HHHAAAHHHAAAHHHAAA!!!!!!!!!!!!!!! Ek het dit geweet!! Hulle storie al weer
verander omdat die predikant se seun gay is! En hulle wonder hoekom mense
vir die kerk lag?!
Elaine
"Annette" skryf in boodskap news:cknnn4$4m6$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Na bykans twee weke se sinodale sitting te Hartenbosch, hartverskeurende
> snikke en harte wat oopgemaak is, het die NGK toe besluit gay mense mag
> volwaardige lidmate van die kerk wees.
>
> --
> Groetnis
> Annette
>
Gister by Polkadraai - die voëlverskrikkers het WP en Bul rugbyklere aan -
en voor die groot aarbei is daar 'n lynstaan, en die agterspelers staan
tussen die aarbeie:))
As hulle nou net daai tou mense na die kabelkarre kon korter
maak................
"Annette" skryf in boodskap news:ckkuvl$hsa$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Gister toe kry ek weer bietjie kennis.
> In miljoene jare is die berge se ouderdom:
> Alpe - 22
> Himalayas - 29 ( ek dink)
> Rockies - het vergeet
> Andes - 250
> Tafelberg - 260
>
> So, behalwe dat Tafelberg die oudste berg is waarop mense nog gereeld
> rondloop, is dit ook die enigste "natuurkonstruksie" wat vernoem is in die
> hemelruim
>
> Terloops - die wat die Kaap se toeristeplekke lank laas besoek het, gaan
> bietjie verras wees.
> 1) Bo- op Tafelberg is daar nou oral interessante inligtingsborde wat by
> die
> uitkykplekke aangebring is, en daar is om 10 en 12 gratis gidstoere - die
> twee roetes wat geneem kan word is die klein sirkel en die groot sirkel.
> 2) By Kirstenbosch se ou ingang het hulle nou so verander dat mens glad
> verdwaal - 'n inligtingsentrum, groot en wye pad en 'n nuwe restaurant
> waar
> die oue was maak alles aangenaam bietjie anders. Verder is daar ook
> interessante inligtingsbordjies by elke afdeling aangebring, en al die
> plante en bome se name op die plaatjies word aangedui in die Latynse naam,
> Engelse naam, Afrikaanse naam en of Zoeloe of Xhosa naam.
> 3) By Kaappunt is daar nou net een restaurant - dis die een waarna ek nog
> altyd gegaan het - so ek weet nie wat ek mis omdat die ander een nie meer
> daar is nie.
> By Kaappunt, by die treindingetjie by Kaappunt, sowel as by Tafelberg, kan
> pensionarisse wat in die Kaap bly goedkoper ingaan.
> By Kaappunt word nou slegs toegang per persoon gevra, en niks vir die
> voertuig nie.
>
> Groetnis
> Annette
>
On Wed, 13 Oct 2004 12:30:26 +0200, "Suidwester" wrote:
> 'n Interessante stukkie statistiek het die afgelope week my oog gevang in
> ons plaaslike pers. In die verlede is ek platgeslaan op hierdie ng omdat
> ek dit gewaag het om te sê dat Namibië en Suid-Afrika op dieselfde pad is
> met 'grondhervorming' as Zimbabwe. Glo word Suid-Afrikaners beter beskerm
> deur hul grondwet, ens? Kyk mens egter na die statistiek van wat gebeur
> het in Zim in vergelyking met die RSA, dan wonder mens. Vanaf 1994 is al
> amper 1500 blanke plaasboere vermoor in plaasaanvalle en die totale aantal
> blankes in die RSA, is 4,3 miljoen =0,00077%. In Zim, tydens die groot
> landgryp is ongeveer 11 blankes vermoor en hulle totale aantal blankes is
> maar 30 000 = 0,0033%.
> Miskien kan Ferdi vir my meer lig op die saak werp deur vir ons te
> verduidelik wat maak SA dan nou beter in dié dat meer blankes uitgemoor word
> as selfs in Zimbabwe? Of beskerm die grondwet net die swart meerderheid?
> Die reël van swart Afrika sê mos dat die meerderheid stemme in 'n verkiesing
> net tel tot die dag wat mag verkry is, daarna niks nie.
Try Google. Alles is reeds daar.
Hierdie is min of meer presies waar jy laas ook begin het.
Ek gaan rerig nie weer deur die argumente hardloop nie.
Aan die westekant van die wildtuin is daar groot ongelukkigheid onder die
boere wat grens met die Etosha Nasionale park. Leeus het 'n gat in die
grensdrade gekry en die plase ingevaar. lekker onder die bees begin vang
en hulle dik gevreet en omtrent al by die R100 000 se skade aangerig. Die
boere wil hulle skiet voor nog skade aangerig word en Natuurbewaring keer
dat die sop spat en verbied die boere om die leeus te skiet want dis die
Park se leeus en hulle sal hulle kom terughaal. Intussen eet die leeus
maar lekker gratis steak........
Die boere wil die grensdraad tussen hul plase en die wildtuin beveilig
hê [veral beter in stand gehou word], maar Natuurbewaring sê daar's nie geld
daarvoor nie. Vra jy die vraag wie se leeus dit is, dan is dit die Staat
se leeus, maar vra jy wie gaan betaal vir die bees wat vrekgebyt is, dan
raak so 'n staatsamptenaar darem met die stomheid geslaan, jy sal dit nie
glo nie! Kenners van wild reken meeste dat so 'n leeu wat eers die lekker
pad van die plase gevat het, sal nie weer kan wegbly nie en dis beter dat
die diere gejag word..........trofeejag want jy kan maklik tot R30 000+ kry
vir 'n wilde leeu jag by oorsese jagters, maar nee, die 'greenies' skeit in
hul spreekwoordelike polisierok!
> And what of the Americans themselves? I've been re-reading Seymour
> Hersh's stunning 1970 account of the My Lai massacre in Vietnam. And
> there's something about the casual attitude to death and cruelty in
> the way that Medina and Calley did their killings there that I find
> chillingly familiar.
>
> The Americans have a professional army in Iraq, but it is becoming
> frighteningly casual about the way it kills women and children in
> Fallujah, simply denying that its air strikes are killing the
> innocent, and insists that all 120 dead in their Samarra operation are
> all insurgents when this cannot possibly be true. What about the
> latest wedding party carnage, another American "success" against
> terrorism?
En dis net hier waar die man in die straat in die VSA
gaan begin objekteer teen al die moord en doodslag,
net soos hulle in Vietnam gedoen het. Miskien nie
in hierdie verkiesing nie. Maar wag maar.
WAATLEMOEN (uit "Kroniek van Kristien.")
D.J. Opperman
In die tyd van geestelike dronkenskap
is haar lyf gevul met die rooi sap
wat van die geel son en die soet fontein
in haar liggaam gis en borrel soos jong wyn;
en daarvan het sy uitermate groot geswel
sodat haar lyf verby haar lede wel
en sy, volkome deur haarself omsluit,
net kommer oor: "Wat kom daar uit my uit?
In die groot honger is die kwaad
gesaai reeds met die strooiing van die saad
wat ek vermenigvuldig wek in my."
Sy voel in haar hoe roer die rye:
"Is die pitte swart of bruin of wit?"
Dan het sy om haar sondes weer gebid.
Sy word ten volste van die groot verwag
en weet nou breek die uur aan van die slag,
en op 'n warm somerdag het sy gedwee
haar met die loop van die vrugwaters oorgegee...
en half verstrooi sien sy hoe om haar staan
wit, bruin en swart, 'n halwe maan,
en onbesorg eet hulle skyf na skyf
die wyn en brood van haar bros lyf.
Koos sien 'n advertensie in die Landbouweekblad waar 'n boer tenders inwag
vir iemand om die luiperds op sy plaas te vang en na 'n wildreservaat te
verskuif. Hy besluit om te tender, en omdat hy toe verreweg die goedkoopste
is, kry hy die job. Die volgende dag daag hy by die plaas op met 'n bakkie,
'n foskterrier, ou Jonas, 'n spul streepsakke en 'n .22 geweer. Die boer lyk
maar skepties, maar aan die einde van die dag le daar 12 luiperds in
streepsakke, reg om vervoer te word. Die boer is beindruk en vra of hy die
volgende dag kan saamry om te kyk hoe Koos dit doen. Dit werk toe so: sodra
hulle 'n luiperd sien, jaag hulle hom in die naaste boom op met die bakkie.
Koos klim agterna, en soos die luiperd grom en na hom klap, grom en klap hy
lustig terug totdat hy die luiperd op die dun takke vasgekeer het. Wanneer
die tak dan padgee en die luiperd grond toe val, gryp die foksterrier hom
aan die knaters en hou vir al wat hy werd is terwyl Jonas hom in die
streepsak toebind. "Maar waarvoor is die .22 dan?" wil die boer weet.
"Jong," se Koos, "so met die heen-en-weer geklappery kan dit dalk gebeur
dat EK uit die boom val. En dan moet Jonas die .22 gebruik om die
foksterrier te skiet....."
Grondeise in Hoedspruit in Limpopo, die mango- en wildsparadys van
Suid-Afrika, is besig om die ekonomie van dié gebied ernstig te knou,
berig Marietie Louw.
"Dis soos 'n klip wat jy in water gooi en sien hoe dit 'n rimpeleffek
het."
Só som mnr. Burger van Zyl van die Bousentrum in Hoedspruit die
uitwerking van grondeise op plase in die omgewing op.
Boere en grondeienaars het einde Augustus 'n groot skok gekry toe in
die Staatskoerant afgekondig is dat 518 plase, wat sowat 156 000 ha
beslaan, deur drie stamme geëis word.
Die Maroba-, Moletele- en Chiloane-stamme het intussen saamgesmelt as
die Lekaung-gemeenskap. Die stamlede woon in die Buffelshoek-omgewing
in Limpopo.
Dié gebied wat geëis word, is van die omvattendste eise tot nog toe in
die land. Dit sluit van die grootste vrugte- en groenteplase in die
land, talle rusoorde, wildplase en verpakkingsaanlegte in.
Die Hoedspruit-lugmagbasis se woongebied word ook geëis.
Die gebied waarop eise ingestel is, word begrens deur die
Tzaneen/Hoedspruit-pad, die Klaserie-reservaat en die Klaserie- en
Olifantsrivier.
"Sedert die eise in die Staatskoerant gepubliseer is, het my sake
drasties afgeneem," sê Van Zyl.
Luidens die Wet op die Herstel van Grondregte van 1994 mag geen
uitbreidings, verbeterings of verbouings geskied nie op grond waar eise
afgekondig is.
Volgens Van Zyl moes verskeie van die wildkampe en lodges hul
verbouings staak. Verskeie buitelandse beleggers van onder meer
Brittanje en Denemarke het glo reeds besluit om uit die gebied te
onttrek.
"As die ouens hoor daar is eise in die gebied, onttrek hulle so gou
moontlik. Selfs al is daar nie eise op 'n plaas nie, besluit die
aangrensende plase se eienaars om nie verder te ontwikkel nie. Niemand
weet mos wat gaan met die gebied gebeur nie," sê Van Zyl.
Werkers verminder
Die uitwerking is só erg dat Van Zyl noodgedwonge sy personeel moes
verminder.
Ander ysterwarewinkels en die koöperasie in die dorp gaan ook gebuk
onder die gevolge wat die eise inhou.
Mnr. Braam van der Merwe, voorsitter van Agri-Hoedspruit, is dit eens
dat die grondeise die gebied en die plaaslike ekonomie destabiliseer.
"Ons het verwag dat daar eise op een of twee plase ingestel sou word,
maar nie dat byna die hele distrik geëis sou word nie," sê Van der
Merwe.
Volgens hom knou die onsekerheid wat die eise meebring dié hoogs
ontwikkelde gebied waar besproeiingsplase bedryf word. Wildplase word
verkoop vir minstens R6 000 per hektaar, terwyl 'n hektaar in 'n
sitrusboord in die omgewing van R75 000 per hektaar kos.
Die bemagtigingsprojekte wat die kommersiële boere in die omgewing met
van hul werkers gehad het, is ook van die baan. In dié projekte het
boere hul werkers in boerdery opgelei. Met die hulp van lenings en
skenkings sou werkers ná sowat vyf jaar van die grond gekoop het.
Volgens Van der Merwe is die meeste grondeienaars in die omgewing seker
dat die eise ongeldig is. 'n Antropoloog is aangestel om die geldigheid
van die eise vas te stel.
Mnr. AB Burger, 'n prokureur op Hoedspruit, meen ook dat die eise
ongeldig is.
"Die grond is sedert 1878 in wit besit. Ons het van die oorspronklike
titelaktes gevind."
Volgens hom beïnvloed die eise ook die eiendomsmark negatief. Geen
eiendomstransaksies kan deurgevoer word nie.
Burger sal die grondeienaars se regsverteenwoordiger wees as die eise
'n draai in die grondeisehof gaan maak.
Hof enigste uitweg
Van der Merwe sê soos sake nou staan, is die grondeisehof die eienaars
se enigste uitweg.
Me. Adine Roode en haar ma, Lente, van die wêreldbekende
Kapama-wildreservaat, is ook van die eienaars wat die eise in die hof
wil betwis.
Volgens Roode is hulle bekommerd oor die toekoms van hul grond.
Te midde van die onsekerheid wat heers onder grondeienaars is daar nie
twyfel by die grondeisers oor die toekoms nie.
Mnr. Enos Chiloane, voorsitter van die Lekaung-gemeenskap, is baie
seker dat die sowat 5 000 lede van die drie verskillende stamme die
grond gaan terugkry.
Hy is in 1934 in die Hoedspruit-omgewing gebore en het tot in 1947 daar
gewoon toe sy ouers se grond weens apartheidswetgewing onteien is.
"Die wit mense het ons trekpasse gegee en ons het naby Moria gaan woon
en met beeste geboer," sê hy.
Volgens hom behoort die grond wettiglik aan die drie stamme.
"Ons wil die grond terugkry. Ons sê nie die wit mense moet weggaan as
ons daarheen gaan nie, ons wil saam met hulle bly," sê Chiloane.
Volgens hom sal die ideaal wees as die wit boere die grond terughuur
van die Lekaung-gemeenskap. "Die wit mense moet bly en ons leer om te
boer."
Chiloane sê die stamme sal nie tevrede wees indien die
Grondeisekommissie hulle finansiële vergoeding in ruil vir die grond
aanbied nie. "Ons wil nié vergoeding hê nie. Ons wil die grond hê."
Staak eers grondeise
Dr. Theo de Jager van Agri-Letaba sê onderhandelings tussen boere,
eisers en die Grondeisekommissie is uiters belangrik.
Volgens hom moet sessies met die eisers gehou word om hulle in te lig
oor boerdery.
"Die meeste van die eisers dink geld vloei net in 'n boerdery in. Dit
behels baie meer as dit."
Volhoubaarheid en die voortdurende ontginning van landbouhulpbronne is
ook iets wat nie verlore mag gaan nie.
De Jager meen die beste oplossing sou wees om die huidige grondeise in
die omgewing te bevries sodat 'n behoorlike onderhandelingsproses begin
kan word.
"Die toekoms van Hoedspruit en die Magoebaskloof-omgewing lê in 'n
onderhandelde skikking."
Mnr. Tozi Gwanya, hoofgrondeisekommissaris, het onlangs gesê
onderhandelings tussen boere, eisers en die kommissie gaan eersdaags
gehou word om oplossings vir die situasie te probeer vind.
Intussen gons die hele distrik oor wat moontlik kan gebeur.
Van Zyl en ander inwoners soek reeds sakegeleenthede elders om seker te
wees van hulle inkomste. "Ek is baie bang vir die toekoms. Die ekonomie
van die gebied is reeds verlam."
Mnr. Mashili Mokono, grondeisekommissaris in Limpopo, het teen druktyd
nie Beeld se vrae beantwoord oor hoe die grondeise in die twee gebiede
gehanteer sal word nie.
'n Komitee is verlede week saamgestel uit boere en grondeisers om
oplossings te vind oor hoe die grondeise in die gebied gehanteer moet
word. Die komitee sal weer in Oktober vergader.
Laeveld-eise
Phalaborwa-eis: Mashishimane-gemeenskap. Gebied met baie wildplase en
grens aan die Krugerwildtuin.
Hoedspruit-eis: Lekaung-gemeenskap. Gebied met baie wild- en
sitrusplase en rusoorde.
Strydomtonnel-eis: Maroba-gemeenskap. Gebied bekend om pomelo-uitvoer.
Trichardtsdal-eis: Sekororo-gemeenskap. Gebied bekend om sitrusplase.
Letsitelevallei-eis: Die Letswoalo- en die Mokgoloboto-gemeenskap.
Gebied bekend om piesangplase.
Soekmekaar/Munnik-eis: Pheeia-gemeenskap. Die land se grootste
tamatieboerdery, ZZ2 val in dié gebied.
Mooketsi-eis: Die Maupas en Modadji's het eise op 225 plase ingestel.
Gebied bekend om tamatieplase.
Magoebaskloof-eis: Makgobas het eis ingestel op sowat 200 000 ha.
Gebied bekend om tee-en-denneplantasies, asook verskeie
toeriste-attraksies.
George's Valley: Mathunyes eis die gebied, wat soortgelyk is aan
Magoebaskloof.
Luxemburg-eis: Botsende eise van verskillende gemeenskappe. In die
Harmonieblok. Gebied bekend om onder meer sitrusplase.
Letsitele-eis: Botsende eise van verskillende gemeenskappe. Gebied
bekend om sitrusboorde.