Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreƫls om op dreef te kom.

Vuurwapens

Wed, 27 October 2004 06:00

Is daar 'n uitvoermark (vanaf SA) vir veral hand (vuur)wapens?

So baie mense wil dan nou ontslae raak van die pistool onder die kopkussing
en die rollie (rewolwer) in die hangkas. "Never mind" die goed in die kluis.

Handig dit in by SAPD en die kriminele kry dit weer voor vernietiging -
dan's jy jou geld, en dalk ander mense hul lewens kwyt.

Daar is baie goeie vuurwapens vir beide polisie en militere gebruik in
privaatbesit wat nou aangekoop (goedkoper) kan word en plaaslik of
internasionaal gebruik word.

Is dit 'n goeie idee?

TJ

Veiligheid & wapens | 5 kommentare

Kortbroek

Tue, 26 October 2004 18:38

wie van julle het 3rd Degree gekyk vanaand?

DD

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Webtuistes

Tue, 26 October 2004 13:21

Ek wil nou vir julle as gerespekteerde internet gebruikers iet vra.

Ek het 'n webtuiste wat ek nie meer kan onderhou nie, aangesien ek nou al
langer as 'n jaar sit sonder ordentelikke inkomste. Wat kan ek doen om
inkomste uit my webblad te kry sodat hy self onderhoudend is?

Myself het ek 'n kleintjie dood daaraan as ek 'n webtuiste besoek en ek moet
iets betaal om te sien wat alles op daardie webtuiste is. Hier dink ek aan
food24 se webtuiste. Om een resep af te laai moet jy of R3 of R 5 betaal. As
ek so iets raakloop dan gaan ek nie weer na daardie tuiste toe nie.

Die ander ding wat ek sien sy kop so deesdae uitsteek is dat op baie
webtuistes daar so 'n donate knoppie is. Jy kan dan geld skenk aan die blad.
Vir my persoonlik voel dit nie reg nie.

'n nader manier wat ek ook probeer het is om advertensies vir Kalahari.net
ook op die site te sit. Maar die mense is traag om deur my site by kalahari
iets te koop.

Wat kan ek doen? Ek kry meer as genoeg vingers na my site +- 120 per dag.

Julle insette en hulp word opreg waardeer

Rekenaars & selfone | 70 kommentare

Bulle

Tue, 26 October 2004 12:57

Jammer Chris
EK het net nie so mooi gelees nie, maar ek stem 100% saam met jou.

Sport & ontspanning | 0 kommentare

Resepte

Tue, 26 October 2004 10:51

As julle vinnige 'n resep soek vir vanaand se ete gaan kyk gerus hier :

http://www.resepte.za.cx

Kos & resepte | 1 kommentaar

ASP

Tue, 26 October 2004 08:41

As jy my meer specs kan gee, kan ek dit vir jou doen. As jy my net so 'n dag
of twee gee.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Bulle

Tue, 26 October 2004 08:34

Chris as jy op my tweede psoting gaan kyk sal jy sien ek het gese
"Nog een laaste punt. As die prentjie omgekeer was en die Cheetas het die
beker op so 'n wyse gewen sou hierdie posting van my ook hier gewees het"

Sport & ontspanning | 3 kommentare

Ek dink Elaine kan my help, maar wil sy...?

Tue, 26 October 2004 08:26

Elaine, ek wil 'n laptop verkoop. Ek wil hom opveil! Nou wil ek op ons
intranet 'n asp'tjie neersit, hy mag sy data skryf in 'n database of iets.

Mense moet met Internet Explorer op die blaai kan gaan, hulle naam en aanbod
invoer. Die laaste aanbod moet direk op die bladsy staan.

Ek's seker ek is nie die enigste mens wat ooit so 'n bladsy wou maak nie...
Miskien het julle die kode vir my...

Dankie, by voorbaat.
Max

Koeitjies & kalfies | 8 kommentare

Bulle

Tue, 26 October 2004 06:03

Ek praat nou net die tweede helfte hier.

Op 'n staduim het Victor Matfield een van die Vrystaters hoog gevat (om die
nek), en almal het dit gesien behalwe die ref. Moontlikke drie punte vir die
Cheetas. Dit is nie suur drywe nie maar die waarheid.

Tweede punt is dat die ref op 'n staduim gatvol geraak het vir die een Bul.
Hy was drie keer onkant en toe gaan staan en speel hy een keer die bal van
die grond af. Hy word gewaarsku en Cheetas kry 'n strafskop. Hulle moes mos
4 kier strafskoppe gekry het, maar kry net 1. Verklaar dit asb.

'n Cheetah kry die bal en is regdeur op pad na die doellyn toe. Fluitjie
word geblaas vir 'n aanslaan. Die kameras wys duidelik en die komentators se
ook dat dit nie 'n aanslaan was nie. Defnetiewe 5 punte.

Ek is nie 'n groot rugby kenner nie, maar ek kan darrem sien as die ref aan
die kant van 'n span is. Groot Bul ondersteuners wat saam met ons gekyk het,
het gese hulle is bly dat die beker weer op loftus staan, maar hulle hou nie
van die manier waarop die beker gewen is nie.

Nog een laaste punt. As die prentjie omgekeer was en die Cheetas het die
beker op so 'n wyse gewen sou hierdie posting van my ook hier gewees het.

Sport & ontspanning | 4 kommentare

Bulle

Mon, 25 October 2004 14:35

Dit is net jammer die bulle het die ref aan hulle kant gehad. Die tape bewys
dit.

Sport & ontspanning | 1 kommentaar

Bladsye (1838): [ «    346  347  348  349  350  351  352  353  354  355  356  357  358  359  360  361    »]
Tyd nou: Sun Jan 12 19:13:56 UTC 2025