humor & grappe | 4 kommentare

Die Spele

Do., 26 Augustus 2004 07:14

As ek die Spele so op die multi-kanale sit en aanskou, dan is dit vir my
opvallend hoe leeg die paviljoene by meeste van die sportgebeurtenisse is.
Hoop maar die Griekse regering het genoeg geld om die verliese te dek!

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Mugabe the 3rde grootste Afrikaan ooit

Do., 26 Augustus 2004 05:02

Gloudina, vlieg sommer maar byvoorbaat na jou moer. Geagte lede van die
nuusgroep, ek dink dit sal goed wees om die onder oog te kry. Sekere
implikasies vir opinies oor Afrika en hoekom ek dink Afrika het 'n groot
agterstand...

http://www.iol.co.za/index.php?set_id=1&click_id=68& art_id=qw1093446361762B216

Cheers
Plato
- - - - - - - - - - - - - - - - -

TEKS HIER GEPLAAS VIR GEMAK. JAMMER DIT IS IN ENGELS.

London - Zimbabwe's controversial President Robert Mugabe was voted the
third-greatest African of all time, topped only by South Africa's Nelson
Mandela and former Ghanaian president Kwame Nkrumah, in a survey for New
African magazine announced Wednesday.

Mugabe, widely criticised outside Zimbabwe for stifling dissent and
crippling the economy of his once prosperous southern African nation,
was an "interesting" choice because "a high-profile campaign in the
media has painted him in bad light", the New African wrote.

The London-based magazine said responses flooded in after the survey was
launched last December to nominate the top 100 most influential Africans
or people of African descent.

Heroes of independence movements in Africa and African-American figures
in the United States figure prominently on the list.

'Have people forgotten Africa's history? Must this worry us, as a people?'
Patrice Lumumba, Congo's first post-colonial prime minister, ranks
sixth, followed by US civil rights leader Martin Luther King.

Pele, the legendary Brazilian soccer star, comes in 17th, followed by
Jamaican reggae singer Bob Marley, numbering among those called
"Diasporans" by New African.

Radical civil rights leader Malcolm X, at ninth, is a rank above United
Nations Secretary General Kofi Annan, from Ghana, who comes just ahead
of the US boxer Muhammad Ali.

Few women made the cut. The highest-ranked female, at 12th, is Winnie
Mandela, former wife of the South African president. Others include the
dynamic duo of tennis, American sisters Venus and Serena Williams
(together ranked 73rd), and ancient Egyptian queen Nefertiti at number 81.

The magazine noted that most of the top 100 were from Africa's
post-colonial period. "Have people forgotten Africa's history? Must this
worry us, as a people?" it asked.

The list appears in the August-September issue of New African, which has
a circulation of roughly 30 000 across dozens of countries. It said this
was the first such survey it had carried out in a decade. - Sapa-AFP

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Amptelik

Wo., 25 Augustus 2004 11:07

Dinsdag 24 Augustus 2004 bl. 10
Beeld
Johannesburg Finaal

Pretoria SA se hoofstad van kapings
Skurke meer gewelddadig, minder werk vir sindikate
André Janse van Vuuren
Minstens tien kapings vind elke dag in Gauteng plaas, waaronder ses in
Pretoria.

Sê sê mnr. Aubrey Pieterse, uitvoerende hoof van TraumAssist, 'n nasionale
beradingsnetwerk vir slagoffers van misdaad.

Volgens Pieterse is Pretoria die kapingshoofstad van Suid-Afrika -- 200
kapings word maandeliks hier aangemeld.

Sowat 350 kapings vind maandeliks in die hele Gauteng plaas.

Nasionaal vind ongeveer 24 000 kapings jaarliks plaas -- ongeveer 65 elke
dag, sê Pieterse.

Kaapstad beleef ongeveer 90 kapings per maand en volgens Pieterse neem die
kapingsyfer daar meer toe as in ander stede. Hy sê sowat 190 motors word
maandeliks in KwaZulu-Natal gekaap.

Dié syfers sluit poging tot kaping uit.

Pieterse sê dié statistieke stem ooreen met amptelike polisiesyfers vir 2003
tot Maart vanjaar.

Volgens Pieterse was georganiseerde sindikate die afgelope twee jaar vir
minder motorkapings verantwoordelik as voorheen.

Kapers werk deesdae in kleiner groepe, maar is meer gewelddadig.

Supt. Leon Engelbrecht, nasionale polisiewoordvoerder, wou nie gister die
statistieke ontken of bevestig nie.

Volgens hom sal die jongste syfers bekend gemaak word sodra mnr. Charles
Nqakula, minister van veiligheid en sekuriteit, toestemming daarvoor gee

Koeitjies & kalfies | 6 kommentare

Orgie van geweld

Wo., 25 Augustus 2004 06:56

In 'n orgie van geweld op 'n plaas hier het 'n plaaswerker, sy twee
broers en nog twee mans na bewering 'n bejaarde boervrou met 'n mes of
messe gesteek en keelaf gesny, 'n plaaswerker ook wreed vermoor en 'n
huishulp op die plaas erg gewond deur haar in die onderlyf te skiet.

http://www.news24.com/Die_Volksblad/Nuus/0,,5-83_1577789,00. html

--
Dit is een automatische handtekening van MesNews.
Site : http://mesnews.no-ip.com

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

" Die lewe na die dood " deur DONALD RIEKERT

Wo., 25 Augustus 2004 01:08

DIE LEWE NA DIE DOOD
Donald Riekert

Die ou Boesmanvrou is
laat sak en haar asem
het nog die rooi sand
stoffie laat roer onder
die witstamboom Druk
hulle haar kop vas met
'n ronde klip Maar 'n ou
uitstoot-bobbejaanmannetjie
rol die klip weg en voer
die ou vrou ryp rooi soet
rosyntjiebessies
drie dae later loop sy met
die ou-een rond en vertel
omstandig van die lewe in
die holkrans waar die water
koel soos tsamma
op jou lip kom lê

Prosa & poësie | 9 kommentare

Bitterbek Sam

Di., 24 Augustus 2004 17:18

Dit het nou bekend geword hoekom Sam Ramsamy so sielsongelukkig gelyk het
toe hy aan ons swemmers hul goue medalje moes oorhandig.
Hulle het glo in die verkeerde pakkies geswem.
--
Groetnis
Annette

Koeitjies & kalfies | 8 kommentare

JM Coetzee se "Disgrace"

Di., 24 Augustus 2004 13:46

Hello almal,

As ek dit nie verkeerd het nie, het JM Coetzee 'n Nodel Prys vir
hierdie boek ontvang.

Wie van julle het "Disgrace" gelees?

Ek is g'n akademiekus(?) nie, maar ek't gedog hierdie boek is so
bietjie droog. As ek nie self in SA groot geword het nie, sou ek
myself oortuig het dat hy sommer baie snert gorrel.

Wat ek eintlik wil weet, van die van julle wat die boek gelees het, is
die hoofkarakter se dogter se houding teenoor haar verkragting. Vele
male probeer die hoofkarakter dit met haar bespreek, maar sy
"sidestep" die onderwerp elke keer.

Op een slag se sy dat verkragting die prys is wat wit vroue moet
betaal om in hulle land te woon.

JM het defnitief probeer om hierdie boek in die hoerskool sillabus te
kry. En dit sal baie interresant wees om 'n hoerskool onderwyser/es se
"disection" te lees. In Matriek het ons Kringe in 'n Bos gedoen, en
tot vandag toe bly Mev. Adri Weyers se ontleding van daardie
meesterstuk my by. Afrikaans was sonder twyfel my gunsteling vak.
(Jammer dat 11 jaar in die buiteland my vermoee so geknel het...)

Elk geval, ek het toe JM Coetzee se "Life and Times of Michael K"
probeer...marteling.

Koeitjies & kalfies | 15 kommentare

Vroeg Duitswes

Di., 24 Augustus 2004 10:43

Die afgelope week is die nuus hier by ons oorheers deur die storie van die
herdenking van die Hereroslagting deur die Duitsers en die die Duitse
ambassadeur se verskoning. Daarmee was die Herero's heel opgeklits, maar
het verklaar dat hulle steeds voortgaan om kompensasie te eis van Duitsland,
want hulle voel 'n verskoning sonder kompensasie is eintlik niksseggend.
Die naweek verskyn daar in die Windhoek Observer, 'n onafhanklike
koerant wat nie deur News 24 beheer word nie, 'n artikel geskryf deur 'n
kleinseun van Kurt von Francois, einste hy die eerste Duitse Goewerneur in
ou Duits-SWA. Die Duitse goewerneur het duidelik so 'n bietjie los plesier
gehad so ver weg van die huis af en hy het 'n kind verwek by 'n Damara-vrou.
Hierdie man reken dat:

-----Die Duitsers nie kolonieseerders in SWA was nie. Duits-SWA is gereken
as 'n Duitse protektoraat en die Duitse soldate was hier om vrede tussen die
land se strydenes te bring.
-----Kurt von Francois was 'n kartograaf van beroep en hy het 'n kopie van
'n vroeë kaart van die land aangeheg waarop die algemene gebiede waar van
die plaaslike bevolkings voorgekom het, aangedui is. Die land is 'n groot
plek en meestal woestyn en semi-woestyn en toe was daar nog nie veel mense
nie. Gebiede vir die Damara, Hottentot, Owambo en nama word aangedui, maar
niks vir die Herero nie en dit was vóór die sogenaamde volksmoord van die
Duitsers op die Herero's. As hy reg is, en die kans is baie groot want die
bestaande geskiedenisboeke staaf dit meestal, dan het die Herero's vanuit
Betsjoeanaland [Botswana vandag] in die ooste ingetrek in die land in en die
plaaslike swart bevolking verdring en hul grond gevat. Nog erger nog, dit
beteken dat die Herero's ná die Dorslandtrekkers [blankes] en die Bastertrek
in die land gekom het.
-----Die Herero's het gelief van oorlog maak en het Duitse plase geroof van
hul bees en die mense en hul kinders doodgemaak. So was die Hottentotte en
die Herero's ook van tyd tot tyd aanmekaar en het die Duitsers probeer om
die vrede te bewaar. Vele Damaras en ook Basters is opgelei as Duitse
soldate om te help. Uiteindelik, na ongeveer 14 plase afgebrand, geroof en
gemoor was, het Von Trotha se moer gestrip en beloof om die Herero terug te
dryf na sy land vanwaar hy kom en die wat nie wil hol nie, die sal hy almal
vrekskiet. Die storie het dan gegroei en nou is hulle al by
volksmoord........
Stemme van protes kon die afgelope paar dae vanuit Hererogeledere
gehoor word van oraloor. Hier by ons is mos vele 'chat shows'. Daar is
selfs duer sommige gedreig dat die plaaslike Duitsers nou nie moet kom kak
maak nie. Die Herero se 'fight' is nie met die plaaslike Duitsers nie,
maar met Duitsland. Duitsland moet betaal.....tot die een ou inskakel en
vir hulle verduidelik dat die persoon wat die artikel geskryf het, nie 'n
plaaslike Duitser is nie, maar 'n Damara, of kleurling, afhangend hoe hy
homself sien. Nou wonder die manne nog wat hulle getref het.......

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Vêrkykers

Di., 24 Augustus 2004 09:40

Wat is die beste verkyker om te koop? Kan mens dieselfde koop vir bv wilde
diere kyk, voëls kyk en rugby kyk? Hulle praat van 'n 7x, 8x, 10x
vergroting. Voor-/nadele?

Is daar 'n maak wat nou "in" is in SA?

Koeitjies & kalfies | 15 kommentare

Bladsye (1835): [ «    370  371  372  373  374  375  376  377  378  379  380  381  382  383  384  385    »]
Tyd nou: Vr. Des. 19 18:55:32 UTC 2025