"Sal ek vannag nog met my vliegtuig vlug
na bondgenote wyd versprei:
na Portugese in Angola, Jode in Johannesburg,
of ronkend oor die Skeurvallei
na Brussel of Brahmaanse tempels teen 'n kerrielug?
'Maar boos bly boos in Brakfontein of Neo-Baäl,
en goed is goed by Golgota of Brussel;
en deur die eeue is dit reeds bepaal:
die plek en spelers sal voortdurend wissel
maar die spel word telkens in die tyd herhaal."
Volgens die voorblad van die Europese Statistiekboek wat verlede Vrydag
vrygestel is, bestaan Wallis nie. Die prentjie van die VK op die voorblad is
sonder Wallis, en die uitgewer beweer , alhoewel hulle verskoning gemaak het
vir die weglating- hulle verkies die nuwe kunslyn so, dit maak die prentjie
soveel meer net;))
Nou die dag by MTN wetenskapsentrum in KanaalStap se winkel, verkoop hulle
vir R19,95 'n pakkie gedroogde gemaalde kakkerlakke. Buite-op vertel hulle
mens moenie so gril nie, daar is glo 'n stewige skeppie van die gedroogde
gemaalde kakkerlakke in hoesmedisyne.
By vandag se blommeskou - die wat naby die Kaap is kan gerus gaan - daar is
'n nuwe natuurtuin by Durbanville - kry ek toe 'n
pamflet oor die Renosterveld.
Daar is blykbaar 'n bewaringsgebied tussen Blouberg en Big Bay.
Nietemin - daar sien ek toe blomme en name wat ek al vergeet het, en dit
tref my weereens dat ons Afrikaanses blomname by uitstek het.
Die bekendste soorte wat ook uitgevoer word is die gladiolus en freesias.
Veldblomme sluit o.a. in:
Kelkiewyn, Bobbejaantjie, Kalossie, Sparaxis, Patrys Uintjie, Nuwe vygie,
nuwe boegoe, Rooi afrikaner, Suring, Volstruistone, Mart blom, Froetang,
Fluweeltjie, Blouflappie, Vygie.
--
Groetnis
Annette
Die kerk is langs Groentemarkplein. Op 'n stadium is die kelder uitverhuur,
en 'n wynhandelaar het dit toe gebruik. Die volgende grafiti verskyn op een
van die mure van die kerk:
There's a spirit above and a spirit below
The spirit above is the spirit of love,
The spirit below is the spirit of woe.
The spirit above is the spirit divine
The spirit below is the spirit of wine.
Op 3RD Degree vanaand, het ek dit saam met Tony Blair geniet
toe die verslaggewer hom beskuldig van aandadigheid aan die
feit dat die Brit deur die Irakese terroriste gevange gehou word, as
gevolg van die aanval op Irak.
Sy koel wedervraag (wat natuurlik onbeantwoord gebly het) was of
die wêreld nou 'n beter plek sou wees as Irak nie aangeval is nie.
Natuurlik het hy dit effe onderstreep deur te noem hoe ondersteuning
uit Irak en Afghanistan vir die 9/11 tipe aanvalle gekom het, maar
die basis van sy vraag was slegs of die wêreld nou 'n beter plek sou
wees, as Irak nie aangeval is nie.
haal maar die masker af,
wees houtgerus - u benodig
vir dié klein kamee gewis
nie 'n oudisie, repertoire,
curriculum vitae is hier
oorbodig, selfs repetisie.
dié regisseur word nie
geïmponeer deur voortreflik-
hede, bates, rang. u sang-
opleiding, poppekastery;
mimiek; gebarespel is bloot
van geen belang. los ook
die instudering van die teks
- ons het 'n knap souffleuse -
en ons grimeur is puik
met kamoeflering; poeier neuse.
die kamenier sal nou u swart
kostuum kom aantrek. ek moet u
komplimenteer: die rol pas u perfek.