Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Charlize

Wo., 20 Oktober 2004 15:18

Actrice en Oscarwinnares Charlize Theron bindt samen met haar hond
'Tucker' de strijd aan tegen het dragen van bont

http://www.hln.be/hln/foto/wib/large_18015.jpg

--
Dit is een automatische handtekening van MesNews.
Site : http://mesnews.no-ip.com

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Annette....

Wo., 20 Oktober 2004 09:58

...Saterdag-middag kom nader. Word jy al benoud? Julle gaan horing eet!

Sport & ontspanning | 0 kommentare

Vir Basjan [vraag oor kerk]

Wo., 20 Oktober 2004 06:37

Ek het my neus nog altyd uit die geloofsdebatte gehou want ek voel dit help
nie om teen 'n man se geloof te redeneer nie. Daar is egter so 'n paar
interessante dinge wat my al in diep argumente laat betrokke raak het.
Soos byvoorbeeld die groot en klein doop. Soos ek die ding verstaan, is
die doop die sleutel tot jou geloof en iets waarsonder jy nie in die hemel
kan beland nie. Nou glo een groep mense dat jy moet klein doop en omdat
die kind nie kan verstaan wat met hom gebeur nie, aanvaar die ouers die
verantwoordelikheid van sy sonde tot tyd en wyl hy aangeneem word? Die
grootdopers sê weer nee, as 'n mens nie groot gedoop word nie, is hy
verdoem. Die groot vraag, vir my, wie is reg? Is hierdie alles nie net
maar menseverskille nie?
Wat van die Boesman in die veld wat nog nooit eers van 'n kerk gehoor
het nie, is hy verdoem tot in ewigheid soos die kerke sê? Wat van die
babatjie wat dood is voor hy gedoop kan word? Praat die kerke van sonde,
dan word jy gedreig dat jou nageslag gaan betaal vir jou sondes, maar wag,
as jy mooi soet is, jou tiendes en jou geld gooi, dan is daar hoop vir jou.
Maw, net soos die Katolieke kerke, kan jy in alle kerke ook maar jou sondes
afkoop? Daar word vertel as net jammer is oor wat jy gedoen het, dan is
daar 'n 'delete' knoppie wat jy kan druk en alles is vergewe?

Geloof & kerksake | 31 kommentare

Re: Eksamenflaters (OEPS!)

Di., 19 Oktober 2004 22:48

On Wed, 20 Oct 2004 00:22:18 +0100, camerama wrote:

> OEPS! - dit het ek nie geweet nie! - ek kyk maar nie,
> my dogter wellig tog.
> patrick
>
>> Vrouens is nie in die antieke Olimpiades toegelaat nie, net mans het
>> deelgeneem.

> Dis tog baie jammer hierdie kaalheid het in onbruik geraak.
> Ag as ons dit nou op vandag sou projekteer: - werklik ek se ^ vir
> julle ek kyk dagliks, nagtliks - kortom ALTYD!
> Patrick (met TV muurprojeksie!)

en seker weet jy dat die TV's in die jare van die antieke Olipiades
nog parafien TV's was, en dus nie so duidelik muurprojeksie
kon doen nie.

DD

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Eksamenflaters

Di., 19 Oktober 2004 14:30

(Ek glo nooit dat hierdie goed waar is nie, maar ek kan dink dat mense se
versprekings soms baie snaaks kan wees...)

* Die negentiende eeu was 'n tyd van baie uitvindsels. Mense het
opgehou om met die hand te reproduseer en met masjiene begin
reproduseer. Die uitvinding van die stoomboot het 'n netwerk van
riviere laat ontstaan.

* Johann Bach het baie musiekkomposisies geskryf en ook baie
kinders. Hy is dood sedert 1750 tot vandag toe. Bach was die
beroemdste komponis in die wêreld en Händel was ook. Händel was
half-Duits, half- Italiaans en half-Engels. Hy was 'n baie groot man.

* OU Egipteland was bewoon deur mummies en hulle het almal in
hierdie griewe geskryf. Hulle het in die Sarah-woestyn gewoon. Die
klimaat was só erg dat al die inwoners op ander plekke moes bly.

* Moses het die Hebreeuse slawe na die Rooi See gelei waar hulle
ongesuurde brode gebak het, dit is brood wat sonder enige
bestanddele gemaak is. Moses het die berg Sianied uitgeklim om die
tien gebooie te kry.

* Salomo het driehonderd vroue en sewehonderd byekorwe gehad.

* Die Grieke was 'n hoogs gekulde veervolk en sonder hulle sou ons
nie 'n geskiedenis gehad het nie. Die Grieke het ook mites gehad. 'n
Mite is 'n motwyfie.

* Sokrates was 'n beroemde Griekse wydsheid wat rondgeloop en
mense raad gegee het. Hy is dood aan 'n oordosis willekeur. Ná sy
dood het sy loopbaan dramaties agteruitgegaan.

* In die ou Olimpiese Spele het die Grieke kaal resies gehardloop en
disnis gegooi.

* Julius Caesar het homself op die slagvelde van Gallië onderskryf.
Toe hy doodgaan, het hy gesê: 'En toe, boetie?'

* Johanna van Arkel het van 'n stapel brandwonde gesterf.

* Koning Elizabeth was 'n sukses. Sy het haar volk se probleme
aangetrek en wanneer sy haar so aangetrek het voor haar soldate,
het hulle almal geskree: 'Hoera!'

* Dit was 'n tydperk van groot uitvindsels en ontdekkings. Gutenberg
het die wynpers en die Bybel uitgevind. Nog 'n belangrike uitvindsel
was die bloedsomloop. Peter Stuyvesant is 'n geskiedkundige figuur,
want hy het sigarette uitgevind en begin rook.

* Die grootste skrywer van die Renaissance was William
Shakespeare. Hy is in die jaar 1564 gebore en party mense dink dit
was op sy verjaardag. Hy het nooit geld gemaak nie, en is net
beroemd oor die toneelstukke wat hy geskryf het. Hy het tragedies,
komedies en historektomieë geskryf. Romeo and Juliet is een
voorbeeld.

* Abraham Lincoln het Amerika se grootste presedent geword.
Lincoln se ma is dood toe sy nog 'n babatjie was en hy is gebore in 'n
houthut wat hy met sy eie hande gebou het. Hy is later doodgeskiet
deur John Wilkes Booth, wat hulle sê 'n mal akteur was. Dit het
Booth se loopbaan heeltemal geruïneer.

* Beethoven het musiek geskryf al was hy doof. Hy was só doof dat
hy harde musiek geskryf het. Hy het ver in die woude gaan loop selfs
al het almal na hom geroep. Beethoven het in 1827 opgehou bestaan
en dis hoekom hy later dood is.

* Louis Pasteur het 'n manier uitgevind om dol honde gesond te
maak.

* Charles Darwin was 'n natuurkundige wat die Organ of the Species
geskryf het.

Humor & grappe | 5 kommentare

Olifantdebat

Di., 19 Oktober 2004 08:29

Aan die gang is die debat oor die olifante van die Krugerwildtuin en
Botswana se nasionale parke uitgedun moet word al dan nie. Aan die een
kant is die groep mense wat reken die olifante is eenvoudig te veel en besig
om die omgewing te vernietig en dat 'n drastiese uitdunningsprogram gedoen
sal moet word. Teenoor hulle is natuurlik die groep wat reken dat geen
olifant behoort uitgedun te word nie en dat ander maniere gesoek moet word
om die getalle van die diere te beheer....soos geboortebeperking, oorplasing
van diere na ander areas, ens.
'n Baie interessante bydrae was egter die ou wat gereken het dat 'n dier
net gaan waar water is en dat die skepping van kunsmatige watergate
en -punte in die Kruger die oorsaak is dat die olifantgetalle so hoog is.
Beperk die beskikbare water en die getalle sal afneem. Dit maak nogal sin,
want die woestynolifante van die Namib se getalle is ook besig om stadig
handuit te ruk. Die rede is definitief nie dat daar meer kos is nie, maar
meer en meer bestaansboere skep wel waterpunte in die Namib wat nooit
bestaan het nie en die olifante gebruik dit en teel aan.
As 'n langtermyplan het dit seker meriete, maar mens wonder net of
hierdie proffie al wel bygestaan en kyk het hoe 'n dier vrek van dors. In
'n droogte is dit al erg genoeg, maar as jy wel water beskikbaar het? Dalk
sal die konferensie hierdie week meer lig en 'n praktiese uitvoeringsplan
gee?

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Help gou gou.

Di., 19 Oktober 2004 08:10

Ek wil graag weet, wat is die mees aanvaarbare, om op hierdie groep in
Engels te praat oor SA sake, of om in Afrikaans te praat oor
VSA/Kanada/Rusland politiek... budda, of wat ookal, wat heeltemal nie deel
is van die SA kultuur nie?

Hierdie is 'n publieke groep, maak nie 'n varkdrol saak wie dit gestig het
nie, hy behoort ewe veel aan ons almal. Of het ek dit mis?

Koeitjies & kalfies | 33 kommentare

Oor "In Dutch"

Ma., 18 Oktober 2004 16:51

The article I posted was not meant for you, but for the Dutch people, hence
it was written in Dutch.
You people should actually come to Europe, and have a GOOD look around here,
and listen to the people in Europe. White people in SA are blamed for
everything... It was my intention to try to make a difference, and was
actually hoping for some gratitude from you people.

But no.... you trip over an insignificant detail as language... OF COURSE
the spelling is different!!! Not every language is Afrikaans!!!

I tried my best... But now I can only say: stay where you are... in your own
little world, and try to keep warm, clinging together, shutting the real
world out....

Please, do not look any further than SABC1, SABC2 and MNET and what have you
broadcast on your TV sets, and remain stupid.

I have always defended you here.... But will stop doing so. It's just no
use.... If you are too stupid to see, that my article was an attempt to pen
the eyes of the people over here, than I can't help it...

I can honestly say, that after a study of your country of 12 years, and a
marriage to a South African lady, that I know much more about SA, than you
about Holland.

Gaan terug na julle plase... and don't come running to Europe when things go
wrong, like you normally do. It is common knowledge that when things go
wrong in SA, that the USA and Europe will ALLWAYS give money to help... i.e.
your hospitals and schools. Need I say more?

Oh... Sorry... This was in English. Do I need to translate it into your
mixing pot language??

Sorry... You asked for it.

Koeitjies & kalfies | 10 kommentare

vir basjan

Ma., 18 Oktober 2004 14:40

Hallo Basjan,

Ek jou gesels met Gloudina met baie aandag gevolg.
Nou is my ouers nooit gedoop nie en het ook nie in 'n bestaan van
'n Godheid of dergelyks geloof.
Persoonlik is ook ek nie gedoop, het nie die Bybel bestudeer en het
na my eie insig geen behoeftes om 'n leidraad in my lewe aan deur
mense opgeskrywe woorde in 'n boek te kry.
So, indien daar dus so 'n Godheid sou bestaan is ek dus 'n verlore siel?
Wat se ^ jou Bybel van verlore siele?
En wat van mense wat gebore is vir dat Jesus sy boek het laat opskryf,
was hulle ook verlore siele?
Dis eindlik interessant om vas te stel wanneer ons mense dan 'n siel
wat gered sal moet wees aangereik of ingeplant het gekry.
Ek meen my woorde serieus - ek is nuusgierig na jou uileggings of
redenasies. (mij spelling? ag ekskuus tog)
Patrick

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

Veels geluk Annette en die Vrystaat...

So., 17 Oktober 2004 12:40

Uitmuntend. 'n Sterbelaaide WP-span, op hul tuisveld en in hul tuisweer die
loef afgesteek. Mooi so !
Die Jakarandastad was meer opgewonde oor hierdie wen as oor die Bulle se wen
oor die Transvalers.
Maar - ek is bevrees dat die onmoontlike voorlê vir die Vrystaat.
(Persoonlik glo ek dat die Transvaal tans die tweede beste span in die
Curriebeker is - naas Noord Transvaal.)

Sport & ontspanning | 4 kommentare

Bladsye (1835): [ «    349  350  351  352  353  354  355  356  357  358  359  360  361  362  363  364    »]
Tyd nou: Sa. Des. 20 23:22:06 UTC 2025