Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Oorlopery

Tue, 21 September 2004 10:19

Kan enige persoon hier vir my meer lig werp tov die oorlopery van poletieke
kandidate. Dit is 'n gebeurtenis wat ek glad nie verstaan nie.

1. Is SA die enigste land ter wereld waar dit gedoen word
2. Kom dit nie basies neer op bedrog nie
3. Erodeer dit nie 'n verkiesing in sy geheel nie
4. Is dit moontlik vir 'n party om te "wen" net om oor 'n paar maande in
teorie te "verloor"

Groete

Riaan

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Windbukse

Tue, 21 September 2004 06:21

Ek neem aan windbukse, net soos pyl en boog, word nie onderwerp aan die
wapenwet nie.
Nietemin, 'n vriendin van my in Amerika se seun het 'n ongeluk met so 'n
windbuks oorgekom, en ek is seker daar is talle sulke gevalle.
Die kind is 15, en ten spyte van die ma se smeking, het die pa toe verlede
naweek vir die kind een gekoop. Gisteraand kyk die kind toe glo voor by die
loop in om te sien hoe dit werk - nou sit hy met 'n koeël wat deur die oog
on die kop beland het.

--
Groetnis
Annette

Koeitjies & kalfies | 7 kommentare

Trots Suid-Afrikaans.

Tue, 21 September 2004 05:48

Van die deelnemers wat aan die Trots Suid-Afrikaans veldtog deelneem, is 81%
van hulle se webwerwe onwettig.
--
Groetnis
Annette

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

PAP te dik?

Tue, 21 September 2004 05:39

Dit blyk dat die PAP te dik aangemaak is, dis hoekom daar nog steeds
tandekryprobleme ondervind word tydens die tweede sitting.
--
Groetnis
Annette

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Re: Julle is almal...

Mon, 20 September 2004 17:10

Met wie het jy gesukkel?
--
Groetnis
Annette
"Bruce Tarantino" wrote in
message news:f388dd3fe2a466ccb5ce521c3f724572@msgid.frell.theremaile r.net...
> This sums up the state of the boere volk quite well. Pappie jols wif
nanny, oupa jols wif sannie down the street. Boetie jol lekker wif die bantu
in die kombuis en die dominie jol met al die kongregasie vrouens. Don't be
surprised now to find that you are all related in one big gemors of a
family.
>
> Bruce
>

Koeitjies & kalfies | 19 kommentare

Ek het Zelda le Grange vandag ontmoet

Mon, 20 September 2004 16:13

Het vandag Nelson Mandela se PA deur my werk ontmoet. Vriendelike dame.
'n Foto geleentheid gehad. Aangename persoon. Stories van hier tot in
Kairo. Sy is baie erg oor Bill Clinton. Naas Mandela het sy die meeste
respek vir hom sê sy. Sy hou niks van Bush nie. Ek stry met haar
daaroor. Sy sê die mense met wie sy die minste oor die weg kom is ander
PA's... :o)

Nie kans gehad om politiek te praat nie. Jammerlik.

Groete
Plato

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Julle is almal familie

Mon, 20 September 2004 09:52

Uit vandag se Beeld.

----------------------------------------------

Een groot familie
Neels Jackson

Oudpres. Nelson Mandela is langs sy direkte moederlike voorsatelyn van
Koisan-afkoms - nes me. Hannelie de Beer, 'n jong, wit Afrikanervrou
van Pretoria.

Dit is van die verrassende bevindings van genetiese toetse wat
Sondagaand oor M-Net bekend gemaak is in die dokumentêre program So,
where do we come from? wat oor Carte blanche uitgesaai is.

Dit beteken dat Mandela en De Beer moontlik so ver terug as 100 000
jaar gelede dieselfde vroulike voorsaat gehad het.

Verskeie bekende en ander Suid-Afrikaners is onderwerp aan genetiese
toetse en die resultate krap stereotiepe beskouings oor
Suid-Afrikaners se afkoms lelik deurmekaar.

Dit laat ook verskeie vrae oor die kwessie van identiteit ontstaan.

Wetenskaplikes het al vroeër aangetoon dat die hele mensdom verwant is
aan en afstam van 'n groepie mense wat sowat 150 000 jaar gelede in
Afrika gewoon het.

Die genetiese toets het getoon die satirikus Pieter-Dirk Uys se
direkte moederlike lyn loop terug na Sentraal-Afrika. Die komediant
Marc Lottering se direkte moederlike en vaderlike lyne kan teruggevoer
word na Europa, terwyl Tim Modise, aanbieder van die program, se
vaderlike lyn teruggevoer kan word na 'n genegroep wat in Europa
gekonsentreerd is en in Asië inloop.

Die genetiese toetse waarop dié bevindings berus, word gedoen aan die
hand van twee soorte DNS. Die een is die mitochondriese DNS wat slegs
deur ma's aan hul kinders oorgedra word en waardeur eienskappe van
iemand se direkte moederlike lyn van voorsate bepaal kan word.

Daarby word Y-chromosome getoets wat deur pa's aan hul seuns oorgedra
word. 'n Man se Y-chromosoom kan eienskappe verklap van sy voorsatelyn
wat deur sy pa, oupa en verder terug telkens deur die manlike voorsaat
loop.

Die reaksies van die mense wat getoets is, was uiteenlopend.

Mandela het dadelik verwys na "Herrie die strandloper" en gesê sy
regte naam was eintlik Autshumao en dat hy die eerste vryheidsvegter
was wat op Robbeneiland beland het.

De Beer het gesê haar ma het iets gesê van Koisan-voorsate, maar sy
het dit nietemin as " 'n bietjie van 'n skok bestempel".

Die sokkerbaas Irvin Khoza het sy hande triomfantelik die lug
ingesteek oor die nuus oor sý Koisan-gene en gesê: "Ek is deel van die
oorspronklike mense!"

Uys, wat voor die toetse gespot het dat hy 'n Matabele-prinses as
tante sou wou opspoor, was uit die veld geslaan toe hy hoor dat sy
voorsate langs die direkte moederlike lyn inderdaad teruggaan na
Afrika.

Hy het gesê dit is lekker nuus: "Ek is 'n Afrikaan!"

David Kramer was klaarblyklik teleurgesteld omdat sy DNS net op 'n
Europese herkoms dui en hy tevrede moet wees om "net nog 'n common wit
man" te wees.

Naas Botha, wie se DNS ook net op Europese herkoms dui, het gespot hy
het nou geen kans om eendag minister van sport te word nie.

Modise was verbaas dat sy gene 'n Europese oeroupa uitgewys het.

Hy was nietemin op sy gemak daarmee en het gesê hy het die mensdom nog
altyd beskou as 'n groot, rusiemakende familie.

Resultate van bekendes se genetiese herkomstoetse:

  1. Baby Jake Matlala (bokser): Koisan-moederlyn
  2. Irvin Khoza (sokkerbaas): Koisan-moederlyn
  3. Wendy Lehube (Vodacom-voorsitter): Koisan-moederlyn
  4. Patricia de Lille (politikus): Koisan-moederlyn
  5. Ruda Landman (TV-aanbieder): Europese moederlyn
  6. PJ Powers (sangeres): Europese moederlyn
  7. William Kentridge (kunstenaar): Vaderlyn uit Midde-Ooste
  8. Essop Pahad (minister): Eurasiese vaderlyn; moederlyn uit Suidoos-Asië met swaartepunt in Viëtnam
  9. Paul Adams (krieketspeler): Koisan-moederlyn; Eurasiese vaderlyn
  10. Pieter-Dirk Uys (satirikus): Eurasiese vaderlyn; Afrika-moederlyn
  11. Marc Lottering (komediant): Europese moederlyn, Eurasiese vaderlyn
  12. Tim Modise (TV-aanbieder): Afrika-moederlyn; Eurasiese vaderlyn
  13. Nelson Mandela: Afrika-vaderlyn; Koisan-moederlyn
  14. Elana Afrika (TV-aanbieder): Koisan-moederlyn

Genealogie & famieliesake | 57 kommentare

Paratlete?

Mon, 20 September 2004 07:54

Wat word atlete wat aan die Paralimpiese Spele in Athene deelneem
genoem? Paratlete?

Ons AmaKrokoKroko (ek glo nie dis reg gespel nie) het al twee goues en
een silwer gewen; Natalie du Toit in die 100 m vlinderslag en Fanie
Lombaard in gewigstoot, beide met wêrelrekords. Iemand het ook 'n
silwer in 'n swem item vir gesigsgestremdes gewen. Ongelukkig het ek
nie sy naam gehoor nie

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Stroop van wild...

Mon, 20 September 2004 06:47

'n Boer van Gobabis, Namibië is onlangs oorlede in 'n motorongeluk en sy
jong weduwee sukkel nog om die slag te verwerk en terselfdertyd die boerdery
op hul twee plase aan die gang te hou. 'n Buurvrou ry by die een plaas
verby en sien 'n kleinerige kar by 'n hek inry wat veronderstel is om
gesluit te wees. Heel wys, ipv om te stop en ondersoek in te stel, laat
weet sy op hul gemeenskapsradio die boere in die ongewing dat iemand by die
plaas lol. Hulle stel vas dat die weduwee op die ander plaas is en niks
weet van iemand op daai plaas nie. Die boere van tot sover as 200km ver
wat die radioboodskap gehoor het, mobiliseer, skraap die polisie saam en
gaan na die plaas toe. Wat sal hulle vind? 'n Slatery van ongeveer 60
gemsbokke wat met draadstrikke oral in die veld gevang word om dood te
versmoor en dan maak hulle soutlose gedroogde biltong wat hulle dan met
taxi's vervoer na 'n plakkerskamp so 'n klompie kilometers weg waar die
vleis verkoop word.
Die waarde? Seker so R1500 per bok as dit gejag sou word = R90 000.
Die hoofkrimineel dreig die weduwee toe hy gearresteer word dat hy weet waar
sy bly en dat hy haar sal terugkry!
Dit, Gloudina, is die Afrika wat jy nie in jou teorieboek kan vind
nie............................

Koeitjies & kalfies | 36 kommentare

Atletiek

Mon, 20 September 2004 06:36

Dis darem nie van vandag af wat ek die mooi bene en lywe van die
atletiekmeisies op TV bewonder nie. Gister en eergister was dan ook die
wêreldfinaal by Monaco. Gisteraand beeldsend hulle die onthaal na die tyd
en is hierdie perfekte beeld van die atletiekskoonhede vir my hoofsaaklik in
sy moer in. Op die atletiekbaan met hul atletiekklere aan, is die lywe
perfek, die beentjies pragtig. Dan lyk gespierde arms en bene pragtig.
By die onthaal, was daai spiere in gewone klere en lyk die spiere en
knopkuite eenvouding aaklig. Die slimmer meisies dra die regte klere wat
die spiere en nou mansheupe verberg, maar dan kom ander en dra kaal arms en
'n hipster en lyk presies soos........'n seun met spiere!
Niks kom egter naby ou Serena Williams met haar boep-stêre en die kort
rokkies nie..............

Sport & ontspanning | 0 kommentare

Bladsye (1838): [ «    358  359  360  361  362  363  364  365  366  367  368  369  370  371  372  373    »]
Tyd nou: Mon Jan 13 02:11:22 UTC 2025